Inside Collection (Course): Wiskunde Graad 6
1. Die volgende ontvouings is voorbeelde van piramides.
Trek hulle net so af, knip uit en vou dan elke piramide.
![]() |
1.2
![]() |
2. Hou ‘n klasbespreking en maak ‘n lys van die ooreenkomste en verskille tussen die twee piramides wat julle sien. Sit dit teen jul aansteekbord vas.
Leeruitkomste 3:Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en ‘n meetkundige agtergrond, insluitend dié wat vroeër behandel is, herken, visualiseer en benoem met die klem op:
3.1.1: ooreenkomste en verskille tussen viervlakke en ander piramides;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe wat in hierdie graad bestudeer word, ondersoek en vergelyk (individueel en/of as lid van ‘n groep), volgens die bostaande eienskappe deur die volgende te doen:
3.3.1: maak drie-dimensionele modelle deur die volgende te gebruik: