![]() |
Wat wil die bostaande skets vir my en jou sê? Bespreek dit in groepe en gee terugvoering.
1. Lees die onderstaande gedeeltes aandagtig deur en beantwoord die vrae daaroor gestel.
Dis om van te huil! Waar daar mense is, is daar gemors. Is daar hoop? Dalk kan die kreef ons help. “Wil jy my sê die kreef, die lekkerny vir smulpape? Ja, dis nes jy daar sê, die kreef.”
Die kreef is voorwaar ‘n netjiese kêrel. Hy herbenut sy dop elke keer as hy “vervel”. Soos die jong larwe groei, werp hy van tyd tot tyd die harde skelet aan sy buitekant af. Sodra hy so afgedop het, ontwikkel hy ‘n lus vir kalsiumkarbonaat – wat hy inkry deur sy eie afgedopte dop te verorber, asook die skulpe van ander diere, soos bv. seekastaiings. In die natuur word niks vermors nie. Die produkte van enige natuurproses word in ander natuurprosesse opgeneem. Die blare wat in die herfs van die bome val, verander in voedingstowwe vir die plante. Spinnekoppe vreet gereeld hul eie webbe op en herwin so die proteïen daarin en maak hul omgewing skoon.
Van die vroegste tye af is die mens egter ‘n rommelmaker. Die beskawing het feitlik sinoniem geword met die vullishoop. Maar dit is net in die afgelope paar dekades, en veral sedert die ontwikkeling van die “weggooi-gemeenskap”, dat afval so ‘n probleem geword het.
(Huisgenoot, 16 Julie 1992)
Miskien het jy al bostaande uitdrukking gehoor toe Ma gesê het jy moet die hoëtroustel sagter stel.
In die meeste plekke waar konsentrasie vereis word, word stilte vereis - die eksamenlokaal, die kerk, die operasiesaal - noem maar op. Geraas het in die twintigste eeu so 'n probleem geword dat alle leidende moondhede wette maak om meer stilte te verkry. Die intensiteit van geluide wat geraas veroorsaak, word in desibel (dB) uitgedruk.
Die oor kan geluide tussen 0 desibel en 180 desibel waarneem. Om ‘n goeie nagrus te kry, word ‘n geluidsterkte van hoogstens 25 desibel vereis. Die buurseun se motorfiets wat Pa en Ma so verpes, se geluidskerpte is ongeveer 80 dB. Die geluidskerpte in ‘n fabriek is ongeveer 120 dB en dié van ‘n supersoniese vliegtuig ongeveer 140 dB. Die gevaar lê veral in hierdie “simfonie” van klanke, want as jy vir te lank aan te hoë geraasvlakke blootgestel word, kan dit tot beskadiging van jou gehoor lei.
2. Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gelese gedeeltes.
Skryf slegs die korrekte nommer neer.
Ontwerp ‘n plakkaat om die gevare van besoedeling vir die mensdom aan te toon. Julle kan groepe vorm en elke groep kan een soort besoedeling aanspreek, bv. omgewingsbesoedeling, geraasbesoedeling, lugbesoedeling, ens.
Rolspeel nou die plakkate om jul boodskap oor te dra.
Ontwerp ‘n plakkaat om mense bewus te maak van herwinning. Gee nou mondelinge terugvoering in verband met verskeie herwinningsprojekte waarvan jy kennis dra.
Afrikaans soos bostaande steek Groenie dwars in die krop, want dit word deur Anglisismes besoedel. (Wat is Anglisismes en waar kom dié woord vandaan?) Daar is mos inderdaad goeie Afrikaanse woorde wat ons kan gebruik in plek van dié Engelshede. Skryf dit korrek oor.
Afrikaans het egter baie woorde by Engels geleen omdat ons nie geskikte woorde het nie, bv. woorde soos rugby, krieket en poskantoor. Afrikaans het ook baie woorde uit ander tale geleen waarsonder ons baie armer sou wees. Woorde soos pasella en donga is van Afrika-tale geleen.
‘n Uitdaging: Beantwoord die vrae wat opgestel is uit woorde wat ons van ander tale geleen het.
| Woorde | Geleen uit |
| apart | Frans |
| niksnuts | Duits (Germaans) |
| mielie handelstaal | 17de eeuse seemanstaal |
| gehawend | Nederlandse seemanstaal |
| sosatie | Maleis |
| gogga | Khoi |
| aitsa | Khoi |
| tronk | Deur Maleis uit Portugees |
| koejawel | 17de eeuse handelstaal |
| dros | dros Nederlandse seemanstaal |
| eina | Khoi |
LEIDRADE
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor. |
| 2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op ‘n logiese, samehangende en gestruktureerde manier (bv. plakkaat aanbiedings, verslae, debatte); |
| 2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ‘n logiese manier. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke); |
| 3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan; |
| 3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.); |
| 3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto’s, TV-advertensies, dramas en toneelstukke, en, indien beskikbaar, video’s/films, rekenaarprogramme en CD-ROM’s); |
| 3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap; |
| 3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas: |
| 3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe; |
| 4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s; |
| 4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na ‘n ander; |
| 4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk; |
| 4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
| 4.4.1 woordvlak: |
|
| 4.4.3 paragraafvlak: |
|
|
Aktiwiteit 1 Eie terugvoering
Aktiwiteit 2
2(a) ‘n Lekkerbek. Iemand wat van lekker kosse hou.
(b) Hy gebruik (herbenut) sy dop (afvalmateriaal) as hy vervel.
(c) (ii)
(d) Al die klanke saam vorm ‘n “simfonie” van klanke soos dié van ‘n orkes. Die klanke saam vorm ook ‘n sterk klank wat uit verskillende klanke bestaan.
(e) Die mens besoedel sy omgewing met afvalmateriaal, geraas, ens.
(f) (i) Herbenut
(ii) Verorber, vreet
(g) (i) Melktert is ‘n lekkerny wat oud en jonk geniet.
(ii) ‘n Dekade is ‘n tydperk van tien jaar.
Aktiwiteit 3 (b)
Aktiwiteit 7
(a) “Goeiedag, Sumari, ek dog jy is nog met vakansie. Nee jong, ek is maar net besig om my vrye tyd nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord verbeter om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.”
Aktiwiteit 8
(b) Dwars:
1. koejawel
2. tronk
3. gogga
4. sosatie
5. mielie
6. apart
Af:
7. dros
8. aitsa
9. niksnut
10. gehawend
11. eina