Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 5
Alle materie bestaan uit klein deeltjies (atome) wat voortdurend heen en weer beweeg en teen mekaar bots. Die deeltjies en hul beweging is baie, baie klein en ons kan dit nie sien nie. Vir ons lyk 'n stuk yster bloot soos 'n harde, soliede stuk metaal, maar selfs die hardste metaal bestaan uit sulke bewegende deeltjies (atome).
Materie sit uit as dit verhit word omdat die atome waaruit dit bestaan energie absorbeer en dus meer beweeg en harder teen mekaar bots. Die atome word dus van mekaar af weg geforseer en die stof sit uit.
Wanneer die temperatuur daal (die stof verloor hitte), verloor die deeltjies energie en beweeg minder. Die spasie tussen hulle word kleiner omdat hulle minder teen mekaar bots, en die stof krimp.
![]() |
Inkrimping
![]() |
Uitsetting
Kom ons kyk nou na hierdie uitwerking van energie op vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
Verfris jou geheue. Voltooi die volgende sin deur die woorde vastestowwe of vloeistowwe of gasse in te vul:
By normale toestande (kamertemperatuur, gewone lugdruk) neem
die vorm van die houer waarin dit gehou word
aan, terwyl die fatsoen van nie verander nie
en die meeste in alle rigtings versprei en die
beskikbare ruimte vul.
Jou onderwyser gaan 'n demonstrasie doen. Kyk mooi wat gebeur en beantwoord die vrae wat volg.
![]() |
Waarom?
Gaan dit makliker?
Verklaar:
Kom ons kyk na voorbeelde in ons alledaagse lewe:
![]() |
Treinspore se stawe moet gelê word met spasies tussenin, want tydens verhitting (hoër temperature) sal die metaal uitsit en sonder die nodige spasies tussenin sal die spoor buig.
![]() |
Die ruit vir 'n venster word gewoonlik kleiner as die raam gesny, omdat albei (veral as dit ‘n staalraam is) op warm dae uitsit en op koue dae inkrimp.
Wat kan gebeur indien die ruit presies in die raam pas?
![]() |
Sien jy die verskil tussen die twee prente?
Verduidelik aan 'n maat wat plaasvind. Maak nou jul eie afleiding en skryf dit neer.
Kyk of jy die volgende in die wetenskaplaboratorium kan kry:
![]() |
'n Saamgestelde staaf
![]() |
'n Koperbal-en-ring
Waarom?
Voltooi:
Alle vaste stowwe sit nie eweveel uit as dit ___________________nie, en
krimp nie eweveel as dit ________________nie.
Nog interessanthede:
Die betonblokke van sypaadjies en brugkonstruksies word altyd met spasies tussenin gelê. Waarom?
'n Tandarts kan nie sommer enige stof as stopsel vir jou tand gebruik nie.
Verduidelik:
LU 1
WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ondersoeke beplan: ‘n lys opstel, met ondersteuning, van bekende situasies en materiale, en ondersoekende vrae opstel:
1.1.1 bydra tot ‘n klaslys van interessante aspekte van die situasie;
1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel: instruksies en prosedures uitvoer wat ‘n klein aantal stappe behels:
1.2.1 ‘n eenvoudige werkblad volg om toerusting op te stel en waarnemings te verkry;
1.2.2 waarnemings aanteken deur tekeninge en byskrifte te maak;
1.2.3 met die prosedure aanhou totdat die verskynsel plaasvind of oor ‘n langer tydperk waargeneem kan word (bv. plante groei na die lig wat van ‘n spieël af kom);
1.3 data evalueer en bevindings kommunikeer: verslag doen oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is:
1.3.1 waarnemingsdata aanbied wat met die fokusvraag verband hou.
LU 2
KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNISDie leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 betekenisvolle inligting onthou: ten minste eie vlotste taal gebruik om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.
2.1.3 sê of energie van een vorm na ‘n ander oorgeskakel kan word.
AKTIWITEIT 1
Verfris jou geheue: vloeistof, vaste stowwe, gasse (in hierdie volgorde).
AKTIWITEIT 2
Draai moeilik oop: Toe die kos ingelê is, was dit warm. Die deksel is styf vasgedraai. Omdat dit van metaal is, het dit gekrimp toe dit afkoel. Die kos het ook gekrimp. Die deksel het dus verklein en is deur die inkrimpende kos vasgesuig.
Warm water laat dit maklik oopdraai: vastestowwe sit nie eweveel uit nie. Die deksel is van metaal en sit meer uit as glas. Toe die warm water oor die bottel spoel, het die deksel meer uitgesit as die glas en dus makliker losgedraai.
Nommerpas-ruit: die ruit kan bars omdat dit uitsit as dit warm word en teen die raam druk.
Telefoondrade: die drade word langer as dit warm is. Hulle is dalk op ‘n koue dag gespan en as dit dan warm word, hang hulle slap.
Saamgestelde staaf:
1. Die staaf buig.
2. Koper.Koper sit vinniger uit as yster. Dit word dus langer as die yster en die buiging is dus na die yster se kant toe.
3. Die bal gaan nie, deur nie want dit het uitgesit weens verhitting.
4. Die bal het afgekoel en gekrimp.
Vul in:
Verhit word, afgekoel word.
Interessanthede:
Beton sit uit as dit warm word. Dit gaan dus bars om uit posisie te beweeg as dit nie spasie het om te beweeg nie. Dit moet ‘n stof wees wat soos die tande op hitte reageer, anders sit dit vinniger uit of krimp dit vinniger. Dit sal veroorsaak dat dit loskom, of die tand kan kraak.