Inside Collection (Course): Natuurwetenskappe Graad 6
| TIPEMATERIAAL | METAAL | KERAMIEK | GLAS | PLASTIEK | VESEL |
| VOORBEELD | ysterkoper | steneornamente | bottelsasbakkies | plastiek-bakkies | katoenpoliëster |
Opdrag 10:
| Die koerantpapier en meel is natgemaak met water. Daarna is dit gemeng om ‘n nuwe stof, nl. papierpap(mâché) te kry. Deur hierdie proses het ons ‘n nuwe mengsel / mengelstof verkry. |
| Deur sekere stowwe te meng, kan ons nuwe produkte verkry. |
Opdrag 11:
| NATUURLIKE STOWWE | SINTETIESE STOWWE |
| katoen, sy, wol, linne, ens. | poliëster, akriel, viskose, glasvesel, ens. |
| Tipe Materiaal | Metaal: | Keramiek: | Glas: | Plastiek: | Vesel: |
| Voorbeeld | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ | ____________ |
Mengsels / Mengelstowwe
Nuwe produkte word gevorm wanneer ons verskillende soorte materie kombineer. Ons kombineer bv. water, melk, suiker en koffiepoeier om ‘n koppie koffie te maak. Ons kan stowwe ook op verskillende maniere kombineer deur dit te meng. Die voorkoms en tekstuur van die produk verskil gewoonlik van die oorspronklike stowwe. Nog ‘n voorbeeld van ‘n mengsel is veiligheidsglas. In hierdie geval word dun plastieklagies tussen lae glas gesmelt.
Opdrag 10 (Individueel)
Wanneer ons koerantpapier, meel en water kombineer, kry ons papier-mâché om dinge mee te maak. Maak nou jou eie dinosourus op die volgende manier:
Benodigdhede:
Water
Meel
Metaaldraad
Tang
Koerantpapier
Verf en kwaste
Tou
Stappe:
Hoe om ‘n draadraam vir die dinosourus te maak:
![]() |
Voltooiing:
Gevolgtrekking:
Beskryf in jou eie woorde watter veranderinge die koerantpapier en meel ondergaan het.
_____________________________________________________________________

Die meeste klere word deesdae ook van ‘n mengsel van stowwe vervaardig. Ons kombineer bv. sintetiese stowwe met natuurlike stowwe.
Katoen is lig en gemaklik, maar dit kreukel maklik en is swaar om te stryk.
Wanneer katoen met poliëster gemeng word, kry ons ‘n nuwe mengsel, nl. poliëster-katoen – dit was maklik, word vinnig droog en stryk makliker, bv. hemde. Denimmateriaal word ook deesdae gemeng met lycra en lewer ‘n sterk materiaal wat kan rek, bv. jeans.
Opdrag 11 (Individueel)
| Natuurlike Stowwe | Sintetiese Stowwe |
| __________________________________ | __________________________________ |

Die mens begin al hoe meer stowwe meng om aan verskillende behoeftes te voldoen. Nie alle mengsels is egter mensgemaak nie. Been is bv. ‘n natuurlike mengsel.
| MATERIAAL | VERVAARDIG VAN | GEBRUIKE | VOORDELE |
| Been | Kalsiumfosfaat +proteïenvesels | Geraamtes | Harder as proteïen.Meer buigbaar as kalsiumfosfaat. |
| Gewapende beton | Betonmengsel + versterkte staal-stawe | Konstruksie | Sterker as beton.Goedkoper en ligter as staal. |
| Veselglas | Plastiek + veselglas | Bote, karavane | Sterker as plastiek.Minder breekbaar as glas. |
| Koolstofvesel versterk met plastiek | Koolstofvesel + plastiek | Golfstokke, vis-stokke, tennis-rakette, vliegtuig-onderdele | Goedkoper as suiwer koolstofvesel.Baie sterker as plastiek. |
| Motorbande | Rubber + rayon/staaldrade | Buitebande vir motors, motorfietse | Sterker as rubber.Nog steeds elasties en buigbaar. |
| Gelamineerde hout | Verskillende lae van houtsoorte | Laaghout | Goedkoper as soliede hout.Trek nie so maklik krom nie. |
1.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
2.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
3.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
4.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
5.___________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Assesseringstandaard 1.2:Dit is duidelik wanneer die leerder ondersoeke uitvoer en data versamel;
Assesseringstandaard 1.3:Dit is duidelik wanneer die leerder data evalueer en bevindings kommunikeer.
Leeruitkomste 3:Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Assesseringstandaard 3.2:Dit is duidelik wanneer die leerder die impak van wetenskap en tegnologie verstaan.