15.2 (a) konkaaf
16.1 (a) ruit
(b) trapesium
(c) oktogoon (8-hoek)
(d) vierhoek
veelhoek
(e) heksagoon (6-hoek)
(f) heptagoon (7-hoek)
(g) pentagoon (5-hoek)
(h) parallelogram
16.2
![]() |
16.3 108°
17.1 OOREENKOMSTE
* 4 ewe lang sye
sye
* hoeklyne halveer mekaar
VERSKILLE
* ruit se hoeke nie 90° nie
17.2 OOREENKOMSTE
* het 2 pare ewe lang sye
* 2 teenoorstaande sye is ewe lank /
* het 4 hoeke
* hoeklyne halveer mekaar /
VERSKILLE
* parallelogram se hoeke nie 90° nie/
18.
(a) vlieër
(b) trapesium
20.2 plafonne; hekke; dakkappe; brûe; steierwerk
15. VEELHOEKE
15.1 Het jy geweet?
Meetkundige vorms wat deur reguit lyne omsluit word, noem ons veelhoeke. Dit bestaan uit sye, hoeke en hoekpunte.
![]() |
15.2 Het jy ook geweet?
’n Veelhoek is konveks as al die lyne wat enige twee hoekpunte verbind binne die veelhoek val.
Al die binnehoeke is skerp- of stomp-hoeke.
As enige lyn wat twee hoekpunte verbind buite ’n veelhoek val, is die veelhoek konkaaf.
Een of meer van die binnehoeke is ’n inspringende hoek.
![]() |
![]() |
15.2.1 Is die volgende veelhoeke konveks of konkaaf?
![]() |
_________________________________
b)
![]() |
_________________________________
c)
![]() |
_________________________________
15.3 Onthou ook!
’n Reëlmatige veelhoek se sye is almal ewe lank en die hoeke is almal ewe groot.
Hoe meer sye ’n reëlmatige veelhoek het, hoe groter is sy binnehoeke.
’n Onreëlmatige veelhoek se sye is almal verskillende lengtes.
![]() |
![]() |
15.4 LET WEL!
Ons kan die grootte van die hoeke van ’n reëlmatige veelhoek met behulp van ’n formule bereken:
| Grootte van elke hoek = |
|
bv. Seshoek:
![]() |
16.1 Werk saam met ’n maat. Kan julle sê wat elkeen van die volgende veelhoeke genoem word? Skryf die naam binne-in elke figuur.
a)
![]() |
b)
![]() |
c)
![]() |
d)
![]() |
e)
![]() |
f)
![]() |
g)
![]() |
h)
![]() |
16.2 Bereken die grootte van elke hoek van die aghoek (oktogoon)
_____________________________________________________________________

16.3 Wat is die grootte van elke hoek van ’n vyfhoek? (pentagoon)
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
17.1 Werk in groepe van drie. Sny stroke van stewige karton of gebruik roomys-stokkies. Maak gaatjies op die punte en heg die stroke met splitpennetjies. Bou ’n vierkant.
![]() |
![]() |
Vergelyk nou die vierkant met die ruit en kyk of julle die volgende kan voltooi:
OOREENKOMSTE
tussen ruit en vierkant
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
VERSKILLE
tussen ruit en vierkant
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
17.2 Vorm ander groepe van drie elk. Volg dieselfde instruksies as in 17.1, maar bou nou ’n reghoek. As jy op die hoekpunt druk, sal dit in ’n parallelogram verander.
OOREENKOMSTE
tussen reghoek en parallelogram
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
VERSKILLE
tussen reghoek en parallelogram
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
18. Wat noem ons hierdie meetkundige figure?
![]() |
__________________________________________

19. Deel in groepe van vier. Jul opvoeder sal julle sê wie a,b,c en d moet doen.
19.1 Hou ’n bespreking oor die ooreenkomste en verskille tussen:
a) ’n ruit en ’n vlieër
b) ’n trapesium en ’n parallelogram
c) ’n reghoek en ’n trapesium
d) ’n vlieër en ’n trapesium
19.2 Maak ’n plakkaat om bogenoemde te verduidelik en gee terugvoering aan die klas.
20. Het jy geweet?
In Wiskunde sê ons ’n figuur is stewig as hy sy oorspronklike vorm behou, indien druk op een van die hoekpunte toegepas word, bv.
![]() |
Nie stewig nie
![]() |
Stewig
20.1 Verdeel nou in pare. Gebruik koeldrankstrooitjies en bou enige stewige konstruksie. Kyk dan of julle die hoogste konstruksie in die klas kan bou!
20.2 LET OP!
’n Driehoek is die enigste veelhoek wat rigied / stewig is. Dit verander nie van vorm as jy op enige punt van die raam druk nie.Waar, dink jy, word driehoeke gereeld deur ingenieurs en bouers gebruik om stabiliteit te verseker?
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
21. Tyd vir selfassessering
|
Onseker | Seker |
| Ek kan verduidelik wat die volgende is: | ||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
| Ek ken die formule om die hoeke van ’n reëlmatige veelhoek te bereken | ||
| Ek kan ooreenkomste tussen die verskillende meetkundige vorms uitwys | ||
| Ek kan die verskille tussen die verskillende meetkundige vorms uitwys | ||
| Ek kan ’n stewige konstruksie m.b.v. koeldrankstrooitjies bou |
Leeruitkomste 3:Die leerder is in staat om eienskappe van en verwantskappe tussen twee-dimensionele vorms en drie-dimensionele voorwerpe in ‘n verskeidenheid oriëntasies en posisies te beskryf en voor te stel.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder meetkundige figure en drie-dimensionele voorwerpe in natuurlike en kulturele vorms en ‘n meetkundige agtergrond herken, visualiseer en benoem, insluitend dié wat vroeër behandel is;
Leeruitkomste 2:Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder voorstellings maak van en verwantskappe tussen veranderlikes gebruik sodat inset- en/of uitsetwaardes op ‘n verskeidenheid maniere bepaal kan word.