Ons planeet vertoon blou vanuit die buitenste ruim as gevolg van die water teenwoordig.
Water is onontbeerlik vir lewe op ons planeet. Sonder water sal ekologiese oorlewing nie moontlik wees nie.
Ons planeet is net soos ’n ruimteskip toegerus met ’n sekere kwota water. Dit word nie vanuit die buitenste ruim aangevul nie en moet dus SIRKULEER. So is die WATERSIKLUS ’n uiters belangrike aspek van die natuur. Dit is ook besonder effektief indien die mens dit nie versteur nie.
Teken ’n voorstelling van die watersiklus soos wat jy dit verstaan. Gebruik verduidelikende byskrifte. Gebruik die voorstelling hiernaas bladsy as riglyn.
Die volgende tabel verduidelik die hoofstappe in die siklus:
| TERM | BESKRYWING |
| Wolkvorming | Saampak van waterdruppels in die atmosfeer |
| Verdamping | Water na waterdamp |
| Presipitasie/ Neerslag | Water val na die aarde in die vorm van reën, sneeu, hael, kapok |
| Kondensasie | Waterdamp na waterdruppels |
| Straling | Verhitting deur die son |
| Transpirasie | Plante se blaaroppervlaktes verloor waterdamp deur huidmondjies |
| Infiltrasie | Water sak in die grond in |
| Afloop | Water loop teen grondoppervlaktes na riviere, damme en mere |
Assessering van WATERSIKLUSSKETS
Kon jy basiese komponente en definisies GRAFIES voorstel?
[2.3]
1. Vind meer uit oor El Niño en rapporteer terug aan klas. Som jou notas kortliks op.
2. Vind artikels oor droogtes en oorstromings in Suid-Afrika en bring dit klas toe.Ruil julle informasie en artikels met mekaar uit.Maak notas oor die onderwerp.
[LU 1.3]
[LU 2.3]
AKTIWITEIT 2:
Om die waarde van water en die gebruik daarvan in en om die huis te ondersoek
[LU 2.3; 3.2]
Vra jou ouers of voog vir hul munisipale rekeninge:
Somermaande: 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................
Wintermaande: 1. ......................... 2. ......................... 3. .........................
Waterbesparing by die huis
Hoe kan jou gesin bydra tot waterbesparing? Wat kan JY doen?
Assessering van KLASBESPREKING
Kon jy werkbare voorstelle tot WATERBESPARING maak?
[3.2]
Noem die drie groepe met ’n voorbeeld van elk.
![]() |
Ontwerp jou eie xerofiet
Assessering van ONTWERP
Kon jy ’n sinvolle ONTWERP met logiese aanpassings TEKEN? [LU 1.3]
By diere, anders as by plante, vind ons beide struktuurmodifikasies, asook gedragsaanpassings om watertekorte die hoof te kan bied. Die meeste aanpassings is daarop gerig om waterverlies te beperk sodat die dier minder water hoef in te neem. In sommige gevalle het die dier ’n meganisme ontwikkel om water te kan stoor.
Voorbeelde van struktuuraanpassings
Voorbeelde van gedragspatrone
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Eie voorstelling van watersiklus:
Maak seker dat die leerder al die terme in die tabel in sy skets gebruik het.
El Nino, droogtes en vloede
1. Help die klas om uit almal se terugvoer/voordragte die beste inligting te selekteer en neer te skryf
2. Soos by 1.
Waterbesparing by die huis
Drie groepe met voorbeelde: mesofiete (enige voorbeeld), xerofiete (bv. die aalwyn, ander vetplante, turksvy ens.), hidrofiete (waterlelie, ens.)
Ontwerp: Let op vlesige blare, dikwels klein, dat hulle sittend is en so gerangskik dat hulle water na die stam toe gelei. Blare kan ook baie klein en doringagtig wees. Kan ’n waslagie hê. Vlak wortels, baie vertak.
Opdrag:
Maak die leerders vertroud met die volgende begrippe:
Hyging: vinnige asemhaling met groot vogverlies vanaf slymvliese van die keel en mond – soos by honde en voëlsoorte
Estivering: somerslaap
Enkele sentimeters onder die grond is dit koeler – daarom tonnels
Migrasie: veral voëls en sekere boksoorte trek na beter voedselbronne self seisoenaal soos swaeltjies
Rete mirabilis: wondernetwerk bloedvate in gemsbok se neusvleuels vir afkoeling
Diere se oorlewingstrategieë