Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 6
Lees die onderstaande deur en bewoord die vrae:
KOOP JY DIE NAAM?
Dit maak nie regtig saak hoe duur die bande van 'n motor is, of dat 'n eksotiese parfuum se bottels in Venesië geblaas is, of dat 'n beroemde vulpen vervaardig word van die hitteskild wat vir die ruimte-pendeltuig, Columbia, gebruik is nie.
Wat saak maak, sê die mense wat probeer peil hoe verbruikers se grille werk, is die naam. Hoe die produk lyk of wat dit is, is skynbaar van minder belang as die naam of die kenteken wat baie duidelik aangebring moet word.
Dink maar aan die volgende name en probeer produkte daar byvoeg: Cartier, Pierre Cardin, Christiaan Dior of Poco Rabanne.
Nie die geur, glans, waarborg of mode is so deurslaggewend nie. Dit geld vir enigiets en alles, van die groot handgemaakte motor met die RR op sy snoet tot polshorlosies en roomys.
Die gewildheid van 'n naam wissel soms van gemeenskap tot gemeenskap en saam met die vlak van ingeligtheid van sekere groepe. As dit bloot gaan om die bekendheid van 'n handelsnaam wat mense maklik onthou, is Coca-Cola los voor op die jongste wêreldranglys, die Europese ranglys - en by gekleurde Suid-Afrikaners.
By blankes word die bekende koeldrank geklop deur Pick 'n Pay en Checkers, sê mej. Sue Grant van die marknavorsers Markinor, na aanleiding van 'n opname wat hulle 'n paar maande gelede gemaak het.
Blanke Suid-Afrikaners onthou die handelsnaam Pick 'n Pay die beste en plaas dit ook bo-aan die lys van maatskappye wat hulle die meeste bewonder.
Gekleurde Suid-Afrikaners se rangorde vir maatskappye wat hulle bewonder, stem baie meer ooreen met handelsname wat hulle spontaan onthou. Daar is uitsonderings soos Toyota wat hoog opgegee word onder die maatskappye wat hulle bewonder, maar nie hoog op die lys is van handelsname wat hulle spontaan onthou het nie.
Hoe dit ook al sy, die Suid-Afrikaanse rangorde se klem val hoofsaaklik op kos en verskil baie van dié in Europa en die wêreld, waar voedsel, benewens koeldrank, beperk is tot McDonalds se hamburgers.
| SUID-AFRIKA SE TOP TIEN | |
| Blankes | Ander Groepe |
| Pick 'n Pay | Coca-Cola |
| Checkers | SAB |
| Coca-Cola | OK Bazaars |
| OK Bazaars | Pick 'n Pay |
| Woolworths | Lever Bros |
| Koo | Checkers |
| Edgars | Eskom |
| Toyota | Shell |
| Volkswagen | Clover |
| Philips | Toyota |
‘n Artikel gaan voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel voorgelees sodat jy dit kan geniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf voorgelees word en jy moet dan die hoofgedagte in elke paragraaf bepaal en neerskryf.
Skryf ‘n artikel oor Venesië, verslind jy die stad (dalk by herhaling) met smaak. Dit is immers Venesië. Jy kry nooit genoeg van die stad nie! Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan van omtrent die ganse mensdom wat al bevoorreg was om dié romantiese stad te beleef. Kyk maar na vele skrywers, digters, draaiboekskrywers, silwerdoeksterre, koninklikes, politici en gewone toeriste wat hier inspirasie gevind het.
Ja, dit is vuil en verwaarloos en bouvallig en beknop, rommel dryf op die kanale en opdrifsels woel rusteloos op die trappe en onwelriekende reuke bekruip jou dikwels onverwags in ‘n stegie, maar dit word deur die res van Venesië verswelg.
Dis ‘n stad van teenstellings en dalk is dit juis dít wat altyd iets nuuts en bekoorliks oplewer, selfs al besoek ‘n mens die stad keer op keer. Dis kil in sy verlatenheid (veral saans) en knus in sy oorvol geroesemoes van besoekers (veral bedags). Daar is straatsmouse en ontwerperswinkels, glaskrale, rustige gondels en ongeduldige watertaxi’s. Daar is McDonald’s-eetplekke en pizza-toonbankies teenoor strikdaskelners met cordon bleu-spyskaarte. Jy hoor vals trekklavierdeuntjies teenoor klassieke vioolwerke.
Venesië het eksotiese Murano-glasontwerpe teenoor kitsch sypaadjie-aandenkings van plastiek. Luidrugtige massas op St. Markus-plein en Rialto-brug teenoor godverlate stegies en pleintjies; wellustige manne, bejaardes, joviale gondeliers en fris vrugteverkopers. Dis polsend, sterwend, opwindend, hartseer, vreedsaam, onheilspellend. Dis Venesië.
Die St. Markus-plein is jou baken met sy omsoomde kante van eksotiese boetieks en restaurants waar ‘n koppie cappuccino soveel soos ‘n ete kos, maar met soveel finesse aangebied word deur ‘n strikdaskelner en met vioolmusiek in die voorgrond.
Die duiwe in hulle honderde is al deel van elke St. Markus-plein foto; hulle pik aan jou roomys en sit net waar jy wil hê hulle moet sit. Van vroegdag af sit-lê moeë toeriste aan die voet van die bekende kloktoring om energie op te bou vir die terugstap na waar hulle vandaan kom, want in Venesië word baie gestap.
Die kronkelende doolhof van St. Markus-plein na die Rialto-brug op die “Grand Canale”, is ‘n belewenis, ‘n slakkegang tussen die winkels en stalletjies en die soekende toeriste na ‘n toilet (waaraan daar ‘n groot skaarste is). Vir die koopverslaafdes is die Rialto-brug ‘n moet. Daar is leerartikels, kamee-juwele, porseleinmaskers en –poppe, syserpe, Murano-glasjuwele, aandenkings en dan die vars somervrugtemark.
Nou vir jou ontdekkingstog. Kies enige. Nou gaan ek en u begin stap (verkieslik vroeg sodat jy tyd kan inruim om te verdwaal). Êrens beland ‘n mens in die pleintjies (piazzas) waar ou Italiaanse vroue kuier en die manne ‘n bier sit en drink en hier en daar ‘n loslyf tiener verby giggel met ‘n vriend.
Kruis die kanale met gewone gondels. Neem ‘n rit per watertaxi op die “Grand Canale” en kyk op na die verskillende boustyle van eertydse adel se woonplekke met stylvolle kandelare. Ry af tot by die waterkant en haal vroegoggend ‘n boot na Burano, ‘n eiland bekend vir sy kantbedryf. Kleurryke visserhuise, karaktervolle seekosrestaurante, ‘n skewe kloktoring (soos Pisa), maak die vervalle eiland ‘n heerlike besoekpunt. Met sy vuil kanale, grootoog-katte, singende gondeliers, afgeskilferde, skewe geboue, kleurryke stalletjies, geurige pizzas en ryk cappuccino-geure, bly hierdie een van die mees fassinerende stede ter wêreld.
Maretha van der Merwe (Die Burger, 30 Oktober 2001)
| Venesië – die vervelige stad | ||
| Venesië – ‘n stad van kontras | ||
| Venesië – die vuil stad |
Paragraaf 1
| Venesië is ‘n stad met baie draaiboekskrywers, silwerdoeksterre en koninklikes. | ||||||
| Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan. |
Paragraaf 2
Paragraaf 3
| Daar is baie McDonald’s-eetplekke en pizza-toonbankies in die stad. | ||||||
| Dis ‘n stad van teenstellings. | ||||||
| Daar is baie fris vrugteverkopers in Venesië. |
Paragraaf 4
| Cappuccino word deur strikdaskelners en met vioolmusiek aangebied. | ||||||
| Die St. Markus-plein is jou baken. |
Paragraaf 5
| Daar is ‘n groot skaarste aan toilette in Venesië. | ||||||
| Die duiwe in hulle honderde is deel van die St. Markus-plein. |
Paragraaf 6
| In Venesië beland ‘n mens orals in klein pleintjies. | ||
| Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug ‘n moet. |
Paragraaf 7
| In Venesië moet ‘n mens vroegoggend ‘n boot na Burano haal. | ||||||
| Venesië bly een van die mees fassinerende stede ter wêreld. | ||||||
| In Venesië is daar baie grootoog-katte. |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke): |
| 3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke): |
| 3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.) |
Aktiwiteit 1 (a)
(i) Bekende ontwerpers
(ii) Rolls Royce
(b)
(i) Coca-Cola
Aktiwiteit 2
(a) Venesië – ‘n Stad van kontras
(b)
Paragraaf 1 – Venesië se andersheid gryp die verbeelding aan.
Paragraaf 2 – Die stad is vuil, maar dit word deur die res van die stad verswelg.
Paragraaf 3 – Dis ‘n stad van teenstellings
Paragraaf 4 – Die St. Markus-plein is jou baken
Paragraaf 5 – Die duiwe in hulle honderde is deel van die St. Markus-plein.
Paragraaf 6 – Vir koopverslaafdes is die Rialto-brug ‘n moet.
Paragraaf 7 – Venesië bly een van die mees fassinerende stede ter wêreld.