Baie van die probleme wat tans in die natuur ervaar word, is deur die mens veroorsaak.
Die mens se grootste knelpunte lê ongetwyfeld in wat kortom as die HIPPO dilemma bekend staan.
H – Habitatverlies
I – Indringerspesies
P – (Pollution) besoedeling
P – Populasietoename (Bevolkingstoename)
O – Oorverbruik
Die mens is skuldig aan al vyf. Ons ontbos en kap woude af omdat ons paaie, huise en nywerhede wil oprig. Dink maar net aan die Amasone: ’n geweldige verlies aan plante wat moet bydra tot ons suurstofvoorrade in die lug.
Ons laat toe dat vreemde spesies, veral plante en insekte, areas binnedring waar hul geen natuurlike vyande het nie. Dit hou groot gevare in vir die inheemse spesies wat dan maklik verdring word deur die aggressiewe vreemde spesies. Dink maar net aan Rooikrans op die Kaapse Vlakte of die swartwattelbome langs die riviere in die Boland.
Vreemde bye verdring ook ons eie soorte bye.
Besoedeling is uiteraard een van die grootste probleme. Ons besoedel die lug, die grond en die water met chemikalieë, olie, plastiek, ander bio-onafbreekbare stowwe en met geraas.
Dit alles word vererger deurdat ons bevolkingsgetalle daagliks toeneem (reeds behandel in die Biodiversiteit-module).
Die groot bevolkingsgetalle veroorsaak dus ook oorverbruik van alle natuurlike hulpbronne. Die skaarsste een is natuurlik WATER.
Berei ’n drie-minute praatjie oor die volgende onderwerp voor: “Die mens is nie deel van ’n ekosisteem nie en sodra hy by ’n ekosisteem betrokke raak, versteur hy die sisteem.”
[LU 2.2]
Projek: WATER-OUDIT BY DIE SKOOL
Verdeel in groepe van vier. Beplan die volgende:
1. hoe julle die waterverbruik in julle skool gaan bepaal;
2. hoe julle die bevindinge in ’n verslag gaan voorstel;
3. watter moontlike gevalle van watervermorsing julle gaan ondersoek;
4. watter aanbevelings julle gaan maak.
Julle kan die waterverbruik van die gemiddelde leerling met behulp van die volgende stappe bepaal:
verdeel in groepe van vier; julle benodig ’n groot maatsilinder, ’n stophorlosie en ’n emmer;
een persoon in die groep neem tyd;
twee persone drink;
een persoon noteer waarnemings in ’n tabel.
Wanneer die stophorlosie begin, draai die kraan normaal oop en drink met jou hand soos jy normaalweg sou drink terwyl jy die verspilde water in die emmer opvang. Die persoon wat tyd hou, sal jou sê wanneer jy na 30 sekondes moet stop. Een persoon gooi nou die vermorsde water in die maatsilinder en meet hoeveel water verlore gegaan het. Herhaal prosedure vir tweede persoon en verkry ’n gemiddeld.
| Persoon 1 | mℓ gemors in 30 sekondes | |
| Persoon 2 | mℓ gemors in 30 sekondes | |
| Gemiddeld |
Rapporteer terug aan die klas. Die onderwyser kan die verskillende groepe se gemiddeldes op die bord aanbring.
Verdeel die klas in drie groepe.
Elke groep bestudeer onderskeidelik een van die volgende ten opsigte van die drie vernaamste siektes, nl. cholera, bilharzia en diarree:
a) Oorsake van die siekte
b) Simptome
c) Behandeling
d) Voorkoming van verspreiding
| ASPEKTE | CHOLERA | BILHARZIA | DIARREE |
| Oorsake | |||
| Simptome | |||
| Behandeling | |||
| Voorkoming van verspreiding |
Skryf ’n paar sinne ter afsluiting neer om jou eie gevolgtrekking t.o.v. waterverbruik, besparing en bewaring saam te vat.
Assessering van NAVORSINGSPROJEK – WATER-OUDIT
Kon jy die projek BEPLAN en UITVOER? Kan jy waardering uitspreek vir water as kosbare hulpbron?
[LU 1.1; 1.2; 1.3; 3.1; 3.2]
’n Lemoenskil kan tussen 5 tot 8 maande neem om te vergaan.
’n Koeldrankblikkie neem tussen 80 - 100 jaar en ’n plastieksak sal veel langer as jou leeftyd, behoue bly.
Wat is die nuwe regulasies oor plastieksakke? Weet jy ook van die nuwe afbreekbare sakke wat van meel gemaak word of die soort wat met blootstelling aan lig afbreek?
BESOEDELING gebeur op verskeie wyses. Maak ’n lys:
Identifiseer en beskryf die besoedeling wat deur elk van die volgende sketse voorgestel word:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Assessering: BESOEDELINGSVOORBEELDE
Kon jy die besoedelingsvoorbeelde identifiseer en bespreek?
[LU 2.2; 2.3]
AKTIWITEIT 4:
Om hersirkulering as ’n maatreël vir die bekamping van besoedeling te kan bespreek
[LU 3.1; 3.2]
Dink aan soveel moontlik voorbeelde waar materiaal hersirkuleer behoort te kan word. Dra jou idees aan die klas voor. Luister ook na ander idees en skryf dan die vyf wat vir jou die beste is, neer.
My idees:
Die VYF beste idees uit die klasbespreking:
Hoe kan die gemeenskap van die idees bewus gemaak word?
Die mens beskik oor die breinkrag en die tegnologie om die ergste van sy foute ongedaan te maak. Dit gaan egter die gesamentlike poging van almal – ek en jy ook – verg om die oplossings te vind vir al die probleme. Nadat oplossings gevind is, moet die langsame en moeitevolle roete van volhouding aangedurf word. Dit is almal se plig en verantwoordelikheid om te sorg dat ’n gesonde planeet vir die nageslag agtergelaat word.
Dink dus tweekeer voordat jy daardie papiertjie by die motorruit uitgooi of weer hardop sug as julle skool ’n herwinningsprogram wil vestig.
Assessering van HERSIRKULERING
Kon jy insien dat die mens moet voorstu met sy pogings om sy hulpbronne te beskerm?
[LU 3.1; 3.2]
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
LU 2
Wetenskaplike Kennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is bewys as die leerder:
2.1 sinvolle inligting kan onthou;
2.2 inligting in kategorieë kan plaas;
2.3 inligting kan interpreteer;
2.4 kennis kan toepas.
LU 3
Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is bewys as die leerder:
3.1 wetenskap as ‘n menslike aktiwiteit kan verstaan;
3.2 volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.
Aktiwiteit 1: Ekologiese probleme en oplossings
PROJEK: WATER-OUDIT by DIE SKOOL
1. Hoe julle die watergebruik in julle skool gaan bepaal.
2. Bepaal hoe julle die bevindinge gaan voorstel in ’n verslag.
3. Watter aanbevelings gaan julle maak.
Handig in by die onderwyser op ’n datum soos bepaal.
Groepe rapporteer terug. Finale bevindinge kan na die bestuur van die skool deurgegee word.
Eie memo
Opdrag 1: WATERVERMORSING BY KRANE
Opdrag 2:KLASBESPREKING OOR AANBEVELINGS
Opdrag 3: SIEKTES GEKOPPEL AAN WATER
| ASPEKTE | CHOLERA | BILHARZIA | DIARREE |
| Oorsake |
|
|
|
| Simptome |
|
|
|
| Behandeling |
|
|
|
| Voorkoming van verspreiding |
|
|
|
BESOEDELING kom in verskeie vorme. Maak ’n lys:
Olie, chemikalieë wat deur nywerhede gestort word, plastiek, motorbande, papier en rommelstrooiery, water en gifstowwe, sproei van plaagdoders.
Opdrag 4: IDENTIFISEER die BESOEDELING op die volgende skets:
Opdrag 5: BESOEDELING-PLAKKATE
Opdrag 6: VOORSTELLE HERSIRKULERING