Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 6
Onthou jy nog wat die woord ewewydig beteken? Skryf gou ‘n definisie neer:
Konstant ewe ver van mekaar.
1. A: Ja
B: Ja
2. C
AKTIWITEIT 1.1
1.1 Stomphoek
1.2 Regtehoek
1.3 Omwenteling
KOPKRAPPER
1. Skerphoek
Stomphoek
Gestrek
Regtehoek
2. Klasbespreking
Onthou jy nog wat die woord ewewydig beteken? Skryf gou ‘n definisie neer:
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
Kom ons val weg met ‘n paar “kopkrappers”!
Kyk na die sketse hieronder en beantwoord dan die vrae:
![]() |
1. Is EF en GH ewewydig aan mekaar in:
A: __________________________________________________________________
B: __________________________________________________________________
2. Is C of K die verlenging van F?
![]() |
Onthou jy nog?
|
is ‘n lyn: AB |
|
is ‘n lynstuk: EF |
|
is ‘n straal: CD |
Twee lyne wat mekaar sny, vorm ‘n hoek.
![]() |
Ons noem die punt waar die twee lyne ontmoet, die hoekpunt.
Ons skryf: ABC
Die eenheid waarin ons hoeke meet, is graad. Ons druk die grootte van‘n hoek in grade uit. ‘n Hoek van 60 grade skryf ons so: 60º.
Daar is ‘n paar soorte hoeke wat jy moet ken:
| Soorte hoeke | |
| 1. ‘n Omwenteling of volle draai is 360° groot. |
|
| 2. ‘n Gestrekte hoek is ‘n halfdraai en is 180° groot. |
|
| 3. ‘n Regte hoek is ‘n kwartdraai en is 90° groot. |
|
| 4. ‘n Skerphoek is groter as 0°, maar kleiner as 90°. |
|
| 5. ‘n Stomphoek is groter as 90°, maar kleiner as 180°. |
|
1. Hoe goed ken jy nou jou hoeke?
Werk saam met ‘n maat en kyk of jy kan sê watter soort hoeke die volgende is:
1.1 |
| _________________________________ |
1.2 |
| _________________________________ |
1.3 |
| _________________________________ |
1.4 |
| _________________________________ |
Leeruitkomste 4:Die leerder is in staat om gepaste meeteenhede, instrumente en formules in ‘n verskeidenheid kontekste te gebruik.
Assesseringstandaard 4.11: Dit is duidelik wanneer die leerder hoeke in twee-dimensionele vorms, drie-dimensionele voorwerpe en in die omgewing herken en beskryf.