Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 5
Wat maak lewe op aarde moontlik?
![]() |
Die mens is gewoond daaraan om elke dag die son te sien opkom en te sien ondergaan. Maar besef ons altyd hoe belangrik dit is dat dit wel gebeur? Sonskyn bevat energie wat die aarde warm maak en lig verskaf.
![]() |
Ons moet egter onthou dat ons nie van sonlig alleen kan lewe nie en dat ons nie hier sou gewees het as dit nie vir plante was nie. Plante het die wonderlike vermoë om sonlig op te vang en dit te gebruik om kos op te bou. As ons dan die plante eet, kry ons hierdie kos in ons liggame en ons kan lewe.
Plante kan egter nie kos met slegs sonlig opbou nie. Hulle moet die bestanddele vir die kos met hulle wortels uit die grond uithaal.
Water is ‘n besonder belangrike bestanddeel, maar daar is ook ander, soos yster en stikstof.
Ons sou ook nie van kos en water alleen kon lewe nie. Ons het ook suurstof nodig wat ons moet kan inasem. Hierdie suurstof kom in vars lug voor en word voortdurend deur die plante aangevul. Plante neem die ou lug wat diere uitasem in en vorm weer suurstof wat hulle aan die lug afgee.
Vier dinge wat dus nodig is vir lewe op aarde, is:
Lewe sonder ENERGIE is onmoontlik.
Dink aan tien aktiwiteite wat jy daagliks uitvoer en waarvoor jy energie benodig en skryf hulle neer.
Jy kry al die energie wat jy benodig uit die kos wat jy eet en drinkgoed wat jy drink. Hierdie eet- en drinkgoed kom alles oorspronklik van plante af. Die plante het dit met behulp van sonligenergie opgebou.
Skryf tien voorbeelde van kos en drinkgoed wat jy gereeld inneem, neer en dui dan langsaan elkeen aan van watter plant dit oorspronklik afkomstig is (soms is die plant eers deur ‘n ander dier geëet en jy het dan die vleis, of bv. die eier, geëet).
Dink aan nog redes waarom die son noodsaaklik is vir lewe op aarde en skryf dit neer.
Mens en dier is van plante as voedselbron afhanklik. Daar is egter nog ander redes hoekom plante belangrik is. Skryf VYF sulke redes neer.
Doen nou ‘n bietjie navorsing (lees na in boeke en tydskrifte en gesels met jou pa of ma of ouer broer of suster) oor die waarde van plante as medisyne. Sluit ten minste twee voorbeelde van plante in waarvan die medisinale waarde in Afrika of Suid-Afrika ontdek is.
Kom ons gee dus nog meer aandag aan bome.
1. Wanneer hierdie jaar (datum) is dit nasionale boomplantdag?
2. Waarom word ons aangemoedig om bome te plant?
3. Waarom word veral skoliere aangemoedig om bome te plant?
4. Skryf ‘n gediggie oor ‘n boom.
Beplan die gedig as groep. Die gedig kan oor ‘n groot boom of oor ‘n jong boompie handel.
Skryf julle finale poging van die gedig hier onder. Versier jou gedig by die huis. Julle kan die gedig ook saam op ‘n plakkaat skryf en die plakkaat saam versier.
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou;
2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.
LU 3
WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder
3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;
3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.
Sonlig/-energie, grond/voedingstowwe, water en suurstof (plante sal ook genoem word: gee toe dat dit reg is, maar dat die eerste vier die nie-lewende dinge is wat ter sprake is. Gebruik die geleentheid om die leerders bewus te maak van die waarde van plante en die noodsaaklikheid dat hulle beskerm moet word (gesels oor die onoordeelkundige uitroei van woude/bome, oorbeweiding, ens.)
Aktiwiteit 2
voorbeelde:
energie vir werkverrigting kom hoofsaaklik van die son (bv. petrol)
Voorbeelde van plante as medisyne in SA (daar is baie):
AKTIWITEIT 3