Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 6
1. UITDAGING!
Kies enige vyf items / artikels wat jy vandag in ’n winkel kan koop (dit hoef nie kruideniersware te wees nie).
Skryf neer wat die item / artikel kos. Jy kan dit ook uit die koerant knip en plak as jy wil. Werk net netjies! Gesels dan met jou ouma / oupa / enige ander ouer persoon en vind uit wat dié artikel gekos het toe hy / sy ’n kind was. Werk uit hoeveel duurder jy nou daarvoor moet betaal!
| ITEM/ARTIKEL | PRYS NOU | PRYS TOE | VERSKIL |
|
_____________ | ____________ | _____________ |
|
_____________ | ____________ | _____________ |
|
_____________ | ____________ | _____________ |
|
_____________ | ____________ | _____________ |
|
_____________ | ____________ | _____________ |
2. NOG ’n UITDAGING!
Hou ’n klasbespreking en vind antwoorde vir die volgende:
2.1 Wat is ’n “begroting”?
2.2 Is dit nodig dat ’n gesin ’n “begroting” moet hê?
2.3 Het JY ’n begroting waarvolgens jy jou sakgeld spandeer / spaar? Indien wel, vertel die klas kortliks daarvan.
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.
Assesseringstandaard 1.6: Dit is duidelik wanneer die leerder probleme oplos in konteks, insluitend kontekste wat gebruik kan word om ‘n bewustheid van ander leerareas, asook van menseregte-, sosiale, ekonomiese en omgewingskwessies, te bevorder soos:
1.6.1: finansiële kontekste (insluitend koop en verkoop, wins en verlies, eenvoudige begrotings, lees en vertolking van rekeninge, en afslag);
Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder skat en bereken deur geskikte bewerkings vir die oplossing van probleme in verband met die volgende te kies en te gebruik:
1.8.2: optel en aftrek van heelgetalle.