Volg die volgende metode en kyk hoe vinnig leer jy.
Sien die vetgedrukte woorde (almal eindig op -like) in jou geestesoog op ‘n wit agtergrond (maak jou oë toe).
Die letters van die woorde word groter totdat hulle die hele “wit bladsy” vul.
Sien nog steeds die woorde en skryf hul in die lug met jou oë toe.
(a) Skryf hulle nou hieronder neer, maar verdeel hulle in lettergroepe. (Die eerste een word vir jou gedoen.)
skeidsregter ‘n rooi kaart uitgehaal.
beker gewen het. (Let wel: weer eens
en weereens is albei korrek.)
Vrouespan Menige Rubberbootman se Tier
(Die Burger, 2 Januarie 2002)
![]() |
Hulle _____________ (i) wel laaste in hul klas geëindig, maar die eerste
vrouespan wat aan die moordende Trans-Agulhas-wedvaart deelgeneem
_____________ (ii),________ (iii) tientalle manspanne uitgestof deur
die wedren te voltooi. ‘n Moeë maar tevrede Sandra Minnaar (31) en Ina
van Zyl (41) van die span Women Wildcat _________ (iv) gisteroggend
met hul semi-vasterompboot by die strand uitgejaag.
“Toe hulle hoor ons ________ (v) deelneem, _______ vi) die mans
gelag en gesê ons __________ (vii) dit nooit maak nie” ________ (viii)
Minnaar vertel. Minnaar _________ .(ix) die eienaar van ‘n
boothandelsaak op Hermanus en Van Zyl ‘n boekhouer op die dorp. Die
watersportgogga _______ .(x) hulle eers sowat ‘n jaar gelede gebyt.
“_________ (xi) hulle dit weer doen? “As ons ‘n goeie borg
_________ (xii), is ons beslis terug,” ________ (xiii) die twee.
In bostaande berig tref ons al drie tye van die werkwoord (ww.) aan. Vanaf (i) tot (iv) het julle die woordjie het ingevul. Het is ‘n hulpwerkwoord van tyd wat saam met die vetgedrukte werkwoorde, bv. geëindig, uitgestof en uitgejaag, help om die verlede tyd aan te dui. Let wel dat woorde wat met be-, ge-, her-, er-ont- en ver- begin, nooit ‘n ge- in die verlede tyd kry nie. ‘n Mens sê tog nie hulle het gebegin nie. By (vii) help die hulpww. sal saam met die ww. maak weer om die toekomende tyd uit te druk. By (xiii) sê die werkwoord sê weer dat ons met die teenwoordige tyd te make het.
program begin.
Nieu- Seeland maklik tussen die skare herken.
(slaan).
voor wanneer spelers nog nie fiks genoeg ______________ nie.
Sy is ‘n goeie naelloper.
toernooi verenig.
Volwassenes skryf gereeld briewe aan die pers oor sake uit ons leefwêreld. Om ons voor te berei sodat ons ook eendag ons demokratiese reg tot vryheid van spraak kan beoefen, gaan ons nou leer om ‘n briefie aan die redaksie van ons skoolkoerant te skryf.
Pla iets betreffende sport in jou skool jou? Miskien word sekere sportsoorte voorgetrek. Dalk kry net die A-spanne goeie afrigting. Miskien gaan net sekere sportsoorte op sporttoere. Dalk is die fasiliteite nie voldoende nie. Spreek die saak wat jou na aan die hart lê, aan.
Onthou die volgende: Koerantruimte is beperk! Hou dus by die punt wat jy wil maak en hou jou brief saaklik en bondig. Laat jou argument weldeurdag wees. Skryf op ‘n hoflike en beskaafde toon, al is jy besig om uiting aan jou gevoelens te gee. Moenie kwetsende aanmerkings maak nie. Jy mag ‘n skuilnaam gebruik, maar moet ook jou volle naam en adres verskaf. Jou onderwyser/es sal jou hiermee help. Let op na die formaat op die volgende bladsy aangetoon.
7 Julie 2005
Die Redakteur
Die Noordwester
Posbus 371
Thabazimbi
0380
Geagte Heer
HOKKIEVELD ‘N SKANDE
Daar is ‘n saak __________________________
______________________________________
Die uwe
Teleurgesteld (6A3)
J.C. de Wit
Weyerslaan
Thabazimbi
0380
Almal van julle neem seker sover moontlik aan jul jaarlikse massa-atletiekbyeenkoms deel. Nie almal van ons is atlete nie, maar as ‘n mens jou beste gedoen het, kan jy tevrede voel. Almal van ons het seker al aan ‘n naelloop deelgeneem of ver- of hooggespring. Laat ‘n atleet in jul klas presies vir julle verduidelik hoe ‘n mens moet wegspring. Hy/sy moet presies die metode verduidelik, bv. watter been moet voor wees, hoe ver van die wegspringstreep, ens. ‘n Ander atleet kan weer aan julle verduidelik hoe ‘n mens moet hoogspring of verspring. Die atlete moet ook die metodes demonstreer.
Wat moet jy nou doen?
Jy moet nou die metodes (kies een of twee) beskrywe. Jy mag ook gebruik maak van sketse, diagramme (met byskrifte), ens. om die metodiek te verduidelik.
Sê watter sportterme in kolom B by watter sportsoort in kolom A pas. Skryf slegs die sportterme teenoor die regte nommer uit kolom A neer. Nadat jy dit gedoen het (individueel), moet julle in groepe verdeel en kyk of julle nog sportterme by dié wat jy neergeskryf het, kan voeg. ‘n Boek soos Sport (Ooggetuie-reeks) deur Southern Boekuitgewers sal jul help as jul vashaak.
| KOLOM A | KOLOM B |
|
vlughou |
|
losskakel |
|
aanvalsirkel |
|
beuelperd |
|
rooi kaart |
|
skyfstoppers |
|
glipveldwerker |
|
skouerskutte |
|
mandjie |
|
tuisbofobstruksietegnieke |
Leer nou om hierdie sportsoorte en sportterme korrek te spel.
Lees die onderstaande gedeelte oor tennis se twee super-susters en beantwoord die vrae. Vyf minute word vir die deurlees daarvan toegelaat.
Serena se Titel-Beurt
Herman Jansen
Wimbledon
Sou die twee Williams-susters hierdie keer vergeet van hul bloedbande en mekaar bevlieg met die intensiteit waarmee hulle hul ander teenstanders afmaai?
Sou daar in hierdie historiese kragmeting uiteindelik ‘n stryd tot die dood wees sonder ‘n sweem van ‘n gekokery oor wie gaan wen?
Dié vrae is gister onomwonde vir 14 000 toeskouers beantwoord op Wimbledon se hoofbaan in die vroue-eindstryd.
En dit was die jonger Serena (20) wat ondubbelsinnig met haar raket die praatwerk gedoen het.
Sy het sonder genade in net 78 minute in skoon stelle klaargespeel met Venus (22), wat probeer het om haar derde Wimbledon-enkelspeltitel in ‘n ry te wen.
Klassiek was dit nie, maar verreweg die beste kragmeting nog tussen die twee susters wat wêreldtennis straks baie jare lank gaan oorheers.
Die telling was 7-6 (7/4) 6-3.
“Dis nie pret om jou Wimbledon-kroon te verloor nie. Maak nie saak teen wie dit is nie,” het Venus op ‘n perskonferensie gesê. “Ek dink ek het goed gespeel. Ek het hoë-persentasie-tennis gespeel, maar Serena het aanhou druk en haar houe met krag teruggespeel.
Die twee susters het in 1998 die eerste keer teen mekaar gespeel. Gister was dit die negende botsing en die telling is 5-4 in Venus se guns. Maar Serena het vier van hul laaste vyf kragmetings gewen.
Venus het verlede jaar die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows gewen en Serena was verlede maand bobaas op Roland Garros.
Serena was gister sterker en skerper as Venus, wat by tye traag voorgekom het.
“Ons het albei ons beste gelewer. Ons wou albei wen,” het Venus gesê.
Wat gaan sy doen om volgende keer haar suster, wat nou no. 1 in die wêreld is, te klop?
“Ek sal net op die baan moet gaan baklei. Dis die beste antwoord wat ek aan kan dink.”
‘n Verslaggewer het in gebroke Engels gevra of Serena “dapperder en gewelddadiger” as sy is. Venus: “Ek reken jy sal jou eie aannames moet maak.”
Hoe vergelyk gister se vertonings met hul vorige Grand Slam-kragmetings?
“Ons is vermaaklikheidskunstenaars. Ons probeer elke keer om die toeskouers en almal wat die wedstryd dophou, te vermaak.” Venus het gesê dit was nog nooit emosioneel moeilik om teen haar suster te speel nie.
Serena is op die perskonferensie voorgestel as “Wimbledonse kampioen”.
“Ja, dis ek daardie,” het sy met ‘n groot glimlag gesê.
“Ek voel goed. Ek is deel van die (All England Lawn Tennis & Croquet) klub.”
Sy het gesê sy het laas in ‘n toernooi in München teen Venus so goed gespeel soos vandag.
“Ek kan nie selfvoldaan word nie – dan gaan spelers nog harder probeer om my te klop. Ek het aan die begin van die jaar gesê maak nie saak wat gebeur nie, ek wil Wimbledon wen. Die Franse Ope was ‘n bonus. Ek wou lid word van die Wimbledon-klub, lid word van die geskiedenis.
“Ek is geestelik sterker as verlede jaar toe ek hier verloor het.
“Ek wou vandag so graag wen. Ek het aan myself gesê om kalm te bly. Venus se arm het moeg geraak in die tweede stel en sy het nie meer so goed afgeslaan nie.
“Ek weet haar skouer was voor die wedstryd seer, maar sy het nie ná die tyd dit as ‘n verskoning gebruik nie. Ek het besef haar afslaan is kwesbaar. Dit was oorlog.”
Rapport, 7 Julie 2002
Voor jy die onderstaande vrae beantwoord, bedek eers die teks. Jy mag nie weer lees nie. Omsirkel slegs die korrekte letter by elke vraag.
Watter suster is die oudste?
Hoeveel toeskouers was daar?
Wanneer het hulle die eerste keer teen mekaar gespeel?
Waar word die Amerikaanse Ope gespeel?
Watter suster het probeer om haar derde Wimbledon-titel in ‘n ry te wen?
Watter suster het die Franse Ope gewen?
Hoeveel keer (vanjaar se Wimbledon-kragmeting ingesluit) het die twee susters al teen mekaar gespeel?
Hoeveel keer het Venus al vir Serena gewen?
Wie is no. 1 in die wêreld na die Wimbledon-kragmeting?
Hoe lank het die eindstryd geduur?
Die ou Grieke het baie helde en gode gehad, soos Zeus en Venus. Venus was die godin van liefde. Venus Williams het dus haar naam aan ‘n Griekse godin te danke. Weet jy wat jou naam en van beteken? Die naam Estelle, bv., beteken sterretjie. Hoe lyk julle familiewapen en wat beteken dit? Gebruik jul plaaslike biblioteek of skoolbiblioteek om jou te help. Die volgende bronne kan jou help:
Die Groot Afrikaanse Familie-naamboek, C. Pama
The Oxford Dictionary of English Christian Names, E.G. Withycombe
My kind se naam, Willem en Eureka Steenkamp
Die Regte Naam, Annelize van Rooyen
Heraldiek in S.A., C. Pama
Jy kan selfs ‘n stamboom of familie-register ook opstel.
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 lees ‘n verskeidenheid fiksie en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes: |
| 3.1.2 gebruik gepaste lees- en begripstrategieë (vluglees en soeklees, voorspellings, kontekstuele leidrade, afleidings, die nagaan van begrip, ens.) |
| 3.2 kyk na en bespreek verskeie visuele en multi-media-tekste (soos foto’s): |
| 3.2.2 identifiseer en bespreek tegnieke soos beligting en byklanke, keuse van beelde, kamerahoek, vorm en ontwerp, grafika, en die uitwerking daarvan op die kyker; |
| 3.6 herken en verduidelik die verskillende strukture, taalgebruik, doel en teikengroep van verskillende soorte tekste: |
| 3.6.1 identifiseer en evalueer die soort en gepastheid van ‘n teks se taal en register vir die bedoelde teikengroep. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| 4.1 skryf verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe: |
| 4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos joernale, gedigte, mites, dialoë); |
| 4.4 pas kennis van taal op verskeie vlakke toe: |
| 4.4.1 woordvlak: |
|
|
| 4.4.2 sinsvlak: |
|
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.4 gebruik taal om skeppend te dink: |
| 5.4.1 beskryf wat hy/sy visualiseer nadat ‘n teks gelees of gehoor is; |
| 5.4.2 dink aan en beskryf die resultaat of slot wat hy/sy sou verkies. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 werk met woorde: |
| 6.1.3 spel ook minder algemene woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone; |
| 6.1.6 gaan spelling en betekenis in ‘n woordeboek of tesourus na, |
| 6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei, |
| 6.1.11 verstaan en gebruik gepaste sinonieme, antonieme, homonieme en homofone; |
| 6.2 werk met sinne: |
| 6.2.10 verstaan die funksie en gebruik van selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde; |
| 6.2.11 verstaan die funksie en gebruik van hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde) en medewerkwoorde (hulpwerkwoorde van tyd en wyse), asook van deelwoorde; |
Aktiwiteit 1
(ii) do-de-li-ke
(iii) on-mid-del-li-ke
(iv) fees-te-li-ke
(v) on-draag-li-ke
(b) (i) vietse
(ii) gefaal
(iii) fonds
Aktiwiteit 2 (a) (i) het
(ii) het
(iii) het
(iv) het
(v) wil
(vi) het
(vii) sal
(viii) het
(ix) is
(x) het
(xi) sal
(xii) kry
(xiii) sê
(b) (i) sal
(ii) kan
(iii) het, geslaan
(iv) kom, is
(v) is
(vi) (1) Sy was ‘n goeie naelloper.
(2) Sy sal ‘n goeie naelloper wees.
(vii) is
Aktiwiteit 5
| KOLOM A | KOLOM B |
| 1. sokker | Rooi kaart |
| 2. krieket | Glipveldwerker |
| 3. yshokkie | Skyfstoppers |
| 4. Amerikaanse voetbal | Skouerskutte |
| 5. bofbal | Tuisbof |
| 6. rugby | Losskakel / rooi kaart |
| 7. tennis | Vlughou |
| 8. gimnastiek | Beuelperd |
| 9. hokkie | Obstruksietegnieke |
| 10. basketbal | mandjie |
Aktiwiteit 6
(a) (ii)
(b) (i)
(c) (iii)
(d) (i)
(e) (i)
(f) (i)
(g) (ii)
(h) (ii)
(i) (i)
(j) (ii)