Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 6
Lugdienste Gaan Vlerke Van Besopenes Knip
KAAPSTAD – Besope lugpassasiers se dae van moles maak, is dalk binnekort verby.
In ‘n poging om lugwoede te bekamp, sal die SAL voortaan strenger optree teenoor passasiers wat vlugte onaangenaam en gevaarlik maak.
Mnr. Rich Mkhondo, SAL-woordvoerder, sê die kaptein van enige vliegtuig het die reg om passasiers wat te veel alkohol ingeneem het, van die vliegtuig te laat verwyder en te laat aankla.
Oortreders sal ‘n waarskuwing kry. Hulle kan egter ook aangekla en beboet word.
Die SAL en ander lugdienste stel tans ‘n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelik oortree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie.
Alle passasiers sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word. – (Hanlie Booysen)
Die Burger, 2 Februarie 2002
Besope _______________ se dae van moles maak, is dalk binnekort
verby. In ‘n poging om lugwoede te bekamp, sal die ___________
voortaan strenger optree teenoor _____________ wat vlugte
onaangenaam en gevaarlik maak. Mnr. Rich Mkhondo, SAL-
woordvoerder, sê die ____________van enige vliegtuig het die reg
om passasiers wat te veel ______________ ingeneem het, van die
__________________te laat verwyder en te laat aankla. Oortreders sal ‘n
__________________kry. Hulle kan egter ook aangekla en
_________ word. Die SAL en ander ________________ stel tans
‘n lys van gereelde oortreders saam. Passasiers wat herhaaldelik
ootree, sal nie op dié lugdienste se vlugte toegelaat word nie. Alle
_________________ sal oor die nuwe drankbeleid ingelig word.
(Hayley Booysen)
Die Burger, 2 Februarie 2002
| LU/AS 3.1.2 |
Klant Byt Polisieman Aan Sy Hand
LAINGSBURG. – ‘n Aggressiewe klant wat hier in ‘n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die eienaar in ‘n woordewisseling daarmee gegooi het, het boonop daarna ‘n geregsdienaar aan die hand gebyt en geweier om te laat los.
Die 24-jarige mnr. Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouws ná die voorval 23 dagga-sigarette gevind het, is hier in die landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en aanranding van ‘n polisieman.
Sers. Gouws, wat na die kafee ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onder die invloed van dwelms was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het sers. Gouws aan die linkerhand gebyt. Ná ‘n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.
Verwerk uit Die Burger
‘n Aggressiewe (klant, man) wat hier in ‘n kafee geweier het om vir artikels te betaal en die eienaar in ‘n woordewisseling daarmee (gegooi, geslaan) het, het boonop daarna ‘n geregsdienaar aan die (vinger, hand) gebyt en geweier om te laat los. Die (24-jarige, 30-jarige) Kammies Skermand, by wie sers. Buks Gouws ná die voorval 23 dagga-sigarette gevind het, is hier in die (hooggeregshof, landdroshof) skuldig bevind aan die onwettige besit van dagga en aanranding van ‘n (sersant, polisieman). Sers. Gouws, wat na die (kafee, supermark) ontbied is om te help, het getuig hy kon sien dat mnr. Skermand onder die invloed van (dwelms, dagga) was. Hy het hom in hegtenis geneem en mnr. Skermand het (geweier, ingewillig) dat hy deursoek word. ‘n Hewige (woordewisseling, geveg) het tussen die twee uitgebreek en mnr. Skermand het sers. Gouws aan die linkerhand gebyt. Ná ‘n paar houe oor die kop kon sers. Gouws sy hand bevry.
| LU/AS 3.1.2 |
Lees die berigte by 1.1 en 2.1 hardop aan ‘n groep maats voor. Lees soos ‘n nuusleser oor die radio of op televisie sal lees.
| LU/AS 3.1.1 |
PADGEBRUIKERS GEMAANWes-Kaapse Dodetal Styg; Oos-Kaap s’n Daal
Die gesindheid van motoriste in die Wes-Kaap moet nóú verander om ‘n “swart feestyd van padsterftes” te keer, volgens ‘n verteenwoordiger van die veldtog Kom Veilig Daar.
Na verwagting sal 25 persent van vanjaar se padslagoffers vandeesmaand op Suid-Afrika se paaie sterf. Dis voorwaar ‘n swart boodskap in wat veronderstel is om ‘n feestyd te wees. Is dit nie ‘n skrikwekkende gedagte nie? Veral as ‘n mens in ag neem dat navorsing bewys dat 50 persent van alle padslagoffers voor ‘n ongeluk sterk drank gebruik het.
Mnr. Kenny Africa het aan Die Burger gesê hy is moedeloos omdat vanjaar se feestyd-padsterftesyfer in dié provinsie by die vakansie-halfpadmerk al baie hoër as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar is, het Helen Coetzee berig.
Volgens statistieke wat Woensdag bekend gemaak is, het 70 mense van 1 tot 25 Desember op Wes-Kaapse paaie gesterf. Verlede jaar was dit 58. Die Wes-Kaapse totaal vir die feestyd was 106 padsterftes.
Die hoofoorsake van ongelukke is volgens Africa nog dieselfde: spoed, drankmisbruik, bestuurders wat nie rus nie en te kort volgafstande handhaaf.
“Dit kom neer op mense se gesindheid. Dit moet verander, anders kom daar ‘n slagting met die terugkeer van vakansiegangers.”
Africa het gesê ‘n bestuurder wat naby Vredenburg teen 240 km/h gery het, is met R1 500 beboet, een wat buite die Paarl teen 140 km/h in ‘n 70 km/h-gebied gery het, is ‘n boete van R1 000 opgelê, en een wat buite Laingsburg teen 122 km/h in ‘n 60 km/h-gebied gery het, is ‘n boete van R1 500 opgelê.
Africa sê dié boetes is “belaglik” en dien nie as afskrikmiddel nie.
Mnr. Richard Benson van Ry Veilig, ‘n nie-regeringsorganisasie wat hom vir padveiligheid beywer, het gesê die regering vorder jaarliks R16 miljard in met belasting op petrol en motorverkope, waarvan slegs R20 miljoen in verkeersverwante sake teruggeploeg word.
Volgens Benson is die regering se mikpunt van ‘n 5%-vermindering in padsterftes te laag.
Benewens spoed, speel die oormatige gebruik van alkohol ook ‘n groot rol in padongelukke. Spoed het uit die aard van die saak veral betrekking op motor- en motorfietsryers, terwyl drankmisbruik alle padgebruikers (ook voetgangers) raak.
Dit is ‘n erkende feit dat wanneer die alkoholgehalte van bloed bo ‘n sekere vlak styg, ‘n mens se reaksietyd aansienlik verswak. Dit beteken dus dat ‘n motoris met ‘n sopie of twee agter die blad, in ‘n krisissituasie net daardie breukdeel van ‘n sekonde stadiger reageer – en dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Studies het getoon dat die meeste jong bestuurders wat saans vir verkeersoortredings aangekeer word, alkohol gebruik het. Dikwels is huispartytjies die plek waar jong mense die eerste keer met alkohol kennis maak. Dit is die plig van ouers om dit wat te drinke aangebied word op tienerpartytjies, goed te kontroleer. Dit is baie belangrik dat tieners hul verantwoordelikheid en voorreg besef, want deesdae raak tieners in ‘n al hoe groter mate mobiel.
Ondanks al hierdie skokfeite neem die dodetal op ons paaie jaarliks toe. Is dit dalk ‘n kwessie van: “Dit kan nie met my gebeur nie?”
‘n Paar gulde reëls om in gedagte te hou: alkohol en petrol is nie ‘n gesonde mengeldrankie nie; spoed laat dinge – ook ongelukke – soveel vinniger gebeur; verkeersreëls is nie gemaak om gebreek te word nie.
Op Gautengse paaie het sedert 1 Desember 115 mense gesterf, in KwaZulu-Natal 97, in die Oos-Kaap en Vrystaat elk 64, in Mpumalanga en Noordwes elk 60, in die Noordelike Provinsie 17 en in die Noord-Kaap 16. Die landwye totaal is 563.
Volgens mnr. Tsepho Machaea, woordvoerder vir die padveiligheidsprojek Kom Veilig Daar, het altesame 64 mense vanjaar hul lewe op die provinsie se paaie verloor.
In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar het die dodetal reeds op 120 gestaan.
“As elke motoris en voetganger gehoor gee aan ons padreëls, sal ons dié slagting kan beperk.”
Verwerk uit Die Burger, 29 Desember 2001 en SALUS (Volume 12 nr. 6)
| LU/AS 3.1.2 |
| LU/AS 4.1.3 |
‘n Artikel gaan aan julle voorgelees word. Eers word die artikel in sy geheel vir julle voorgelees sodat julle dit kan geniet en inligting bekom. Daarna gaan paragraaf vir paragraaf aan julle voorgelees word en julle moet dan die hoofgedagte in elke paragraaf bepaal en onderstreep. Elkeen gaan ook ‘n artikel, wat die hoofgedagte saamvat, skryf.
| LU/AS 1.5 |
Sakelui met ‘n dodelike produk
Snags staan hulle skouer aan skouer op plekke soos Kloofstraat en Tuine en in Seepunt se Hoofweg. Hulle praat nie Afrikaans, Engels of enige van die inheemse tale nie en verkoop dwelms. Jan Taljaard het na die Nigeriese konneksie gaan kyk wat volgens alle getuienis nie net die Suid-Afrikaanse dwelmhandel oorneem nie, maar ook nuwe markte skep. Om hul vas te trek, is ‘n reusetaak, want hul sorg altyd dat hulle ‘n alibi het.
Hulle is entrepreneurs van formaat: vindingryk, nie bang vir nuwe uitdagings of omstandighede nie en fyn beplanners wat weet wat hulle wil en doelgerig daarna werk. Jong sakelui van die jaar, moenie glo nie. Op ‘n glansgeleentheid gaan jy dié groep sakelui egter nie sommer kry nie. Hulle verkoop eintlik dwelms.
Die polisie verwys politiek korrek en beskrywend genoeg na hulle as “die Wes-Afrikane wat wel by die dwelmhandel betrokke is”. Navorsers en mededingers is meer op die man af en sê dis die Nigeriërs. Op straat is hulle sommer net “die Nigerians”.
Skewe lof kom van mense soos Peter Gastrow van die Instituut vir Sekerheidstudie in Kaapstad wat ruiterlik erken dat die groepe se vaardighede en veral beplanningsvermoë hulle in ‘n eie klas misdadigers plaas.
In ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelmbeheer en Misdaadvoorkoming word die groep ook telkemale op die naam genoem. Luidens die verslag beheer Nigeriërs nie net die kokaïen- en heroïenmarkte in Suid-Afrika nie, maar het hulle die markte in groot mate geskep.
Supt. Riaan Redelinghuys van die narkotikaburo in Kaapstad gee die navorsers gelyk. In een van die mees onlangse voorbeelde van markskepping waarmee hy te doen gekry het, is ‘n hoërskoolseun van Brackenfell in ‘n inkopiesentrum deur ‘n “Wes-Afrikaan” genader.
Die man het aan hom ‘n selfoon en 15 Ecstasy-tablette gegee. Vir die tiener was die versoeking om grootmeneer tussen sy maats te speel, net te groot en hy het dit gevat. Die volgende week het die filantroop hom op sy selfoon gebel en gesê hy het weer vir hom “iets”, maar dié keer kan hy sommer geld maak ook.
Hy het aan die tiener weer E’s en ook ‘n bietjie kokaïen gegee. Dié keer moes hy dit onder sy maats verkoop en kon hy dan ‘n deel van die wins vir homself hou. Binne ‘n week het die handelaar dus ‘n nuwe mark geskep.
Pa’s en ma’s van tieners in die Kaapse Skiereiland is ernstig gewaarsku teen die gevare wat die gebruik van dwelms vir jong mense inhou. Dit kom nadat die grootste besending LSD onlangs deur die polisie se narkotikaburo gevind is. Altesaam 2 000 Ecstacy-tablette, asook 844 vierkantjies (“caps”) LSD en meer as 300 kg kokaïen is deur die polisie in die Bo-Kaap onderskep. Ecstasy is ‘n dwelmmiddel wat soms op waaiers of in lugversorgers by nagklubs gestrooi word.
‘n Nuwe militêre bewind in die tagtigerjare in Nigerië en die feit dat dwelmbase daar strenger vasgevat is, het die Nigeriërs na Afrika laat uitwyk. Ook Suid-Afrika is geteiken en vandag is Durban een van die groot markte vir crack, heroïen en kokaïen en sommer ook ‘n stad waar baie Nigeriërs hul gevestig het. Handelaars verskaf aanvanklik kosteloos dwelmmiddels, m.a.w. hul sorg dat die kraantjie aanvanklik oop bly totdat ‘n mark geskep is, baie mense verslaaf is en dan as die gewoonte gevestig is, word die skroewe skerp aangedraai en moet baie duur vir dwelms betaal word. Dit word later so duur dat verslaafdes moet roof en selfs moord pleeg om dit te kan bekostig.
80% van die kokaïen waarop in Afrika beslag gelê word, word in Suid-Afrika gevind. Die Goudstad was eers die mekka van dwelmhandelaars, maar nou is Kaapstad die teiken. Tien jaar gelede was kokaïen ‘n betreklik “rykmansdwelm” en heroïen onbekend. Nou lyk die prentjie anders, want kokaïen is nou naas dagga en Mandrax, die gewildste dwelm in Kaapstad en die voorkoms daarvan die hoogste in die Moederstad. Altesame 56% van alle aangehoudenes in Kaapstad wat vrywillig getoets is, het spore van minstens een dwelm in hul liggaam gehad, teenoor 50% in Durban en 29% in Gauteng. In Mitchells Plain en Seepunt was die syfer onderskeidelik 64% en 65%.
In Seepunt het 14% van die mense kokaïen gebruik kort voordat hulle aangekeer is. Heroïenverwante gevalle het in vyf jaar van 3% na 10% opgeskiet. Die ergste is dat dit meestal jong mense was. Na raming verteenwoordig wit tieners sowat 90% van die heroïengebruikers in die land. Dié dwelm word deesdae toenemend onder skoolkinders in veral Bellville se omgewing gekry. Dat die Nigeriërs na Kaapstad gekom, die plek behoorlik deurgekyk en eindelik verower het, is gewis.
Verwerk uit Die Burger, 15 Januarie 2002
| LU/AS 4.4.3 |
| LU/AS 5.1.3 |
| ouma | |
| oupa | |
| komma | |
| sofa | |
| dahlia | |
| kamera |
| pa | |
| ma | |
| karba | |
| hoera | |
| Yamaha |
(iii) Waar val die klem nou?
(iv) Waarom word ouma dus nie met ‘n afkappingsteken (‘) geskryf nie?
| LU/AS 6.2.10 |
(e) Om die dwelmhandelaars vas te trek, is boonop ‘n reuse taak, want hulle het altyd ‘n alibi. Slaan die betekenis van die woord alibi in ‘n verklarende woordeboek na en skryf dit hieronder neer.
(i) Skryf die meervoud van alibi neer.
| ski | |
| taxi | |
| rabbi | |
| sari |
Skryf die meervoud van foto neer:
| kano | |
| eggo | |
| kommando | |
| dinamo |
Kan jy aflei wat die meervoud van skadu sal wees? Skryf dit neer.
in die meervoud.
| LU/AS 6.2.10 |
Watter woordsoort is die vetgedrukte gedeelte in bostaande sin?
Noem die woorde en skryf langsaan of dit vir jou sê hoe, waar of wanneer pa’s en ma’s gewaarsku is.
Kan jy dus in bogenoemde geval sien dat daar twee woorde is wat vir ons meer van die werkwoord (gesegde) “is gewaarsku” vertel? Die woorde gister en ernstig is dus bywoorde.
Gister is ‘n bywoord van tyd (wanneer?) en ernstig ‘n bywoord van manier of wyse (hoe?). Die ander twee bywoorde het te doen met waar ‘n aksie plaasvind.
Hy staan daar. Waar staan hy? Daar. Daar is dus ‘n bywoord van plek. Sy hardloop vorentoe. Waar? Vorentoe. Vorentoe is ‘n bywoord van rigting. Nog sulke woorde is hiernatoe, agtertoe en soontoe.
Skryf drie sinne neer en gebruik hiernatoe, agtertoe en soontoe as bywoorde van rigting.
| LU/AS 6.2.11 |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 1.3 identifiseer en bespreek kernkenmerke soos konteks, die spreker se liggaamstaal, inhoud, register en woordkeuses: |
| 1.3.3 bespreek hoe hierdie kenmerke sowel die spreker as die luisteraar posisioneer (soos t.o.v. gesag en mag, houding teenoor karakters); |
| 1.5 luister vir inligting in ‘n verskeidenheid mondelinge tekste (debatte, verduidelikings, verslae, televisiedokumentêre), som hoofgedagtes op en neem kennis van spesifieke besonderhede. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos tydskrifte, gedigte, romans, kort toneelstukke, koerante, handboeke): |
| 3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.) |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe: |
| 4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke); |
| 4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae); |
| 4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s); |
| 4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
| 4.4.3 paragraafvlak: |
|
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 werk met woorde: |
| 6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone; |
| 6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na, |
| 6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei, |
| 6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone; |
| 6.2 werk met sinne: |
| 6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde; |
| 6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging. |
Aktiwiteit 1 (b)
lugpassasiers
SAL
passasiers
kaptein
alkohol
vliegtuig
waarskuwing
beboet
passasiers
(d) klant
gegooi
hand
24-jarige
landdroshof
polisieman
kafee
dwelms
geweier
geveg
Aktiwiteit 2
(i) Omdat die boetes nie as afskrikmiddel dien nie.
(ii) Dit verswak mense se reaksietyd aansienlik.
(iii) ‘n Gedagte wat ‘n mens bang maak.
Hierdie maand.
Al hoe meer tieners het die gebruik van motors.
(iv) Hul gesindheid.
(v) Die dodetal neem jaarliks toe omdat mense dink dat hulle nooit in ‘n ongeluk betrokke sal raak nie, en dus nie verkeersreëls gehoorsaam nie.
(vi) Dit kan noodlottig wees as ‘n mens sterk drank inneem voordat jy bestuur.
Een of twee drankies gedrink.
Slegte nuus.
Aktiwiteit 3 Eie ontwerp.
Aktiwiteit 4
Paragraaf 1
Paragraaf 2
Paragraaf 3
Paragraaf 4
Paragraaf 5
Paragraaf 6
Paragraaf 7
Paragraaf 8
Paragraaf 9
Paragraaf 10
Aktiwiteit 5
oupas
kommas
sofas
dahlias
kameras
(i) op die eerste lettergreep van elk woord
(ii) pa’s
ma’s
karba’s
hoera’s
yamaha’s
(iii) op die laaste lettergreep
(iv) Wanneer ‘n woord op ‘n a eindig, word die meervoud soos volg bepaal:
As die a onbeklemtoon is (“kort” a), voeg ‘n mens net ‘n s by. Indien die a beklemtoon is (‘n “lang” a), kry die woord in die meervoud ‘n ‘s.
(v) Die eerste lettergreep word beklemtoon, en nie die laaste een (a) nie. Dis ‘n “kort”, onbeklemtoonde a.
(c) Bewering dat ‘n mens op die oomblik toe ‘n misdaag gepleeg is, op ‘n ander plek was.
(i) alibi’s
(ii) ski’s
taxi’s
rabbi’s
sari’s
(iii) Die vokaal (i) aan die einde van die woord is ‘n “skep” i (ie-klank). Indien daar slegs ‘n s bygevoeg word, sou dit die uitspraak belemmer. Dis m.a.w. ook ‘n beklemtoonde i.
(iv) Ja
(i) Hulle sal almal ‘n afkappingsteken (‘s) hê.
(ii) kano’s
eggo’s
kommando’s
dinamo’s
(iii) Woorde wat op ‘n beklemtoonde (“lang”) o eindig, kry ‘s. Slegs ‘n s sou die uitspraak belemmer, want dit sou ‘n kort, onbeklemtoonde o-klank impliseer.
(v) balju’s
skadu’s
(vi) ‘s
Aktiwiteit 6
(i) werkwoord (is gewaarsku = werkwoord)
(ii) ernstig – hoe?
Kaapse Skiereiland – waar?
gister – wanneer?
(iii) Almal moet hiernatoe kom om kos te kry.
Ons moes agtertoe skuif om voor plek te maak.
Hulle het soontoe gegaan om rugby te speel.