Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Om ‘n lys te maak van brandstowwe en hulle gebruike

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om ‘n lys te maak van brandstowwe en hulle gebruike

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Energie-oordrag en kragte

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

(a) Petrol - motor

Gas - stoof

Steenkool - stoomlokomotief

Hout - vuur om warmte te verskaf

Ru-olie - vliegtuigbrandstof word daaruit verkry

(b) Windaangedrewe toestelle - windplaas

Enjins wat deur middel van gebruikte kookolie beweeg

Sonverhittig vir warmte

(c) Voordele en nadele van kernbrandstowwe en fossielbrandstowwe.

(i) Fossielbrandstowwe

Tabel 1
VOORDELE NADELE
Redelik beskikbaar. Veroorsaak lugbesoedeling – gee rook en skadelike gasse af.
Kan maklik omgesit word in energie. Hou ‘n brandgevaar in.
Betreklik goedkoop. Ontginning ontsier die omgewing.

(ii) Kernbrandstowwe

Tabel 2
VOORDELE NADELE
Beskik oor groot hoeveelhede. Gesondheidsgevare weens radioaktiewe bestraling.
Min omgewingsbesoedeling. Energie moet oor lang afstande vervoer word, aangesien water-verkoeling noodsaak dat sentrales naby die kus gebou moet word.
‘n Klein hoeveelheid lewer baie energie. Radioaktiewe afvalprodukte moet jare lank veilig geberg word totdat radioaktiwiteit verlore gaan.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om ‘n lys te maak van brandstowwe en hulle gebruike [LU 1.3]

(a) Noem vyf alledaagse brandstowwe en een gebruik van elk:

_____________________________________________________________________

(b) Dit is baie noodsaaklik vir die mens om ander bronne van energie op aarde te vind. Stel ‘n paar nuwe energiebronne voor, bv. elektriese motors.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(c) Noem drie voordele en drie nadele van:

(i) Fossielbrandstowwe

Tabel 3
VOORDELE NADELE
1. 1.
2. 2.
3. 3.

(ii) Kernbrandstowwe

Tabel 4
VOORDELE NADELE
1. 1.
2. 2.
3. 3.

(d) Dink aan al die bronne van energie wat ons tot dusver bespreek het en maak dan ‘n lys van hoe jy energie sal bespaar, bv. skakel die klaskamer se lig af as die son skyn.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Vorms van energie

‘n Mens se liggaam gebruik nie die brandstof (voedsel) in die vorm wat ons dit eet nie. Dit word in eenvoudige stowwe opgebreek en in jou spiere gebêre in ‘n vorm waarin jou spiere dit kan gebruik. Daar is dan energie in hierdie stowwe in jou spiere gebêre. Energie wat in chemiese stowwe soos voedsel en brandstof opgeberg is, word chemiese energie genoem. Alle brandstowwe bevat dus chemiese energie.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Chemiese energie word vrygestel indien die een of ander reaksie plaasvind. As steenkool verbrand word, stel dit warmte vry wat weer gebruik kan word om stoom vir ‘n stoomlokomotief op te wek.

Warmte/hitte-energie word elke dag gebruik. Ons het dit nodig om kos gaar te maak, asook om warm te bly.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

Warmte-energie laat die water in die lokomotief se ketel kook en stoom word gevorm.Die stoom dryf die lokomotief aan.

Nie net die son nie, maar ook brandstowwe en elektrisiteit, verskaf aan ons lig. Wanneer elektrisiteit deur die gloeidraad in ‘n gloeilamp beweeg, word die draad warm en gloei dit. Dit stel dan ligenergie vry, asook ‘n klein hoeveelheid warmte-energie. Sommige wurms, vuurvliegies en visse straal ook ligenergie uit.

Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)

Kinetiese energie word deur beweging moontlik gemaak. Bewegende water kan ‘n waterwiel laat draai, terwyl wind weer ‘n windpomp kan aandryf.

Figuur 4
Figuur 4 (graphics4.png)

Energie wat in dinge gestoor word en wag om op een of ander manier vrygestel te word, word potensiële energie genoem. Die veer van ‘n windbuks wat gelaai is, beskik oor die vermoë om te skiet. Ons sê dus die gespande veer beskik oor potensiële energie.

Figuur 5
Figuur 5 (graphics5.png)
Figuur 6
Figuur 6 (graphics6.png)

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks