Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 5
1. Hout
Hout kom van bome wat dwarsoor die wêreld òf natuurlik groei, soos in woude, òf deur die mens in die vorm van plantasies aangeplant word.
Wanneer bome, veral in plantasies, volgroei is, word dit afgekap. Dun hout, soos takke en die stamme van swak bome, word verpulp om papier te maak. Dik stamme word na die saagmeule vervoer. Daar word dit in planke gesaag en gedroog. Droë hout word timmerhout genoem.
![]() |
Hout kan vir baie dinge gebruik word, soos vir meubels, deure, kissies en speelgoed. Hout kan ook gebruik word om huise te bou. Musiekinstrumente soos die kitaar en viool word ook van hout gemaak. Die wiel van ‘n wa is ook destyds van hout gemaak.
Die verpulping van hout vir papier word in fabrieke gedoen. Die hout word met water en chemikalieë gemeng en in dun, gladde velle uitgerol en gedroog om as papier gebruik te word.
Kyk na jou potlode of potloodkryte. Waarvan is dit gemaak?
Afvalplanke word dikwels in informele nedersettings gebruik om vinnig ‘n “huis” aanmekaar te slaan, aangesien dit darem skuiling bied.
In tropiese lande waar dit baie reën, word houthuise dikwels op pale gebou sodat die inwoners droog bly gedurende die reënseisoen en ook om ongewenste “gaste”, soos slange, uit te hou.
Indien hout goed versorg word, kan dit wisselende weersomstandighede weerstaan en huisbewoners teen koue of hitte beskerm.
Maak ‘n plakkaat met die volgende inligting:
Hoe hout gebruik word in die boubedryf
OF
Produkte wat van hout gemaak is
Prente of sketse ter illustrasie sal in jul guns tel.
2. Keramiek en klei
Daar is volop klei in die kors van die aarde beskikbaar. Nie alle klei is op dieselfde manier saamgestel nie. Keramiek word gevorm deur klei wat gebak word. Verskillende soorte klei gee verskillende soorte keramiek.
Kyk watter voorwerpe van keramiek gemaak word.
![]() |
Keramiek word as elektriese isoleerders gebruik – dit verhoed dat elektrisiteit in die staalstutte of -rame vloei.
Kom ons observeer hoe ‘n keramiekpot uit klei gemaak word:
1. Klei wat klam is, kan makliker in ‘n spesifieke vorm geskep word. So lyk die samestelling van nat klei:
![]() |
2. Nadat ‘n kleipot gemaak is, word dit teen kamertemperatuur gelaat om stadig droog te word. Die deeltjies of molekules water in klei verdamp en die klei krimp en word hard.
![]() |
So lyk die samestelling van die klei nou.
3. As die klei droog is, word dit in ‘n pottebakkersoond gebak (erdeware teen ± 980°C en steenware teen ongeveer 1 200°C tot 1 700°C).
So lyk die samestelling van die klei nou.
![]() |
Nou is daar te min ruimte tussen die deeltjies klei of molekules om water deur te laat.
Kyk na die keramiekpot met blomme en verduidelik die volgende:
![]() |
![]() |
Soek inligting en gee skriftelike terugvoering oor ‘n voël wat klei gebruik om sy nes te bou.
3. Waar bou die voël sy nes?
4. Maak ‘n eenvoudige skets van die: a) voël
b) nes
Totaal: 10
3. Metale
![]() |
Uit al die groepe materiale wat gebruik word om goed te maak, is metale een van die belangrikste. Daar is bepaalde funksies waarvoor slegs metaal gebruik kan word. In sulke gevalle kan geen ander materiaal as plaasvervanger gebruik word nie. Kyk om jou heen en sien hoe jou lewe van soggens vroeg tot saans laat van metale afhanklik is. Dink maar net aan vervoer en boerdery-implemente. Die eerste metaalvoorwerpe het reeds 9500 v.C. bestaan: goud, silwer, koper en yster.
Metale kan aan hul voorkoms herken word:
Metaalvoorwerpe blink gewoonlik.
Metale is goeie geleiers van hitte en elektrisiteit.
Baie is geskik vir die produksie van klank. Dit lui byvoorbeeld as jy daarteen slaan. Kerkklokke word van brons gemaak.
Metale kan in enige vorm gegiet word. Lood is ‘n metaal wat sag en buigbaar is. Velle lood is veral vroeër op dakke gebruik, veral die dakke van kerke en skole.
Staal is ‘n mengsel van yster en ander bestanddele. Munte is ook van ’n metaalmengsel gemaak.
Interessante feite:
Die boom van ‘n kastrol moet ‘n goeie geleier van hitte wees.
Nie alle metale is geskik vir die kook van kos nie.
Gegote yster, vlekvrye staal, aluminium, staal en koper word vir die vervaardiging van kastrolle gebruik.
As staal in die reën gelos word, sal dit roes. Water en suurstof in die lug het ‘n uitwerking op die yster in die staal om ‘n nuwe stof te vorm, naamlik roes.
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;
1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.
LU 3
WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWINGDie leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder
3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;
3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.
Navorsing
Opdrag 1:
Vrae:
Tuinpotte
Breekgoed – borde, koppies, ens.
Om kleipotte te maak vir water, ens.
Opdrag 2:
Navorsing: voël, bv. swaeltjies (sien assesseringsrubriek)
Roes: water + suurstof = roes