Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
1. Tyd vir ‘n paar speletjies! Verdeel weer in julle groepe. Elke groep kry ‘n beurt om al die speletjies te speel, indien die tyd dit toelaat. Julle het heel moontlik hierdie speletjie gespeel toe julle baie kleiner was.
a) Die maat wat begin, kies ‘n voorwerp in die klaskamer en sê dan:“Ek sien met my kleine ogies iets wat begin met ‘n ............. (Noem die letter waarmee die voorwerp begin, bv. ‘n b.). Die maat wat reg raai, is volgende aan die beurt.
b) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word. Hy of sy kry ‘n voorwerp in die hand en deur daaraan te voel, kan die maat die voorwerp identifiseer.
c) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word. ‘n Ander maat hou een van die items waaraan geruik moet word, by sy of haar neus. Die maat moet die item identifiseer deur slegs daaraan te ruik.
d) Elke maat kry ‘n beurt om een van die geluide wat voorgespeel word, te identifiseer.
e) Elke maat kry ‘n beurt om geblinddoek te word en te proe aan al die verskillende kossoorte. Die maat moet die kossoorte identifiseer.
Julle het sekere liggaamsdele gebruik om die speletjies te kan speel. Noem hulle gou op:
f) Wat sal jy die meeste mis, indien jy nou skielik blind sou word?
g) Wat sou jy die meeste mis, indien jy nou skielik doof sou word?
| LU 5.2.1 |
2.
Dis nou tyd om met nog ‘n baanbreker, of pionier, kennis te maak! Sy naam was Louis Braille.
3. Lees die volgende leesstuk, wat ons meer vertel van Louis Braille, minstens twee maal baie aandagtig deur.
Louis Braille is op 4 Januarie 1809 naby Parys in Frankryk gebore. Louis se pa het saals en tuie vir perde gemaak. Eendag, toe Louis drie jaar oud was, was hy alleen in sy pa se werkswinkel. Hy het een van die skerpste messe opgetel en ‘n gaatjie in ‘n stuk leer probeer maak. Die mes het gegly en deur sy linkeroog gesny. Hulle was 32 km van die naaste dokter af en sy ma het die oog ontsmet. Dit het nie gehelp nie en die oog het ontsteek. Die ontsteking het na die gesonde oog versprei en toe Louis vyf jaar oud was, was hy heeltemal blind. Op sewejarige ouderdom het Louis na ’n gewone skool toe gegaan. Omdat hy so ‘n slim seuntjie was en kon onthou wat hy gehoor het, het hy baie goed gevaar.
Op negejarige ouderdom is Louis na ‘n skool vir blindes in Parys. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, het hy ‘n onderwyser by hierdie skool geword.
Hy het al sy vrye tyd gebruik om ‘n stelsel te ontwikkel wat dit vir blindes baie maklik sou maak om te lees en te skryf. Dit het bestaan uit ses kolletjies wat op verskillende maniere gerangskik is om al die letters voor te stel. Hierdie kolletjies het soos knoppies op die papier uitgestaan. Hierdie briljante Braille-alfabet word nog dwarsoor die wêreld deur blinde mense gebruik.
Beantwoord die volgende vrae deur slegs W (waar), O (onwaar) of OB (onvoldoende bewyse) in te vul. Moenie die leesstuk weer raadpleeg nie.
| LU 3.6.2 |
| Selfassessering onder leiding van die opvoeder : Totaal uit 10 |
4. Voltooi die onderstaande sinne deur die ontbrekende woorde in te vul. Die woorde wat ingevul moet word, is: uit; met; in; onder; op; aan; langs; by; vir; af; na.
(a) Louis Braille is __________ Frankryk gebore.
(b) Hy het ______ driejarige ouderdom ‘n ongeluk ________‘n skerp mes gehad.
(c) Hy is op sewejarige ouderdom ________ ‘n gewone skool.
(d) Toe hy nege jaar oud was, het hy ________‘n skool __________blinde mense begin skoolgaan.
(e) Hy het ___ ‘n stelsel gewerk om lees en skryf maklik te maak _____ blinde mense.
(f) Die stelsel het _______ ses kolletjies bestaan.
| LU 6.2.10 |
5. Elkeen van ons is uniek. Uniek beteken dat ons van mekaar verskil omdat daar net “een soos ek” is. Elkeen van ons is kosbaar, want daar is net een mens soos jy op aarde en dit is jyself!
(a) Jy en jou maat kan gou vir mekaar julle fisiese kenmerke opnoem. Fisiese kenmerke of eienskappe is dinge soos die volgende:
Lees nou saam oor fisiese gestremdhede.
(b) Sommige fisiese eienskappe verhinder mense om sekere dinge te kan doen wat mense meesal kan doen, bv.
Wanneer ‘n fisiese eienskap iemand verhinder om te doen wat mense gewoonlik kan doen, praat ons van ‘n fisiese gestremdheid (physical disability).
Fisiese gestremdheid kan mense nie verhinder om die belangrikste dinge in die lewe te doen nie, bv.
Jy kan nog dinge byvoeg!
c) Gesels nou in julle groepe oor hoe ‘n mens fisies gestremd word.
Die redes is:
Kan julle aan nog redes dink?
Miskien het julle ‘n fisies gestremde maat in die klas. As hy of sy gewillig is, kan die klas hom of haar ‘n paar vrae vra oor sy/haar gestremdheid en hoe sy / hy dit ervaar.
Daar is baie gestremde mense in Suid-Afrika.
Die gestremdhede waarmee ons die bekendste is, is:
e) Kom ons oefen gou hoe om so ‘n brief te skryf. Dit sal ‘n kort briefie wees. In die brief moet jy meer inligting aanvra oor die vereniging of instansie se werk en funksie. Julle opvoeder sal vir julle leiding gee oor hoe ‘n brief moet lyk. Onthou om jou eie adres en die adres van die vereniging aan te bring, bv.:
Roosstraat 81 Parow 7500
6 Mei 2005
DeafsaPosbus 226Nuweland7700
Geagte
__________________________
Die uwe
| LU 4..2.2 |
6. Julle klas kan dalk iets beteken vir hierdie mense wat nie so gelukkig is soos julle nie. Daar is verskeie maniere waarop julle dit kan doen. Julle kan geld insamel om vir een van hierdie instansies of organisasies te skenk. Daar is ‘n hele klompie maniere waarop julle kan geld insamel, bv. deur ‘n verkoping te hou, ‘n konsert te hou vir die res van die skool (of ‘n paar klasse), die personeel by die skool se motors te was, ens.
(a) Verdeel nou in julle groepe. Elke groep moet ‘n plan van aksie saamstel. Die groep beplan:
(b) Die volgende stap is die ontwerp van ‘n plakkaat. Die plakkaat moet natuurlik al die besonderhede adverteer. Die aktiwiteit gaan natuurlik bepaal hoe die plakkaat gaan lyk.
Julle opvoeder of skoolhoof kan die wengroep aanwys.
| LU 4.4.1 |
7. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe, bv. ambulans: am/bu/lans om jou te help met die spelling van die woorde.
Leer nou die spelling van hierdie woorde. Bespreek die betekenis van elk.
k) Voltooi nou die onderstaande sinne deur al hierdie woorde korrek in te vul:
(i) Wanneer ons siek is, besoek ons ‘n ________
(ii) Ons drink _______ sodat ons gesond kan word.
(iii) Mense wat ernstig siek is, of ‘n __________ ondergaan, word in ‘n ______opgeneem.
(iv) Ons noem hierdie mense wat in die hospitaal lê, ________ .
(v) Die ______ versorg die pasiënte.
(vi) Die hart, longe, niere en lewer is almal ______ .
(vii) Jy kry ______om jou tydens ’n operasie te laat slaap.
(vii) ‘n Mens wie se hart nie meer funksioneer nie, ondergaan ‘n ______ .
(ix) Mense is dikwels bang vir ‘n_____omdat hulle bang is die naald gaan hulle seermaak.
| Assesseer spelling en woordeskat : Totaal uit 10 |
8. Gesels ‘n bietjie in die klas oor julle ervaring van hospitale. Was jy al in die hospitaal? Hoekom? Het jy iemand in die hospitaal besoek?
(a) Jy en jou maat gaan nou saam ‘n dialoog skryf. Een van julle is die dokter, en die ander een die pasiënt. Dit moet ‘n baie komiese (snaakse) dialoog wees. Die pasiënt vra vrae aan die dokter oor ‘n operasie wat sy/hy moet ondergaan. Die pasiënt is baie bang vir die operasie en die dokter probeer hom / haar gerusstel. Daar moet ‘n paar misverstande wees om dit nog snaakser te maak, m.a.w. die dokter verstaan die pasiënt verkeerd en verskaf antwoorde wat hom/haar nog banger maak.
| LU 4.3.1 |
9. Lees nou die onderstaande noukeurig deur.
Suid – Afrika het ook ‘n baie beroemde baanbreker of pionier opgelewer.
Op Saterdagmiddag 2 Desember 1967 het ‘n tragedie op die ou einde verander in ‘n gebeurtenis wat die hele wêreld laat regop sit het.
‘n Jong dame van 25 jaar is op hierdie Saterdagmiddag deur ‘n motor raakgery. Sy is in die Groote Schuur Hospitaal opgeneem waar sy breindood verklaar is. Haar naam was Denise Darvall.
In dieselfde hospitaal het daar ‘n 53-jarige pasiënt gelê. Hy het al ‘n hele paar hartaanvalle gehad wat sy hart onherstelbaar beskadig het. Sy naam was Louis Washkansky.
‘n Briljante jong dokter, professor Christiaan Neethling Barnard, was ‘n hartchirurg by die Groote Schuur Hospitaal. Hy is op 8 November 1922 op Beaufort – Wes gebore. Sy pa was ‘n sendelingpredikant op hierdie dorp. Professor Barnard het al ‘n geruime tyd navorsing gedoen oor die moontlikheid van hartoorplantings op mense. Louis Washkansky was die ideale kandidaat. Professor Barnard en sy span medici wat hom sou bystaan, het al weke lank gewag vir ‘n geskikte hart. Denise Darvall se hart het aan al die vereistes voldoen.
Op Sondag 3 Desember 1967 het die heel eerste hartoorplanting net ná middernag begin. Om twee minute voor ses daardie oggend is die nuwe hart in Louis Washkansky se borskas met ‘n elektriese skok aan die gang gesit.
Dit was ‘n baie geskiedkundige gebeurtenis. Professor Barnard het die waagmoed gehad om die heel eerste hart op ‘n mens oor te plant - ‘n “eerste” in die wêreld! Vandag is ‘n hartoorplanting wêreldwyd ‘n algemene operasie.
Op 2 September 2001 het Suid-Afrika se “koning van harte” gesterf. Hy is een van die bekendste Suid-Afrikaners en ons is trots op hom.
Beantwoord die onderstaande vrae aan die hand van die leesstuk.
(a) Onderstreep die korrekte antwoorde:
(i) 2 Desember 1967 was ‘n (Vrydag, Saterdag, Sondag).
(ii) Die jong dame is in die (Groote Schuur Hospitaal, Tygerberg Hospitaal, Vincent Palotti Hospitaal) opgeneem.
(b) Vul die ontbrekende woorde in om die sinne te voltooi:
(i) Die jong dame se naam en van was _________
(ii) ___________se hart was onherstelbaar beskadig.
(iii) Die briljante hartchirurg se naam en van was ____________
(c) Beantwoord die volgende vrae. Skryf slegs die antwoorde neer:
(i) Op watter dorp is professor Barnard gebore?
(ii) Wat was sy pa se beroep?
(iii) Op watter dag, maand en jaar is die heel eerste hartoorplanting gedoen?
(d) Skryf die volgende sinne oor sodat hulle waar sal wees:
(i) Professor Chris Barnard was ‘n Amerikaner.
(ii) Hy het die heel eerste menslike nieroorplanting uitgevoer.
| LU 3.6.1 |
| Assessering deur opvoeder : Totaal uit 10 |
10. Sommige woorde klink dieselfde, maar word verskillend gespel en verskil in betekenis. Werk saam met ‘n maat en slaan die korrekte spelling en betekenis in ‘n woordeboek na. Onderstreep die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
(a) Professor Barnard moes die hartspan (lei / ly) tydens die operasie.
(b) Die pasiënt (lei / ly) aan ‘n siekte.
(c) (Mei / My) pa is ‘n dokter.
(d) (Mei / My) is die vyfde maand van die jaar.
(e) Professor Barnard moes ná die oorplanting baie (reis / rys) om lesings aan te bied.
(f) Ek eet baie graag (reis / rys).
(g) Dokters (wy / wei) baie aandag aan hulle pasiënte.
(h) Die skape (wy / wei) in die veld en eet gras en bossies.
(i) Ons sê ‘n opdraande of bult is baie (steil / styl).
(j) Die vrou se hare is volgens die nuutste (steil / styl) gesny.
Nadat jou woorde nagegaan is, leer die spelling en betekenis van hierdie ei / y-woorde.
| LU 6.3.3 |
Moontlike uitstappie:
Hartoorplantingsmuseum by die Groote Schuur Hospitaal.
Navrae en besprekings: (021) 4040 2187
| LU 2 | |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: | |
| 2.1.1 stel en beantwoord vrae; | |
| 2.2 tree op kultureel gepaste maniere op: | |
| 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; | |
| 2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra: | |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is. | |
| LU 3 | |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 3.6 lees vir genot en inligting: | |
| 3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak; | |
| 3.6.5 los woordraaisels op; | |
| 3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat: | |
| 3.7.2 gebruik ‘n woordeboek. | |
| LU 4 | |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: | |
| 4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle; | |
| 4.1.4 druk mening skriftelik uit en gee redes daarvoor (soos hoekom een gedig beter as ‘n ander gedig is); | |
| 4.3 skryf kreatief: | |
| 4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit); | |
| 4.4 ontwerp mediatekste: | |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys; | |
| 4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik: | |
| 4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer. | |
| LU 5 | |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 5.2 gebruik taal om te dink: | |
| 5.2.1 stel en beantwoord ingewikkelder vrae (soos: Kan jy aan ‘n ander verduideliking hiervoor dink?) | |
| LU 6 | |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. | |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: | |
| 6.1 spel bekende woorde korrek: | |
| 6.1.1 algemeen gebruikte woorde (soos: vyftien, moeilik, wêreld, veertien); | |
| 6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: | |
| 6.2.1 sommige vraagvorme. | |
3.
(a) Waar
(b) Waar
(c) Waar
(d) Onwaar
(e) Onwaar
(f) Onvoldoende besonderhede
(g) Onwaar
(h) Waar
(i) Onwaar
(j) Waar
4.
(a) in
(b) op; met
(c) na
(d) in of by; vir
(e) aan; vir
7. (a) dok/ter
(b) hos/pi/taal
(c) pa/si/ën/te
(d) me/di/sy/ne
(e) o/pe/ra/sie
(f) nar/ko/se
(g) or/ga/ne
(h) hart/oor/plan/ting
(i) ver/pleeg/ster
(i) dokter
(ii) medisyne
(iii) operasie; hospitaal
(iv) pasiënte
(v) verpleegster
(vi) organe
(vii) narkose
(viii) hartoorplanting
(ix) inspuiting
(a) (i) Saterdag
(ii) Groote Schuur Hospitaal
(b) (i) Denise Darvall
(ii) Louis Washkansky
(iii) Christiaan Neethling Barnard
(c) (i) Beaufort-Wes
(ii) Sendelingpredikant
(iii) Sondag 3 Desember 1967
(d) (i) Professor Chris Barnard was 'n Suid-Afrikaner.
(ii) Hy het die heel eerste menslike hartoorplanting uitgevoer.
(a) lei
(b) ly
(c) My
(d) Mei
(e) reis
(f) rys
(g) wy
(h) wei
(i) steil
(j) styl