Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 6
Opdrag 7:
Maak seker dat daar ‘n Verklarende Woordeboek in die klas beskikbaar is.
1. 100 jaar
2. Ongeveer ‘n driekwart van Suid-Afrika het uit ‘n groot, moerasagtige kom bestaan. Hierdie unieke toestande is ideaal vir fossilering.
3. Wanneer iets in die natuur doodgaan, word dit gewoonlik deur aasdiere geëet en rondgestrooi. Hierdie beendere wat soms wyd versprei lê, word dat met sand en modder bedek.
4. Waar. Fossiele verteenwoordig mense, plante en diere wat miljoene jare gelede geleef het en ons kan baie daarvan aflei.
5. ‘n Fossiel is enige oorblyfsel van ‘n mens, dier of plant wat in die gesteentes van die aarde bewaar gebly het.
6. Skulpe is meestal te hard om geëet te word en hulle is deel van die ongewerwelde diere wat ‘n groot deel uitmaak van die diereryk. Baie fossilering het in water plaasgevind.
7. Tande bestaan uit been en is bedek met emalje. Been is die hardste weefsel in die liggaam. Tande is ook goed beskerm teen bederf, omdat dit reeds gemineraliseer is.
8. ‘n Wetenskaplike bestuur ‘n spesifieke kennisafdeling wat bestaan uit sistematies gerangskikte feite wat op algemene beginsels berus. (HAT)
9. Paleo – beteken oud, voorwêreldlik (HAT)
Belangrike inligting oor die geskiedenis van lewe op aarde kan deur fossiele verskaf word. Ons kry fossiele in rotslae. Dit is oorblyfsels van mense en plante, asook die geraamtes en skulpe van diere uit die verre verlede. Die rotslae is bekend as sedimentêre gesteentes. Omdat plante en diere ons van die natuur vertel, is die fossiele baie belangrik in die herstrukturering van die oeromgewing van ons voorouers.
![]() |
‘n Afbeelding van ‘n spoor van ‘n Apatosaurus wat in Engeland gevind is. Elke voetspoor van die dinosourus is omtrent een meter lank. Die stelle spore dui daarop dat hulle soms in troppe geloop het. Die drie-tonige voetspoor dui moontlik op ‘n vleisvretende dinosourus wat die Apatosaurus gejag het.
Paleontoloë
OPDRAG 7
Lees bostaande leesstuk deeglik deur en beantwoord dan die volgende vrae. Maak gebruik van ‘n bron soos ‘n verklarende woordeboek, indien nodig.
1. Hoe lank is ‘n eeu?
_____________________________________________________________________
(1)
2. Waarom het die Karoo soveel goedbewaarde fossiele opgelewer?
_____________________________________________________________________
(1)
3. Waarom word volledige fossielgeraamtes byna nooit gevind nie?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
4. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.
Fossiele kan gesien word as ‘n bewys van vroeëre lewe.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(2)
5. Gee ‘n beknopte definisie van ‘n fossiel. Gebruik jou eie woorde.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
6. Waarom sou jy sê is skulpe die mees algemene fossiele?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
7. Waarom is tande van oermense soms die beste fossiele?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
8. Gee ‘n definisie van ‘n wetenskaplike.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
9. Wat beteken die woordelement “paleo-“, in die volgende woorde: paleo-antropoloog, paleo-botanis en paleosoöloog?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
(1)
TOTAAL: 10
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te regeer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2:Dis duidelik wanneer die leerderondersoeke uitvoer en data versamel.
Leeruitkomste 2:Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.
Assesseringstandaard 2.3:Dis duidelik wanneer die leerderinligting interpreteer.