Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 6 » Om die belangrike rol wat plante in die ekosisteem vervul, te bestudeer

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om die belangrike rol wat plante in die ekosisteem vervul, te bestudeer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Ekosisteem en omgewingsbalans

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Opdrag 15:

1 Plante en diere gaan dood

2 Plante en diere produseer afvalmateriaal

3 Ontbinders breek die afvalmateriaal af en gebruik sommige dele as voedsel

4 Ander dele word afgebreek as chemikalieë en weer vrygestel in die lug of grond

5 Die chemikalieë word weer deur ander plante geabsorbeer en opgeneem in voedselketting.

LEERKRAG AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die belangrike rol wat plante in die ekosisteem vervul, te bestudeer [LU 1.2, LU 2.3]

Plante (produseerders) gebruik eenvoudig nie-lewende materiaal (water, sonlig, kooldioksied en minerale) om hul eie voedsel te vervaardig. Die proses word fotosintese genoem, maar jy sal meer daarvan in die volgende module leer. Suurstof word terselfdertyd vrygestel.

Ontwerp nog twee voedselkettings met plante as die produseerders.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

(a) Die rol van swamme in die ekosisteem

Swamme staan bekend as die “arm” familie van die planteryk omdat hulle geen groen kleurstof bevat nie. Die groen kleurstof, chlorofil, stel groen plante in staat om self kos te vervaardig uit koolsuurgas en water. Groen plante staan dus op hulle eie voete en is van geen ander lewende wese afhanklik vir kos nie. Swamme en bakterieë, daarenteen, is dus net so afhanklik soos diere van die kos wat groen plante vir hulle moet berei.

Wanneer ‘n plant of ‘n dier doodgaan, gaan die opgebergde energie nie verlore nie. Mikroskopiese swamme en bakterieë teer op hul liggame en breek dit in die proses af. Sodoende word dit weer deel van die grond. Hierdie plante word ontbinders genoem, weens hulle unieke rol in die natuur.

Opdrag 15

Bestudeer die volgende diagrammatiese voorstelling oor die ontbindingsproses. Dit demonstreer hoe dooie organismes afgebreek en deur ontbinders hersirkuleer word. Gebruik nou die byskrifte wat volg en skryf hulle op die korrekte plekke in. Die byskrifte is nie in volgorde nie:

Figure 2
Figure 2 (decomposition.png)

  • Plante en diere produseer afvalmateriaal, bv. blare.
  • Ontbinders breek die afvalmateriaal af en gebruik sommige dele as voedsel.
  • Ander dele word afgebreek as chemikalieë en weer vrygestel in die lug of grond.
  • Plante en diere gaan dood.
  • Die chemikalieë word weer deur ander plante geabsorbeer en weer opgeneem in die voedselketting.

(i) Struktuur van die Swamplant

Die swamplant self bestaan uit vertakte drade wat soms in vakkies verdeel is, bv. broodskimmel, of soms saamgevleg is tot ‘n groot, vaste liggaam, bv. sampioene. Baie swamme is eetbaar, maar daar is ook soorte wat uiters giftig is. Dit is veiliger om maar net die welbekende sampioene te eet. Die sampioen word as ‘n klein, ronde wit knopie deur die grond opgestoot. Dit word groter en rek uit op ‘n steel en gaan uiteindelik oop soos ‘n sambreel.

Onder die sambreel straal die sporeplaatjies in ‘n kring om die steel uit. In regte sampioene is die sporeplaatjies rooskleurig as hulle jonk is en swartbruin as hulle volwasse is. Geeneen van die giftige paddastoele het hierdie kleur nie, dus is die kleur die beste aanduiding of dit ‘n giftige paddastoel of ‘n eetbare sampioen is. ‘n Mens moet nooit ‘n paddastoel eet wat baie na ‘n sampioen lyk, maar wit plaatjies het nie, want dit kan mens se dood veroorsaak.

Table 1
drade%20van%20broodskimmel.png
Figuur 1Drade van broodskimmel
sampioen_met_sporeplaatjies.png
Figuur 2Sampioen met sporeplaatjies onder die “hoed”
die_botelus.png
Figuur 3Die Botelus, nog ‘n eetbare swam

Wanneer ‘n mens swamme onder ‘n mikroskoop beskou, sien jy die klomp drade wat in alle rigtings groei. Dit lyk amper soos ‘n deurmekaar spinnerak. Elke draad het takke net soos ‘n boom. Elke tak het weer ‘n hele reeks nuwe takke. Aan die punte van sommige takke sit klein ronde balletjies. Hierdie balletjies is eintlik houers wat binnekant hol is en elkeen is propvol baie klein saadjies. Hulle word spore genoem en is so klein dat ongeveer ‘n duisend van hulle op ‘n speldekop sal pas.

Anders as groen plante het swamme nie lig nodig om voort te plant nie, maar wel lug, kos en water. ‘n Mens hoef nie swamsaadjies te plant nie; waar daar kos, lug en klammigheid is, sal die swamspore begin groei, bv. op ‘n klam handdoek. Daar is bv. altyd swamspore op ‘n vrug se skil, maar solank die vrug droog bly, kan die spore nie groei nie.

Swamme onder die mikroskoop

Figure 3
Figure 3 (.png)

Opdrag 16

Kweek Van Broodskimmel

Jy gaan nou self swamme kweek. Neem twee snye witbrood en breek dit in die helfte deur. Vee met elke stukkie oor die vloer of oor die vensterbank om ‘n paar swamspore op te tel. Besprinkel die brood met water en wees versigtig om die brood nie te nat te maak nie, want dan sal dit breek. Plaas elke stukkie brood in ‘n digte houer en skroef die deksel op. Plaas die houers in ‘n warm, donker kas. Nou het die spore alles wat nodig is, naamlik kos (die brood), water en lug wat in die houer vasgevang is. Die warmte is nie noodsaaklik nie, maar dit sal die spore vinniger laat groei. Haal die houers na drie dae uit en beantwoord die volgende vrae:

Table 2
KONTROLELYS JA NEE
Ek het die opdrag noukeurig uitgevoer? ______ ______
Was my opdrag suksesvol? ______ ______
Was daar ‘n donserige, wit groeisel op die brood? ______ ______
Was daar swart spore soos peperkorreltjies tussen die broodskimmel? ______ ______
Verskaf ‘n moontlike rede as jou eksperiment onsuksesvol was:________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

(ii) Nut vir die mens

Benewens die feit dat sommige swamme as voedsel vir die mens dien, word dit ook as geneesmiddels gebruik. Die swam, Penisilline, maak skadelike bakterieë in die mens se liggaam dood en het ‘n wonderlike vriend van die mens geword.

Van al die swamme wat die mens gebruik, is die gisswam die bekendste. Hierdie swam help die mens om wyn te maak.

Figure 4
Figure 4 (graphics2.png)

Opdrag 17

Gaan doen navorsing en vind uit hoe die gisswam daarin slaag om wyn te maak. Skryf twee paragrawe oor die werking en die ander nuttige gebruike van hierdie swam.

_____________________________________________________________________

‘n Voedselketting is ‘n nimmereindigende proses.

Figure 5
Figure 5 (graphics3.png)
Kos is die medium waardeur materiaal verkry word om liggaamsweefsel op te bou. So word lewensenergie deur middel van die ketting oorgedra!

ASSESSERING

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel.

Leeruitkomste 2:Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: