Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 8 » Huidige energiebronne

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Huidige energiebronne

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Graad 8

ENERGIE: ELEKTRISITEIT, ENERGIE, WARMTE EN LIG

Module 2.1

HUIDIGE ENERGIEBRONNE

  • Op die oomblik kom die meeste van ons energie van fossielbronne (steenkool, vloeibare petroleum, olie, natuurlike gas) en kernbronne. Fossielbronne is nie net onvervangbaar nie, maar raak al hoe minder en veroorsaak ook besoedeling. Dit is moeilik om jou ’n wêreld sonder elektrisiteit in te dink, maar hierdie energiebron is onbekend in baie dele van Suid-Afrika en van die vasteland van Afrika.
  • Energie in Suid-Afrika word in verskillende vorme verskaf, waarvan die belangrikste elektrisiteit en vloeibare brandstowwe (van ru-olie en steenkool geraffineer), steenkool en biomassa (vuurmaakhout) is.

Die hoof elektrisiteitsopwekkingsbronne wat in Suid-Afrika gebruik word, is:

verbranding van steenkool;

hidro-elektrisiteit;

kernkrag.

S teenkoolverbranding en kragsentrales

Aktiwiteit 1:

Om steenkoolverbranding as bron te verstaan en te evalueer

[LU 2.3, 2.4]

Steenkool is tans die mees algemene bron van energie en dus van elektrisiteit, aangesien Suid-Afrika ryklik voorsien is van steenkoolreserwes. ESKOM (Afrikaans EVKOM) se steenkoolkragsentrales produseer omtrent 90% van ons land se elektrisiteit. Ons het tans 18 sulke groot kragsentrales.

Opdrag 1:

Besoek Eskom se webruimte en vind meer uit oor hierdie tipe kragopwekking.

Jy het veral inligting oor die basiese werking van so ‘n tipiese sentrale nodig.

Waarvoor staan ESKOM?

Aan wie voorsien hulle elektrisiteit?

Opdrag 2:

Stel die verskillende stappe van die opwekkingsproses voor deur die volgende in die korrekte volgorde neer te skryf.

Turbine draai die generator se rotor.

Steenkool word verbrand.

Stoom dryf die turbines.

Elektrisiteit word met koperdrade weggevoer.

Steenkool word fyngemaal.

Water in pype word verhit totdat dit stoom.

Die rotor is ‘n elektromagneet wat elektrisiteit opwek.

Steenkool word ontgin en vervoer.

Opdrag 3:

Voltooi die volgende vrae na aanleiding van inligting wat jy oor die proses verkry het.

1. Wat gebeur met die stoom nadat dit deur die turbines gedryf is?

2. Hoeveel water benodig so ‘n sisteem per dag?

3. Noem een plek in Suid-Afrika waar jy al sulke hoë koeltorings gesien het.

4. Noem enige ander afval wat tydens hierdie proses vorm.

5. Is steenkoolverbranding as elektrisiteitopwekkingsmetode “skoon” in die natuur?

Hidro-elektrisiteit

Aktiwiteit 2:

Om hidro-elektrisiteit as bron te verstaan en te evalueer

[Lu 1.1, 1.2, 1.3]

Ons land is eintlik ‘n baie droë land. Ons het wel twee groot permanente riviere in ons land en ESKOM het twee groot hidro-elektriese kragstasies. Die een is naby die Gariepdam in die Vrystaat en die ander in die Van der Kloofdam naby Petrusville.

Opdrag 1:

Vind uit waar hierdie groot damme sowel as enige ander damme is en teken ‘n kaart van Suid-Afrika om hul posisie te toon.

  • Beweging van water, veral afwaarts as gevolg van gravitasie/swaartekrag, gee aan die watermolekules baie energie.
  • Die vallende water draai ‘n waterturbine en skakel die energie om na elektriese energie.
  • Water word dan gewoonlik teruggepomp en die proses word herhaal.
  • Hierdie energie-oordrag na die een of ander draai-meganisme is al meer as 2 000 jaar in gebruik.

Opdrag 2:

Lees op en / of besoek die internet en gebruik ‘n soekenjin. Gebruik soekwoorde soos: “aqueduct” en “water wheel”. Vind meer uit oor:

Die waterwiel

Akwadukte

Gee terugvoer in groepe aan die klas.

Assessering van Ondersoek en Insameling van Inligting

Kon jy inligting kry oor die waterwiel en akwadukte, asook terugvoer daaroor gee?

Aktiwiteit 3:

Om hidro-elektrisiteit en steenkoolverbranding as bronne te vergelyk en so te evalueer

[LU 2.2, 2.3]

Opdrag 1:

Voltooi die kolomme oor steenkoolkragsentrales en hidro-elektriese skemas ten opsigte van die aspekte soos aangedui in die eerste kolom. Besluit elke keer of dit ‘n voordeel of nadeel is en merk die toepaslike kolom.

Table 1
Aspek
 
Besoedeling
Koste
Werkskepping
Reserwes
Spoed van die proses
Betroubaar-heid van bron
Table 2
Steenkoolkrag
Voordeel Nadeel
   
   
   
   
   
   
Table 3
Hidro-elektrisiteit
Voordeel Nadeel
   
   
   
   
   
   

Gevolgtrekking:

Assessering

LU 1

Wetenskaplike OndersoekDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Die hoofenergiebronne wat in Suid-Afrika gebruik word om elektrisiteit op te wek, is:

  • verbranding van steenkool
  • hidro-elektrisiteit
  • kernkrag

STEENKOOLVERBRANDING EN KRAGSENTRALES

AKTIWITEIT

Opdrag 1

Dit is tans die mees algemene bron van energie en dus van elektrisiteit, aangesien Suid-Afrika ryklik voorsien is van steenkoolreserwes. ESKOM se steenkoolkragsentrales produseer omtrent 90% van ons land se elektrisiteit. Ons het tans 18 sulke groot kragsentrales.

ESKOM (Afrikaans EVKOM) - ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE

  • Hulle voorsien elektrisiteit aan 95% van SA en meer as die helfte van Afrika.

‘n Steenkoolkragsentrale werk kortliks soos volg:

Opdrag 2

Table 4
  Steenkool word gemyn en vervoer
  Steenkool word fyngemaal
  Steenkool word verbrand
  Water in pype word verhit totdat dit stoom
  Stoom dryf die turbines
  Turbine draai die generator se rotor
  Die rotor is ‘n elektromagneet wat elektrisiteit opwek
  Elektrisiteit word met koperdrade weggevoer

Opdrag 3

Die stoom wat die turbines dryf moet êrens heen - dit moet gekondenseer word deur afkoeling – hiervoor het jy nog water nodig!

Ongeveer 150 miljoen liter water per dag per stasie en dan gaan meeste verlore deur verdamping!

Langs N2 buite Kaapstad is daar bv. afkoeltorings en elders in SA is daar nog voorbeelde.

In die proses word egter afval gevorm - nadelige gasse soos swaweldioksied, koolstofdioksied en stikstodoksied. Dit kan verbind met die vog in die lug en suurreën veroorsaak

Steenkoolverbranding as elektrisiteitopwekkingsmetode is allermins “skoon” en op groot skaal is dit sleg vir die natuur as gevolg van die lugbesoedeling, suurreën en as wat die lug ingeblaas word.

HIDRO-ELEKTRISITEIT

AKTIWITEIT

Opdrag 1

Ons land is eintlik ‘n baie droë land. Ons het wel twee groot permanente riviere in ons land en ESKOM het twee groot hidro-elektriese kragstasies. Die een is naby die Gariepdam in die Vrystaat en die ander in die Van der Kloofdam naby Petrusville.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Hidro-elektrisiteit word in die volgende stappe saamgevat:

1. Beweging van water, veral afwaarts, as gevolg van gravitiasie/swaartekrag.

2. Die val-effek gee aan die watermolekules baie energie.

3. Die vallende water draai ‘n waterturbine.

4. Dit skakel die kinetiese energie om na elektriese energie.

5. Water word dan gewoonlik teruggepomp en die proses word herhaal.

Hierdie metode is skoon en kan oor en oor benut word, indien daar genoegsame watervoorrade is. Die effektiwiteit hang egter af van die hoeveelheid water en die spoed of afstand waaroor dit val! So ‘n kragsentrale word gewoonlik aan die onderkant van ‘n damwal of onderaan ‘n waterval gebou.

  • Hierdie energie-oordrag na die een of ander draai-meganisme is al meer as
  • 2 000 jaar in gebruik.

Opdrag 2

  • Besoek die internet en gebruik ‘n soekenjin en gebruik soek woorde soos: “aqueduct” en “water wheel”.
  • Die waterwiel
  • Akwadukte

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks