Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Hitte en temperatuur

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Hitte en temperatuur

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Graad 8

ENERGIE: ELEKTRISITEIT, ENERGIE, WARMTE EN LIG

Module 10

HITTE EN TEMPERATUUR

Hitte is ‘n soort energie – alle atome / molekules vibreer. Ons ervaar dit as hitte.

Temperatuur is die meting van hoe vinnig die molekules beweeg.

Hoe meet jy temperatuur?

‘n Termometer word gebruik. Dit bestaan uit ‘n glasbuis met ‘n vloeistof, bv. kwik, daarin wat uitsit tydens verhitting.

Wat is absolute zero?

Dit is die koudste moontlike temperatuur waarby molekules of atome glad nie meer kan beweeg nie. Dit gebeur by –273,15 ºC of by 0 op die Kelvin-skaal. Dit is in ‘n Finse laboratorium gemeet.

Vind uit: Wat is die Kelvin-skaal?

Jy weet seker dat ‘n mens temperatuur op ‘n Celsius-skaal of Fahrenheit-skaal kan meet. Sommige toestelle meet in Fahrenheit, bv. oonde, terwyl ander weer Celsius gebruik.

Hoe skakel jy Fahrenheit om na Celsius?

(Grade F – 32) ÷ 9 x 5 = C

Om Celsius na Fahrenheit om te skakel:

F = C ÷ 5 x 9 + 32

Aktiwiteit 1:

Om temperatuuromskakeling te verstaan

[LU 2.4]

Opdrag 1:

Het jy geweet?

1. Die hoogste temperatuur wat ooit op aarde gemeet is, was 720 miljoen°F, tydens ‘n kernfusie-eksperiment in Amerika.

Hoeveel is dit in ºC?

2. Die hoogste lugtemperatuur gemeet, was 58ºC in Libië.

Hoeveel ºF is dit?

3. Die laagste lugtemperatuur gemeet was in Antarktika en dit was –190 ºF.

Hoeveel ºC is dit?

Probeer gerus: www. convert-me.com

Hitteoordrag

Aktiwiteit 2:

Om hitte-oordragterme en -begrippe vas te stel

[LU 2.1, 2.3, 2.4]

Opdrag 1:

Voltooi:

Daar is verskillende terme wat hitte-oordrag beskryf:

KONVEKSIE:

GELEIDING:

STRALING

Hitte en Water

Water het ‘n uitsonderlike hittehouvermoë.

Dit neem baie energie voordat ‘n massa water met 1 ºC styg of daal.

Daar is verskeie faktore betrokke:

  • Water is ‘n vloeistof.
  • Water is deurskynend en ligstrale kan tot 20 m diep penetreer.
  • Watermassa het golwe en strome en vertikale beweging wat hitte kan versprei.

As jy die hittehouvermoë van die land en die oseane vergelyk, sal jy besef dat dit baie verskil.

Warmtekapasiteit

Ons weet reeds dat warmte ‘n verandering in temperatuur veroorsaak en dat die eenheid van hierdie warmte in Joule gemeet word, aangesien dit ‘n soort energie is.

Spesifieke warmtekapasiteit is die hoeveelheid warmte wat oorgedra (benodig/vrygestel) word as die temperatuur van ‘n stof met 1 ºC of 1 K verander.

Water is die duurste om te verhit, omdat groot hoeveelhede warmte vereis word om die temperatuur slegs ‘n paar grade te laat styg. Water sal egter ook groot hoeveelhede warmte lewer, indien dit afkoel.

Die uitwerking hiervan is die duidelikste op oseane, wat groot watermassas is. Dit verhit baie stadig, maar hou dan lank die warmte.

Opdrag 2:

  1. Verduidelik hoekom kusdorpe so ‘n gematigde temperatuur het as jy dit vergelyk met binnelandse dorpe.

2. Koel tee die vinnigste af wanneer jy eers koue melk byvoeg en dit dan laat staan of wanneer jy dit eers laat staan en dan koue melk byvoeg? Verduidelik.

3. Hoekom is die water by die strand lekker warm op ‘n koue dag as dit op ‘n paar warm dae volg?

4. Watter faktore dra by tot water se besondere warmtekapasiteit?

Interessante toepassings van termiese beginsels lei tot die volgende verskynsels om ons:

Opdrag 3:

Bespreek elkeen van die volgende:

Isolasie van huise teen hitte.

Sonstowe.

Hoekom ‘n skottelskaar so gou kos gaarmaak.

Maak jou eie sonskottel deur die karton in die vorm van ‘n skottelskaar uit te druk en dit met foelie te bedek.

Hou dit teen die regte hoek vir maksimum son, steek ‘n stokkie deur ‘n worsie en kyk of jy dit vir jouself kan opwarm deur net sonkrag te gebruik!

Assessering

LU 1

Wetenskaplike OndersoekDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;

3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

Opdrag 1:

HITTE EN TEMPERATUUR

Hitte is ‘n soort energie – alle atome / modules vibreer. Ons ervaar dit as “hitte”.

Temperatuur meet hoe vinnig die molekules beweeg

Hoe meet jy temperatuur?

‘n Termometer word gebruik. Dit bestaan uit ‘n glasbuis met ‘n vloeistof, bv. Kwik, daarin wat uitsit tydens verhitting.

Wat is absolute zero?

Dit is die koudste moontlike temperatuur waarby molecules of atome glad nie meer kan beweeg nie. Dit gebeur by –273.15 ºC of by 0 op die Kelvin skaal. Dit is in ‘n Finse laboratorium gemeet.

Temperatuur kan op ‘n Celsius-skaal of Fahrenheit-skaal gemeet word.

Sommige toestelle meet in Fahrenheit, bv. oonde, terwyl ander weer Celsius gebruik.

Celsius skaal

Vriespunt is 0 ºC

Water kook by 100 ºC op seevlak.

Kelvinskaal:

Die Kelvinskaal het sy zero by absolute nulpunt.

0 K = -273ºC

Om Kelvin na Celsius om te skakel, tel jy 273 by.

Kokende water (100 ºC) is dus 373 K.

Hoe skakel jy Fahrenheit om na Celsius?

(F – 32) ÷ 9 x 5 = C

Celsius na Fahrenheit is weer:

F = C ÷ 5 x 9 + 32

HITTE -OORDRAG

Aktiwiteit

Opdrag 1:

  • KONVEKSIE: Beweging van hitte deur lug, bv. lugstrome (blaasverwarmer, warm winde).
  • GELEIDING: Verspreiding van hitte deur soliede voorwerpe, soos warm rots.
  • STRALING: Verspreiding van hitte deur hiite-gewende voorwerpe, bv son, verwarmer.

HITTE EN WATER

  • Water het ‘n uitsonderlike vermoë om hitte te behou.
  • Dit neem baie energie voordat ‘n massa water met 1 ºC styg of daal.
  • Daar is verkeie faktore betrokke:
  • Water is ‘n vloeistof
  • Water is deurskynend en ligstrale kan tot 20 m diep penetreer.
  • Watermassa het golwe en strome en vertikale beweging wat hitte kan versprei
  • Die hittehouvermoë van land en die oseane verskil baie.

WARMTEKAPASITEIT

Opdrag 2:

Ons weet reeds dat warmte ‘n verandering in temperatuur veroorsaak en dat die eenheid van hierdie warmte in Joule gemeet word, aangesien dit ‘n soort energie is.

Spesifieke warmtekapasiteit is die hoeveelheid warmte wat oorgedra (benodig/vrygestel) word as die temperatuur van ‘n stof met 1 ºC of 1 K verander.

Water is die duurste om te verhit, omdat groot hoeveelhede warmte vereis word om die temperatuur slegs ‘n paar grade te laat styg.

Aan die ander kant sal water ook groot hoeveelhede warmte lewer, indien dit afkoel.

Die uitwerking hiervan is die duidelikste op oseane, wat groot watermassas is.

Dit verhit baie stadig, maar hou dan lank die warmte.

Interessante toepassings van termiese beginsels lei tot die volgende verskynsels om ons (bespreek dit met die leerders):

  • Isolasie van huise teen hitte: huise verloor 25 % van hul hitte deur die dakke en 25 % deur die vloer.
  • Sonstowe: polistereen kookhouer uitgevoer met foelie is ‘n wonderlike alternatief in areas sonder elektrisiteit.
  • Hoekom ‘n skottelskaar kos so vinnig gaarmaak.

VIR DIE LEERDER:

Maak jou eie sonskottel deur die karton in die vorm van ‘n skottelskaar uit te druk en dit met foelie te bedek.

Hou dit teen die regte hoek vir maksimum son, steek ‘n stokkie deur ‘n worsie en kyk of jy dit vir jouself kan opwarm deur net sonkrag te gebruik!

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks