Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 7 » Om die planete van ons sonnestelsel te bespreek

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseNS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om die planete van ons sonnestelsel te bespreek

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Planeet Aarde en die Heelal

Die Binneplanete

OPVOEDER AFDELING

Memorandum

Opdrag 4:

  • Mercurius; Venus; Aarde; Mars; Jupiter; Satarnus; Uranus; Neptunus; Pluto

Opdrag 5:

1. Mercurius

2. Daar is geen suurstof, asook geen water, op Mars nie. Die atmosfeer is ook nie dig genoeg om die skadelike UV-strale uit te hou nie.

3. Venus het amper dieselfde massa en grootte as die aarde.

4. Venus (swawelsuur)

5. Mars se wentelbaan is baie nader aan die son as Neptunus s’n.

6. Die maan.

7. Daar is yster in die grond wat die grond ‘n rooi kleur gee.

8. Genoeg suurstof en water; klimaat geskik vir plantegroei; atmosfeer regte dikte en digtheid. (2)

9. Indien noodseine of bevele gestuur word, bereik dit eers die aarde twee uur later. Die ontvangs is ook soms baie swak.

Totaal: 10

Opdrag 6:

  • Gebruik assesseringsmatriks.

Opdrag 7:

1. Venus en aarde.

2. 150 miljoen km; Dit is die afstand wat die aarde van die son af is en waar ons tans oorleef.

3. Mercurius

4. Venus en Mars; lê weerskante van die aarde; nie te ver of te naby die son nie.

5. Ja. Hoe nader die planete aan die son lê, hoe hoër is die gemiddelde spoed.

6. Moontlik as gevolg van die aantrekkingskrag en energie van die son.

7. 4 minute

24 x 60 minute = 1440 minute (dit neem die aarde 24 uur om sy eie as te roteer)

1 440 minute gedeel deur 360 grade = 4 minute

Opdrag 8.1:

Vrae:

1. Foto’s toon dat daar droë rivierbeddings op Mars is. Al die water het verys en by die pole versamel. Hulle vermoed dat daar groot seë en riviere was. Hierdie water is nou ondergronds.

2. Die gemiddelde temperature was heel moontlik hoër.

3. Mars is verder as die aarde van die son en ontvang dus minder energie van die son. Alhoewel die son ‘n ontsaglike groot bron van energie is, gaan dit ook mettertyd krimp en verswak.

4. ‘n Mens sal baie moeilik en vlak asemhaal en gou sterf, aangesien daar te veel koolstofdioksied in die lug is.

Opdrag 8.2:

Vrae:

1. -60 grade

2. Dag 1: 18:20

Dag 2: 10:45

3. Dag 1: 14:30

-15 grade

4. vanaf 06:00

5. Wanneer daar ‘n stofstorm kom, absorbeer dit die hitte van die son en dit laat temperature styg. Daar is ook baie koolstofdioksied in Mars se atmosfeer en dit kan ook die temperatuur verhoog.

  • Oop antwoorde; enige realistiese verduideliking.

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die planete van ons sonnestelsel te bespreek [LU 1.2, LU 1.3, LU 2.1, LU 2.2, LU 2.3]

  • Mercurius

Dit is die naaste planeet aan die Son. Mercurius het baie kraters op die oppervlak wat veroorsaak is deur asteroïdes wat met die planeet gebots het. Mercurius het nie ‘n atmosfeer of enige mane nie. Die temperatuur by die ewenaar is ongeveer 400 grade Celsius en by die pole is dit –150 grade Celsius.

  • Venus

Venus het wel ‘n atmosfeer van koolstofdioksied en dit is baie digter as dié van die aarde. Sy oppervlakte word verberg deur dik wolke swawelsuur. Temperature op die oppervlakke bereik ongeveer 480 grade Celsius. Venus is ongeveer dieselfde grootte as die aarde en het ook ongeveer dieselfde massa.

  • Aarde

Sover bekend, is die aarde die enigste plek in die Heelal waar daar lewe is. Temperature op die oppervlak wissel van 60 grade Celsius tot –90 grade Celsius. Ongeveer twee derdes van die oppervlak is met vloeibare water bedek.

  • Mars

Mars word ook die Rooi Planeet genoem omdat die yster in die grond ‘n rooi skynsel afgee. Die atmosfeer is ongeveer 100 keer minder dig as dié van Aarde. Dit bestaan uit koolstofdioksied met baie klein hoeveelhede waterdamp. In die winter vorm daar yspakke by ‘n temperatuur van –125 grade Celsius. Somertemperature bereik ‘n maksimum van 20 grade Celsius.

Table 1
Illustrasie van die posisie van die planete in die sonnestelsel
Planete.png

DIE BUITE PLANETE

  • Jupiter

Jupiter bevat meer as 300 keer soveel materie as die aarde en is die grootste planeet in die sonnestelsel. Jupiter is ‘n reusagtige bol vloeistof en gas en het moontlik geen soliede oppervlak nie. Al wat deur ‘n teleskoop gesien kan word, is wolke wat in gekleurde stroke om Jupiter reik. Jupiter het ‘n groot rooi merk wat bekend staan as die Groot Vlek. Dit is ‘n orkaan (‘n storm) wat permanent woed en ‘n oppervlakte groter as die aarde beslaan.

  • Saturnus

Saturnus is die tweede ’gasreus’ en is baie soos Jupiter. Dit bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium met ‘n oppervlaktemperatuur van

–170 grade Celsius. Saturnus se skouspelagtige ringe maak hom een van die helderste voorwerpe aan die hemel. Die ringe beweeg om die planeet se ewenaar in ‘n baie dun skyf. Dit bestaan uit miljoene stukkies ys, amper soos sneeuballe. Saturnus het sewentien mane, waarvan Titan waarskynlik die grootste maan in ons sonnestelsel is. Twee Voyager-tuie is reeds gestuur om die buite-planete te verken. Saturnus is ag keer verder as die son van ons. Dit neem die radioseine langer as ‘n uur om die aarde te bereik.

  • Uranus, Neptunus en Pluto

Hierdie drie planete is baie ver en staan bekend as die ‘ysreuse’. Oppervlaktemperature wissel van –197 grade Celsius tot –233 grade Celsius.

Figure 1
Figure 1 (BL07.png)

OPDRAG 4

Die volgende rympie help om die volgorde van die planete, volgens afstand

van die son, te onthou:

Meneer Van Aarde, Mag Jou Seun Uiteindelik Nederlands Praat!

_____________________________________________________________________

OPDRAG 5

Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter planeet word warm genoeg sodat lood daarop sal smelt?

_____________________________________________________________________

2. Verskaf twee redes waarom lewe, soos ons dit ken, onmoontlik is op Mars.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Waarom word Venus soms die tweelingplaneet van die aarde genoem?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Op watter planeet tref ons die stof aan wat in ‘n motorbattery gebruik word?

_____________________________________________________________________

5. Waarom is die maksimum temperatuur op Mars veel hoër as die maksimum temperatuur op Neptunus?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

6. Op watter ander plek, behalwe op Aarde, het mense al geloop?

_____________________________________________________________________

7. Waarom word Mars soms die Rooi Planeet genoem?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

8. Waarom is lewe, soos ons dit ken, moontlik op die aarde?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

9. Radioseine van Saturnus neem langer as ‘n uur om die aarde te bereik. Watter gevaar hou dit in vir ruimtetuie wat verkenningstogte onderneem?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

(10)

Opdrag 6: Translasie vanaf tabel na grafiek

Stel twee van die kolomme se inligting hieronder op grafieke voor. Dit kan kolom-, sirkel– of lyngrafieke wees.

Table 2
Planeet Afstand van son in miljoen km Deursnee in km Getal mane Gemiddelde snelheid in km per sek
Mercurius 58 4 878 0 48
Venus 108 12 104 0 35
Aarde 150 12 756 1 30
Mars 228 6 794 2 24
Jupiter 778 142 800 16 13
Saturnus 1 427 120 000 17 10
Uranus 2 870 52 000 15 7
Neptunus 4 497 48 000 2 5
Pluto 5 900 2 400 1 5
Table 3
Assesseringskriteria: Grafieke 1. 2. 3. 4.
1. Opskrif        
2. Beskrywing by beide asse        
3. Skaal korrek aangedui        
4. Koördinate korrek aangedui        
5. Volledigheid        
6. Netheid en versorging        

Kommentaar: _________________________________________________________

_____________________________________________________________________

OPDRAG 7

Gebruik nou die gegewens in die tabel op p.10 om afleidings te maak en die volgende vrae te beantwoord:

1. Watter twee planete is die naaste aan mekaar?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Wat is die ideale afstand van die son vir menslike oorlewing? Motiveer.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Watter planeet se deursnee is omtrent dubbel dié van Pluto?

_____________________________________________________________________

4. Watter twee ander planete (Aarde uitgesluit) sou heel moontlik ‘n tuiste vir die mens kon wees? Motiveer jou antwoord.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. Het afstand van die son enige invloed op die gemiddelde spoed per sekonde? Watter stelling kan geformuleer word?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

6. Verskaf ‘n moontlike verklaring vir bogenoemde stelling.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

7. Indien die aarde teen ‘n gemiddelde snelheid van 30 km per sekonde beweeg, hoe lank neem dit die aarde om van een lengtegraad na die volgende te beweeg? (Onthou: daar is 360 lengtegrade)

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

Table 4
groepassessering: afleidings maak
1. Ons was in staat om direkte afleidings te maak. Ja Nee
2. Ons kon ‘n sinvolle motevering verskaf vir menslike oorlewing (vraag 2). Ja Nee
3. Ons kon ‘n stelling formuleer in verband met afstand van die son. Ja Nee
4. Ons kon ‘n sinvolle verklaring verskaf vir bogenoemde. Ja Nee
5. Ons kon uitwerk hoe lank dit die aarde neem om deur een lengtegraad te beweeg. Ja Nee
6. Ons kon die meeste van die vrae onafhanklik beantwoord. Ja Nee
7. Samewerking in groep was goed. Ja Nee
8. Elke individu het sy/haar deel bygedra. Ja Nee

Groep beoordeel sukses van oefening: _____________________________________

OPDRAG 8

8.1 Mars – ‘n rare planeet

Lees die onderstaande feite en bespreek dan die vrae in julle groepe:

  • Mars het ‘n Noord- en ‘n Suidpool wat spierwit is as gevolg van die bevrore water en koolstofdioksied.
  • Die lengte van ‘n dag op Mars is slegs 41 minute langer as die lengte van ‘n dag op Aarde.
  • ‘n Jaar op Mars is egter so lank soos 687 dae op Aarde. Daar is seisoene op Mars, naamlik Somer en Winter. Gedurende die Somer is daar hewige stofstorms wat die hemelruim pienk en oranje laat voorkom.
  • Die stof absorbeer energie van die son en laat temperature tot 20 grade Celsius styg.
  • Die atmosfeer op Mars is baie dun en dus bereik die skadelike ultra-violetstrale die grond.
  • Wetenskaplikes vermoed dat daar lank gelede baie water op Mars was met groot seë en riviere. Vandag is daar omtrent geen water meer op die oppervlakte nie, maar hulle vermoed dat die water nou ondergronds is.
  • Geen foto toon enige vorm van lewe op Mars nie. Lewe soos ons dit ken, kan slegs bestaan indien daar suurstof is.

VRAE:

1. Hoekom dink wetenskaplikes dat daar lank gelede water op Mars was?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Indien daar lank terug baie vloeibare water op Mars was, wat kan afgelei word van die temperature op Mars gedurende daardie tyd?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Hoekom is Mars nou so koud?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Hoe sal dit voel om asem te haal op Mars?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

8.2 Temperature op Mars

Robotverkentuie het met ‘n termometer die volgende temperature oor twee dae op Mars gemeet:

Figure 2
Figure 2 (BL012%20tabel.png)

Die horisontale as dui die tyd aan soos aan ons bekend op Aarde. Die 14 staan vir 14:00 (twee uur in die middag) en die 18 staan vir 18:00 (ses uur in die aand).

  • Die vertikale as dui die temperature in grade aan.

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Wat was die temperatuur om 21:00 gedurende dag 1?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

2. Op watter tye was die temperature –40 grade Celsius?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

3. Op watter tyd was die temperatuur die hoogste? Wat was die temperatuur gedurende daardie tyd?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

4. Op watter tyd het die temperatuur begin styg op Dag 2?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

5. Verskaf ‘n moontlike rede vir hierdie styging in temperatuur?

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

8.3 Lewe op Mars?

Lewe op Mars is nie moontlik nie, aangesien daar geen suurstof, maar ook geen water, is nie. Indien ruimtevaarders ‘n basis op Mars wil oprig, sal genoegsame water een van die grootste probleme wees. Hulle kan water saamneem, maar die voorraad sal gou uitgeput wees.

Mens sou dalk kan redeneer dat plante water kan herwin, aangesien die blare waterdamp afgee wat dan kan kondenseer en as water afloop na die wortels.

Figure 3
Figure 3 (BL013.png)

Besin oor die volgende:

  • Kan plante gebruik word om water te produseer binne in die basis?
  • Is dit moontlik sonder suurstof?
  • Kan genoeg water vir menslike gebruik so geproduseer word?
  • Is daar genoeg energie om die bevrore water aan te wend vir menslike gebruik?

Elke groep kom doen nou kortliks verslag oor hulle bevindings en motiveer stellings of voorstelle wat gemaak word.

HOOFPUNTE VAN VERSLAG:

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel: organiseer en gebruik toerusting of bronne om inligting te versamel en aan te teken.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer; veralgemeen ten opsigte van ‘n relevante aspek en beskryf hoe die data die veralgemening steun;

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite;

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: