Opdrag 1:
Opdrag 2:
Hoofgedagtes:
Opdrag 3:
Opdrag 4:
1. Die Richterskaal is die instrument (skaal) wat seismoloë gebruik om die sterkte van ‘n aardbewing te bepaal.
2. Seismoloë is wetenskaplikes wat aardbewings bestudeer.
3. Die plek waar die golwe (trillings) die eerste keer aan die aardoppervlak raak, word die episentrum genoem.
4. Indien die drukking in die mantel onder die aardkors opbou, word magma deur swak plekke en krake gedwing. Hierdie swak plekke vorm dan vulkaniese pype.
5. Aktiewe vulkane is vulkane wat van tyd tot tyd uitbars.
STRUKTUUR VAN DIE AARDE
VIER AARDLAE
Die aardkors is die boonste laag en het ‘n deursnee van 5 km tot 70 km. Waar daar berge is, kan die deursnee tot 70 km wees, maar onder oseane is dit maar sowat 5 km dik. Onder die aardkors is daar nog drie lae, nl.
Die mantel het ‘n deursnee van 2 900 km. Dit is solied, hoewel daar strome digte halfgesmelte metale voorkom wat baie stadig vloei.
Die binnekern in die middel van die aarde is waarskynlik solied en bestaan meestal uit metale. Dit het ‘n deursnee van 2 440 km en die temperatuur is 3 700 grade Celsius. Water kook teen 100 grade Celsius op die aarde!
Die buitekern bestaan uit vloeibare metaal en is verantwoordelik vir die aarde se magneetveld. Dit het ’n deursnee van 2 240 km.
Wanneer vulkane uitbars, kom die magma of lawa uit die mantel.
OPDRAG 1: GROEPWERK
Gebruik speeldeeg (vier verskillende kleure) en maak ‘n model van die aarde se struktuur. Die dikte van elke laag moet min of meer in verhouding wees met die werklikheid. Gebruik ‘n rooi balletjie klei om die kern van die aarde aan te dui.
Wanneer die model klaar is, verander dit in ‘n oopwerkmodel:
![]() |
| Groepassessering: Model | ||
|
Ja | Nee |
|
Ja | Nee |
|
Ja | Nee |
|
Ja | Nee |
Kommentaar: _________________________________________________________
AARDBEWINGS
Wetenskaplikes glo dat eens in die aarde se geskiedenis al die landareas tot een enkele groot landmassa, genaamd Pangea, verenig was. Sowat 300 miljoen jaar gelede het dit in stukke gebreek en van mekaar begin wegbeweeg tot waar die kontinente vandag is.
OPDRAG 2:
Op 29 September 1969 het ‘n aardbewing groot skade in die Bolandse dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley veroorsaak. Lees die onderstaande koerantberig wat 20 jaar later gepubliseer is (Die Burger, 9 September 1989) aandagtig deur en maak dan ‘n kort uittreksel (opsomming) daarvan. Die uittreksel mag nie meer as 100 woorde wees nie. Maak seker dat die uittreksel al die hoofgedagtes bevat.
DIE NAG TOE BOLAND SE BERGE GEDREUN HET…
Aardbewing: Twintig Jaar Later
Toe ligte dreunings die oggend van 29 September 1969 oor die veld en berge van Tulbagh, Wolseley en Ceres gerol het, het min mense gedink dat
hul huise en plase teen die aand erg beskadig of selfs verwoes sou wees.
En vandag, twintig jaar sedert daardie rampspoedige lente-aand toe ‘n aardbewing met ‘n registrasie van 6,5 op die Richterskaal die aarde hier geskud het, praat die gemeenskappe steeds oor daardie aand.
“Dit was sommer behoorlike chaos” het mnr. Dirkie Hougaard (49), van Tulbagh gesê. “Ek het destyds by die telefoonsentrale gewerk en was alleen toe die grond so kort-kort begin raas het. Maar ‘n aardbewing was die heel laaste ding waaraan ek, en ek glo ook die meeste ander, ooit gedink het.”
Kort voor tienuur die aand het hy effens onrustig begin word toe die gedreun al hoe harder en meer gereeld geword het. Voordat enigeen nog kon uitpluis wat werklik aan die gang was, was daar ‘n geweldige skudding. Dit was vier minute oor tien.
“Die hele aarde het gebewe. Die lampskerms het uit die dak geskud, mure het gewankel en plek-plek ingetuimel. Krane het losgeskud en water het oral gestroom. Meteens is die krag onderbreek. Ek het besef ek moet uithardloop. Buite het dit soos mistige weer gelyk soos die stofwolke oor die dorp gehang het. En almal was paniekerig.”
Mnr. Hougaard het daarna die kragopwekker van die poskantoor aan die gang gekry, en hulp van die Polisie, afdelingsraad en later ook die Weermag is ontbied.
BEDRAG
Omdat die poskantoor die enigste plek op die dorp met elektrisiteit was, het dit as ‘n basis gedien vir die reddingswerkers. Soos mnr. Hougaard telefonies verneem het van inwoners wat erg deur die skudding getref is, is helpers uitgestuur.
“Maar die lyne was verskriklik oorlaai, want almal het paniekerig gebel om te hoor wat gebeur het en waarheen hulle kon gaan.”
Mnr. Hougaard het kort hierna by sy eie huis, wat hy kort tevore nuut gekoop het, ‘n draai gaan maak. Hoewel hy nie die bedrag kan onthou nie, was die skade aan die huis meer as wat hy vir sy huis betaal het.
En sy vrou, wat hul tweede baba verwag het, het ‘n wond aan haar kop opgedoen toe ‘n pluimbaltrofee van die gordynkap op haar kop geval het. Sy het maande daarna nog geweier om snags in die huis te slaap.
Mnr. N.C. Krone, eienaar van Twee Jonge Gezellen en onder-voorsitter van die destydse Bolandse Rampkomitee, het gesê die meeste inwoners op Tulbagh het erg deurgeloop. Tog is die gees van samewerking en bystand ‘n wonderlike herinnering.
“Noodhulp het onmiddellik na die rampdorpe gestroom, en ‘n omvattende noodlenigingsprogram is reeds die nag na die aardbewing deur die Weermag in werking gestel, met die medewerking van die Polisie en plaaslike instansies.”
Op Tulbagh is die volgende dag 400 tente opgeslaan, op Wolseley 250 en op Ceres 100. ‘n Veldhospitaal is ook deur die Leër op Wolseley opgerig.
Waternood is twee dae later verlig, en nuwe waterpype is na die berge gebring om pype te vervang wat deur vallende rotse beskadig is.
Die sowat R13 miljoen wat die Ramp-komitee beheer het, waarvan byna R1,3 miljoen skenkings deur die publiek was, is byna alles bestee.
My opsomming:
_____________________________________________________________________

| PORTUURASSESSERING: UITTREKSEL | ||
| 1. Het hy/sy by die voorgeskrewe lengte gehou? | Ja | Nee |
| 2. Het hy/sy daarin geslaag om die hoofgedagtes te identifiseer? | Ja | Nee |
| 3. Kon hy/sy die hoofgedagtes sinvol in paragraafvorm weergee? | Ja | Nee |
| 8. Taalgebruik: Volledige sinne; goeie taalgebruik; korrekte spelling | Ja | Nee |
VULKANE
|
| Die binnekant van ‘n vulkaan |
OPDRAG 3:
Gebruik die wêreldkaart op die volgende bladsy en dui die gebied aan waar die vulkane hoofsaaklik voorkom. Gebruik ‘n atlas om ook die volgende vulkane op die onderstaande kaart aan te dui:
![]() |
OPDRAG 4:
Gebruik die voorafgaande inligting oor Vulkane en Aardbewings en definieer die volgende begrippe:
| Begrippe | Definisies | |
| 1. | Richterskaal | ___________________________ |
| 2. | Seismoloë | ___________________________ |
| 3. | Episentrum | ___________________________ |
| 4. | Vulkaniese pype | ___________________________ |
| 5. | Aktiewe vulkane | ___________________________ |
| Selfassessering 5 X 2 = (10) | ||
Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenisvolle inligting onthou: onthou, ten minste, definisies en komplekse feite;
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting interpreteer: identifiseer kernidees in die teks, vind patrone in aangetekende data en maak gevolgtrekkings uit inligting in verskeie vorme (prente; diagramme, ens.).