Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 7 » Om die sprinkaan en sy oorlewingsvermoë te ondersoek en te beskryf

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Om die sprinkaan en sy oorlewingsvermoë te ondersoek en te beskryf

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Lewe en Lewenswyse

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

  • Sprinkaan:
  • Nee, ja, 6

1. Groot: 2

Klein: 3

1. Groot: 2

Klein: 3

2. Drie

3. Vier

4. Nee. Voorvlerke hard en leeragtig, agterstes sag en kan oopvou, kry groot oppervlak

5. Plastiekagtig, hard

6. Voelers

7. Nee. Daar is asemhalingsopeninge op elke segment van die agterlyf.

8. Ja. Monddele sit onder aan kop. Snyvlakke, en voelers.

9. 6 Pote.

10. Nee. Die agterpote is sterker.

11. Nee. Die wyfie en mannetjie lyk verskillend. By die sprinkaan het die wyfie ‘n lêboor, by die mannetjie is ‘n koppelingsorgaan.

12. Beskerming: harde uitwendige skelet, maar kan met voelers voel. Verloor nie water nie, kan sonder water klaarkom. Kan goed beweeg: loop, soms spring en vlieg. Kan kos soek weens beweegvermoë, kan sien, goeie monddele.

13. Leerder moet van ‘n werklike dier afteken, indien moontlik.

Lewensiklus: volwassene, eiers, larwe, papie

Opdrag 3:

  • Afhanklikheid van water: kan in droë toestande oorleef, kan lewe in omgewings waar daar nie sterk kompetisie van ander diere is nie. Eksoskelet verhoed waterverlies, eet plante wat voldoende water bevat.
  • Verkryging van voedsel: sprinkaan kan vinnig en ver beweeg om voedsel te soek . Eiers kan droë toestande oorleef en broei uit as die grond vogtig word (reën) en daar dus groen plante gaan wees.
  • Insekte met volledige metamorfose: oorleef as papie, die eiers broei uit wanneer voedsel beskikbaar is.
  • Asemhaling: die buisies in die liggaam vervoer die gasse en bly vogtig (droog nie maklik uit soos by die erdwurm nie.
  • Sintuie en kommunikasie: ruik en voel met antenne; het ‘n oordrom op eerste segment van die agterlyf, maak geraas deur die agterpote teen die growwe vlerke te skuur (sprinkaan; ander insekte doen dit anders, maar die belangrike is dat hulle kan kommunikeer).

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die sprinkaan en sy oorlewingsvermoë te ondersoek en te beskryf [LU 1.1, LU 1.2, LU 2.3, LU 2.4]

DIE SPRINKAAN

Die sprinkaan behoort tot die grootste groep in die diereryk, naamlik die insekte.

Wat weet jy al van hierdie groep?

  • Werwelkolom: ja of nee?_____________________________________________
  • Pote: gelit of nie?______________________________________________
  • Getal pote _____________________________________________________

Ondersoek: Vang ‘n paar verskillende insekte en bring hulle saam klas toe. Vorm groepies van twee of drie en bestudeer die insek in die groep waarvan die liggaamsdele maklik onderskei kan word. ‘n Sprinkaan of kriek werk goed. Beantwoord die volgende vrae (probeer jou bes om goeie antwoorde te gee sodat jy ‘n goeie punt kan kry):

1. ‘n Insek het groot sowel as klein oë. Hoeveel oë tel jy?

  • Groot: ___________________________________
  • Klein: ___________________________________

2. In hoeveel hoofdele sou jy die liggaam verdeel? _______________________

3. Hoeveel vlerke het die insek? As die vlerke teen die liggaam gevou is, lig hulle

op en kyk versigtig. ______________________________________

4. Is al die vlerke dieselfde? ___________________________________________

Beskryf. ____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. Hoe voel die insek se huidbedekking?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

6. Waarmee dink jy voel die insek?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

7. Het die insek ‘n neus om asem te haal? Beskryf.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

8. Het die insek ‘n mond? Beskryf.

__________________________________________________________________

9. Hoe weet jy dit is ‘n insek wat jy besig is om te bestudeer?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

10. Is al die pote ewe sterk ontwikkel? ____________________________________

Wat neem jy waar? __________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

11. Lyk die punte van die agterlyf by al die insekte van dieselfde soort dieselfde? _____________________________________________________________________

Beskryf. ____________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

12. Die insek is besonder goed aangepas om in verskillende omstandighede te kan oorleef. Beskryf (verwys na beskerming, waterbehoefte, beweging, vermoë om kos te soek).

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

13. Maak ‘n tekening van die insek soos van die kant gesien.

Liggaamsbou

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Die liggaam bestaan uit drie hoofdele: die kop, bors en agterlyf.
  • Die insek het ‘n eksoskelet wat uit ‘n sterk leeragtige stof bestaan wat ons chitien noem.
  • Die drie pare gelede pote is aan die bors vasgeheg.
  • Twee pare vlerke word ook op die bors gedra: die voorstes is leeragtig en lê plat teen die liggaam; die agterstes is sag en vou soos waaiers onder die voorstes in.
  • Die kop dra:

- twee antennes (voelhorings) waarmee die insek kan voel;

- drie klein oë wat ons enkelvoudige oë noem;

- twee groot of saamgestelde oë; en monddele.

  • Die agterlyf dra geen aanhangsels nie, behalwe klein geslagsorgane op die punt wat by die mannetjie en wyfie verskil.
  • Op elke segment van die agterlyf is daar ‘n asemhalingsopening.

Beweging

Insekte is baie beweeglik. Dink maar aan die ratsheid van ‘n vlieg en die afstande wat sprinkaanswerms kan vlieg.

Die pote is gelit. By die sprinkaan is die agterpote sterker ontwikkel sodat hy kan spring.

Die voorste vlerke vou dwars oop en balanseer die insek tydens vlug (soos die vlerke van ‘n vliegtuig), terwyl die sagte agterste vlerke soos waaiers oopvou en die eintlike vliegwerk doen.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Voeding

Die sprinkaan is ‘n plantvreter met monddele wat baie goed vir dié doel aangepas is. Daar is onder meer twee voelertjies waarmee hy die voedsel kan voel sodat hy dit in die mond kan instoot. Daar is ook twee kake met snyvlakke wat die plantmateriaal fynkerf. Die sprinkaan het dus bytende monddele.

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Ander insekte het dieselfde monddele as die sprinkaan, maar die vorm kan baie verskil om by ander voedingswyses aan te pas. Hulle kan byvoorbeeld lekkend wees (die vlieg), suigend (sommige motte) of stekend (die muskiet).

Asemhaling

Op elk van die eerste agt agterlyfsegmente is daar aan weerskante ‘n asemhalingsopening. Hierdie openinge lei na ‘n netwerk van buisies (trageas) wat deur die hele liggaam vertak en lug vervoer.

Handhawing van waterbalans

Die eksoskelet van die sprinkaan vorm ‘n waterdigte huidbedekking. Dit beteken dat die liggaam nie vog verloor nie en dus in droë toestande kan oorleef. Die plantmateriaal wat die sprinkaan vreet, bevat voldoende water.

Voortplanting

Jy het in graad 6 geleer dat ‘n vlieg ‘n volledige gedaanteverwisseling of metamorfose ondergaan vandat die eier uitbroei totdat daar ‘n volwasse vlieg ontwikkel het. Kan jy die stadiums nog onthou? Vul hulle op die onderstaande illustrasie in.

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

Die sprinkaan ondergaan nie ‘n volledige metamorfose nie. Nadat die mannetjie en wyfie gepaar het, lê die wyfie eiertjies met haar lêboor in die grond. Klein sprinkaantjies broei uit wat lyk soos die volwassene. Soos wat hulle groter word, vervel hulle ‘n paar keer. Ons praat dus van ‘n onvolledige metamorfose.

Die sprinkaan en ander insekte in die ekosisteem

Opdrag 3:

Verduidelik hoekom die sprinkaan en ander insekte besonder goed by hulle omgewing aangepas is.

Afhanklikheid van water:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Verkryging van voedsel (onderskei tussen die sprinkaan en ander insekte wat ‘n volledige metamorfose ondergaan).

Sprinkaan:

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Insekte met ‘n volledige metamorfose:

Asemhaling (Wenk: hoekom is insekte nie meer so afhanklik van ‘n vogtige omgewing soos die erdwurm nie?):

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Sintuie en kommunikasie (Wenk: doen ‘n bietjie navorsing – kan sprinkane hoor en kan hulle geluide maak?):

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

ASSESSERING

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks);

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas in ‘n variasie van ‘n bekende situasie: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)