Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
1. Voltooi die volgende inligtingstuk oor jouself.(Jou ma sal dalk moet help met sommige van die antwoorde.)
(a) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tree gegee het?
(b) Hoe oud was jy toe jy jou eerste tand gewissel het?
(c) Wat was jou heel eerste skool se naam?
(d) Wie was jou heel eerste “juffrou”?
(e) Wie was jou heel eerste maat?
2. Gesels nou in julle groepe oor “eerstes” in julle lewe, bv. jou eerste skooldag, eerste besoek aan die tandarts, eerste kuier op ‘n plaas, eerste keer dat jy hospitaal toe moes gaan, ens.
(a) Elke groeplid kies een van die volgende “eerstes” en vertel vir die res van die groep van hierdie “eerste” ervaring:
(b) Julle gaan nou elke maat in jul groep assesseer.
Teken nou jou assessering soos deur die ander groeplede gedoen, hieronder aan.
HOE HET EK GEVAAR?
| Verstaanbare Afrikaans | |
| Goeie sinsbou | |
| Praat duidelik hoorbaar | |
| Vertelling is boeiend | |
| Goeie aanbieding |
3. Luister nou baie aandagtig terwyl jou opvoeder ‘n kort leesstukkie oor ‘n seuntjie se eerste skooldag voorlees. Jou opvoeder sal dit selfs twee maal voorlees. Beantwoord dan die onderstaande vrae deur ‘n regmerkie () in die toepaslike kolom te maak:
| JA | NEE | |||
| a) Die seuntjie het ‘n swart broek aangehad. | ||||
| b) Sy baadjie was te kort. | ||||
| c) Die seuntjie het ‘n hondjie gehad. | ||||
| d) Hy het daarvan gehou om saam met sy ma winkels toe te gaan. | ||||
| e) Die seuntjie het nooit televisie gekyk nie. | ||||
| f) Sy pa het gesê hy moet dapper wees. | ||||
| g) Hy sou nuwe maats kry. | ||||
| h) Sy ma het baie gepraat. | ||||
| i) Sy juffrou was mooi en gaaf. | ||||
| j) Hy het ‘n seun gehelp om ‘n toring met blokkies te bou. | ||||
| Selfassessering: Jou opvoeder sal die korrekte antwoorde gee. | Totaal uit 10 | |||
| LU 1.4.1 |
4. Hieronder volg sommige van die antwoorde wat ‘n Graad 6-leerling verskaf het toe hy uitgevra is. Besluit saam as groep wat die vrae was en skryf hulle bokant elke antwoord neer.
Antwoord: Ek was vyf jaar oud toe ek die eerste maal na die tandarts toe moes gaan.
Antwoord: My broer het my per ongeluk met ‘n krieketbal raakgegooi en een van my voortande raak gegooi.
Antwoord: Ek was glad nie bang vir die tandarts nie.
Antwoord: Die tandarts het baie vriendelik gelyk.
Antwoord: Ek het die groot stoel in die spreekkamer raakgesien.
Antwoord: Hy het heel eerste my tande ondersoek.
Antwoord: Hy het gesê hy sal die tand wat raak gegooi is, moet trek, want die tand was baie los.
Antwoord: Dit was glad nie seer nie.
Antwoord: Ek is nooit bang vir die tandarts nie.
| LU 4.3.1 |
SELFASSESSERING:
| Hoe het ons groep gevaar? | ||
| 2. | Het ons almal deelgeneem? | |
| 3. | Het ons mekaar gehelp? | |
| 4. | Was ons eindresultaat goed? | |
| 5. | Wat was ons finale puntetoekenning? |
5. Hoe goed is jou algemene kennis?
Hieronder volg ‘n klompie name van persone. Verbind elke persoon met sy of haar “eerste”. Hierdie persone was almal die “eerste” om iets te ontdek, uit te vind of te doen.
| Thomas Edison | Sy eerste verversingspos aan die Kaap |
| Neil Armstrong | Eerste telefoon |
| Bartolomeus Dias | Eerste vlug met ‘n vliegmasjien |
| Alexander Graham Bell | Eerste gloeilamp |
| Wilbur en Orville Wright | Eerste om Amerika te ontdek |
| Marie Curie | Eerste seevaarder wat seil om suidpunt van Afrika |
| Jan van Riebeeck | Eerste man op die maan |
| Christopher Columbus | Eerste om X-strale te ontwikkel |
| LU 5.1.2 |
Ons noem ‘n persoon wat die eerste een is om iets te doen, uit te vind of te ontdek, ‘n baanbreker of ‘n pionier.
![]() |
(a) WIE IS EK?
Verdeel in groepe. Een groeplid skryf elke voorafgaande baanbreker se naam op ‘n stukkie papier. Julle kan ander baanbrekers se name byvoeg. Die papiertjies word toegevou en in ‘n houer gegooi. Elke groeplid trek ‘n papiertjie, maar hou sy baanbreker se naam geheim. Al die leerders kry ‘n paar dae kans om meer oor sy/haar baanbreker te wete te kom.
Raadpleeg boeke of selfs die Internet. Elke groeplid kry ‘n beurt om vrae in verband met sy/haar baanbreker te beantwoord. Die res van die groep vra vrae om die identiteit van die baanbreker vas te stel.
Voorbeelde van nuttige vrae is:
‘n Maksimum van 20 vrae kan toegelaat word.
| LU 2.1.1 |
b) Beskryf jou baanbreker nou skriftelik.
Doen dit kortliks deur net twee paragrawe te skryf. Die eerste paragraaf beskryf die lewensgeskiedenis en die tweede paragraaf die ontdekking, uitvinding of beroemde daad van die baanbreker.
| LU 4.1.2 |
6. Kyk mooi na die prente hieronder.
Dis nodig om hulle te bestudeer en sodoende meer te wete te kom van ‘n baie belangrike en beroemde baanbreker.
Probeer nou om al die verskille saam met ‘n maat te identifiseer en skryf hulle kortliks neer.
![]() |
![]() |
7. Die volgende sinne beskryf sommige van die kenmerke van die outydse motor. Skryf hulle sinvol oor deur met die vetgedrukte woorde te begin:
(a) ‘n Hoë dak het die ou motor.
(b) Ovaalvormig is die agterruit.
(c) Baie koddig lyk die voorligte.
(d) Sit baie hoog in die motor ‘n mens.
(s) Soos fietswiele met speke lyk die bande.
| Punt uit 5 |
| LU 4.1.2 |
![]() |
8. Lees hierdie brief hardop voor in jou groep nadat jy tuis voorberei het.
Posbus 1879 Detroit Michigan Verenigde State van Amerika
5 November 1913
Beste Gunther
Ek weet dat die eerste motor met ‘n petrolenjin in 1886 deur Karl Benz daar by julle in Duitsland gebou is. In 1900 het Gottlieb Daimler mos ‘n Mercedes gebou. Hier in Amerika is daar ook ‘n groot baanbreker op die gebied van motors.
Henry Ford is hier in Michigan gebore en hy het reeds in 1896 sy eerste petrolaangedrewe motor gebou. In 1903 het hy die Ford Motormaatskappy gestig en het sommer gou agt verskillende modelle gemaak. Henry het egter besef dat motors baie duur is en het in 1909 motors begin produseer wat deur gewone, werkende mense bekostig kon word. Henry het hierdie motor die Model T genoem en dit het slegs $825 (825 dollars) gekos. Uitstekende waarde vir geld!
Nog steeds was Henry nie tevrede nie. Hy wou die Model T nóg goedkoper maak. Weer eens is Henry ‘n baanbreker op nóg ‘n gebied. Hy het onlangs ‘n baie groot fabriek opgerig. By hierdie fabriek het hy nou begin met massaproduksie. Dit beteken dat die motors aanmekaar gesit word op ‘n monteerband. Daar is verskeie monteerbande wat baie stadig beweeg. Die werktuigkundiges staan langs die bande en elkeen bring dan ‘n nuwe onderdeel aan, terwyl die motorenjins by hulle verbybeweeg. Henry het reeds ‘n vaste reël neergelê. Al hierdie modelle moet swart wees.
Motors word nou baie vinniger gemaak en word nog goedkoper verkoop! Ek kry juis môre my Model T of “Tin Lizzie”, soos die mense dit noem. Ek dink dis wonderlik dat nóg meer mense dit nou kan bekostig om ‘n motor te koop.
Groete
George Philips
.
Hulle lyk baie anders vandag.
So ry ons nog steeds met Ford motors.
Baie luukser met baie meer krag.
Koor: Dink terug, o dink terug,
O dink terug aan die motors van ouds, van ouds.
Dink terug, o dink terug,
O dink terug aan die motors van ouds, van ouds.
Ons ry nou met vinnige motors.
Daar’s modelle te kus en te keur.
Ons ry nou met vinnige motors.
Die soorte word net al hoe meer. (G.S.)
Koor:
Het iemand dalk lus om ‘n derde of selfs vierde versie te skryf ?
| LU 2.4.2 |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees): |
| 1.1.1 beantwoord letterlike vrae; |
| 1.1.5 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos: Watter soort persoon is die held? Hoe tree hy/sy op? Is hy/sy realisties of gestereotipeer voorgestel? (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig); |
| 1.5 respekteer ander leerders: |
| 1.5.1 gee ander leerders ‘n kans om te praat; |
| 1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat; |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: |
| 2.1.1 stel en beantwoord vrae; |
| 2.2 tree op kultureel gepaste maniere op: |
| 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; |
| 2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra: |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle; |
| 4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is); |
| 4.3 skryf kreatief: |
| 4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit); |
| 4.4 ontwerp mediatekste: |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys; |
| 4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik: |
| 4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.2 gebruik taal om te dink: |
| 5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?) |
Hierdie leesstuk word gelees vir die luisterbegripoefening by no. 3
My Eerste Skooldag
Die dag het begin soos gewoonlik, maar dit was heeltemal anders. Die nuwe grys broek het my knieë gekrap en die baadjie het amper op my knieë gehang.
Ek wou nie skool toe gaan nie. Ek wou by die huis bly by my eendjie. Ek wou liewers met my karretjies speel en saam met my ma winkels toe gaan. Ek wou liewers in die oggend televisie kyk.
My pa het gesê ek moet dapper wees. Hy het gesê alle kinders moet skool toe gaan en dat ek baie nuwe maats sou kry. My ma het niks gesê nie en haar oë het geblink. Ek het haar hand styf vasgehou en saam met haar na my klaskamer toe gestap. My juffrou was mooi en vriendelik en skielik was ek nie meer bang nie. Ek het ‘n seun op die mat sien sit en ek het by hom gaan sit en hom gehelp om ‘n toring met blokkies te bou.
3.
(a) Nee
(b) Nee
(c) Nee
(d) Ja
(e) Nee
(f) Ja
(g) Ja
(h) Nee
(i) Ja
(j) Ja
4.
(a) Hoe oud was jy toe jy die eerste maal na die tandarts toe moes gaan?
(b) Hoekom moes jy na die tandarts toe gaan?
(c) Was jy bang vir die tandarts?
(d) Hoe het die tandarts gelyk?
(e) Wat het jy in die spreekkamer raakgesien?
(f) Wat het die tandarts eerste gedoen?
(g) Wat het die tandarts gesê?
(h) Was dit baie seer?
(i) Is jy ooit bang vir die tandarts?
5.
6.
7.
(a) Die ou motor het 'n hoë dak.
(b) Die agterruit is ovaalvormig.
(c) Die voorligte lyk baie koddig.
(d) 'n Mens sit baie hoog in die ou motor.
(e) Die bande lyk soos fietswiele met speke.