Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Die heelal

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Natuurwetenskappe Graad 9"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die heelal

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Graad 9

DIE AARDE, STERRESTELSELS EN RUIMTEPROGRAMME

Module 12

DIE HEELAL SE ONTSTAAN

Aan die begin van die heelal se bestaan was daar geen materie nie.

Volgens wetenskaplikes was daar oorspronklik slegs ’n balletjie kleiner as ’n atoom en het dit so groot soos ’n rugbybal geword toe dit begin afkoel vanaf oneindig warm tot tien biljoen °C. Ons weet nie wat voor dié gebeure in die heelal was nie.

Die verklaring lui verder dat die ontsettende warm spasies en ’n sop van deeltjies en kragte skielik met ’n groot knal ontplof en begin uitswel het en steeds aan die uitswel is! Die teorie is daarop gegrond dat die sterrestelsels steeds van mekaar af weg beweeg. Wetenskaplikes kan ook nog die mikrogolwe van die nagloed bespeur.

Dit is bekend as die OERKNAL (BIG BANG) -teorie. Slegs een van die bekende vier kragte in die heelal het gegeld, nl. die superkrag – dit het net vir ’n triljoenste van ’n triljoenste van ’n sekonde geduur!

Kosmoloë (wetenskaplikes wat die heelal bestudeer) het ’n moeilike taak, aangesien hulle niks het om hulle idees teen te toets of mee te vergelyk nie. Daarom het ’n teorie soos die “Oerknal” ontstaan. Dit is ’n model wat hulle geskep het om alle ander verskynsels en aspekte mee te verklaar. Wetenskaplikes reken die heelal is besig om groter en groter te word.

’n Wetenskaplike met die naam Edward Hubble het hierdie beweging van sterrestelsels vir die eerste keer in die 1920’s aangeteken. Hy het bepaal dat die snelheid van ’n sterrestelsel direk eweredig is aan sy afstand van ons af. Hierdie vergelyking staan as Hubble se Wet bekend.

Aktiwiteit 1:

Om ’n model te bou

Neem ’n onopgeblaasde ballon en plak sterretjies oral op die oppervlak. Elke ster verteenwoordig ’n sterrestelsel. Plak ’n ronde plakkertjie tussenin om die Melkweg voor te stel.

Blaas nou die ballon op – let op dat die sterrestelsel en die Melkweg al hoe verder van mekaar af weg beweeg.

’n Reeks prosesse waarin geweldige hitte en druk ’n rol gespeel het, het tot die ontstaan van materie en elemente gelei.

  • Waterstof is in die eerste momente van die ontstaan van die heelal gevorm nadat ’n klomp kwarks (Materie: Graad 8) saamgepers was.
  • Die heelal met al sy sterre en materiewolke bestaan feitlik heeltemal uit helium en waterstof, die kleinste en ligste van alle elemente (soos jy in Graad 8 geleer het).
  • Hierdie elemente het ontstaan toe die kwarks en die “materiesop” gemeng en geweldige druk en hoë temperature ontstaan het.
  • Kwarks is so klein dat 10 biljoen biljoen van hulle langs mekaar slegs 1m lank sou wees.
  • Groter atome soos Berillium het gevorm toe daar in kernreaksies binne-in sterre groot getalle heliumatome saamgevoeg is.
  • Yster – ’n belangrike element in die aardkors – het diep binne sterre gevorm toe geweldige temperature en druk koolstofatome saamgepers het.
  • Alle materie in die heelal word bymekaar gehou deur VIER KRAGTE:
  • swaartekrag
  • elektromagnetiese kragte
  • sterk kernkragte
  • swak kernkragte

Antimaterie bestaan ook – dit is soos ’n spieëlbeeld van materie en wanneer die twee groepe bymekaar sou uitkom, sou hulle mekaar uitkanselleer! Gelukkig is daar baie min antimaterie in die ruimte.

Toe Tyd Begin Het

  • Aan die begin, toe daar nog geen heelal was nie, was daar ook nie tyd nie. Die teorie is dat die begin van alles soos volg verloop het:
Table 1
Tyd Gebeure
0 Sekondes
  • Heelal begin as klein warm balletjie
10 -35 sekondes
  • Ruimte swel uit teen ’n duisend biljoen biljoen biljoen keer per sekonde
10 -32 sekondes
  • Ruimte word oorstroom met energie en materie soos kwarks
10 -8 sekondes
  • Materie en antimaterie ontstaan
3 minute
  • Kwarks smelt saam en vorm waterstof en helium
1 miljoen jaar
  • Gaswolke vorm lang stringe
300 miljoen jaar
  • Stringe wolke vorm wat sterre en sterrestelsels vorm

Aktiwiteit 2:

Om jou kennis te toets

1. Waaruit het die heelal aan die begin bestaan?

2. Wat is die “Oerknal” of “Big Bang”?

3. Hoe het die eerste elemente ontstaan?

4. Wat is ’n kwark?

5. Hoe het die volgende elemente ontstaan?

a) Be

b) Fe

6. Noem die vier belangrikste kragte in die heelal?

7. Wat is antimaterie en wat gebeur as dit naby materie kom?

Assessering van begrip ten opsigte van die teorie oor die ontstaan van die heelal:

Verstaan jy die teorie?

[LU 2.3]

Navorsingstaak 1:

Om ‘n opdrag oor teleskope te skryf

Skryf ’n projek van vier bladsye oor die gebruik van teleskope en die basiese bou daarvan. Lewer in op ’n datum soos bepaal deur jou opvoeder.

  • Vind meer uit spesifiek oor die volgende:
  • Hubble-teleskoop
  • Mcmath-sonteleskoop in Arizona, VSA
  • Reuse radioteleskoop – die Arecibo – in Puerto Rico
  • Die SAAO in Sutherland, Suid-Afrika
  • Die SALT (Southern African Large Telescope) by Sutherland wat in 2004 voltooi is
  • Die radioteleskope by Hartbeeshoek, Gauteng
  • Die SKA
  • Sluit jou verslag af met ’n oorsig oor die waarde van die teleskope vir die wetenskap.[LU 1.1; LU 1.2; LU 1.3; LU 3.1]

Die Sterrestelsels – “Galaxies”

  • Ons son is slegs een van ’n massiewe versameling van ongeveer twee biljoen sterre wat in die vorm van ’n gebakte eier met ’n deursnit van 100 000 ligjare in die hemelruim lê! As jy saans opkyk na die hemelruim en ’n ligband van fyn sterretjies sien, kyk jy na die Melkweg. Dit is eintlik net ’n blik op die randjie van ons sterrestelsel! Die Griekse woord “galakta” beteken “melk”.
  • Die aarde lê sowat 300 000 ligjare weg van die middel van ons sterrestelsel.
  • ’n Ligjaar is een van die belangrikste EENHEDE in die ASTRONOMIE wat jy moet ken. Wetenskaplikes gebruik sulke eenhede omdat m en km onsinnig raak in die wye uitspansel met die groot afstande.

Aktiwiteit 3:

Om afstand in ligjare te bereken

  • ’n Ligjaar = die afstand wat lig in een aardse jaar aflê, indien dit beweeg teen ’n snelheid van 300 000 km/s-1

1. Bereken: ’n ligjaar

  • 365,25 dae x 24 uur x3 600 sekondes x 300 000 km/s-1 = ......................................
  • Dus: .................................................. kilometer
  • Miljoen, biljoene en triljoene?
Table 2
GETAL 10N NAAM VOORVOEGSEL
1 000 000 106 MILJOEN MEGA
1 000 000 000 109 BILJOEN GIGA
1 000 000 000 000 000 1015 TRILJOEN PETA

2. Hoeveel sterre is in ons hemelruim?

3. Druk 10 biljoen biljoen uit as ’n getal (dit sou die voorvoegsel exa hê).

4. Nog ’n belangrike eenheid is die ASTRONOMIESE EENHEID(AU) wat die afstand van die son na die aarde voorstel, naamlik 150 miljoen kilometer.

As die deursnit van die son in die notasie 1,5 x 106 geskryf word, hoe sou jy die AU se notasie skryf?

5. Wat is die deursnit van ons sterrestelsel dus?

Assessering van berekeninge:

Was jou berekenings korrek?

[LU 2.4]

Het jy geweet?

Die grootste struktuur in die heelal is bekend as “the great wall” – ’n kombers van sterrestelsels wat 500 miljoen ligjare lank en 16 miljoen ligjare dik is.

  • Ons sterrestelsel is een van biljoene sulke reusestergroepe of sterrestelsels! Dit is maar sover ons met ons grootste en sensitiefste teleskope kon vasstel.
  • Die naaste volgende sterrestelsel aan ons is die ANDROMEDA-sterrestelsel. So ’n sterrestelsel bestaan uit groepe of bondels sterre.
  • Tussenin is daar reusewolke van gas en partikels wat ons nebulae noem. Hulle is die geboorteplekke van sterre.
  • Die teorie is dat ’n warm wolk gasse – die solar nebula - vier en ’n half biljoen jaar gelede om ’n nuutgevormde son gedraai en begin afkoel het. Tydens die afkoeling is biljoene druppeltjies gevorm wat aan mekaar begin vaskleef het. So is planete gevorm.
  • Dit het egter nog ’n halfbiljoen jaar geneem om genoegsaam af te koel en ’n kors te vorm.

Aktiwiteit 4:

Om definisies neer te skryf

1. ’n Ligjaar is

2. Die Melkweg is

3. Die Andromeda is

4. ’n Nebula is

5. Die rede vir die gebruik van eenhede soos ligjare en AU is

Assessering van definisies:

Was jou definisies korrek?

[LU 2.4]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit word bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

LU 3

Wetenskap, die Gemeenskap en die Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit word bewys as die leerder:

3.1 wetenskap as ’n menslike aktiwiteit verstaan;

3.2 die volhoubare gebruik van die aarde se hulpbronne verstaan.

Memorandum

AKTIWITEIT: VRAE

1. geen materie – een balletjie kleiner as ’n atoom; daarna ’n brousel van deeltjies en kragte

2. superkrag waarmee kleiner balletjie in materie uitgebars het

3. ’n klomp kwarks was saamgepers om waterstof te vorm

4. ’n subatomiese partikel

5. a) He-atome se samevoeging

b) C-atome onder hewige temperature

6. Swaartekrag, elektromagnete, sterk kernkragte en swak kernkragte

7. teenoorgestelde van materie – kanselleer materie uit

AKTIWITEIT: BEREKENING

1. 10 miljoen miljoen kilometer

2. ongeveer 2 biljoen

3. 1018

4. 150 x106

5. 100 000 x 300 000

AKTIWITEIT: DEFINISIES

1. die afstand wat lig in een aardse jaar aflê teen ’n snelheid van 300 000 km.s-1

2. versameling van biljoene sterre waarvan ons son een is

3. naaste volgende sterrestelsel

4. reuse gaswolke tussen sterrestelsels

5. om getal denkbaar te maak

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks