Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 8
Een van die genoemde vorms van energie is ELEKTRISITEIT.
Elektrisiteit is ‘n onsigbare energievorm gebaseer op die beweging van baie klein deeltjies. Om dit te verstaan, moet jy die bou van ‘n atoom verstaan.
Opdrag 1:
Vra jou onderwyser om die tipiese bou van ‘n atoom te verduidelik en teken dan jou eie weergawe.
Gewoonlik balanseer die positiewe en negatiewe deeltjies in ‘n neutrale atoom.
Opdrag 1: Vrae:
Het jy geweet?
LU 1
Wetenskaplike OndersoekDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit word bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike KennisDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit word bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan oproep;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, Omgewing en die GemeenskapDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit word bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Aktiwiteit 1:
OPDRAG 1:
Een van die genoemde vorms van energie is ELEKTRISITEIT.
![]() |
éééé
Hierdie potensiaal verskil word gewoonlik deur ‘n battery of kragstasie geproduseer.
Het jy geweet?
Geskiedenis
Die kern van Suid-Afrika (en inderdaad Afrika) se elektrisiteitsgeskiedenis en - verspreiding is die Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, bekend as Eskom. Dié nutsmaatskappy bestaan uit ’n hoofkantoorfasiliteit (tans die indrukwekkende Megawattpark-kompleks in Johannesburg), verskeie massiewe kragstasies en ’n nasionale versendings- en verspreidingsnetwerk.
In die 1960’s is daar opdrag gegee vir vyf steenkoolaangedrewe kragstasiereuse in die destydse Oos-Transvaal; sommige van hierdie stasies is eers in die 1970’s voltooi en het Eskom se kragopwekkingskapasiteit aansienlik laat toeneem.
Die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskapskonferensie (“Southern African Development Community Summit”) wat in 1995 in Suid-Afrika gehou is, het ooreengekom dat daar ’n uitruiling van elektrisiteit tussen SAOG-lande behoort te wees. Die meeste het toe ’n ooreenkoms geteken wat die totstandkoming van ’n elektrisiteitmagspoel gevestig het.
Opwekking
Eskom is ’n self-gefinansierde agentskap wat omtrent 98 % van Suid-Afrika se elektrisiteit opwek en verkoop, in ongeveer 60 % van Afrika se elektrisiteitsbehoeftes voorsien en onder die sewe top nutsmaatskappye in die wêreld in terme van grootte en verkope is.
Eskom is ook een van die laagste-koste-produseerders van elektrisiteit in die wêreld wat fossielbrandstof (steenkool) as die hoofbron van elektrisiteitsopwekking gebruik. Soos die meeste ander kragmaatskappye, onderhou Eskom ’n verskeidenheid aanlegte: twee gasturbines, twee hidro-elektriese aanlegte, twee pompstoringsaanlegte, een kernaanleg en natuurlik 17 steenkoolaangedrewe aanlegte - 24 eenhede in totaal. Eskom se steenkoolaangedrewe kragstasies (onder die wêreld se grootstes) genereer sowat 80 % van alle elektrisiteit wat deur die nutsmaatskappy vervaardig word. Die hidro-elektriese stasies, pompstoringskemas en gasturbinestasies genereer 14 % van produksie, en kernkrag die laaste 6 %.
Verskaffing
Eskom versprei jaarliks meer as 155 000 miljoen kWh elektrisiteit regoor Suid-Afrika deur middel van ’n nasionale rooster van sowat 312 000 km lugdrade en 6 000 km ondergrondse kabels. Eskom se elektrisiteitsvoorsiening gaan direk na landelike areas, groot industrieë en meeste myne. Eskom verprei ook na die stedelike gebiede (gemeenskappe, klein besighede en huishoudings) deur plaaslike owerhede en munisipaliteite.
Voorsiening aan ons huise is in die vorm van die Nasionale rooster. Dit is ESKOM se manier om verspreiding te bewerkstellig. Kortom werk dit soos volg: