Opdrag 4:
Opdrag 5:
1. Mercurius
2. Daar is geen suurstof, asook geen water, op Mars nie. Die atmosfeer is ook nie dig genoeg om die skadelike UV-strale uit te hou nie.
3. Venus het amper dieselfde massa en grootte as die aarde.
4. Venus (swawelsuur)
5. Mars se wentelbaan is baie nader aan die son as Neptunus s’n.
6. Die maan.
7. Daar is yster in die grond wat die grond ‘n rooi kleur gee.
8. Genoeg suurstof en water; klimaat geskik vir plantegroei; atmosfeer regte dikte en digtheid. (2)
9. Indien noodseine of bevele gestuur word, bereik dit eers die aarde twee uur later. Die ontvangs is ook soms baie swak.
Totaal: 10
Opdrag 6:
Opdrag 7:
1. Venus en aarde.
2. 150 miljoen km; Dit is die afstand wat die aarde van die son af is en waar ons tans oorleef.
3. Mercurius
4. Venus en Mars; lê weerskante van die aarde; nie te ver of te naby die son nie.
5. Ja. Hoe nader die planete aan die son lê, hoe hoër is die gemiddelde spoed.
6. Moontlik as gevolg van die aantrekkingskrag en energie van die son.
7. 4 minute
24 x 60 minute = 1440 minute (dit neem die aarde 24 uur om sy eie as te roteer)
1 440 minute gedeel deur 360 grade = 4 minute
Opdrag 8.1:
Vrae:
1. Foto’s toon dat daar droë rivierbeddings op Mars is. Al die water het verys en by die pole versamel. Hulle vermoed dat daar groot seë en riviere was. Hierdie water is nou ondergronds.
2. Die gemiddelde temperature was heel moontlik hoër.
3. Mars is verder as die aarde van die son en ontvang dus minder energie van die son. Alhoewel die son ‘n ontsaglike groot bron van energie is, gaan dit ook mettertyd krimp en verswak.
4. ‘n Mens sal baie moeilik en vlak asemhaal en gou sterf, aangesien daar te veel koolstofdioksied in die lug is.
Opdrag 8.2:
Vrae:
1. -60 grade
2. Dag 1: 18:20
Dag 2: 10:45
3. Dag 1: 14:30
-15 grade
4. vanaf 06:00
5. Wanneer daar ‘n stofstorm kom, absorbeer dit die hitte van die son en dit laat temperature styg. Daar is ook baie koolstofdioksied in Mars se atmosfeer en dit kan ook die temperatuur verhoog.
Dit is die naaste planeet aan die Son. Mercurius het baie kraters op die oppervlak wat veroorsaak is deur asteroïdes wat met die planeet gebots het. Mercurius het nie ‘n atmosfeer of enige mane nie. Die temperatuur by die ewenaar is ongeveer 400 grade Celsius en by die pole is dit –150 grade Celsius.
Venus het wel ‘n atmosfeer van koolstofdioksied en dit is baie digter as dié van die aarde. Sy oppervlakte word verberg deur dik wolke swawelsuur. Temperature op die oppervlakke bereik ongeveer 480 grade Celsius. Venus is ongeveer dieselfde grootte as die aarde en het ook ongeveer dieselfde massa.
Sover bekend, is die aarde die enigste plek in die Heelal waar daar lewe is. Temperature op die oppervlak wissel van 60 grade Celsius tot –90 grade Celsius. Ongeveer twee derdes van die oppervlak is met vloeibare water bedek.
Mars word ook die Rooi Planeet genoem omdat die yster in die grond ‘n rooi skynsel afgee. Die atmosfeer is ongeveer 100 keer minder dig as dié van Aarde. Dit bestaan uit koolstofdioksied met baie klein hoeveelhede waterdamp. In die winter vorm daar yspakke by ‘n temperatuur van –125 grade Celsius. Somertemperature bereik ‘n maksimum van 20 grade Celsius.
| Illustrasie van die posisie van die planete in die sonnestelsel |
|
DIE BUITE PLANETE
Jupiter bevat meer as 300 keer soveel materie as die aarde en is die grootste planeet in die sonnestelsel. Jupiter is ‘n reusagtige bol vloeistof en gas en het moontlik geen soliede oppervlak nie. Al wat deur ‘n teleskoop gesien kan word, is wolke wat in gekleurde stroke om Jupiter reik. Jupiter het ‘n groot rooi merk wat bekend staan as die Groot Vlek. Dit is ‘n orkaan (‘n storm) wat permanent woed en ‘n oppervlakte groter as die aarde beslaan.
Saturnus is die tweede ’gasreus’ en is baie soos Jupiter. Dit bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium met ‘n oppervlaktemperatuur van
–170 grade Celsius. Saturnus se skouspelagtige ringe maak hom een van die helderste voorwerpe aan die hemel. Die ringe beweeg om die planeet se ewenaar in ‘n baie dun skyf. Dit bestaan uit miljoene stukkies ys, amper soos sneeuballe. Saturnus het sewentien mane, waarvan Titan waarskynlik die grootste maan in ons sonnestelsel is. Twee Voyager-tuie is reeds gestuur om die buite-planete te verken. Saturnus is ag keer verder as die son van ons. Dit neem die radioseine langer as ‘n uur om die aarde te bereik.
Hierdie drie planete is baie ver en staan bekend as die ‘ysreuse’. Oppervlaktemperature wissel van –197 grade Celsius tot –233 grade Celsius.
![]() |
Die volgende rympie help om die volgorde van die planete, volgens afstand
van die son, te onthou:
Meneer Van Aarde, Mag Jou Seun Uiteindelik Nederlands Praat!
_____________________________________________________________________

OPDRAG 5
Beantwoord die volgende vrae:
1. Watter planeet word warm genoeg sodat lood daarop sal smelt?
_____________________________________________________________________
2. Verskaf twee redes waarom lewe, soos ons dit ken, onmoontlik is op Mars.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Waarom word Venus soms die tweelingplaneet van die aarde genoem?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Op watter planeet tref ons die stof aan wat in ‘n motorbattery gebruik word?
_____________________________________________________________________
5. Waarom is die maksimum temperatuur op Mars veel hoër as die maksimum temperatuur op Neptunus?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
6. Op watter ander plek, behalwe op Aarde, het mense al geloop?
_____________________________________________________________________
7. Waarom word Mars soms die Rooi Planeet genoem?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
8. Waarom is lewe, soos ons dit ken, moontlik op die aarde?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
9. Radioseine van Saturnus neem langer as ‘n uur om die aarde te bereik. Watter gevaar hou dit in vir ruimtetuie wat verkenningstogte onderneem?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(10)
Opdrag 6: Translasie vanaf tabel na grafiek
Stel twee van die kolomme se inligting hieronder op grafieke voor. Dit kan kolom-, sirkel– of lyngrafieke wees.
| Planeet | Afstand van son in miljoen km | Deursnee in km | Getal mane | Gemiddelde snelheid in km per sek |
| Mercurius | 58 | 4 878 | 0 | 48 |
| Venus | 108 | 12 104 | 0 | 35 |
| Aarde | 150 | 12 756 | 1 | 30 |
| Mars | 228 | 6 794 | 2 | 24 |
| Jupiter | 778 | 142 800 | 16 | 13 |
| Saturnus | 1 427 | 120 000 | 17 | 10 |
| Uranus | 2 870 | 52 000 | 15 | 7 |
| Neptunus | 4 497 | 48 000 | 2 | 5 |
| Pluto | 5 900 | 2 400 | 1 | 5 |
| Assesseringskriteria: Grafieke | 1. | 2. | 3. | 4. |
| 1. Opskrif | ||||
| 2. Beskrywing by beide asse | ||||
| 3. Skaal korrek aangedui | ||||
| 4. Koördinate korrek aangedui | ||||
| 5. Volledigheid | ||||
| 6. Netheid en versorging |
Kommentaar: _________________________________________________________
_____________________________________________________________________
OPDRAG 7
Gebruik nou die gegewens in die tabel op p.10 om afleidings te maak en die volgende vrae te beantwoord:
1. Watter twee planete is die naaste aan mekaar?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Wat is die ideale afstand van die son vir menslike oorlewing? Motiveer.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Watter planeet se deursnee is omtrent dubbel dié van Pluto?
_____________________________________________________________________
4. Watter twee ander planete (Aarde uitgesluit) sou heel moontlik ‘n tuiste vir die mens kon wees? Motiveer jou antwoord.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5. Het afstand van die son enige invloed op die gemiddelde spoed per sekonde? Watter stelling kan geformuleer word?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
6. Verskaf ‘n moontlike verklaring vir bogenoemde stelling.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
7. Indien die aarde teen ‘n gemiddelde snelheid van 30 km per sekonde beweeg, hoe lank neem dit die aarde om van een lengtegraad na die volgende te beweeg? (Onthou: daar is 360 lengtegrade)
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
| groepassessering: afleidings maak | ||
| 1. Ons was in staat om direkte afleidings te maak. | Ja | Nee |
| 2. Ons kon ‘n sinvolle motevering verskaf vir menslike oorlewing (vraag 2). | Ja | Nee |
| 3. Ons kon ‘n stelling formuleer in verband met afstand van die son. | Ja | Nee |
| 4. Ons kon ‘n sinvolle verklaring verskaf vir bogenoemde. | Ja | Nee |
| 5. Ons kon uitwerk hoe lank dit die aarde neem om deur een lengtegraad te beweeg. | Ja | Nee |
| 6. Ons kon die meeste van die vrae onafhanklik beantwoord. | Ja | Nee |
| 7. Samewerking in groep was goed. | Ja | Nee |
| 8. Elke individu het sy/haar deel bygedra. | Ja | Nee |
Groep beoordeel sukses van oefening: _____________________________________
OPDRAG 8
8.1 Mars – ‘n rare planeet
Lees die onderstaande feite en bespreek dan die vrae in julle groepe:
VRAE:
1. Hoekom dink wetenskaplikes dat daar lank gelede water op Mars was?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Indien daar lank terug baie vloeibare water op Mars was, wat kan afgelei word van die temperature op Mars gedurende daardie tyd?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Hoekom is Mars nou so koud?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Hoe sal dit voel om asem te haal op Mars?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
8.2 Temperature op Mars
Robotverkentuie het met ‘n termometer die volgende temperature oor twee dae op Mars gemeet:
![]() |
Die horisontale as dui die tyd aan soos aan ons bekend op Aarde. Die 14 staan vir 14:00 (twee uur in die middag) en die 18 staan vir 18:00 (ses uur in die aand).
Beantwoord nou die volgende vrae:
1. Wat was die temperatuur om 21:00 gedurende dag 1?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2. Op watter tye was die temperature –40 grade Celsius?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3. Op watter tyd was die temperatuur die hoogste? Wat was die temperatuur gedurende daardie tyd?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4. Op watter tyd het die temperatuur begin styg op Dag 2?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5. Verskaf ‘n moontlike rede vir hierdie styging in temperatuur?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
8.3 Lewe op Mars?
Lewe op Mars is nie moontlik nie, aangesien daar geen suurstof, maar ook geen water, is nie. Indien ruimtevaarders ‘n basis op Mars wil oprig, sal genoegsame water een van die grootste probleme wees. Hulle kan water saamneem, maar die voorraad sal gou uitgeput wees.
Mens sou dalk kan redeneer dat plante water kan herwin, aangesien die blare waterdamp afgee wat dan kan kondenseer en as water afloop na die wortels.
![]() |
Besin oor die volgende:
Elke groep kom doen nou kortliks verslag oor hulle bevindings en motiveer stellings of voorstelle wat gemaak word.
HOOFPUNTE VAN VERSLAG:

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer; veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun;
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite;
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).