Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 6 » Gebruik byvoeglike naamwoorde om betekenis oor te dra

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Gebruik byvoeglike naamwoorde om betekenis oor te dra

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 6

Module 4

GEBRUIK BYVOEGLIKE NAAMWOORDE OM BETEKENIS OOR TE DRA

Aktiwiteit 1:

Om ‘n verskeidenheid byvoeglike naamwoorde te gebruik om betekenis oor te dra

[LU 4.4.1]

DIE KARAKTERVOLLE HUISIE

Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)

Byvoeglike naamwoorde kan inspan word om verskillende sieninge oor dieselfde saak weer te gee. Jy moet kommentaar oor die huisie uit die oogpunt van enige twee van die volgende persone skryf:

(Maak eers saam met jou maats 'n lys van byvoeglike naamwoorde wat jy by elke persoon sal kan gebruik.)

  • 'n nutsman
  • 'n huisagent
  • 'n moontlike koper van die huis
  • 'n skilder (kunstenaar)
  • 'n gesondheidsinspekteur

Aktiwiteit 2:

Om inligting duidelik in geskrewe teks oor te dra [LU 4.1.2]

Om te beskryf wat gevisualiseer word [LU 5.4.1]

Skryf nou kommentaar oor die huisie soos gesien deur enige twee van die genoemde persone. Kies jou woorde so dat die verskil in hul sieninge duidelik na vore kom. Elke stuk moet ongeveer tagtig woorde bevat.

Aktiwiteit 3:

Om taal te gebruik om gevoelens oor te dra [LU 2.1.1]

Om taal te gebruik om te manipuleer [LU 2.4.2]

LUISTER

  1. (a) Hoe lees 'n mens vertolkend (met 'n verskil)?

Toonhoogte, tempo en intensiteit wissel volgens die aard en die betekenis van die inhoud. As ons opgewonde, bang, kwaad, onthuts of beledig is, praat ons anders as wanneer ons treurig, verslae, rustig of simpatiek is. Vra jul onderwyser om vir jul Pieter en die Wolf van Prokofiev te speel. Die bandopname en kompakskyf (CD) is by biblioteke beskikbaar. Let op hoe die musiek se tempo, toonhoogte en intensiteit wissel. Vergelyk die vinnige, hoë note (die voëltjie) met die stadige, lae note as die gevaar dreig.

  1. (a) Die woordjie Albert gaan op drie maniere aan jou voorgelees word, bv. as Albert se ma
Table 1
kwaad is;    
     
verras is; en as    
     
hy sy toon gestamp het.    

Luister aandagtig. As die woordjie “Albert” bv. derde gelees word soos wanneer Albert se ma verras is, skryf dan ‘n syfer 3 in die blokkie daarnaas, ens.

  1. (a) Doen nou dieselfde met: “Het jy dit gedoen?”
Table 2
bewonderend    
     
kwaad    
  1. (a) Doen soos bostaande: “Ons het alles probeer. Niks wou help nie, maar môre is nog ’n dag.”
Table 3
opgewonde    
     
verslae    

“Faan, sê my: Hoe is ek? Ek bedoel as jy ’n seun was, ek meen, sê nou jy was nie my broer nie, sal jy gedink het … ek is oulik? Sou jy vir my in die kerk geloer het? Huh?”

Lees bostaande verliefderig.

Aktiwiteit 4:

Om te lees met die oog op begrip

[LU 3.1.2]

Lees die onderstaande gedeelte aandagtig deur en beantwoord die vrae. Ses minute word vir die deurlees van die stuk toegelaat.

Niks nuut onder die son nie

So verskillend, maar ai, tog so dieselfde. Dit is nou as ons ons kleredrag vergelyk met dié van ons voorgeslagte. Die grootste verskil vandag tussen mans en vroue se kleredrag is dat mans langbroeke dra en vroue rokke. Griekse en Romeinse mans het "rompe" gedra, terwyl baie vroue vandag weer langbroek dra. Dit lyk asof die kringloop voltooi is.

In die Griekse en Romeinse beskawings het mans en vroue 'n tipe rok, die "chiton" gedra; knielengte vir mans en enkellengte vir vroue. Dit het kort moue gehad. Die "chiton" was 'n reghoekige stuk materiaal wat nêrens gestik was nie. Jong mans het bo-oor die "chiton" 'n mantel gedra wat vasgemaak was oor een skouer. Vandag dra mans en vroue weer baiekeer dieselfde soort klere, maar vroeër het klere tussen mans en vroue baie verskil en natuurlik ook baie verskil van ons hedendaagse modes. Kom ons kyk 'n bietjie na die verskille.

In die begin van die eeu was modes baie gekompliseerd. Klere kon nie maklik gedupliseer word nie, want fabrieke was in die beginstadium. Net rykes kon modeklere bekostig wat deur ontwerpers gemaak is. Gewone mense het maar hul eie klere gemaak.

In die Edwardiaanse Tydperk (1900 - 1918) was die modegier onder vroue die S-kurwe. 'n S-kurwige korset is onder rokke gedra wat hul boesem vorentoe en agterstewe agtertoe gestoot het. Rokke was voor laag gesny, die arms kaal en lang handskoene is gedra.

Die korset is gemaak van harde repe walvisbeen van die mond van 'n sekere walvis. Alle klere is geborduur met kant en sy. Hoede het die uitrustings afgerond en is versier met vere of nagemaakte blomme. Mansklere was in hierdie tydperk nie so ongemaklik soos vroue s'n nie, maar reëls i.v.m. korrekte kleredrag was baie streng. Brittanje se koning Edward VII (die tydperk is na hom vernoem) het gehelp dat die tradisies gehandhaaf word. Hy het somtyds die toe baie gewilde pak, vandag ons dagpak, gedra, maar (soos die meeste mans) gereeld 'n formele baadjie (jastipe) gedra wat laag af tot op die dybeen gestrek het. Die baadjie was dubbelbors en net in twee kleure, swart of donkergrys. Dit is gedra met 'n gestreepte broek of 'n broek met 'n blokpatroon. Hierby is 'n keil gedra. Hemde het 'n gestyselde kraag gehad en dit is afgerond met 'n strikdas. As hul gaan jag het, of 'n tydjie in die buitelug deurgebring het, was hul net so formeel. 'n Norfolk-baadjie is gedra. Die baadjie was van tweed (soort materiaal) en het 'n gordel gehad. Hierby is 'n kniebroek, lang sokkies en 'n pet gedra.

Vanaf 1918 tot 1929 (tydperk net na die Eerste Wêreldoorlog) moes vroue in fabrieke begin werk om oorlogsimplemente te vervaardig, want die mans moes veg. Vroueklere het gemakliker geword. Lang, los, vormlose baadjies by kuitlengte rompe is gedra. Hoede het breë rande gehad en was laag oor die voorkop. Meisies het soos seuns probeer lyk en die middel van hul klere was laag oor die heupe. Haarstyle was kort.

Vanaf 1920 - 1930 het sonbrand hoogmode geword. Voorheen was 'n wit vel hoogmode. Dit het beteken jy was 'n ware dame, want jy het nie nodig gehad om buite te werk nie. Nou was 'n netjiese gesonbrande vel 'n statussimbool. Die eenstuk baaikostuum het sy verskyning gemaak. Vanaf 1939 tot 1945 (tydperk van die Tweede Wêreldoorlog) het mans hoofsaaklik uniforms gedra en vroueklere was gemaklik en eenvoudig, want daar was 'n tekort aan materiaal vir modeklere.

Vroulikheid en elegansie was die mode in die 1950's. In 1946 was daar 'n atoomontploffing op die eiland Bikini Atol in die Noordelike Stille Oseaan. Die bikini, na die atoomontploffing genoem, het net so 'n ontploffing op die modefront in die vyftigerjare veroorsaak.

'n Rewolusie het op die modefront in die 1960's plaasgevind. Die modes begin op jongmense konsentreer. Die miniromp maak sy verskyning en ma's probeer nou soos hul dogters lyk. Mans dra nou kleurvolle hemde - groen, pers, blou, rooi, ens. Selfs pakke is nou beskikbaar in ander kleure as bloot swart en grys.

Vanaf 1970 tot in die 1990's was daar een groot verskil. Daar is nie meer een modegier nie, maar verskeie. Daar is nou meer vryheid van keuse en modes is meer individualisties. Die nuutste modegier is juis om eksklusiewe klere te dra. Mans- en vroueklere het deesdae baie raakpunte, amper soos die Romeine en Grieke van ouds. Reeds in 1850 is die eerste "uniseks" kledingstuk (die "chiton" uitgesluit) ontwerp deur 'n goudprospekteerder. Hy het 'n kledingstuk (broek) benodig wat baie slae kon verduur.

Hy maak toe vir hom 'n broek van blou denim waarvan die sakke met koperklinknaels vas was. Sy naam was Levi Strauss. Eers is Levis of jeans slegs deur cowboys en werksmense gedra, maar in 1970 het dit die wêreld se gewildste drag op die modefront geword - gedra deur beide geslagte, alle ouderdomsgroepe, alle klasse, na die teater en as ontspanningsdrag.

Vandag word sweetpakke, T-hemde, leerbaadjies, wye oortrektruie en sportskoene (tekkies) deur beide geslagte gedra. Ver verwyder van die "chiton", maar tog so baie dieselfde. Die kringloop is voltooi.

Vry verwerk uit: Fashion, Eleanor van Zandt

Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie nou weer lees nie. Omsirkel slegs die Π by die korrekte antwoord.

  • Die grootste verskil deesdae tussen mans- en vroueklere is dat
  • mans kortbroeke dra en vroue rompe dra
  • mans kort hare dra en meisies lang hare dra
  • mans langbroek dra en vroue rokke dra
  • Die kledingstuk wat Romeinse mans en vroue gedra het, was die
  • "chiton"
  • S-kurwe korset
  • lendekleed
  • Watter een pas nie? In die Edwardiaanse tydperk was
  • rokke voor laag gesny
  • arms van dames bedek
  • alle klere geborduur met kant en sy
  • Watter een pas nie? In die begin van hierdie eeu
  • het gewone mense hulle eie klere gemaak
  • kon net rykes modeklere bekostig
  • het die meeste fabrieke wapens gemaak en kon nie klere vervaardig nie
  • was fabrieke nog in hulle beginstadium
  • Die Edwardiaanse Tydperk is vernoem na koning
  • Edward V
  • Edward VII
  • Edward IX
  • In die Edwardiaanse tydperk
  • het mans meestal wat vandag bekend staan as 'n dagpak gedra
  • het mans meestal 'n jastipe dubbelborsbaadjie by 'n gestreepte broek gedra
  • het mans meestal 'n Norfolk-baadjie by 'n broek met 'n blokpatroon gedra
  • Die hoofkenmerk van vroueklere gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dat
  • klere elegant was
  • klere sportief was
  • klere vormloos was
  • klere individualisties was
  • Manshemde in die Edwardiaanse tydperk
  • het 'n gestyselde kraag gehad
  • was altyd van sy gemaak
  • was altyd met kant versier
  • Rompe gedurende die Eerste Wêreldoorlog
  • was knielengte
  • was enkellengte
  • was kuitlengte
  • het wyd uitgeklok
  • Sonbrand het 'n statussimbool onder vroue geword
  • voor die Tweede Wêreldoorlog
  • na die Tweede Wêreldoorlog
  • gedurende die Tweede Wêreldoorlog
  • Gedurende die Eerste Wêreldoorlog
  • het meisies soos seuns probeer lyk
  • het seuns probeer om soos meisies te lyk
  • het seuns en meisies slegs uniforms gedra
  • Gedurende die 1950's het die mode gefokus
  • op gemaklike kleredrag
  • op sportiewe kleredrag
  • op vroulike en elegante kleredrag
  • Die bikini swembroek is vernoem na
  • die ontwerper daarvan, John Bikini
  • die eerste model wat een gedra het, Bikini Atol
  • 'n atoomontploffing op die eiland Bikini Atol
  • In die sestigerjare van die vorige eeu
  • probeer ma's soos hul dogters lyk
  • probeer dogters soos hul ma's lyk
  • maak die bikini swembroek die eerste keer sy verskyning
  • Watter een pas nie? Vanaf 1970 tot in die 1990's
  • was klere individualisties
  • was daar nie slegs een modegier nie
  • was kleredrag hoofsaaklik "uniseks"
  • was die neiging om eksklusiewe klere te dra
  • Die eerste "uniseks" kledingstuk was waarskynlik
  • die Norfolk-baadjie
  • die Chiton
  • jeans
  • Jeans is hoofsaaklik eers gedra deur
  • dames
  • "cowboys"
  • kunstenaars
  • Waar of Onwaar. Sê hoekom jy so sê.
  • Levi Strauss het 'n materiaal gesoek wat baie duursaam was.
  • Levi Strauss was 'n bekende ontwerper.
  • Jeans is klasgebonde.

Aktiwiteit 5:

Om sinne saam te stel

[LU 4.4.2]

KLEURE EN GEURE

Gebruik die beskrywende woorde in die kolomme hieronder en gaan as volg te werk: Kies 'n soortnaam uit kolom A, asook 'n "kleurwoord" uit kolom B. Soek nou 'n aksie uit kolom C wat hierby pas en kleur die aksie in met 'n woord uit kolom D.

Voorbeeld: Die rooi maan loer skamerig.

Probeer 'n sekere atmosfeer of stemming oordra. Skryf vyf beskrywende sinne neer. Jy mag nog woorde by die kolomme voeg.

Table 4
A B C D
sonsondergang grys gloei aanhoudend
maan rooi waai skamerig
son helder skitter helder
wolke blink gly moeisaam
wind brons loer eensklaps
bloeisel vaal blink langsaam
blare donker skyn gedurig
gras glinster sak opwindend
skoenlapper wasig wink dowwerig
berg dowwe styg skielik

Aktiwiteit 6:

Om vir speelse doeleindes te skryf

[LU 4.1.1]

Die haikoe is 'n Japannese digvorm en bestaan uit drie reëls van sewentien lettergrepe. Die eerste reël het vyf lettergrepe; die tweede sewe en die derde weer vyf. 'n Haikoe is soos 'n beskrywende "foto" wat 'n gevoel vasvang. Jy kan selfs die lettergrepe in die reëls wissel solank daar net sewentien lettergrepe is. Gebruik nou die sinne wat jy by 7 (a) gemaak het en maak 'n haikoe-gedig daarvan. Visualiseer die “foto” wat jy wil beskryf.

Voorbeeld: Die rooie maantjieloer skamerig tesamemet wolkies daar ver

Aktiwitwit 7:

Om minder algemene woorde korrekte spel

[LU 6.1.3]

KOM ONS SPEL

Woordeskat: Kies 'n gepaste woord uit die onderstaande kolom en voltooi die sinne wat volg. Maak baie seker van die spelling van die nuwe woorde wat jy in die module geleer het.

weerlose, werkgewer, petalje, spesialiseer, geïnspekteer, dubbelkajuit,

individualisties, werknemer, nutsman, gesondheidsinspekteur

  1. (i) Vandag is dit mode om klere te dra wat _________________ is.
  2. (ii) Die ________________ dier is genadeloos deur die man geskop.
  3. (iii) Na die ______________________ by die motorhawe het die __________

van die motorhawe die ____________________ afgedank.

  1. (i) Hy _______________ in die verkoop van eenjaar-oue motors.
  2. (ii) Die _____________ kan alles in en om die huis herstel.
  3. (iii) Die ______________ het die gehawende huisie _____________ .
  4. (iv) Die ______________ voertuig is 'n ideale ontspanningsvoertuig.

Aktiwiteit 8:

Om woordeskat deur woordvorming te ontwikkel

[LU 1.8]

Die hardlopende kinders het hulle uit die brandende huis gehaas terwyl gillende ouers hulle met blydskap ontvang het. Die skitterende optrede van die brandweer was 'n opvallende kenmerk van die dag.

  • Onderstreep al die woorde in bostaande paragraaf wat op -ende eindig. Maak toe jou oë en probeer om hulle met jou vinger in die lug te skryf.
  • Maak sinne met die volgende woorde wat op -ende eindig:

trillende, skokkende, bloedstollende, fladderende en treurende

Aktiwiteit 9:

Om homofone te verstaan

[LU 6.1.11]

Woorde met y en ei

Onderstreep die woord met die korrekte spelling in elke sin.

i) As 'n mens deur die wêreld (reis, rys), sien jy hoe mense se kleredrag verskil.

ii) Dit is 'n (fyt, feit) dat jongmense vandag verkies om individualistiese klere te dra.

iii) Ons kan nie op hom (peil, pyl) trek nie.

iv) Hy (wei, wy) sy aandag aan die ontwerp van nuwe klere.

v) Die (steil, styl) van die klere is baie modern.

Maak nou verklarende sinne met die woorde wat jy nie onderstreep het nie.

Assessering

Table 5
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 dra ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oor:
2.1.1 gebruik taal vir interpersoonlike kommunikasie wat dieper persoonlike gevoelens en besinning openbaar (bv. gesels oor gevoelens en aspirasies);
2.4 gebruik gepaste taal vir verskillende doeleindes en teinkengroepe:
2.4.1 gebruik die gepaste register in onbekende en meer uitdagende situasies en toon bewustheid van verskillende teikengroepe;
2.4.2 manipuleer taal vir verskillende doeleindes, soos om te oorreed, te argumenteer, te inspireer en met iemand te identifiseer.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes:
3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.)
3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto’s):
3.2.1 interpreteer en bespreek die boodskap
3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende soorte tekste:
3.6.1 identifiseer en evalueer die soort en gepastheid van ‘n teks se taal en register vir die bedoelde teikengroep.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
4.2 ontwikkel en organiseer eie idees deur die skryfproses:
4.2.3 hersien werk deur op inhoud, gepaste taal, struktuur en styl te fokus en terugvoering van klasmaats en onderwyser te gebruik;
4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe:
4.4.1 woordvlak:
  • kies, gebruik en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit ander leerareas en eie belangstelling en ervaring wat betekenis duidelik en gepas oordra;
  • spel dikwels gebruikte woorde korrek en gaan spelling van nuwe woorde na;
4.4.2 sinsvlak:
  • gebruik ‘n verskeidenheid saamgestelde en veelvoudige sinne.

Memorandum

Aktiwiteit 1 Eie antwoorde

Aktiwiteit 2 Eie kommentaar

Aktiwiteit 4

  1. (i) dat mans langbroek dra en vroue rokke dra
  2. (ii) chiton
  3. (iii) arms van dames bedek
  4. (iv) het die meeste fabrieke wapens gemaak en kan nie klere vervaardig nie
  5. (v) Edward VII
  6. (vi) het mans meestal ‘n jastipe dubbelborsbaadjie by ‘n gestreepte broek gedra.
  7. (vii) klere vormloos was
  8. (viii) het ‘n gestyselde kraag gehad
  9. (ix) was knielengte
  10. (x) voor die Tweede Wêreldoorlog
  11. (xi) het meisies soos seuns probeer lyk
  12. (xii) op vroulike en elegante kleredrag
  13. (xiii) ‘n atoomontploffing op die eiland Bikini Atol
  14. (xiv) probeer ma’s soos hul dogters lyk
  15. (xv) is klere hoofsaaklik “uniseks”
  16. (xvi) jeans
  17. (xvii) “cowboys”
  18. (xviii) Waar, werksmense moes ‘n kledingstuk hê wat baie slae kon verduur.

Onwaar, hy was ‘n goudprospekteerder.

Onwaar, almal dra dit deesdae (alle klasse).

Aktiwiteit 5

(i) - (v) Laat leerlinge groepe vorm en toepaslike byvoeglike naamwoorde by elke nommer soek. Hul moet ook fokus op korrekte spelling (Woordeboek).

Aktiwiteit 6 Eie haikoe-gedigte

Aktiwiteit 7 (a)

  • individualisties
  • weerlose
  • petalje, werkgewer, werknemer
  • spesialiseer
  • nutsman
  • gesondheidsinspekteur, inspekteer
  • dubbelkajuit

Aktiwiteit 8

  1. (i) hardlopende (ii) Eie sinne

brandende

gillende

skitterende

opvallende

Aktiwiteit 9

(i) reis

  1. (i) feit
  2. (ii) peil
  3. (iii) wy
  4. (iv) styl
  5. (v) fors
  6. (vi) peil
  • rys - Ons eet rys.
  • fyt - Sy het fyt in haar vinger en dis baie seer.
  • pyl - Die man pyl op die misdadiger af.
  • wei - Die koeie wei langs die draad. Jy wei nie genoeg

oor die saak uit nie.

  • steil - Die bult is steil.
  • vors - Hy is die vors van die ryk koninkryk.
  • pyl - Hy skiet met ‘n pyl en boog.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: