Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 6 » Om die natuurlike balans tussen lewende organismes en beskikbare hulpbronne te begryp [LU 2.3]

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseNS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: Approved
    Collection Review Status: Approved

    Click the "GETIntPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om die natuurlike balans tussen lewende organismes en beskikbare hulpbronne te begryp [LU 2.3]

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Ekosisteem en omgewingsbalans

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Opdrag 18:

Mosplante is uiters aanpasbaar;

Mosplante is uiters aanpasbaar, want hulle oorleef in ‘n verskeidenheid van omgewings. Mosplante is selfs in staat om in verskillende klimaatstreke aan te pas. Hulle kan in vogtige omgewings, droë omgewings en selfs in donker omgewings aanpas. Sommige taai soorte word selfs in die gleuwe van vuurspuwende berge aangetref.

  1. a) Dit is baie dig en kon die wond seël sodat daar nie kieme inkom nie; dit was volop en maklik bekombaar
  2. b) Menslike invloed: Uitwissing van diere

Natuurlike rampe; droogtes; vloede

Waar of onwaar?

7.

(a) waar

(b) waar

(c) onwaar

(d) Sodra die sade ontkiem, vaar die rotte die suikerplantasies in en vreet die sade

(e) Gelyktydig beteken een-vir-een en nie alles tesame nie.

LEERKRAG AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die natuurlike balans tussen lewende organismes en beskikbare hulpbronne te begryp [LU 2.3]

1. VOEDSELWEBBE

'n Skakel in 'n ketting vorm dikwels 'n deel van die skakels in 'n ander ketting. Geïsoleerde voedselkettings is 'n ongewone verskynsel in die natuur. 'n Onderling verbinde reeks voedselkettings staan bekend as 'n voedselweb.

Figure 1
Figure 1 (voedselweb.png)

Bestudeer die bostaande voorbeeld van 'n voedselweb wat skakeling toon met verskeie voedselkettings. Herbivore word deur karnivore en omnivore geëet.

Ongelukkig gaan energie verlore elke keer wanneer een organisme deur 'n ander opgeëet word. Plante verskaf energie aan bokke om te hardloop en asem te haal. Daardie energie is dan later nie vir 'n ander organisme beskikbaar nie.

Hoe korter die voedselketting, hoe meer organismes kan in 'n sekere gebied woon.

Identifiseer soveel voedselkettings as moontlik in die skets op die vorige bladsy. Illustreer hulle deur middel van woorde en pyle:

_____________________________________________________________________

(a) Harmonie in die ekosisteem

Lewende organismes leef in harmonie in 'n natuurlike ekosisteem. Beide plante en diere word deur die omgewing beïnvloed, en beïnvloed weer die omgewing op hulle beurt. 'n Natuurlike balans bestaan tussen die beskikbare hulpbronne en die organismes wat daarop staatmaak.

(i) Groei van plante uit dieselfde spesie onder verskillende toestande

Die klimaat van ‘n spesifieke streek het ‘n drastiese invloed op die plantegroei. Plante uit dieselfde spesie groei en ontwikkel verskillend onder verskillende klimaatstoestande.

Wanneer jy in ‘n woud of langs ‘n rivier stap, stap jy soms op ‘n digte, groen “tapyt”. Hierdie natuurlike “tapyt” klou stewig aan die grond vas en word mos genoem. Mos groei in baie verskillende plekke. Dit word onder andere ook gevind op boombasse, op takke van plante, asook op dooie stompe. Party groei op klam grond naby riviere of mere en sommige groei ook op rotse en sement. Hierdie plantspesie bestaan uit meer as 350 000 verskillende plante.

Die struktuur van die mosplantjie is meer ingewikkeld as dié van swamme, maar eenvoudiger as die struktuur van bome en blomplante. Mosse besit chlorofil en kan dus self voedsel produseer deur middel van fotosintese. Mosse plant egter nie voort deur middel van sade nie, maar deur middel van spore.

Kan jy een VERSKIL en een OOREENKOMS tussen swamme en mosse identifiseer?

(ii) Groei van mosse in vogtige omgewings

Alle plante benodig water om te kan voortbestaan. Baie mossoorte kry hulle vog uit die lug en word dus naby ‘n waterliggaam (rivier) of in ‘n gebied met ‘n hoë reënvalsyfer aangetref. In sulke omstandighede groei die mosse baie welig en vorm soms digte, groen “gordyne”.

Aangesien hierdie mossoorte nie vog uit die grond hoef te neem nie, kan dit op verskillende oppervlaktes groei. Hierdie mossoorte heg hulself aan boombasse, bakstene, rotse of selfs beton. Die mos wat teen ‘n rotsagtige heuwel groei, bestaan uit ‘n netwerk van stingels en blare. Die pers horing-tand mosse groei selfs op strooidakke.

(iii) Groei van mosse in droër omgewings

Hierdie mossoorte kan in woestynagtige dele oorleef, aangesien dit oor die vermoë beskik om lank sonder water te kan oorleef. Wanneer hierdie mossoorte van water ontneem word, word die plantjies baie droog. Die blare krul op en word swart of bruin. Sommige van hierdie mossoorte kan solank as 10 jaar sonder water oorleef. Wanneer dit dan uiteindelik reën, keer hulle groen kleur terug en begin hulle weer te groei.

‘n Baie taai soort mos, die Dicranella heteromalla, word selfs in die gleuwe van ‘n vuurspuwende berg aangetref.

(iv) Groei van mosse in donker omgewings

Sommige mossoorte wat in swakverligte plekke soos grotte groei, toon ‘n baie besondere eienskap. Hulle gloei in die donker. Die plantliggame bevat lensagtige selle wat lig weerkaats. As gevolg van hul gloeiende skynsel word hierdie mos soms “spook-goud” genoem.

Bespreek met jou maat: Is “spook-goud” ‘n oorspronklike naam vir hierdie mossoort?

Opdrag 18

Evalueer hierdie stelling: Die mosplante is ‘n uiters aanpasbare spesie. Skryf ‘n kort paragraaf waarin jy hierdie stelling beoordeel. Motiveer jou bevinding.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(a) Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is ‘n sekere mosplantjie as wondbedekking gebruik.

Verskaf twee moontlike redes hiervoor:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Die getal wilde diere wat 'n sekere habitat oor 'n lang tydperk bewoon, is aanduidend van die dravermoë. Dit verskil van habitat tot habitat, afhangende van die diere wat daar woon en wat hulle eet.

Die geringste versteuring in hierdie delikate balans sal 'n kettingreaksie veroorsaak wat al die plante en diere beïnvloed.

Die ontwikkeling van 'n nuwe woongebied en die verbouing van gewasse kan 'n kettingreaksie veroorsaak wat groot skade aan die ekosisteem aanrig.

Noem nog twee steurings wat 'n wanbalans in 'n ekosisteem sal meebring:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. INTERESSANT

Die aantal muise in 'n sekere streek is afhanklik van die aantal sade wat beskikbaar is om geëet te word. Die aantal muise bepaal weer hoeveel rooivalke in die gebied kan woon, aangesien hulle op die muise teer.

'n Sekere plant wat in die woude tussen Natal en Mosambiek groei, groei baie stadig gedurende die eerste paar jaar. Na 6 jaar word die plant dominant onder die res van die plantegroei. Afhangende van gunstige toestande, blom al die plante terselfdertyd (na 7 jaar). Genoeg sade word só versprei en die plante vrek. Dit bly 'n raaisel waarom die blomvorming (wat so selde geskied) deur die dood van die plante gevolg word.

So baie droë materiaal bly in die woud agter nadat al die plante gesterf het, dat dit 'n brandgevaar inhou. Terwyl die plante blom, vermeerder die swerms bye in die gebied. Mense besoek dan die woud om die byekorwe van heuning te stroop.

Die toename in bye lei tot 'n toename in voëls wat van bye leef. Soos die sade op die grond val, vermeerder die aantal rotte, wat weer veroorsaak dat meer klein valke en uile daarheen gelok word.

Sodra die sade ontkiem, verlaat die rotte die woud in groot getalle en vaar die suikerplantasies binne. Hulle rig soveel skade aan dat die mense genoodsaak word om hul katte daar los te laat om die rotte te vang.

Ons kan nie sê wat met die voëls, valke, uile en katte gebeur nie, maar dit bewys dat die gedrag van een organisme baie ander organismes kan beïnvloed. Die verhouding tussen organisme en omgewing is dus baie kompleks.

Waar of onwaar

(a) Sekere plante neem jare voordat hulle blom.

_____________________________________________________________________

(b) Voëls eet bye.

_____________________________________________________________________

(c) ‘n Verandering in die gedrag van ‘n organisme sal nie die ander organismes beïnvloed nie.

_____________________________________________________________________

Hoekom vaar die rotte die suikerplantasies binne?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(d) Kyk na die gegewe stellings. Skryf net EEN neer wat onwaar is:

  • Die hoeveelheid kos beskikbaar in ‘n sekere streek bepaal hoeveel diere daar kan bestaan.
  • Droë sade, blare en takke kan brande veroorsaak as dit aan die brand gesteek word.
  • Gelyktydig beteken een-vir-een en nie alles tesame nie.
  • Valke en uile geniet dit om rotte te vang.

3. BIOSFEER

Ons omgewing voorsien ons van iets waarsonder ons nie kan leef nie, naamlik natuurlike hulpbronne en nie-lewende materie. Ons benodig natuurlike hulpbronne soos sonlig, vars lig en grond.

Vanuit die ruimte vertoon die aarde as 'n klein, blou sfeer. By nadere ondersoek kom dit aan die lig dat lewe op aarde beperk is tot 'n dun laag (ongeveer 80 km dik) van water, grond en lug. Dié laag, wat van die dieptes van die oseaan tot die atmosfeer strek, staan bekend as die biosfeer (lewensruimte).

Figure 2
Figure 2 (biosfeer_text.png)

DIE AARDE

ASSESSERING

Leeruitkomste 2:Die leerders ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: