Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 7 » Om die tuinslak te ondersoek en die aanpassing van enkele invertebrate ten opsigte van oorlewing te vergelyk

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om die tuinslak te ondersoek en die aanpassing van enkele invertebrate ten opsigte van oorlewing te vergelyk

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Lewe en Lewenswyse

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

  • Die tuinslak
  • Seekat en mossel
  • Spiervoet
  • twee paar voelers en twee oë
  • Die slak beweeg met golfbewegings in die spiervoet.
  • Die mond is T-vormig, aan die onderkant van die kop.

Opdragte:

1. Die plante na-aan die grondoppervlak sou waarskynlik welig groei. Die diere wat van slakke leef, soos honderdpote, voëls en muise, sou moontlik ander weivelde soek.

2.

Table 1
Erdwurm Ronde langwerpige liggaam maak dit moontlik om gate in grond te grawe, plantreste in te dra en saam met grond te eet Leef in vogtige grond om vel vogtig te hou Stelsel van buisies waarmee die hoeveelheid water wat opgeneem en afgegee word, beheer word
Sprinkaan Kan beweeg om voedsel te soek. Bytende monddele om plantmateriaal fyn te sny Buisies vertak in liggaam, voorsien 'n vogtige gaswis-selingsoppervlak Uitwendige skelet verhoed waterverlies, kry vog saam met plantmateriaal in
Spinnekop ens. Leerders maak bloot 'n opsomming van inligting in teks.    
Krap      
Slak      

3. Navorsingsopdrag: assesseer in terme van die raamwerk wat in die module verskaf word.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die tuinslak te ondersoek en die aanpassing van enkele invertebrate ten opsigte van oorlewing te vergelyk [LU 1.1, LU 1.2, LU 1.3, LU 2.3, LU 2.4]

DIE TUINSLAK

Die slak behoort tot die groep weekdiere of Mollusca. Kan jy nog onthou watter ander diere aan hierdie groep behoort?

Die _____________________________ en ________________________________

Jy sal dit nie moeilik vind om ‘n tuinslak in die hande te kry nie. Kyk na sy uitwendige bou en probeer om die volgende vrae te beantwoord:

Die grootste deel van die liggaam bestaan uit ‘n ______________________________ -voet.

Aan die kop is twee ___________________________________ en twee ____________________________________________________________________

Sit die slak op ‘n glasplaat neer en wanneer hy begin beweeg, kyk van onder af deur die glas en beskryf wat jy sien (hoe hy beweeg).

_____________________________________________________________________

Kan jy sy mond sien? Beskryf. ___________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Lig die slak op en probeer om langs die liggaam in die skulp in te kyk. Kan jy ‘n opening sien? Dit is die asemhalingsopening.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Liggaamsbou

Die slak se liggaam bestaan uit ‘n kop, voet en boggel. Die boggel bevat die organe (vir voortplanting, vertering, ens.) en word met ‘n skulp bedek. Daar is ‘n asemhalingsopening aan die regterkant onder die skulp. Aan die kop kom vier tentakels voor. Twee dra die oë, terwyl die ander twee as voelers dien. Onder aan die kop is ‘n T-vormige mond.

Beweging

Die slak beweeg deur middel van golfbewegings in die spiervoet. Slym word afgeskei wat die oppervlakte glad maak.

Voeding

Die slak is plantetend en het ‘n raspertong waarmee die plantmateriaal fyn gerasper word.

Asemhaling

Die slak het onder die skulp ‘n bloedvatryke vlies (die mantelvlies) vir asemhaling. Die vlies is deur die asemhalingsopening in verbinding met die buitelug en is dus teen uitdroging beskerm.

Handhawing van waterbalans

Die slak skei slym af wat hom teen uitdroging beskerm. As die spiervoet in die skulp ingetrek is, is slegs die deel van die voet wat teen die oppervlak waarteen die slak sit, buite die skulp. Uitdroging kan dus nie plaasvind nie.

Voortplanting

Die slak lê eiers en die kleintjies lyk soos die volwassenes. Die slak kan beide manlike en vroulike geslagselle dra en bewaar totdat omstandighede vir die oorlewing van kleintjies gunstig is.

Die slak in die ekosisteem

Die slak is plantvretend en is ‘n belangrike skakel in verskeie voedselkettings. Dit is goed aangepas om op land te leef en kan droë toestande oorleef, alhoewel vogtige tydperke vir ‘n gedeelte van die jaar noodsaaklik is.

Opdragte:

1. Beskryf wat in ‘n ekosisteem sou kan gebeur, indien al die slakke deur mense verwyder sou word.

2. Maak ‘n opsomming van die wyses waarop die invertebrate wat ons bestudeer het, aangepas is om in hul spesifieke omgewings te kan oorleef, deur die onderstaande tabel te voltooi:

Table 2
DIER VOEDING ASEMHALING WATERBALANS
Erdwurm      
Sprinkaan      
Spinnekop      
Krap      
Slak      

3. Navorsingsprojek: Beskryf hoe jy ‘n hoekie van 100 vierkante meter in die dieretuin sal ontwikkel tot ‘n dieretuin vir invertebrate wat selfonderhoudend is (met ander woorde die diere hoef nie gevoer te word nie). Jou onderwyser gaan jou projek in terme van die volgende beoordeel:

  • beplanning van die projek (watter invertebrate, watter inligting nodig is, ens.);
  • versameling van inligting, bv. oor die toestande wat geskep moet word vir die diere om te kan lewe;
  • ontwerp van die dieretuin; en
  • evaluering van die ontwerp.

ASSESSERING

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en dink na oor hoe om dit billik te maak;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindinge kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: interpreteer inligting deur kernidees in die teks te identifiseer, patrone in aangetekende data te vind en gevolgtrekkings te maak uit inligting in verskeie vorme (bv. prente, diagramme en geskrewe teks),

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas in ‘n variasie van ‘n bekende situasie: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: