Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Natuurwetenskappe Graad 6 » Om die rol van riviere in die natuur te kan bespreek

Navigation

Table of Contents

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseNS display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Natural Sciences (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: Approved
    Collection Review Status: Approved

    Click the "GETIntPhaseNS" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Om die rol van riviere in die natuur te kan bespreek

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

NATUURWETENSKAPPE

Die aarde en daarbuite

Riviere en hul opvanggebiede

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Opdrag 10:

1. Opdrag duidelik in module. Opdrag kan lei tot ‘n uitstalling van versamelde monsters, foto’s en notaboeke.

Opvolgbesoek vir opruiming word aanbeveel.

Opdrag 11:

Luister ten minste na Wendy Oldfield se lied, “Acid Rain”. Leerders neem self leiding en beantwoord die volgende vraag:

“Watter omgewingskwessies word aangespreek en watter oplossings het ons vir die probleme?”

Opdrag 12:

Help die leerders met ‘n raamwerk, bv.

  • die rivier as ‘n omgewing waarin plante en diere kan lewe
  • lig
  • sigbaarheid
  • suurstof
  • geen gif
  • beskerming teen temperatuurskommelinge
  • die lewe in ‘n rivier (bogenoemde omgewing)
  • soorte plante
  • soorte diere

wedersydse afhanklikheid van die plante en diere

LEERDER AFDELING

Inhoud

AKTIWITEIT: Om die rol van riviere in die natuur te kan bespreek [LU 1.1, LU 1.2]

In die leereenheid oor fossiele, het ons gesien dat die dorre Karoo van vandag eens op ‘n tyd ‘n groot moeras was wat ongeveer ‘n driekwart van Suid-Afrika se oppervlakte beslaan het. Vars water speel dus reeds vir miljoene jare ‘n belangrike rol in die lewens van plante en diere en ook in die lewe van die mens.

‘n Rivier is nie net water nie!

  • Reën absorbeer koolstofdioksied en suurstof wanneer dit deur die atmosfeer beweeg. Terwyl die water langs die berg afbeweeg, word klein plantaardige deeltjies uit die plantegroei daarin vrygestel. Só bekom die water genoeg opgeloste voedingstowwe om waterdiere en plante te onderhou.
  • Riviere in die algemeen word bedreig. Aangesien die mens water benodig vir oorlewing, word al groter druk op riviere uitgeoefen om in die mense se behoeftes te voorsien en afvalstowwe weg te voer.
  • Riviere is egter nie afvoerslote wat wydverspreid voorkom vir die gerief van die mens nie. Riviere is komplekse stelsels.
  • Verskillende plante en diere bewoon die verskillende dele van ‘n rivier. Hierdie organismes gebruik van die natuurlike materiaal in die water, in hul lewensprosesse. Op dié manier word die water al langs die rivier voortdurend gesuiwer. Dit is ook vir riviere moontlik om ‘n groot deel van besoedeling te absorbeer.
  • Hierdie unieke eienskap van riviere word egter in ‘n groot mate afgebreek deur oormatige besoedeling, die opdam van riviere en kanalisering.
  • Die Departement van Waterwese en Bosbou erken dat riviere lewende stelsels is wat beskerm moet word. Gesonde riviere is aantreklike plekke wat ons van water voorsien en ook help om geld te bespaar. Die selfreinigende vermoë van riviere, indien beskerm, kan duisende rande bespaar wat andersins op watersuiweringsprojekte gespandeer sou moes word.
  • Riviere het mense nodig om hul belange op die hart te dra en vir hulle te stry.

Rivieropvanggebiede

  • ‘n Opvanggebied van ‘n rivier is eintlik niks anders nie as die hele gebied tussen die bergspits waar die rivier begin (oorsprong) en die kus waar die rivier eindig/uitmond (monding).
  • Die kenmerk van enige rivier word feitlik geheel en al bepaal deur die aktiwiteite (menslik en natuurlik) van die opvanggebied. Alle water wat val as sneeu, dou, mis en reën in ‘n spesifieke opvanggebied, vloei saam in die rivier. Slegs ‘n klein hoeveelheid van bogenoemde water verdamp.

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

‘n Opvanggebied

  • Opvanggebiede wissel baie in grootte. Die meeste van Suid-Afrika se groot opgaardamme kry hul water uit sulke bergopvanggebiede.
Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

Daar is ‘n noue verwantskap tussen grondbewaring en die gebruik van water uit die opvanggebiede. Digte plantegroei keer in ‘n groot mate gronderosie. Waar die plantegroei verwyder word, veral teen steil hellings, het dit tot gevolg dat die water (reën) vinnig afspoel en moontlik ‘n blitsvloed kan veroorsaak soos in 1981 in Laingsburg gebeur het. Die verwydering van die vrugbare bogrond veroorsaak dat opgaardamme en riviermondings toegeslik word as die grond daar neergelaat word.

Die fynboskoninkryk wat uniek is aan die Wes-Kaap word bedreig deur verstedeliking, woudaanplanting en ontbossing in die opvanggebiede. Dus moet die opvanggebiede beskerm word. Die meeste fynbosplante is klein, taai en puntig om waterverlies tydens die droë somermaande te verminder. Sommige bekende lede van die fynboskoninkryk is die Ericas, Proteas en die Restios, of rietfamilie.

  • Indringerplante soos dennebome is oral in opvanggebiede aangeplant. Dennebome, tesame met hakea en Australiese akasia-spesies versteur die natuurlike balans in, onder meer, die Wes-Kaapse rivier-ekosisteme.

Faktore wat die kwaliteit van rivierwater beïnvloed.

  • Dit is ons almal se verantwoordelikheid om ons waterhulpbronne oordeelkundig te gebruik. Elkeen van ons kan ‘n bydrae maak deur betrokke te raak in ons eie gemeenskappe en op dié manier ook die las op die owerhede ligter te maak.
  • Ons gebruik almal binnelandse water vir eie gebruik en ons moet onthou dat oorbevolking en die wanbestuur van ons beperkte hulpbronne niks nuuts is nie. Reeds tweeduisend jaar gelede het die Griekse filosoof, Plato, al oor omgewingsagteruitgang geskryf.
  • Besoedeling verwys na enige stof wat ‘n nadelige effek op die natuurlike omgewing het. Die besoedelende stowwe kan afkomstig wees uit die atmosfeer, of dit kan in water voorkom wat uit enige area in die opvanggebied vloei. Dit is baie moeilik om te identifiseer en te beheer.
  • Kunsmisstowwe word deur boere gebruik om groter oeste te verseker. Hierdie voedingstowwe word in riviere afgespoel, laat alge vinnig groei en dit verminder weer die hoeveelheid suurstof in die water.
  • Vullis soos blikke en sakke verstop klein stroompies.
  • Rioolwater is ryk aan organiese stowwe en voedingstowwe wat ook ‘n vermindering van suurstof in die water tot gevolg het gedurende die ontbindingsproses. Dit laat baie spesies in die rivier sterf.
  • Hittebesoedeling word veroorsaak deur die uitpomp van warm water in riviere en mere.
  • Giftige chemikalieë en swaar metale pak saam in lewende weefsel en vermeerder mettertyd. Dit lei noodwendig tot sterfte onder plante en diere.
  • Soliede afvalstowwe, soos gronddeeltjies van erosie, mynbou, steenkool, stof en bou-afval, spoel stroom-af. Dit versmoor diere en hul eiers en verstop visse se kieue en bedek voedselbronne.
  • Versouting is ‘n toename van natuurlike minerale in die water of die grond. Minerale soos natrium, kalium, magnesium, chloried, ens. maak vars water mettertyd sout vanweë verdamping. Dit word bereken dat een miljoen hektaar grond jaarliks wêreldwyd onbruikbaar word vir landbou-doeleindes omdat die grond te sout geword het.
  • Tog besit riviere die vermoë om te herstel. Die mate van besoedeling speel egter ‘n belangrike rol in tot watter mate ‘n rivier ten volle kan herstel.

Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)

“Selfherstel” van ‘n rivier

Tabel 1
Natuurlike water Probleme Ernstige probleme Op die herstelpad Helder water
Baie leweBaie suurstofGeen reukSkoon water Swamme verskynMin suurstofGeringe reukGrys of donker water Organismes wat sonder suurstof kan leweGeen suurstofReuk van “vrot eiers”Swart water Geringe tekens van leweMin suurstofGeringe reukWater word helderder Baie leweBaie suurstofGeen reukHelder water
  • ‘n Rivier kan dus na sy oorspronklike, onbesoedelde toestand terugkeer, op voorwaarde dat die rivier nie gekanaliseer word nie en dat inmenging deur die mens nie te erg is nie.

OPDRAG 10

Gaan op ‘n staptog langs ‘n rivier. Wat neem jy waar? Versamel monsters van skulpe, vere, plante, ens. langs die roete, sonder om enige skade te berokken. Stel vas of daar dele van die rivier is wat erger as ander dele besoedel is en of daar dele is wat reeds herstel het na blootstelling aan besoedeling.

  • Maak aantekeninge in ‘n notaboek, neem foto’s en dra jul bevindinge aan die klas voor.

Indien julle ‘n gebied identifiseer waar die besoedelingsvlakke baie hoog is, kan julle later terugkeer en ‘n opruimingsoperasie aanpak.

Figuur 4
Figuur 4 (graphics4.png)

OPDRAG 11

Luister na die liedjie “Acid Rain” van Wendy Oldfield. Daar bestaan nog liedjies met omgewingsboodskappe. Lys hulle en bespreek die kwessies wat daarin aangespreek word in die klas.

OPDRAG 12

  • Skryf ‘n opstel van 280 woorde oor die lewe in ‘n onbesoedelde rivier.

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te regeer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Assesseringstandaard 1.1:Dis duidelik wanneer die leerderondersoeke beplan;

Assesseringstandaard 1.2:Dis duidelik wanneer die leerderondersoeke uitvoer en data versamel.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: