Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Natuurlike materiale

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseNS display tagshide tags

    This module is approved and included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 4-6)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Natuurwetenskappe Graad 5"

    Collection Review Status: Approved

    Click the "GETIntPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Natuurlike materiale

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Graad 5

MATERIAAL

Module 28

NATUURLIKE MATERIALE

AKTIWITEIT:

Om die aard en gebruike van natuurlike materiale te bespreek

[LU 1.1; 1.2.1; 1.2.2; 1.3.1; 3.2]

1. Hout

Hout kom van bome wat dwarsoor die wêreld òf natuurlik groei, soos in woude, òf deur die mens in die vorm van plantasies aangeplant word.

Wanneer bome, veral in plantasies, volgroei is, word dit afgekap. Dun hout, soos takke en die stamme van swak bome, word verpulp om papier te maak. Dik stamme word na die saagmeule vervoer. Daar word dit in planke gesaag en gedroog. Droë hout word timmerhout genoem.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Hout kan vir baie dinge gebruik word, soos vir meubels, deure, kissies en speelgoed. Hout kan ook gebruik word om huise te bou. Musiekinstrumente soos die kitaar en viool word ook van hout gemaak. Die wiel van ‘n wa is ook destyds van hout gemaak.

Die verpulping van hout vir papier word in fabrieke gedoen. Die hout word met water en chemikalieë gemeng en in dun, gladde velle uitgerol en gedroog om as papier gebruik te word.

Ander gebruike van hout

Kyk na jou potlode of potloodkryte. Waarvan is dit gemaak?

Afvalplanke word dikwels in informele nedersettings gebruik om vinnig ‘n “huis” aanmekaar te slaan, aangesien dit darem skuiling bied.

In tropiese lande waar dit baie reën, word houthuise dikwels op pale gebou sodat die inwoners droog bly gedurende die reënseisoen en ook om ongewenste “gaste”, soos slange, uit te hou.

Indien hout goed versorg word, kan dit wisselende weersomstandighede weerstaan en huisbewoners teen koue of hitte beskerm.

Navorsing:

Groepwerk

Maak ‘n plakkaat met die volgende inligting:

Hoe hout gebruik word in die boubedryf

OF

Produkte wat van hout gemaak is

Prente of sketse ter illustrasie sal in jul guns tel.

2. Keramiek en klei

Daar is volop klei in die kors van die aarde beskikbaar. Nie alle klei is op dieselfde manier saamgestel nie. Keramiek word gevorm deur klei wat gebak word. Verskillende soorte klei gee verskillende soorte keramiek.

Kyk watter voorwerpe van keramiek gemaak word.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Keramiek word as elektriese isoleerders gebruik – dit verhoed dat elektrisiteit in die staalstutte of -rame vloei.

Kom ons observeer hoe ‘n keramiekpot uit klei gemaak word:

1. Klei wat klam is, kan makliker in ‘n spesifieke vorm geskep word. So lyk die samestelling van nat klei:

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

2. Nadat ‘n kleipot gemaak is, word dit teen kamertemperatuur gelaat om stadig droog te word. Die deeltjies of molekules water in klei verdamp en die klei krimp en word hard.

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

So lyk die samestelling van die klei nou.

3. As die klei droog is, word dit in ‘n pottebakkersoond gebak (erdeware teen ± 980°C en steenware teen ongeveer 1 200°C tot 1 700°C).

So lyk die samestelling van die klei nou.

Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

Nou is daar te min ruimte tussen die deeltjies klei of molekules om water deur te laat.

Opdrag 1:

Kyk na die keramiekpot met blomme en verduidelik die volgende:

Figure 6
Figure 6 (graphics6.png)
  1. a) Hoe bly die blomme vars?

  1. a) Waarom lek die pot nie?

  1. a) Dink jy vloeistowwe kan in keramiekhouers gehou word?

  1. a) Noem ‘n paar voorbeelde waar keramiek daagliks gebruik word:

  1. a) Waarvoor het mense lank gelede klei gebruik?

Huise van klei: mens en dier

  • Termiete bou groot neste van klei wat ‘n aantal meters bo die grond uitstaan. Die klei bak hard in die son van die tropiese lande waar hierdie termiete voorkom.
  • In Afrika, Sentraal-Amerika en die suidelike state van die VSA word huise vandag nog van klei gebou. Kleistene en hout vorm die struktuur van die huis. Dan word meer klei oor die raamwerk gepak en gelos om in die son droog te bak. ‘n Baie interessante feit is dat kleihuise 30% – 40% energie bespaar in areas waar die dae warm en die nagte koel is. Die klei absorbeer hitte gedurende die dag en stel dit vry in die nag; dus word ‘n gemaklike temperatuur in die huis ervaar.
  • Sekere voëls maak ook gebruik van klei om hul neste te bou.
Figure 7
Figure 7 (graphics7.png)

Opdrag 2:

Soek inligting en gee skriftelike terugvoering oor ‘n voël wat klei gebruik om sy nes te bou.

  1. Soort voël:
  2. In watter land kom hierdie voëlspesie voor?

3. Waar bou die voël sy nes?

4. Maak ‘n eenvoudige skets van die: a) voël

b) nes

  1. Watter voordele bied die klei-nes?

Totaal: 10

3. Metale

Figure 8
Figure 8 (graphics8.png)

Uit al die groepe materiale wat gebruik word om goed te maak, is metale een van die belangrikste. Daar is bepaalde funksies waarvoor slegs metaal gebruik kan word. In sulke gevalle kan geen ander materiaal as plaasvervanger gebruik word nie. Kyk om jou heen en sien hoe jou lewe van soggens vroeg tot saans laat van metale afhanklik is. Dink maar net aan vervoer en boerdery-implemente. Die eerste metaalvoorwerpe het reeds 9500 v.C. bestaan: goud, silwer, koper en yster.

Metale kan aan hul voorkoms herken word:

Metaalvoorwerpe blink gewoonlik.

Metale is goeie geleiers van hitte en elektrisiteit.

Baie is geskik vir die produksie van klank. Dit lui byvoorbeeld as jy daarteen slaan. Kerkklokke word van brons gemaak.

Metale kan in enige vorm gegiet word. Lood is ‘n metaal wat sag en buigbaar is. Velle lood is veral vroeër op dakke gebruik, veral die dakke van kerke en skole.

Staal is ‘n mengsel van yster en ander bestanddele. Munte is ook van ’n metaalmengsel gemaak.

Interessante feite:

Die boom van ‘n kastrol moet ‘n goeie geleier van hitte wees.

Nie alle metale is geskik vir die kook van kos nie.

Gegote yster, vlekvrye staal, aluminium, staal en koper word vir die vervaardiging van kastrolle gebruik.

As staal in die reën gelos word, sal dit roes. Water en suurstof in die lug het ‘n uitwerking op die yster in die staal om ‘n nuwe stof te vorm, naamlik roes.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.

Memorandum

Navorsing

Opdrag 1:

Vrae:

  1. (a) Die pot kan water hou.
  2. (b) Die ruimte tussen die deeltjies klei is nou so klein omdat dit drooggebak is, dat dit nie meer water deurlaat nie.
  3. (c) ja
  4. (d) Bakke vir oonde Blompotte

Tuinpotte

Breekgoed – borde, koppies, ens.

  1. (a) Om huise te bou.

Om kleipotte te maak vir water, ens.

Opdrag 2:

Navorsing: voël, bv. swaeltjies (sien assesseringsrubriek)

Roes: water + suurstof = roes

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks