Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 6 » Interpretasie van 'n boodskap

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Interpretasie van 'n boodskap

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 6

Module 1

INTERPRETASIE VAN ‘N BOODSKAP

Aktiwiteit 1:

Om ‘n boodskap te interpreteer en te bespreek

[LU 3.2.1]

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Wat wil die bostaande skets vir my en jou sê? Bespreek dit in groepe en gee terugvoering.

Aktiwiteit 2:

Om stil te lees [LU 3.1.1]

Om te soeklees en afleidings uit kontekstuele leidrade te maak [LU 3.1.2]

1. Lees die onderstaande gedeeltes aandagtig deur en beantwoord die vrae daaroor gestel.

  1. (a) Berge en vullis om te oorwin

Dis om van te huil! Waar daar mense is, is daar gemors. Is daar hoop? Dalk kan die kreef ons help. “Wil jy my sê die kreef, die lekkerny vir smulpape? Ja, dis nes jy daar sê, die kreef.”

Die kreef is voorwaar ‘n netjiese kêrel. Hy herbenut sy dop elke keer as hy “vervel”. Soos die jong larwe groei, werp hy van tyd tot tyd die harde skelet aan sy buitekant af. Sodra hy so afgedop het, ontwikkel hy ‘n lus vir kalsiumkarbonaat – wat hy inkry deur sy eie afgedopte dop te verorber, asook die skulpe van ander diere, soos bv. seekastaiings. In die natuur word niks vermors nie. Die produkte van enige natuurproses word in ander natuurprosesse opgeneem. Die blare wat in die herfs van die bome val, verander in voedingstowwe vir die plante. Spinnekoppe vreet gereeld hul eie webbe op en herwin so die proteïen daarin en maak hul omgewing skoon.

Van die vroegste tye af is die mens egter ‘n rommelmaker. Die beskawing het feitlik sinoniem geword met die vullishoop. Maar dit is net in die afgelope paar dekades, en veral sedert die ontwikkeling van die “weggooi-gemeenskap”, dat afval so ‘n probleem geword het.

(Huisgenoot, 16 Julie 1992)

  1. (a) Ek kan nie "hoor" wat ek "sien" nie!

Miskien het jy al bostaande uitdrukking gehoor toe Ma gesê het jy moet die hoëtroustel sagter stel.

In die meeste plekke waar konsentrasie vereis word, word stilte vereis - die eksamenlokaal, die kerk, die operasiesaal - noem maar op. Geraas het in die twintigste eeu so 'n probleem geword dat alle leidende moondhede wette maak om meer stilte te verkry. Die intensiteit van geluide wat geraas veroorsaak, word in desibel (dB) uitgedruk.

Die oor kan geluide tussen 0 desibel en 180 desibel waarneem. Om ‘n goeie nagrus te kry, word ‘n geluidsterkte van hoogstens 25 desibel vereis. Die buurseun se motorfiets wat Pa en Ma so verpes, se geluidskerpte is ongeveer 80 dB. Die geluidskerpte in ‘n fabriek is ongeveer 120 dB en dié van ‘n supersoniese vliegtuig ongeveer 140 dB. Die gevaar lê veral in hierdie “simfonie” van klanke, want as jy vir te lank aan te hoë geraasvlakke blootgestel word, kan dit tot beskadiging van jou gehoor lei.

2. Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gelese gedeeltes.

  1. (a) Wat is ‘n smulpaap? Slaan dit in die HAT of ‘n goeie woordeboek na.
  2. (b) Watter goeie voorbeeld stel die kreef aan ons?
  3. (c) Ons behoort tot die “weggooi”-gemeenskap beteken:
    1. (i) Ons lewe in ‘n era waarin nie meer kwaliteitsgoedere gemaak word nie.
    2. (ii) Ons lewe in ‘n tydvak waarin baie goedere weggegooi word nadat ons dit gebruik het, bv. goedkoop balpuntpenne.
    3. (iii) Ons lewe in ‘n era waarin dit lyk asof die wêreld ons “weggegooi” het.

Skryf slegs die korrekte nommer neer.

  1. (a) Wat word bedoel met “simfonie” van klanke soos dit in leesstuk (b) voorkom?
  2. (b) Wat is die kerngedagte wat die twee leesstukke aan mekaar bind?
  3. (c) Soek woorde in die leesstukke wat min of meer die volgende beteken:
  4. (d) om weer te gebruik
  5. (e) om gulsig op te eet

  1. (a) Maak duidelike, verklarende sinne met die volgende woorde:
  2. (b) lekkerny
  3. (c) dekade

Aktiwiteit 3:

Om alfabeties te rangskik

[LU 6.1.2]

Alfabetiese volgorde

  1. (a) Die betekenis van die word smulpaap moes in die HAT of ‘n goeie, verklarende woordeboek nageslaan word. Hoe het jy dit gevind? Die telefoongids rangskik ook mense se vanne volgens die alfabet. Die rekenaar stel maklik ‘n alfabetiese lys saam. Hoe werk dit? Eerstens moet jy jou alfabet ken. Wie kan dit opsê? Die beginletter van die woord wat gerangskik moet word, is belangrik. Indien die beginletter van twee woorde dieselfde is, kyk dan na die tweede letter. Woorde wat met die letter a begin, word eerste geplaas, dan dié wat met ‘n b begin, ensovoorts.
  2. (b) Rangskik nou die vetgedrukte woorde in die leesstuk in alfabetiese volgorde.

Aktiwiteit 4:

Om ‘n visuele teks (plakkaat) te ontwerp

[LU 4.1.3]

ONTWERP PLAKKATE EN BESPREEK (groepwerk)

Ontwerp ‘n plakkaat om die gevare van besoedeling vir die mensdom aan te toon. Julle kan groepe vorm en elke groep kan een soort besoedeling aanspreek, bv. omgewingsbesoedeling, geraasbesoedeling, lugbesoedeling, ens.

Aktiwiteit 5:

Om op gestruktureerde manier ‘n mening te lug oor ‘n uitdagende onderwerp

[LU 2.1.3]

Rolspeel nou die plakkate om jul boodskap oor te dra.

Aktiwiteit 6:

Om terugvoering te gee

[LU 2.1.4]

Ontwerp ‘n plakkaat om mense bewus te maak van herwinning. Gee nou mondelinge terugvoering in verband met verskeie herwinningsprojekte waarvan jy kennis dra.

“Hallo, Sumari, ek dog jy is nog op vakansie. Nee jong, ek is maar net besig om my spaartyd nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord breek om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.”

Aktiwiteit 7:

Om begrip te toon van styl en register

[LU 4.1.4]

Afrikaans soos bostaande steek Groenie dwars in die krop, want dit word deur Anglisismes besoedel. (Wat is Anglisismes en waar kom dié woord vandaan?) Daar is mos inderdaad goeie Afrikaanse woorde wat ons kan gebruik in plek van dié Engelshede. Skryf dit korrek oor.

Aktiwiteit 8:

Om bewus te word van leenwoorde en om nuutskeppinge te gebruik

[LU 6.1.12]

Afrikaans het egter baie woorde by Engels geleen omdat ons nie geskikte woorde het nie, bv. woorde soos rugby, krieket en poskantoor. Afrikaans het ook baie woorde uit ander tale geleen waarsonder ons baie armer sou wees. Woorde soos pasella en donga is van Afrika-tale geleen.

‘n Uitdaging: Beantwoord die vrae wat opgestel is uit woorde wat ons van ander tale geleen het.

Table 1
Woorde Geleen uit
apart Frans
niksnuts Duits (Germaans)
mielie handelstaal 17de eeuse seemanstaal
gehawend Nederlandse seemanstaal
sosatie Maleis
gogga Khoi
aitsa Khoi
tronk Deur Maleis uit Portugees
koejawel 17de eeuse handelstaal
dros dros Nederlandse seemanstaal
eina Khoi

LEIDRADE

  1. Pienk vrug met baie pitte
  2. Plek waar misdadigers aangehou word
  3. ‘n Ander woord vir ‘n insek
  4. Blokkies vleis op ‘n stokkie
  5. Baie geel pitte
  6. Nie saam nie
  7. Wegloop sonder toestemming
  8. _____ , maar jy is uitgevat!
  9. Iemand wat niks beteken nie
  10. Stukkend en ……. daar uitsien
  11. ______ , dis baie seer

Assessering

Table 2
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor.
2.1.3 deel idees en lug mening oor uitdagende onderwerpe op ‘n logiese, samehangende en gestruktureerde manier (bv. plakkaat aanbiedings, verslae, debatte);
2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ‘n logiese manier.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke);
3.1.1 lees hardop en stil en pas leesstrategieë volgens die doel en gehoor aan;
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.);
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multimedia-tekste (soos foto’s, TV-advertensies, dramas en toneelstukke, en, indien beskikbaar, video’s/films, rekenaarprogramme en CD-ROM’s);
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap;
3.8 verstaan en gebruik informatiewe tekste gepas:
3.8.1 som hoof- en ondersteunende gedagtes op.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe;
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (bv. CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s;
4.1.4 toon begrip van styl en register en verander inligting van een formaat na ‘n ander;
4.1.5 besin oor en evalueer skryf- en skeppende werk;
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
4.4.1 woordvlak:
  • kies, gebruik en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belangstelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;
4.4.3 paragraafvlak:
  • skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel;
  • toon verskillende maniere om paragrawe te skakel en grafika gepas in te sluit om ‘n samehangende geheel te vorm.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie terugvoering

Aktiwiteit 2

2(a) ‘n Lekkerbek. Iemand wat van lekker kosse hou.

(b) Hy gebruik (herbenut) sy dop (afvalmateriaal) as hy vervel.

(c) (ii)

(d) Al die klanke saam vorm ‘n “simfonie” van klanke soos dié van ‘n orkes. Die klanke saam vorm ook ‘n sterk klank wat uit verskillende klanke bestaan.

(e) Die mens besoedel sy omgewing met afvalmateriaal, geraas, ens.

(f) (i) Herbenut

(ii) Verorber, vreet

(g) (i) Melktert is ‘n lekkerny wat oud en jonk geniet.

(ii) ‘n Dekade is ‘n tydperk van tien jaar.

Aktiwiteit 3 (b)

  • alle
  • beskadiging
  • bestaande
  • bestaande
  • buurseun
  • desibel
  • eksamenlokaal
  • gehoor
  • geluide
  • geraas
  • intensiteit

Aktiwiteit 7

(a) “Goeiedag, Sumari, ek dog jy is nog met vakansie. Nee jong, ek is maar net besig om my vrye tyd nuttig te gebruik. Ek en Natalie probeer die rekord verbeter om te kyk hoeveel leë koeldrankblikkies ons per dag kan optel.”

Aktiwiteit 8

(b) Dwars:

1. koejawel

2. tronk

3. gogga

4. sosatie

5. mielie

6. apart

Af:

7. dros

8. aitsa

9. niksnut

10. gehawend

11. eina

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks