Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 7
1.
Voordat ek kan bepaal wat my onkoste aan brandstof vir 'n voorgenome reis gaan wees, is dit nodig om die afstand wat ek gaan reis te bepaal. Indien ek my kombuis se vloer wil teël, moet ek eers die grootte (oppervlakte) van die vloer bereken. As ons wil bepaal hoeveel melk 'n baba met 'n sekere ouderdom en massa moet kry, moet ons die volume (inhoud) van die melk kan meet, ensovoorts. In die meeste wêrelddele maak ons gebruik van die metrieke stelsel. (die Système Internationale d'Unite's, of SI). Die vernaamste eenhede waarmee ons volgens die SI-meetstelsel meet, word deur die volgende tabel weergegee:
| GROOT | MIDDELMATIG | KLEIN | |
| Lengte1 km = 1 000 m1 m = 1 000 mm | kilometer (km) | meter (m)sentimeter (cm) | millimeter (mm) |
| Oppervlakte1 cm² = 100 mm²1 m² = 10 000 cm² | vierkante meter (m²) | vierkante sentimeter (cm²) | vierkante millimeter (mm²) |
| Inhoud1 kl = 1 000 ℓ1 l = 1 000 ml | kiloliter (kℓ)kubieke meter (m3 ) | liter (ℓ) | kubieke sentimeter (cm3 )milliliter (mℓ) |
| Massa1 kg = 1 000 g1 g = 1 000 mg | kilogram (kg) | gram (g) | milligram (mg) |
1. Watter eenhede sal jy gebruik om die volgende te meet?
2. Noem nog drie goeie voorbeelde om te verduidelik hoekom dit belangrik is om te kan meet.
_____________________________________________________________________

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.