Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 6
Mev. Natalie Haussman is ‘n stralerjakker. Sy was al drie keer getroud. Haar vorige man, mnr. Dieter Haussman, die skatryk nyweraar, het sy verlaat en vir ‘n jaar lank oorsee gaan rondrits. Sy het duur smaak, volg Paryse modes slaafs na en is versot op skuimbaddens, sjampanje en kaviaar. Haar spandabelrigheid het haar egter begin inhaal en deesdae word sy gereeld in die vermeende dwelmhandelaar, Claus von Bodenstein, se geselskap gesien. Sy huur tans die Koninginsuite in die bekende vyfster Maynardville Hotel in Kaapstad. Sy bring ook baie tyd op haar jag, Die Victoria, wat in die Kaapse seiljaghawe voor anker lê, deur. Hier onthaal sy en Claus von Bodenstein van sy berugte vriende. In die Kaapse gesiene kringe word gefluister dat sy ‘n koerier vir kokaïene is.
| LU/AS 5.4.1 |
![]() |
| LU/AS 4.1.2 |
1.2 Die deurwag, mnr. Johan Schwartz, het die dag van die diefstal ‘n verdagte karakter die hotel sien binnegaan, min of meer die tyd toe die diefstal volgens mev. Haussman plaasgevind het. Kom ons veronderstel jy was die deurwag. Kies een van die skurke, knip dit uit en plak ditop ‘n vel papier. Beskryf die karakter so volledig moontlik. Gee aandag aan fynere besonderhede. Bou só ‘n identikit van die krimineel op.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| LU/AS 4.1.1 |
gister verander na die vorige dag
môre verander na die volgende dag
hierdie verander na daardie
| LU/AS 6.2.8 |
DRUG TESTING AT SCHOOLS WELCOMED
Cathy Retief-Nel
The new national drug testing policy, currently in the pipeline, has been welcomed by schools and parents in the Helderberg.
The National Department of Education’s Education 2000 Plus report showed that drugs, especially dagga and Mandrax and to a lesser extent cocaine, were easily accessible to learners.
The report showed that 55 percent of learners knew someone who was using dagga or drug substitutes such as glue.
Learners said drugs were available to them in their own homes, or alternatively, there was always somewhere nearby where you could buy drugs. Hawkers selling food at the gates to schools also sold drugs.
In the Western Cape, the problem that can be described as a crisis, has prompted principals of many schools, among them the most prestigious private schools, to conduct random drug-screening.
Education Minister Kader Asmal placed a moratorium on drug testing at schools, saying, “…the process constitutes a violation of children’s rights”.
Sarah Fisher, head of the Cape Town drug and alcohol education programme (Bridges, based in Somerset West) said studies showed primary learners were drinking heavily and experimenting with dagga, slimming pills and, in some instances, cocaine.
The WCED has developed an education model for dealing with learners at risk. John Smith, headmaster of Princetown High said: “Should a learner’s behaviour, appearance, schoolwork or general attitude change notably, teachers will write their comments in a book and when we feel there is cause for concern, we will act.”
The learner is called in, his parents are involved and permission to do a drug test is requested. Once this is received and the result is positive, everything is done to help the learner. “There seems to be one common denominator and that is the lack of a family support system,” said Mr Smith. Alcohol is an even bigger problem than drugs at many schools.
“I do not see drug testing as a violation of human rights, in that we are responsible for the well-being and the future of our young people and need to take drastic measures to ensure this,” said Mr Smith.
A social worker, Mrs Coomans, had the following to say: “I realise one cannot place the blame squarely on the shoulders of parents, but some are inclined to give their children too little attention and too much money to keep them entertained while they are at work, out and about, or enjoying a weekend away.” This was an opinion shared by other concerned parents.
Some learners expressed their opinion, but did not want to be named, or quoted individually, for fear of being accused of “betraying” their friends and their schools, but did admit that drug and alcohol abuse was rife among 12-18-year-olds.
Helderberg Sun, 29 November 2001
| LU/AS 5.3.5 |
Beredeneer die volgende stelling uit kontrasterende (teenoorgestelde) oogpunte: Navorsing oor dwelmmiddels wakker nuuskierigheid oor dwelmisbruik aan en lei tot dwelmmisbruik. Eers word uit die oogpunt beredeneer dat dit wel so is en dan uit die oogpunt dat dit nie so is nie.
Bogenoemde word as groepwerk afgehandel. Julle kan julle kerngedagtes wat beide sienswyses toelig, op blaaibordvelle of ongedrukte koerantpapier aanbring.
| LU/AS 5.1.4 |
Adele Stiehler
JOHANNESBURG. – Die rokery in die Big Brother-huis stuur eintlik ‘n baie positiewe boodskap uit.
Só het mnr. Peter Ucko, oud-direkteur van die Nasionale Raad teen Rook, gister op die tweejaarlikse vergadering van die Gautengse Middelafhanklikheidsforum gesê.
Volgens hom het die raad klagtes van die publiek ontvang oor die huismaats se rokery en besluit om die huismaats se rokery te monitor.
Hoewel Ucko meen die huismaats rook onwettig in die huis omdat dit eintlik ‘n werkplek en openbare gebou is, het hy gesê die positiewe sy van die situasie moet nie geïgnoreer word nie.
“Dit is ‘n werklikheidsprogram. Die werklikheid is dat mense rook. Wat wel goed is, is dat die koste van sigarette gereeld ter sprake kom wanneer die huismaats hul begroting beplan. Dit wys dat sigarette duur is en dat dit ‘n uitwerking op gesinne se begroting het.
“Die feit dat Ferdi binne twee weke opgehou rook het, wys dit kan gedoen word. Leigh het ook met die hulp van ‘n sproei opgehou rook.”
Hy meen een van die positiefste punte is dat al die rokers reeds uitgestem is. “Al die potensiële wenners is nie-rokers.”
Ucko het gesê die raad het ‘n brief van “Karen van Somerset-Wes” ontvang waarin sy sê sy is uiters dankbaar vir Big Brother, omdat sy op dié program die eerste keer die sproei gesien het waarmee Leigh opgehou rook het.
Karen, wie se tone glo weens rookverwante probleme geamputeer is, het nou ook met die sproei opgehou rook.
‘n Debat tussen Riaad en Margaret oor tabakborge vir sport en musiekkonserte was ook ‘n plus-punt vir nie-rokers, het Ucko gesê. Riaad het verduidelik dat die branderrykampioenskappe en musiekkonserte steeds plaasvind, hoewel tabakreuse nie meer die borge is nie.
Die Burger
| WOORD | GROEP |
Het jy vier opgespoor?
Hoekom dink jy skryf ons die volgende woorde met ‘n koppelteken?
na-aap, see-eend, ru-olie en uie-oes.
Ander gevalle. Die koppelteken word ook in die volgende gevalle gebruik: bek-af, Tygerberg-hospitaal en kokaïen-arrestasie.
| WOORD | BETEKENISDRAENDE DELE |
Onderstreep die s in rooi. Die s is dus die verbindingsklank.
Wat is ‘n koerier?
Wat is die teenoorgestelde van berug?
| LU/AS 6.1.9 |
Hoekom het die woord só (die eerste woord in paragraaf 2) ‘n aksentteken?
Die aksentteken word dus gebruik as jy aksent (klem) op ‘n spesifieke woord wil plaas.
“Toe, jy kán ophou rook as jy wil.”
“Jy sê hy was kwaad. Hy was bóós!
Hulle móés die dief voor drie-uur aankeer.
| LU/AS 6.1.4 |
| LU/AS 2.1.6 |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe: |
| 4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes, bv. limerieke); |
| 4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (soos kennisgewings, verslae); |
| 4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste vir verskillende teikengroepe deur taal, byklanke, grafika en ontwerp duidelik en skeppend te gebruik (soos CD- en boekomslae, TV- en radioadvertensies, nuusbriewe met foto’s); |
| 4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
| 4.4.3 paragraafvlak: |
|
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.1 gebruik taal om te dink en te redeneer; |
| 5.1.3 ontwikkel ‘n gebalanseerde argument oor ‘n relevante en uitdagende vraagstuk; |
| 5.1.4 kontraseer teenstellende perspektiewe en gee redes; |
| 5.3 verwerk inligting; |
| 5.3.5 verander inligting van een taal na ‘n ander; |
| 5.4 gebruik taal om skeppend te dink; |
| 5.4.1 beskryf wat sy/hy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 werk met woorde: |
| 6.1.4 gebruik skryftekens(kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken, aksentteken) doeltreffend in alledaagse woorde; |
| 6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na, |
| 6.1.9 besef dat talle woorde uit verskillende komponente bestaan; |
| 6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone; |
| 6.2 werk met sinne: |
| 6.2.8 verander sinne doeltreffend van die direkte na die indirekte rede, en andersom, met die korrekte gebruik van punktuasie, bywoorde en voornaamwoorde; |
| 6.2.12 verstaan die funksie en gebruik van adjektiewe: verbuiging. |
Aktiwiteit 2
(a) “Kort nadat my vriend weg is, is ek aangeval.”
(b) “Ek is met ‘n marmerbeeldjie oor die kop geslaan.”
(c) “Ek dink hy het by die brandtrap opgeklim en deur die venster geklim.”
(d) “Ek het ‘n drankie saam met my vriend wat by my gekuier het, geniet.”
(e) “Ek het onvangs geskakel omdat ek nie die polisie se telefoonnommer ken nie.”
(f) “Ek het nie die vaagste idee aan wie die klapmus behoort nie.”
(g) “Sover ek kan agterkom, is dit net my juwelekissie wat weg is.”
(h) “Ja, die juwele is verseker vir een miljoen rand.”
(i) “Hy het vroeër in die aand by my gekuier.”
(j) “Ja, ek wil onmiddellik my regsverteenwoordiger skakel.”
(o) (i) Sersant Jordaan het mev. Haussman gevra waar sy die
vorige dag was.
(ii) Sersant Jordaan het gesê dat mev. Haussman die volgende dag in die hof moes verskyn.
(iii) Mev. Haussman het gevra hoekom sy daardie skade moes verduur.
(p) (i) Mev. Haussman het gesê: “Ek is aan ‘n stralerjakkerlewe
gewoond.”
(ii) Mnr. John Schwartz het gesê: “Ek het gister ‘n verdagte persoon opgemerk.”
(iii) Sersant Jordaan het gevra: “Mev. Haussman, beoog u om môre na Switserland te vertrek?
(iv) Mev. Haussman het gesê: “U moet u nie aan skinderstories steur nie.”
OF
Julle moet julle nie...
Dwelmondersoeke by skole verwelkom
Cathy Retief-Nel
Skole en ouers in die Helderberg-omgewing het die voorgestelde nuwe beleid ten opsigte van dwelmondersoeke verwelkom.
Die Nasionale Departement van Onderwys se 2000 Plus-verslag het getoon dat leerders dwelms, veral dagga en Mandrax en in mindere mate ook kokaïen, sonder veel moeite in die hande kan kry.
Die verslag het ook getoon dat 55 persent van leerders iemand ken wat dagga of plaasvervangers vir dwelms, soos gom, gebruik.
Volgens leerders is dwelms tuis beskikbaar, of andersins is daar altyd iemand in die omgewing wat dwelms verkoop. Venters wat eetgoed by die skool se hekke verkoop, is ook meermale dwelmhandelaars.
In die Wes-Kaap het die probleem, wat reeds as ‘n krisis bestempel word, talle skoolhoofde aangespoor om leerlinge lukraak vir dwelms te laat toets. Selfs van die voorste privaatskole het by hierdie program ingeskakel.
Die Minister van Onderwys, Kader Asmal, het egter ‘n moratorium op dwelmondersoeke by skole geplaas omdat dit, volgens hom, ‘n skending van kinderregte is.
Sarah Fisher, hoof van Kaapstad se dwelm-en-alkoholopvoedingsprogram (Bridges, in Somerset-Wes) het gesê dat studies aangetoon het dat leerders in die primêre skool reeds swaar drink en met dagga, verslankingstablette en, in sommige gevalle, kokaïen eksperimenteer.
Die WKOD het ‘n onderwysmodel ontwikkel om leerders wat as risiko-gevalle geïdentifiseer word te hanteer. John Smith, skoolhoof by Hoërskool Princetown, sê: “Sou ‘n leerder se gedrag, voorkoms, skoolwerk of algemene houding merkbaar verander, sal onderwysers hul kommentaar in ‘n boek aanteken en sodra ons voel dat daar rede tot kommer is, sal ons optree.”
Die leerder word dan ingeroep, sy/haar ouers word betrek en verlof word aangevra om ‘n dweltoets te doen. Indien die uitslag positief is, word alles gedoen om die leerder te help. “Dit is duidelik dat daar in elke geval ‘n gebrek is aan ‘n ondersteuningstruktuur in die gesin,” het mnr. Smith gesê. In die meeste skole is alkohol ‘n groter probleem as dwelms.
“Ek beskou nie dwelmondersoeke as ‘n skending van menseregte nie. Ons is verantwoordelik vir die welstand en die toekoms van ons jongmense en daarom moet ons drastiese maatreëls tref om dit te verseker,” het mnr. Smith bygevoeg.
‘n Welsynswerker, mev. Coomans, het die volgende kommentaar gelewer: “Ek besef dat ‘n mens nie al die skuld op die ouers kan pak nie, maar dit is waar dat sommige ouers geneig is om hul kinders te min aandag en te veel geld te gee. Hulle meen dat dit die kinders besig sal hou terwyl hulle (die ouers) by die werk is, uitgaan of vir ‘n naweek weggaan.” Ander besorgde ouers het met hierdie siening saamgestem.
Sommige leerders het hul mening gegee, maar wou nie hê dat hul genoem word of dat hulle individueel aangehaal word nie, want hulle was bang dat hulle daarvan beskuldig sou word dat hulle hul vriende en hul skool “verraai”. Hulle het egter erken dat dwelm- en alkoholmisbruik onder 12- tot 18-jariges algemeen voorkom.
Helderberg Sun, 29 November 2001
| WOORD | GROEP |
| Big Brother-huis | aardrykskundig |
| oud-direkteur | woord saamgestel met oud |
| nie-rokers | samestelling met nie |
| Somerset-Wes | aardrykskundig |
Omdat daar ‘n opeenhoping van vokale is.
| WOORD | BETEKENISDRAENDE DELE |
| Big Brother-huis | huis |
| boodskap | |
| oud-direkteur | direkteur |
| tweejaarlikse | jaarlikse |
| middelafhanklikheidsforum | forum |
| huismaats | maats |
| werkplek | plek |
| werklikheidsprogram | program |
| nie-rokers | rokers |
| Somerset-Wes | Somerset |
| tabakborge | borge |
| musiekkonserte | konserte |
| branderrykampioenskappe | kampioenskappe |
| tabakreuse | reuse |
(i) middelafhanklikheidsforum
werklikheidsprogram
(ii) mannemoed
gelaatskleur
sterwensuur
Koerier – Iemand wat iets (bv. ‘n bakkie) namens iemand anders vervoer. In hierdie geval word bedoel dat dit ‘n dwelmsmokkelaar se handlanger (draer) is. So ‘n persoon word ook ‘n “muil” genoem.
Dameskoene
Messteek
(c) Dit verwys na wat mnr. Ucko in die eerste paragraaf gesê het.