Connexions

You are here: Home » Content » Energie
Content Actions

Energie

Module by: Maria Myburgh

Summary: Die basiese beginsels van energie

ENERGIE EN ENERGIEVERANDERINGE
Module 7: Eenheid 1Handboek p. 66
  1. Wet van behoud van energie: Energie kan nie geskep of vernietig word nie, dit kan slegs van een vorm na ‘n ander vorm omgeskakel word.
  2. Definisie van energie: Dit is die vermoë om arbeid te verrig ( werk te
doen ).
  1. Twee vorme van energie:
Potensiële energie ( EpEp size 12{E rSub { size 8{p} } } {} ): Die vermoë om arbeid te verrig weens die posisie van ‘n voorwerp of die toestand van gespannendheid.
Voorbeeld: ‘n voorwerp wat val vanaf ‘n sekere hoogte besit potensiële
energie voordat dit val ( posisie van voorwerp).
‘n speelgoedkarretjie wat opgewen word voordat dit beweeg / (‘n veertjie word styfgespan tydens die opwenproses) (toestand van gespannendheid)
Kinetiese energie ( EkEk size 12{E rSub { size 8{k} } } {} ): Die energie wat ‘n voorwerp besit a.g.v. sy beweging.
Voorbeeld: ‘n pyl wat beweeg / ‘n albaster wat rol
  1. Formule om potensiële energie mee te bereken:
E = mgh
waar E= energie gemeet in joule
m= massa gemeet in kilogram
g= gravitasieversnelling ( 10 )
h= hoogte/afstand gemeet in meter
  1. Oefening
5.1Die hoogte van die boonste sweefspoorstasie op Tafelberg is 1070m bo seevlak. As die massa van die kabelkarretjie 8000kg is, wat is die potensiële energie van die kabelkarretjie by die boonste stasie?

Comments, questions, feedback, criticisms?

Discussion forum

Send feedback