Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 6
1. Lengte van jou bank = cm
Jou eie lengte = cm / m
Breedte van klas = m
Dikte van skryfblok = mm
Lengte van potlood = cm / mm
2. km
3.1 1 000
3.2 1 000
3.3 100
3.4 10
Jy weet nou al uit die werk wat ons in graad 4 en 5 afgehandel het dat ons altyd in eenhede meet.
1. Kyk goed na die volgende en voltooi dan die tabel:
| Eenheid | Skatting | Werklike lengte | |
| Lengte van jou bank | ______________ | ______________ | ______________ |
| Jou eie lengte | ______________ | ______________ | ______________ |
| Breedte van klas | ______________ | ______________ | ______________ |
| Dikte van skryfblok | ______________ | ______________ | ______________ |
| Lengte van potlood | ______________ | ______________ | ______________ |
2. In watter eenheid sal jy die afstand tussen jou huis en die skool meet?
_____________________________________________________________________
3. Kom ons toets jou geheue! Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
3.1 Hoeveel meter is daar in 1 kilometer?____________________________
3.2 Hoeveel millimeter is daar in 1 meter? ___________________________
3.3 Hoeveel sentimeter is daar in 1 meter?___________________________
3.4 Hoeveel millimeter is daar in 1 sentimeter?_______________________
ONTHOU JY NOG?
Die volgende behoort jy reeds te ken, maar kom ons kyk weer daarna:
![]() |
km m cm mm
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder twee-dimensionele en drie-dimensionele voorwerpe skat, meet, aantekeninge maak van, vergelyk en orden deur S.I.-eenhede met die geskikte noukeurigheid te gebruik vir:
4.4.3: lengte m.b.v. millimeter (mm), sentimeter (cm), meter (m) en kilometer (km);
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste meetinstrumente gebruik (met ‘n begrip vir die beperkings daarvan) tot op geskikte vlakke van noukeurigheid, insluitend:
4.6.3: liniale, meterstokke, maatbande en klikwiele om lengte te meet.