1. 6; 12; 18; 24; 30; 36; 42; 48; 54; 60; 6; 72
7; 14; 21; 28; 35; 42; 49; 56; 63; 70; 7; 84
8; 16; 24; 32; 40; 48; 56; 64; 72; 80; 8; 96
9; 18; 27; 36; 45; 54; 63; 72; 81; 90; 9; 108
2. 72; 24; 48; 96; 108; 60
3. 1; 2; 5; 10
1; 3; 5; 15
1; 2; 4; 8; 16
1; 2; 3; 4; 6; 8; 12; 24
1; 2; 3; 5; 6; 10; 15; 30
4. 13; 2; 17; 11; 5; 23; 7; 19; 3; 29
5. 5.1
![]() |
5.2 b)
6
9
4
2
![]() |
1. 10 000
2. ses en twintigduisend vierhonderd en nege
3. 300
4. 5 000
5. 6; 12; 18; 24
6. 1; 2; 3; 4; 6; 12
7. waar
waar
TOETS 1
1. 6 000 + 400 + 90 + 8
2. a) 200
b) 70 000
3. a) 2 674
b) 16 537
4. a) 7 420; 7 440
b) 16 775; 16 750
6. a) >
b) >
7. a) ses en sewentigduisend en ag
b) 68 439
8. a) (i) 1 800
b) (i) 5 000
9 a) 6; 12; 18; 24
b) 1; 3; 17; 19
c) 1; 2; 3; 4; 6; 12
d) 2; 17; 19
e) 2; 4; 6; 12; 18; 24; 40
1. KOM ONS JAAG RESIES!
Die volgende aktiwiteit sal jou help om jou vaardighede om dieselfde getal elke keer by te tel of af te trek, te verbeter. So leer jy ook sommer jou x-tafels, wat noodsaaklik is om korrek te kan vermenigvuldig en deel.
Werk saam met ’n maat. Julle het ’n stophorlosie nodig. Jy moet so vinnig as wat jy kan, die volgende lere "klim" deur die korrekte antwoorde te gee. Dan is dit weer jou maat se beurt. Die een wat dit die vinnigste KORREK kan doen, is die wenner! (Kontroleer met ‘n sakrekenaar).
BEGIN BO EN WERK TOT ONDER:
![]() |
BEGIN NOU ONDER EN WERK OP:
Veelvoude
ONTHOU JY NOG?
Die antwoorde wat jy hierbo gekry het, noem ons VEELVOUDE van die 6x, 7x, 8x en 9x-tafel.
’n VEELVOUD is ’n getal wat ons kry as ons die gegewe getal (bv. 6) met ’n ander getal of ’n reeks getalle vermenigvuldig.
Bv. Die veelvoude van 5 is 5 ; 10 ; 15 ; 20 ; 25 ; ens.
2. Het jy geweet? Veelvoude help jou om breuke korrek op te tel! Dit is dus belangrik dat jy so gou as moontlik al die veelvoude van jou x-tafels sal ken. Kom ons oefen! Kleur die veelvoude van 12 in.
![]() |
FAKTORE
HET JY GEWEET?
’n Faktor is ’n getal wat presies in ’n gegewe getal kan indeel.
As ons bv. getalle soek wat presies in 12 kan indeel, kry ons 1 ; 2 ; 3 ; 4 ; 6 en 12. Hierdie getalle is FAKTORE van 12.
Wenk: Dink in "pare"1 × 12 = 122 × 6 = 123 × 4 = 12
3. Dit is belangrik om voldoende kennis van faktore te hê, omdat dit jou kan help om korrek te deel en om breuke te vereenvoudig. Kyk of jy die tabel hieronder kan voltooi:
| Getal | Faktore | |
| Bv. | 8 | 1 ; 2 ; 4 ; 8 |
| 10 | .................................................. | |
| 15 | .................................................. | |
| 16 | .................................................. | |
| 24 | .................................................. | |
| 30 | .................................................. |
Vra ‘n maat om jou te assesseer!
Priemgetalle
Let goed op:
’n PRIEMGETAL het net 2 faktore: 1 en die getal self.
’n PRIEMGETAL is groter as 1.
2, 3 en 5 is voorbeelde van PRIEMGETALLE, want net 1 en die getal self kan presies in 2, 3 en 5 deel.
4. Kleur nou die "priemgetal-blare" groen in.
![]() |
5. KOPKRAPPER!
5.1 Plaas die getalle 1 tot 6 in die diagram sodat die som van die verskillende sye gelyk is.
![]() |
5.2 Plaas die getalle 1 tot 9 in die diagram sodat die som van die asse gelyk is.
![]() |
Kom ons kyk hoe goed verstaan jy die voorafgaande werk!
Voltooi die volgende so akkuraat moontlik:
1. Watter getal is 10 meer as 9 990? _____________________________(1)
2. Skryf die volgende getal in woorde: 26 409
__________________________________________________________________ (1)
3. Rond af tot die naaste 100: 325 _________________________________(1)
4. Rond af tot die naaste 1 000: 4 500______________________________ (1)
5. Omkring die veelvoude van 6:
6 ; 9 ; 12 ; 15 ; 18 ; 21 ; 24 (2)
6. Skryf al die faktore van 12 neer.
_________________________________________________________________ (2)
7. Waar of Onwaar: 13 is ’n priemgetal _____________________________(1)
1 is nie ’n priemgetal nie ____________________________(1)
10
Hoe het jy hierdie keer gevaar?
![]() |
1. Skryf die volgende getal in uitgebreide notasie:
6 498 = _____________ + _____________ + ____________ + ____________
= (____ × ____) + (____ ×____) + (____×____) + (____×____) (4)
2. Wat is die waarde van die vetgedrukte syfer?
2.1 48 217 _________________________________________________________
2.2 76 891 ______________________________________________________ (2)
3. Vul die ontbrekende antwoorde in:
3.1 2 684 is 10 meer as ____________________________________________
3.2 16 437 is 100 minder as ___________________________________________
3.2 80 000 is 100 keer meer as ___________________________________(3)
4. Voltooi die volgende getallepatrone:
4.1 7 380 ; 7 400 ; ______________ ; _______________
4.2 16 825 ; 16 800 ; ______________ ; ______________ (4)
5. Rangskik die volgende getalle van klein na groot:
8 008 ; 8 800 ; 8 080 ; 8 808
__________________________________________________________________ (2)
6. Vul in < ; > of = :
6.1 4 876 * 4 000 + 700 + 80 + _____________________________
6.2 (9 × 8) + 4 * (81 ÷ 9) ___________________________________ (2)
7. Skryf die volgende getal in woorde:
76 008
__________________________________________________________________ (1)
7.1 Skryf in syfers:
ag en sestigduisend vierhonderd nege en dertig
__________________________________________________________________ (1)
8. Rond af:
8.1 tot die naaste 100:
i) 1 764 _____________________________
ii) 34 712 _____________________________ (2)
8.2 tot die naaste 1 000:
i) 4 632 _____________________________
ii) 78 099 _____________________________ (2)
9. Kies uit die gegewe getalle in die blok:
![]() |
9.1 die veelvoude van 6
__________________________________________________________________ (2)
9.2 enige twee onewe getalle
__________________________________________________________________ (1)
9.3 die faktore van 12
__________________________________________________________________ (2)
9.4 enige twee priemgetalle
__________________________________________________________________ (1)
9.5 enige twee ewe getalle
__________________________________________________________________ (1)
Ek het ___________________________________ uit 30 !!
Kleur in: Ek voel
| BAIE GELUKKIG EN TEVREDE |
| GELUKKIG |
| ONGELUKKIG |
| EK KAN BETER DOEN |
Leeruitkomste 1:Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aan- en terugtel in heelgetal-intervalle en -breuke;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder getalle herken en voorstel sodat dit beskryf en vergelyk kan word:
1.3.1 heelgetalle tot minstens 6-syfergetalle;
1.3.6 veelvoude van enkelsyfergetalle tot minstens 100;
1.3.7 faktore van minstens enige 2-syferheelgetal.