Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 5 » Die atmosfeer

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseNS display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: Approved

    Click the "GETIntPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Die atmosfeer

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Graad 5

DIE AARDE EN DIE HEELAL

Module 25

DIE ATMOSFEER

AKTIWITEIT:

OM TE KAN VERDUIDELIK HOEK DIE ATMOSFEER RONDOM DIE AARDE LEWE MOONTLIK MAAK EN HOEKOM ONS DIT IN STAND MOET HOU

[LU 2.1; 2.2]

Die planeet Aarde word deur ‘n kombers van gasse bedek wat ons die atmosfeer noem. Die dikte van die laag (atmosfeer) teenoor die grootte van die aarde, kan met die skil van ‘n lemoen teenoor die grootte van die lemoen vergelyk word.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Sonder die atmosfeer sou lewe op aarde nie moontlik wees nie. Dit bestaan nie alleen uit gasse wat noodsaaklik is vir lewe nie, maar verhoed ook dat ons deur die son “gebraai” of deur die koue van die buitenste ruim “verkluim” word. Die atmosfeer veroorsaak dat slegs die helfte van die son se strale die oppervlak van die aarde bereik.

Ons onderskei tussen vier lae in die atmosfeer.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.jpg)

Laag 1: die troposfeer

Hierdie is die laag teenaan die aardoppervlak. Dit is ongeveer 11 km dik en dit is in hierdie laag waar weerveranderinge in die lug plaasvind. Water kom feitlik uitsluitlik in hierdie laag voor.

Die lug in die troposfeer bestaan hoofsaaklik uit twee gasse: stikstof en suurstof. Daar is ‘n baie klein hoeveelheid ander gasse.

Jy kan die samestelling van die lug met ballonne voorstel:

Figure 3
Figure 3 (graphics3.jpg)

Tel die ballonne en skryf die getalle neer:

Die met ‘n N (dit staan vir stikstof): _______________________________

Die met ‘n O (dit staan vir suurstof): _______________________________

Die met ‘n AG (dit staan vir ander): _______________________________

Beskryf nou in jou eie woorde hoe die lug in die troposfeer saamgestel is (die lug wat ons inasem):

Hoe hoër mens in die troposfeer opbeweeg, hoe “dunner” word die lug. Dit beteken die deeltjies is verder uitmekaar versprei. As jy byvoorbeeld op ‘n hoogte van 8 km ‘n houer met lug sou vul, sal daar minder deeltjies (stikstof, suurstof en ander gasse) in die houer wees as wanneer jy dit op die grond sou doen.

Laag 2: die stratosfeer

Die stratosfeer is ongeveer 40 km dik. Vliegtuie vlieg in hierdie laag. Die baie belangrike osoonlaag kom hier voor. Dit is ‘n tipe suurstoflaag wat die aarde teen die nadelige strale van die son beskerm. Sonder hierdie laag sal die meeste lewende wesens op aarde sterf. Die suurstof in die osoonlaag kom vanaf die plante wat op aarde groei. As hierdie balans versteur word deurdat minder suurstof die osoonlaag bereik en die plek daarvan deur ander gasse wat deur sekere menslike aktiwiteite vrygestel word opgeneem word, verander dit die temperatuur op aarde. Dit kan uiteindelik meebring dat dier en plant nie meer sal kan oorleef nie.

Laag 3: die mesosfeer

Hierdie laag is ongeveer 40 km dik en word gekenmerk deur temperatuurwisseling vanaf -113 grade Celsius tot by 440 grade Celsius (jou liggaamstemperatuur is 37 grade Celsius, water vries by ongeveer 0 grade Celsius en kook by ongeveer 100 grade Celsius). Vallende rotsstukke uit die buiteruim verbrand in hierdie laag en ons sien dit as “verskietende sterre”.

Laag 4: die ionosfeer (termosfeer)

Die ionosfeerlaag is ongeveer 350 km dik en bevat baie gelaaide deeltjies (ione) wat maak dat baie van die radioaktiwiteit wat by tye deur die son veroorsaak word, uitgeskakel word en nie ‘n effek op die aarde het nie.

Vrae:

1. Hoekom is dit belangrik dat ons plante plant eerder as om hulle uit te roei?

2. Industriële vooruitgang kan nadelig wees vir die natuur omdat dit die atmosfeer kan verander. Verduidelik hoekom.

3. Hoekom moet bergklimmers wat hoë berge soos Everest klim, suurstofmaskers dra?

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting onthou;

2.2 inligting kategoriseer en eie reëls vir kategorisering verduidelik.

Memorandum

Getal ballonne (laat egter eers die leerders self tel):

  • N 79
  • O 20
  • AG 1

Samestelling: In elke 100 dele is daar 79 dele stikstof (79%), 20 dele suurstof (20 dele) en een deel ander gasse (1%)

Antwoorde:

L.W. Hierdie vrae moet spesifiek t.o.v. die atmosfeer beantwoord word.

  1. Plante gee suurstof en waterdamp af en neem koolstofdioksied op. So dra hulle by tot die handhawing van die nodige balans in die troposfeer en stratosfeer (insluitend die osoon)
  2. Enigiets wat na die osoonlaag verwys

3. Die druk raak so laag dat daar te min suurstof per volume eenheid is.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: