Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
Daar is baie mense wat ‘n beroep in ‘n winkel beoefen. Dis ‘n baie goeie beroep, want die mensdom kan nie sonder winkels bestaan nie. Ek het die volgende gesprek ‘n paar dae gelede in ‘n supermark gehoor, terwyl ek in die tou gewag het om my kruideniersware te betaal.
Kliënt: Is jy seker dat jy reg geskandeer het? R251 klink darem na te veel geld vir so ‘n paar goedjies.
Kassier: Ek verseker u, Mevrou, ek het geen fout gemaak nie.
Kliënt: Ek verkies nog steeds dat iemand my strokie moet kontroleer voordat ek die winkel verlaat. Kry sommer die bestuurder.
Pakker: Ek sal die bestuurder gaan roep.
Bestuurder: Wat is die probleem?
Kassier: Meneer, hierdie dame dring daarop aan dat haar strokie gekontroleer word.
Kliënt: Wel, my kruideniersware is NOOIT meer as R200 nie. Daar moet iewers ‘n fout wees.
Bestuurder: Ons sal die probleem so spoedig moontlik probeer oplos, Mevrou. Kom gerus na my kantoor.
Pakker: Ek sal die kruideniersware en die strokie bring, Meneer.
Rollees hierdie leesstuk in julle groep. Bespreek dan wat julle dink of hierdie voorval positief, negatief of interessant is. Hou al die faktore in gedagte en bespreek hoe julle dink hierdie probleem opgelos kan word.
| LU 2.1.1 |
Glasware R30,00
Melk 15,00
Kaas 20,00
Blikkieskos 12,00
Vleis 26,00
Hoender 11,00
Skoonmaakmiddels 18,00
Klerasie 60,00
Groente en vrugte 21,00
Lekkergoed 16,00
Toiletware 20,00
Tydskrifte 5,00
TOTAAL (vul totaal in)
| LU 5.2.1 |
Lees die volgende gedig eers op jou eie en dan hardop in jou groep.
Die groeplede assesseer mekaar met behulp van die assesseringsruit.
Eendag……as jy groot is
Het jy al besluit wat jy wil word,
eendag …….. as jy groot is?
‘n Beroemde aktrise of ‘n dokter of n boer,
of liewer ‘n kunstenaar wat skilder?
Die keuse is oneindig groot
en eendag klink nog ver.
Jy kan reeds jou drome droom,
want jou toekoms kom tog nader.
Jy is nou net elf of twaalf
of dalk op pad na dertien
maar jy moenie huiwer om al te sê
wat jy eendag in die lewe wil hê.
Jy gaan oor ‘n paar jaar jou eie brood moet verdien
op ‘n manier van jou eie keuse.
Daar is ‘n plekkie vir jou in die son
en jy gaan ook iets kan beteken vir die mensdom.
G.S.
| Naam en van | ||||||
| Stemgebruik | ||||||
| Duidelik en hoorbaar | ||||||
| Punktuasie | ||||||
| Vlotheid | ||||||
| Vertolking | ||||||
| Aangenaam om na te luister | ||||||
Gebruik die volgende simbole vir die beoordeling:
| Swak ^ | Redelik v | Goed < | Baie goed > | Uitstekend * |
Kies ‘n beroep wat jou interesseer. Probeer om soveel moontlik inligting in te win. Indien moontlik, is dit die beste as jy met ‘n persoon kan gesels wat self die beroep beoefen. Bring klere wat by die beroep pas saam skool toe en vertel aan die res van die klas alles omtrent die beroep. Gee aandag aan aspekte soos:
Luister goed terwyl julle onderwyser die volgende advertensie hardop lees.
Die Vereniging vir Anti-Dwelmmiddels
Ons soek na kinders wat ons kan help met ‘n anti-dwelmveldtog in julle skool. As julle ouer as tien jaar is, is jy welkom om aansoek te doen. Ons soek kinders wat omgee vir hulle maats en nog nooit dwelmmiddels gebruik het nie. Voordat kinders aangestel word, sal hulle eers deur ‘n dokter ondersoek word om seker te maak hulle gebruik nie dwelmmiddels nie.
Wat behels die werk? Jy sal strooibiljette moet versprei wat kinders waarsku teen die gevare van dwelmmiddels. Jy sal ook plakkate teen die kennisgewingborde moet opsit. Indien jy aangestel word, sal jy deeglike opleiding kry vir wat van jou verwag word.
Hierdie is ‘n baie ernstige saak. Ons het hulp dringend nodig. Stel jy belang daarin om ander mense te help? Doen dan aansoek deur die aansoekvorm te voltooi. Aansoekvorms is beskikbaar by die sekretaresse. Jy kan ook die voltooide vorm by haar inhandig. Ons sal jou ook in kennis stel, indien jy vir ‘n onderhoud moet kom.
Gesels eers in julle groepe oor die betekenis van “anti-dwelmmisbruikveldtog” en oor die gevare van dwelmmiddels. Dink julle jul skool sal so ‘n veldtog kan loods?
Beantwoord die volgende vrae skriftelik.
(1)
Aansoekvorms is beskikbaar by die skoolhoof
(1)
(1)
Ek sal die werk baie graag wil hê. JA/NEE
(1)
TOTAAL: (10)
| LU 1.1.1 | |
| LU 1.1.5 |
Slaan die woord GETUIGSKRIF in die woordeboek na. Skryf die betekenis neer:
| LU 3.7.2 |
Hou ‘n dinkskrum in julle groep om uit te vind watter mooi eienskappe julle van mekaar kan opnoem. Skryf ‘n getuigskrif van jou maat wat hy/sy kan gebruik om aansoek te doen vir die betrekking by Die Vereniging van Anti-Dwelmmisbruik.
| LU 4.1.4 |
Jy ontvang ‘n telefoonoproep van Die Vereniging vir Anti-Dwelmmisbruik se sekretaresse. Sy skakel om ‘n afspraak te maak vir ‘n onderhoud. Rolspeel nou die gesprek saam met ‘n maat. Een van julle is die aansoeker en die ander een die sekretaresse. Skryf julle vrae en antwoorde neer. Onthou om al die besonderhede te vra, bv.
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker | ||||
| Sekretaresse | ||||
| Aansoeker |
|
ASSESSERINGSRUIT DEUR LEDE VAN DIE GROEP:
| Glad nie | Soms | Dikwels | Altyd | |
| Korrekte telefoonetiket | ||||
| Praat in vlot sinne | ||||
| Praat duidelik en hoorbaar | ||||
| Gebruik korrekte Afrikaans | ||||
| Goeie aanbieding | ||||
Luister mooi na jou maats en maak ‘n regmerkie in die gepaste kolom.
| LU 1.5.1 | |
| LU 1.5.2 |
Wanneer jy vir ‘n onderhoud gaan, beteken dit dat die mense wat jou in diens wil neem, vir jou vrae vra. Die antwoorde wat jy gee, sal hulle help om te besluit of hulle jou in diens wil neem.
Hier is die lysie van vrae wat hulle vir jou by die Vereniging van Anti-Dwelmmisbruik gaan vra. Daar is egter ‘n GROOT PROBLEEM. Dit is nie vrae nie, maar stellings. Skryf asseblief die volgende sinne oor en verander hulle in vrae. Onthou die vraagteken (?) aan die einde van die sinne.
Het julle alles onthou?
| Kontrolelys: | JA | NEE |
| Ek het elke vraag met ‘n hoofletter begin. | ||
| Ek het ‘n vraagteken aan die einde van elke sin. | ||
| My woordorde is korrek. | ||
Julle onderwyser sal julle help om die werk na te sien.
| LU 6.2.1 |
Johnny Noble is nou in Graad 2 en verlaat die skool aan die einde van die jaar. Werk is deesdae baie skaars en Johnny kan nie seker wees dat daar vir hom ‘n werk sal wees nie. Dis belangrik dat kinders vanaf die ouderdom van twaalf jaar sal begin om hulself voor te berei vir die lewe na skool terwyl hulle nog jonk is.
Baie mense stry dat ‘n jong kind nog nie weet wat hy werklik wil doen nie. Wil hy huise ontwerp, mense genees, kinders opvoed? Tog is dit goed dat jong kinders wel ‘n droom sal hê van wat hulle eendag wil wees.
Of jy in januarie of desember verjaar, in kaapstad of pretoria woon, droom gerus oor jou toekoms! Jou drome kan waar word en ‘n blink toekoms kan op jou wag.
Is die eerste twee stelling waar (W) of onwaar (OW)?
(a) huise ontwerp
(b) mense genees
(c) kinders leer (3)
Die woorde van die volgende sinne is geskommel. Herrangskik hulle sodat die sinne verstaanbaar is.
(4)
Jy moet n getuigskrif hê wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk.
(1)
Johnny sê vir sy ma: Ek weet wat ek na skool wil doen.
(1)
Totaal: 20
| Leeruitkomstes(LUs) | |
| LU 1 | |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. | |
| Assesseringstandaarde(ASe) | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees): | |
| 1.1.1 beantwoord letterlike vrae; | |
| 1.1.5 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig); | |
| 1.5 respekteer ander leerders: | |
| 1.5.1 gee ander leerders ‘n kans om te praat; | |
| 1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat; | |
| LU 2 | |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: | |
| 2.1.1 stel en beantwoord vrae; | |
| 2.2 tree op kultureel gepaste maniere op: | |
| 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; | |
| 2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra: | |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is. | |
| LU 3 | |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 3.6 lees vir genot en inligting: | |
| 3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak; | |
| 3.6.5 los woordraaisels op; | |
| 3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat: | |
| 3.7.2 gebruik ‘n woordeboek. | |
| LU 4 | |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: | |
| 4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle; | |
| 4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is); | |
| 4.3 skryf kreatief: | |
| 4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit); | |
| 4.4 ontwerp mediatekste: | |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys; | |
| 4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik: | |
| 4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer. | |
| LU 5 | |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 5.2 gebruik taal om te dink: | |
| 5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?) | |
| LU 6 | |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 6.1 spel bekende woorde korrek: | |
| 6.1.1 algemeen gebruikte woorde (soos: vyftien, moeilik, wêreld, veertien); | |
| 6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: | |
| 6.2.1 sommige vraagvorme. | |
1.
(a) R254,00
(b) kaas en toiletware
(c) lekkergoed, tydskrifte (leerders se menings kan varieer)
(d) R21,00 (kan varieer, want dit hang van leerder se mening af.)
4.
(i) Vereniging vir Anti-Dwelmmiddels
(ii) tien
maats
dwelmmiddels gebruik het nie
(iii) Jy sal strooibiljette moet versprei en plakkate teen kennisgewingborde moet vassit.
(iv) opleiding
(v) Aansoekvorms is by die sekretaresse beskikbaar.
(vi) Ons sal jou in kennis stel.
5. Skriftelike verklaring van iemand se bekwaamheid, ywer, ens.
7.
(a) Is jy ouer as tien jaar?
(b) Gee jy om vir jou maats?
(c) Sal jy omgee as ‘n dokter jou ondersoek?
(d) Wil jy jou vrye tyd opoffer?
(e) Weet jou ouers dat jy aansoek gedoen het?
8.
2. (a) W
(b) OW
(c) twaalf
3. (a) argitekte
(b) dokters
(c) onderwysers / onderwyseresse / opvoeders
4. januarie moet Januarie wees
desember moet Desember wees
kaapstad moet Kaapstad wees
pretoria moet Pretoria wees
Dit is name van maande en stede. Eiename kry hoofletters.
5.
(a) As kinders hard leer, hoef hulle nie te bedel nie.
6. Moet jy ‘n getuigskrif hê wanneer jy aansoek doen vir ‘n werk?
7. Johnny sê vir sy ma: “Ek weet wat ek na skool wil doen.”
8. Wat is jou beroep?
OF
Watter beroep beoefen jy?