Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 7 » Om enkele Aragnide te bestudeer

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om enkele Aragnide te bestudeer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Lewe en Lewenswyse

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

  • Almal het agt pote. Gelitte pote en uitwendige skelet is gemeenskaplike kenmerk.
  • Kopborsstuk en agterlyf.
  • Die voettasters kan groot wees en soos pote lyk.
  • Aan die kopborsstuk.
  • Slegs enkelvoudige oë, soms sommiges groter en sommiges kleiner: agt in totaal

Opdrag 4:

1. Die spinnekoppe vrek van die gif, terwyl die vlieë vermeerder, moontlik omdat daar minder spinnekoppe is.

2. Kan ‘n voëlsoort wees wat van insekte en spinnekoppe lewe. Vreet dalk ruspes wat vergiftig is, of daar is nie meer spinnekoppe om te vreet nie.

3. Dit is belangrik om die balans in die natuur te handhaaf.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om enkele Aragnide te bestudeer [LU 1.3, LU 2.3, 2.4]

DIE SPINNEKOP

Die spinnekop behoort tot die groep spinagtiges of Arachnida. Dit is beter om van die Aragnide te praat eerder as van die spinagtiges, omdat al die lede van die groep nie spinnerakke bou nie, bv. bosluise en skerpioene.

Kan jy nog onthou wat die kenmerk van alle Aragnide is?

Almal het ____________________________________________________ pote.

Kan jy nog onthou watter kenmerk die Aragnide in gemeen het met die insekte?

____________________________________________________________________

As jou onderwyser ‘n dooie spinnekop of skerpioen het, kyk na sy liggaamsbou en probeer die volgende vrae beantwoord:

Kan jy ‘n kop, bors en agterlyf onderskei soos by die sprinkaan? _________________________________________________________

Hoekom lyk dit asof daar tien pote is?____________________________________

_____________________________________________________________________

Aan watter deel van die liggaam word hulle gedra? ___________________________

Kan jy klein en groot oë soos by die sprinkaan sien? __________________________

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Liggaamsbou

Die spinnekop se liggaam bestaan uit slegs twee dele, nl. ‘n kopborsstuk en agterlyf. Daar is agt enkelvoudige oë op die kopborsstuk (die spinnekop het nie saamgestelde oë soos die insekte nie), asook twee tasters. Die spinnekop het twee opvallend groot kaakkloue waarmee prooi gevang word.

Op die punt van die agterlyf is daar spintepels waarmee die spinnekop spinnerakke bou om prooi te vang.

Die huidbedekking (eksoskelet) is leeragtig en harig.

Beweging

Spinnekoppe is besonder rats, veral die wat nie hul prooi met spinnerakke vang nie, bv. die groot jagspinnekop.

Voeding

Spinnekoppe is vleisetend en verlam hul prooi met gif wat in hul kaakkloue voorkom. Die tasters hanteer die prooi terwyl dit gevreet word. In Suid-Afrika is slegs enkele spinnekoppe gevaarlik vir die mens, bv. die knopiespinnekop (swart met duidelike merke aan die onderkant; die liggaam sonder pote is ongeveer die grootte van ‘n grondboontjie). Spinnekopbyte kan egter ontsteking veroorsaak as gevolg van kieme wat aan hul monddele vassit.

Asemhaling

Die spinnekop het asemhalingsopeninge aan die onderkant van die agterlyf wat na inwendige boeklonge lei.

Handhawing van waterbalans

Soos die sprinkaan, verkry spinnekoppe die bietjie water wat hulle benodig uit hul voedsel.

Voortplanting

Klein spinnekoppe lyk soos volwassenes.

Die spinnekop en ander Aragnide in die ekosisteem

Soos die insekte is spinnekoppe, skerpioene en bosluise baie goed by hul omgewing aangepas. Hulle kan uiters droë toestande oorleef. Hulle voed op ander diere wat ook jagters is (egter nie die bosluis nie, wat ‘n parasiet is) en speel dus ‘n belangrike rol in die handhawing van ‘n balans in die ekosisteem. Spinnekoppe moet dus liefs nie doodgemaak word nie. Dieselfde geld vir skerpioene, maar oppas vir dié met dik sterte – hulle is giftig vir die mens.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Opdrag 4:

Bestudeer die volgende paragraaf en beantwoord die vrae wat volg:

Die eienaar van ‘n tuin spuit gif op die plante in sy tuin om van ruspers ontslae te raak. Die tuinier is ongelukkig hieroor en besluit om te kyk hoe die gif ander diere in die tuin affekteer. Hy tel onder andere elke dag hoeveel spinnekoppe en vlieë hy in die tuin kan kry. Hy wil nie vir ons sê watter dier Dier X in die tabel is nie. Hy teken die getalle aan.

Getal diere wat op die aangeduide datums in ‘n tydperk van een uur in die tuin gevind word.

Table 1
  2 Januarie 9 Januarie 16 Januarie 23 Januarie
Spinnekoppe 20 10 7 2
Vlieë 2 12 24 38
Dier X 5 4 2 0

1. Verduidelik wat vanaf 2 Januarie tot 23 Januarie in die tuin gebeur deur na die syfers te verwys.

2. Watter dier sou Dier X moontlik kan wees? Verduidelik hoekom jy so dink.

3. Wat behoort die eienaar hieruit te leer?

ASSESSERING

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindinge kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks);

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas in ‘n variasie van ‘n bekende situasie: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: