Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om suurreën na te vors

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Module:

Add to a lens
x

Add module to:

Add to Favorites
x

Add module to:

Om suurreën na te vors

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Materie, Meting en Reaksies

Reaksies tussen soorte materie: Sure en Basisse

OPVOEDER AFDELING

Memorandum

Opdrag 10:

Gebruik die kontrolelys (p. 53) as basis vir die assessering.

Aanvullende leesstof vir Aktiwiteit 2.8 Navorsingsopdrag.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om suurreën na te vors [LU 1.1, LU 1.2, LU 1.3, LU 3.2]

OPDRAG 10

“Brandende steenkool gee swaweldioksied af wat reën verander in suurreën. Dit verander die chemiese balans van die grond sodat plante nie goed groei nie”

Doen navorsing oor die vorming van suurreën, asook die uitwerking wat dit op die omgewing het. Die volgende wetenskapproses moet gevolg word vir jou ondersoekende navorsingsprojek. Stappe 1 – 7 moet by die ondersoek ingesluit word. Stap 7 moet voorberei word vir lewering aan ‘n beleidmakende liggaam, soos bv. die regering.

Tabel 1
Fokus en beplan projekte DATA-insameling en verwerking DATA-ontleding Kommunikeer bevindings
1.Probleemstelling wat nagevors moet word. Die doel/uitkoms van die projek is om die probleem op te los. 3.DATA-insameling oor die onderwerp, bv. gebruik van die internet, biblioteke, onderhoude, vraelyste, ens. 5.Verkry resultate. Dit moet opgeteken, ontleed en geëvalueer word. Dit bepaal toekomstige beplanning of ‘n herhaling van die proses. 7.Verslaglewering. Dit kan op verskillende maniere gedoen word, bv. ‘n geskrewe dokument.
2.Formuleer ‘n hipotese*. Hierdeur word ‘n moontlike oplossing voorspel.Dit kan reg of verkeerd bewys word. 4.Gebruik data en ondersoek deur eksperimentering, waarneming, ens. 6.Gevolgtrekking. Hier word die hipotese as reg of verkeerd bewys.  

* Hipotese: Voorlopige stelling wat nog bewys moet word.

NAVORSING

_____________________________________________________________________

Tabel 2
KONTROLELYS: ONDERSOEKONDERWERP: SUURREëN  
KRITERIA  
1. Ek het betyds begin om navorsing te doen. Ja Nee  
2. Ek het al die ondersoekstappe (1 tot 7) uitgevoer. Ja Nee  
3. Ek het meer as een bron gebruik en ‘n bronnelys aangeheg. Ja Nee  
4. Ek het my kennis oor die onderwerp verbreed en sinvolle voorstelle gemaak. Ja Nee  
5. Ek het dit geniet om oor hierdie spesifieke onderwerp navorsing te doen. Ja Nee  
PROBLEME WAT EK ONDERVIND HET:  

Pret met sure en basisse

Probeer om die volgende ontdekkings tuis te doen en kom rapporteer jou bevindinge aan die klas.

GEHEIME SKRIF

Skryf ‘n woord met suurlemoensap op ‘n vel wit papier en laat droog word. Hou die papier dan vir ongeveer 5 minute voor ‘n verwarmer. (Versigtig – nie te naby nie!) Die woord word leesbaar, want die suurlemoensap reageer met die stysel in die papier en vorm bruinsuiker.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Om skuim te maak

Gooi ‘n paar druppels asyn op 10 ml koeksoda. Wat gebeur? Gooi nog asyn op. Stel vas hoe die beginsel gebruik word om brande te blus.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

RIGLYNE VIR ASSESSERING:

Leerders se vordering om ‘n aanvaarbare prestasievlak te bereik, moet gemeet word. Die volgende tabel verskaf riglyne om die verskillende assesseringtake te assesseer en dui prestasievlakke aan.

Tabel 3
Rooster vir prosesvaardighede (LU1)
Vlak Fokus en beplan ondersoeke Data-insameling en verwerking Data-ontleding Kommunikeer bevindings
1 Identifiseer verskynsels onafhanklik. Formuleer vrae vir ondersoeke. Verfyn vrae met die nodige ondersteuning. Organiseer en versamel toerusting om data in te samel met ondersteuning van groep. Sommige stappe word begryp, die meeste kort detail. Waarneming moet meer betekenisvol wees. Optekening van data is duidelik. Data-tabelle en/of grafiek kort inligting en onakkuraathede kom voor. Bespreek waarnemings en moontlike verklarings. Die grootste deel van die bespreking handel oor ondersoeke. Identifiseer sommige algemene tendense in die data.Maak sommige gevolgtrekkings. Verskaf te veel mondelinge en/of skriftelike inligting oor verwagte bevindings, geen organisasie.
2. Identifiseer verskynsels onafhanklik. Formuleer vrae uit ondersoeke en verfyn. Formuleer ‘n aksieplan, met verwysing na ‘n veranderlike, met ondersteuning van ‘n opvoeder. Gebruik instrumente en tegnieke in ‘n groep om akkurate en betroubare data in te samel. Daar is begrip vir die meeste van die stappe, maar ‘n paar kort detail. Maak betekenisvolle, ter saaklike waarnemings. Data-tabel en/of grafiek beide voltooi en akkuraat, sommige swak gevormde karakters. ‘n Mate van sortering of klassifikasie van data kom voor. Bespreek waarnemings en moontlike verklarings.Bespreking hou verband met ondersoeke en sluit ook sommige ander interessante feite in. Identifiseer tendense, patrone en groeperings in die data. Besin oor die betroubaarheid van sommige tendense. Maak gevolgtrekkings en bring waarnemings en verklarings met ander toestande in verband. Verskaf te veel mondelinge of skriftelike inligting oor verwagte bevindings; geen organisasie
3 Identifiseer verskynsels. Formuleer en verfyn vrae om die ondersoek se aksieplanne te ondersteun met verwysing na veranderlikes. Kies toepaslike ondersoekbane gegewe die doel en hulpbronne, en met aandag aan die maniere om een veranderlike te beheer. Ontwerp eenvoudige toetse om een veranderlike te beheer. Kies instrumente en tegnieke in ‘n groep en/of individueel om akkurate en betroubare data uit meer as een bron in te samel. Bied logiese stappe aan wat maklik is om te volg. Maak betekenisvolle en betroubare waarnemings betreffende een veranderlike. Data-tabel en/of grafiek netjies voltooi en heeltemal akkuraat. Blyke van die logiese sortering of klassifikasie van sommige data. Bespreek waarnemings en moontlike verklarings. Alle bespreking hou met ondersoeke verband en sluit ook sommige ander feite in. Bring waarnemings en verklarings met ander toestande in verband. Identifiseer tendense, patrone en groeperings in die data. Besin oor die betroubaarheid en geldigheid van die meeste bevindings. Maak gevolgtrekkings om redelike antwoorde te verskaf. Evalueer die gevolgtrekkings uit persoonlike ervaring. Verskaf verwagte inligting en bevindings in ‘n logiese vorm. Gebruik verskillende aanbiedingswyses om begrip te versterk. Kommunikeer en bied die bevindings in ‘n netjiese verslag aan.
4 Identifiseer verskynsels en die verhouding tussen verskillende verskynsels. Formuleer en verfyn vrae om die aksieplan vir die ondersoek te ondersteun met verwysing na veranderlikes. Kies toepaslike ondersoekbane vir ‘n ondersoek, gegewe die doel en hulpbronne en met spesiale aandag aan maniere om die veranderlikes te beheer. Ontwikkel toetse om die veranderlikes te beheer. Beplan prosedures om hipoteses en voorspellings vir twee veranderlikes te ondersoek. Identifiseer die voordele en beperkings van gekontroleerde eksperimente. Kies instrumente om bruikbare kwalitatiewe en kwantitatiewe data uit ten minste drie verskillende bronne in te samel. Kies instrumente om bruikbare kwalitatiewe en kwantitatiewe data uit ten minste drie verskillende bronne in te samel.Kies instrumente en tegnieke op ‘n individuele basis om bruikbare, akkurate, betroubare, kwantitatiewe en kwalitatiewe data uit ten minste drie verskillende bronne in te samel. Bied meer komplekse en logiese stappe. Doen komplekse akkurate waarnemings betreffende meer as een veranderlike. Data-tabel en/of grafiek beide netjies voltooi en heeltemal akkuraat (onafhanklike veranderlike op x-as). Blyke van logiese sortering of klassifikasie van alle data om patrone te identifiseer. Bespreek waarnemings en moontlike verklarings. Alle besprekings hou met ondersoeke verband en sluit ook ander interessante tendense, patrone en data-groeperings in. Besin oor die betroubaarheid en geldigheid van al die bevindings. Bied ‘n logiese verduideliking vir al die bevindings aan en skenk aandag aan die meeste van die ondersoekvrae deur logiese gevolgtrekkings te maak en dit met ander toestande in verband te bring. Maak gevolgtrekkings gegrond op ingesamelde data en persoonlike ervarings, en stel samewerkend moontlike verbeterings aan die ondersoeke voor. Assesseer gevolgtrekkings met betrekking tot ander bewyse en bronne. Verskaf alle verwagte inligting en bevindings in ‘n logiese vorm. Kommunikeer en bied die bevindings en inligting in ‘n toepaslike en maklike verstaanbare vorm aan.

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke beplan: beplan eenvoudige toetse en vergelykings en bedink hoe om dit deeglik uit te voer;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik apparaat/toerusting of bronne om inligting in te win en te noteer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer: veralgemeen in terme van relevante aspekte en beskryf hoe die data die veralgemening onderskryf.

Leeruitkomste 3: Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan: ontleed inligting oor volhoubare en onvolhoubare gebruik van hulpbronne.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.