Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 7
1. Groot: 2
Klein: 3
1. Groot: 2
Klein: 3
2. Drie
3. Vier
4. Nee. Voorvlerke hard en leeragtig, agterstes sag en kan oopvou, kry groot oppervlak
5. Plastiekagtig, hard
6. Voelers
7. Nee. Daar is asemhalingsopeninge op elke segment van die agterlyf.
8. Ja. Monddele sit onder aan kop. Snyvlakke, en voelers.
9. 6 Pote.
10. Nee. Die agterpote is sterker.
11. Nee. Die wyfie en mannetjie lyk verskillend. By die sprinkaan het die wyfie ‘n lêboor, by die mannetjie is ‘n koppelingsorgaan.
12. Beskerming: harde uitwendige skelet, maar kan met voelers voel. Verloor nie water nie, kan sonder water klaarkom. Kan goed beweeg: loop, soms spring en vlieg. Kan kos soek weens beweegvermoë, kan sien, goeie monddele.
13. Leerder moet van ‘n werklike dier afteken, indien moontlik.
Lewensiklus: volwassene, eiers, larwe, papie
Opdrag 3:
Die sprinkaan behoort tot die grootste groep in die diereryk, naamlik die insekte.
Wat weet jy al van hierdie groep?
Ondersoek: Vang ‘n paar verskillende insekte en bring hulle saam klas toe. Vorm groepies van twee of drie en bestudeer die insek in die groep waarvan die liggaamsdele maklik onderskei kan word. ‘n Sprinkaan of kriek werk goed. Beantwoord die volgende vrae (probeer jou bes om goeie antwoorde te gee sodat jy ‘n goeie punt kan kry):
1. ‘n Insek het groot sowel as klein oë. Hoeveel oë tel jy?
2. In hoeveel hoofdele sou jy die liggaam verdeel? _______________________
3. Hoeveel vlerke het die insek? As die vlerke teen die liggaam gevou is, lig hulle
op en kyk versigtig. ______________________________________
4. Is al die vlerke dieselfde? ___________________________________________
Beskryf. ____________________________________________________________
_____________________________________________________________________

5. Hoe voel die insek se huidbedekking?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
6. Waarmee dink jy voel die insek?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
7. Het die insek ‘n neus om asem te haal? Beskryf.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
8. Het die insek ‘n mond? Beskryf.
__________________________________________________________________

9. Hoe weet jy dit is ‘n insek wat jy besig is om te bestudeer?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
10. Is al die pote ewe sterk ontwikkel? ____________________________________
Wat neem jy waar? __________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
11. Lyk die punte van die agterlyf by al die insekte van dieselfde soort dieselfde? _____________________________________________________________________
Beskryf. ____________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
12. Die insek is besonder goed aangepas om in verskillende omstandighede te kan oorleef. Beskryf (verwys na beskerming, waterbehoefte, beweging, vermoë om kos te soek).
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
13. Maak ‘n tekening van die insek soos van die kant gesien.
![]() |
- twee antennes (voelhorings) waarmee die insek kan voel;
- drie klein oë wat ons enkelvoudige oë noem;
- twee groot of saamgestelde oë; en monddele.
Insekte is baie beweeglik. Dink maar aan die ratsheid van ‘n vlieg en die afstande wat sprinkaanswerms kan vlieg.
Die pote is gelit. By die sprinkaan is die agterpote sterker ontwikkel sodat hy kan spring.
Die voorste vlerke vou dwars oop en balanseer die insek tydens vlug (soos die vlerke van ‘n vliegtuig), terwyl die sagte agterste vlerke soos waaiers oopvou en die eintlike vliegwerk doen.
![]() |
Voeding
Die sprinkaan is ‘n plantvreter met monddele wat baie goed vir dié doel aangepas is. Daar is onder meer twee voelertjies waarmee hy die voedsel kan voel sodat hy dit in die mond kan instoot. Daar is ook twee kake met snyvlakke wat die plantmateriaal fynkerf. Die sprinkaan het dus bytende monddele.
![]() |
Ander insekte het dieselfde monddele as die sprinkaan, maar die vorm kan baie verskil om by ander voedingswyses aan te pas. Hulle kan byvoorbeeld lekkend wees (die vlieg), suigend (sommige motte) of stekend (die muskiet).
Op elk van die eerste agt agterlyfsegmente is daar aan weerskante ‘n asemhalingsopening. Hierdie openinge lei na ‘n netwerk van buisies (trageas) wat deur die hele liggaam vertak en lug vervoer.
Die eksoskelet van die sprinkaan vorm ‘n waterdigte huidbedekking. Dit beteken dat die liggaam nie vog verloor nie en dus in droë toestande kan oorleef. Die plantmateriaal wat die sprinkaan vreet, bevat voldoende water.
Voortplanting
Jy het in graad 6 geleer dat ‘n vlieg ‘n volledige gedaanteverwisseling of metamorfose ondergaan vandat die eier uitbroei totdat daar ‘n volwasse vlieg ontwikkel het. Kan jy die stadiums nog onthou? Vul hulle op die onderstaande illustrasie in.
![]() |
Die sprinkaan ondergaan nie ‘n volledige metamorfose nie. Nadat die mannetjie en wyfie gepaar het, lê die wyfie eiertjies met haar lêboor in die grond. Klein sprinkaantjies broei uit wat lyk soos die volwassene. Soos wat hulle groter word, vervel hulle ‘n paar keer. Ons praat dus van ‘n onvolledige metamorfose.
Die sprinkaan en ander insekte in die ekosisteem
Opdrag 3:
Verduidelik hoekom die sprinkaan en ander insekte besonder goed by hulle omgewing aangepas is.
Afhanklikheid van water:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Verkryging van voedsel (onderskei tussen die sprinkaan en ander insekte wat ‘n volledige metamorfose ondergaan).
Sprinkaan:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Insekte met ‘n volledige metamorfose:

Asemhaling (Wenk: hoekom is insekte nie meer so afhanklik van ‘n vogtige omgewing soos die erdwurm nie?):
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Sintuie en kommunikasie (Wenk: doen ‘n bietjie navorsing – kan sprinkane hoor en kan hulle geluide maak?):
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak;
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks);
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas in ‘n variasie van ‘n bekende situasie: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.