Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 » Huishoudings

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Huishoudings

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 6

Module 5

HUISHOUDINGS

Al die mense wat in een huis saamwoon, noem ons ‘n HUISHOUDING. Al woon slegs een mens in ‘n woning, is dit nog steeds ‘n huishouding.

  1. Hoe verskil jou huishouding van jou maat s’n wat langs jou sit? Maak nou ‘n lysie van die lede van jou huishouding.

Vergelyk jou lysie met jou maat langs jou s’n. Skryf die ooreenkomste neer (al die lede wat dieselfde is ).

Skryf nou die verskille neer. ( Watter lede is in sy / haar huishouding wat nie in jou huishouding is nie?)

Table 1
LU 5.2.4  

2. Kom ons leer die betekenis van nog ‘n woord: EKONOMIE. (Economy).

Wat is die betekenis ? Slaan dit na in die verklarende woordeboek. Skryf dit neer.

Table 2
LU 3.7.2  

Dus is die ekonomie alles en almal wat geld verdien, geld spaar en geld spandeer.

geld verdien : earn money

geld spaar : save money

geld spandeer : spend money

  • Gesels nou in julle groepe oor wie die geld in julle huishouding verdien.
  • Hoe verdien hy / sy / hulle die geld?
  • Hoeveel dae per week werk hy / sy / hulle?
  • Hoeveel ure werk hy / sy / hulle per dag?
  • Hoe kom hy / sy / hulle by die plek waar hulle geld verdien?
  • Kry hy / sy / hulle ‘n weeklikse loon of ‘n maandelikse salaris?
Table 3
LU 1.5.1   LU 2.1.2  

3. Stillees.

Julle opvoeder gaan die onderstaande leesstuk hardop voorlees. Daarna gaan julle dit self stil deurlees en die daaropvolgende vrae beantwoord.

Die wêreld sonder geld?

Dit is baie moeilik om die wêreld sonder geld voor te stel. Wanneer ‘n mens werk, word jy gewoonlik vergoed. Lees bietjie hoe ‘n sangeres vir ‘n optrede betaal is.

Die sangeres se naam was Mile Zélie en sy het in die hoofstad van Frankryk, Parys, gewoon. Sy is eendag genooi om ‘n konsert te gaan hou op ‘n eiland in die Stille Suidsee. Haar betaling sou ‘n derde van die inkomste by die kaartjieskantoor wees. Kan jy raai hoe verbaas sy was toe sy haar betaling ontvang ? Sy het 3 varke, 2 dosyn kalkoene, 44 hoenders en ‘n groot klomp kokosneute, piesangs, suurlemoene en lemoene ontvang. Mile Zélie het nie geweet sy gaan optree in ‘n wêreld sonder geld nie ! Vir die eilandbewoners was dit heeltemal normaal om iemand met diere en vrugte te vergoed ! Hulle het met hulle produkte gekoop en vergoed, nie met geld nie.

Beantwoord nou die volgende vra deur W (waar) O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede, wanneer jy nie genoeg inligting het nie) te skryf.

  1. (a) Mile Zélie was ‘n sangeres
  2. (b) Sy was ‘n Franse dame
  3. (c) Parys is die hoofstad van Frankryk
  4. (d) Sy het ‘n konsert gaan hou in ‘n groot stad
  5. (e) Sy sou die helfte van die inkomste by die kaartjieskantoor ontvang
  6. (f) Sy het gedink sy gaan met geld betaal word
  7. (g) Deel van haar betaling was 12 kalkoene
  8. (h) Daar was baie vrugtebome op die eiland
  9. (i) Die diere was lewendig
  10. (j) Die eilandbewoners het nooit geld gebruik as betaling nie

Totaal 10

Table 4
LU 3.3.2  

10

Selfassessering onder leiding van die opvoeder. Ek het gekry.

WOORDESKAT

vergoed : compensate

betaling : payment

inkomste : income

kaartjieskantoor : booking-office

produkte : products

4. Elke huishouding het elke maand ‘n honderd-en-een dinge wat gekoop en betaal moet word. Kyk bietjie hoe gaan dit in die Adams-gesin se huis.

Figure 1
Figure 1 (Picture 8.png)

Hier sien ons vier soorte sinne:

  • Die stelsin: ( om iets te sê ) Ek wil graag meer sakgeld hê.

‘n Stelsin het ‘n punt aan die einde.

  • Die vraagsin: ( om ‘n vraag te vra ) Waarmee gaan ons die huishuur betaal?

‘n Vraagsin het ‘n vraagteken aan die einde.

  • Die uitroepsin: ( om gevoelens uit te druk ) Eina, my skoene druk my tone!

‘n Uitroepsin het ‘n uitroepteken aan die einde

  • Die bevelsin: ( om ‘n bevel te gee ) Julle moet minder bel!

‘n Bevelsin het ‘n uitroepteken aan die einde.

Mense se name word met hoofletters geskryf. Ons noem dit eiename. Name van plekke, strate, skole, koerante en tydskrifte is ook eiename en word dus ook met hoofletters geskryf.

Table 5
NAME Mabel
VANNE Jones
PLEKKE Gauteng; Garieprivier; Kaapstad
SKOLE Laerskool Lekkerland
STRATE Blomstraat; Roosland
KOERANTE EN TYDSKRIFTE Die Burger; Die Huisgenoot
DAE VAN DIE WEEK Sondag; Woensdag
MAANDE VAN DIE JAAR Februarie; Augustus

Skryf die volgende sinne oor met die nodige hoofletters en ook die ontbrekende leestekens aan die einde van die sinne:

  1. (a) hou op om so te skree
  2. (b) eina mansu, jy trap op my toon
  3. (c) lewer john williams die burger in boomstraat af
  4. (d) oppas michelle, jy gaan val
  5. (e) is susan thomas in die laerskool jakaranda
  6. (f) daar is ‘n foto van tafelberg op die voorblad van die huisgenoot
  7. (g) ek is ‘n burger van suid-afrika
  8. (h) joshua mesele woon in maputo, die hoofstad van mosambiek
Table 6
LU 6.2.15  

Alle huishoudings het basiese behoeftes, of hulle nou ryk of arm is. Ons het almal kos, klere en blyplek nodig. Behoeftes is die dinge wat ons nodig het om te oorleef (survive). Kyk ‘n bietjie na hierdie inkopielys en onderstreep al die items wat behoeftes is:

Figure 2
Figure 2 (Picture 14.png)

5. Mondeling en skriftelike werk.

Jy en ‘n maat gaan saamwerk vir die volgende aktiwiteit. Skryf nou ‘n dialoog oor die volgende situasie. ‘n Baie ryk persoon wil graag die straatkinders help. Hierdie persoon gesels met een van die straatkinders om uit te vind hoe hy met hulle behoeftes kan help.

Die volgende vrae kan gevra word:

RP (ryk persoon)

SK (straatkind)

Ryk persoon: Wat is jou naam?

RP: Hoe oud is jy?

RP: Waar kom jy vandaan?

RP: Hoe oud was jy toe jy op straat begin bly het?

RP: Hoekom het jy ‘n straatkind geword?

RP: Hoe kry jy elke dag kos in die hande?

RP: Waar slaap jy?

RP: Wat doen jy in die winter om warmer te slaap?

RP: Ek wil jou graag help om ‘n beter lewe te ly. Elke mens het basiese

behoeftes. Ek dink die eerste behoefte waarmee ek jou kan help, is:

Table 7
LU 2.1.1   LU 4.3.1  

Indien julle opvoeder dit toelaat, kan julle aantrek vir hierdie rolspel. Probeer om julle rolle ook met lyftaal en gesigsuitdrukkings te vertolk!

Partykeer wil mens dinge hê wat jy nie regtig nodig het nie. Ons noem dit ‘n begeerte. Ons kan ook sê jy wens jy kan iets kry.

Die verskil tussen ‘n begeerte en ‘n behoefte is die volgende:

  • ‘n Behoefte is iets wat jy nodig het.
  • ‘n Begeerte is iets wat jy graag wil hê.

Skryf die korrekte Afrikaanse woorde langs die Engelse woorde:

  • A need: ‘n ____________
  • A desire: ‘n______________

6. Skriftelike werk.

Skryf ‘n paragraaf oor elk van die volgende:

Let op na die punktuasie en woordorde van jou sinne. Vergelyk jou poging met die kontrolelys.

  • My behoeftes
  • My begeertes

Table 8
LU 4.1.3  

Luister terwyl jou opvoeder die volgende leesstuk vir julle hardop voorlees. Daarna kan jy en jou maat langs jou dit vir mekaar voorlees. Julle kan mekaar help met die korrekte uitspraak van woorde. Raadpleeg ook die lysie van “Nuwe Woorde” as jy twyfel oor die betekenis van ‘n woord.

Table 9
NUWE WOORDE
ruilhandel bartering or trading
voorsien Provide
bevolking Population
afstande Distances
gemeenskap Community
kweek kos grow food
wewer Weaver
verbou koring grow wheat
waardevol Valuable
varke aanhou keeping pigs
sekere hoeveelheid certain quantity
linne Cloth

7. Begripstoets.

Duisende jare gelede het mense dieselfde behoeftes gehad as wat ons vandag het, maar daar was nog nie geld om die basiese kos mee te koop nie. Daarom het die mense in hul behoeftes voorsien deur middel van ruilhandel.

In daardie dae was die bevolking van die wêreld baie kleiner as vandag. Dorpe en gemeenskappe was ook kleiner. Die afstande tussen dorpe was ook baie kleiner en dit was nie ver om na ‘n ander dorp te reis nie.

Wanneer mense nie genoeg kos vir hulle eie behoeftes gekweek het nie, was dit maklik om iemand te kry wat kos vir iets anders sou ruil.

‘n Ruiltransaksie sou so kon lyk:

‘n Boer wat koring verbou, neem van sy koring na ‘n man wat varke aanhou. Die man met varke het koring nodig vir meel om brood te bak vir sy familie. Hy ruil dan die vark vir ‘n sekere hoeveelheid koring.

Wanneer die boer weer by die huis kom, slag hy die vark en hou genoeg vleis vir sy familie se behoeftes. Die res neem hy na die wewer vir ‘n verdere transaksie. Hy het ‘n stuk linne nodig en verruil dit dan vir die orige varkvleis. Dinge wat skaars was, is vir waardevolle items geruil. ‘n Diervel sou byvoorbeeld geruil kon word vir spesiale krale.

Beantwoord nou die volgende vrae:

Vul die ontbrekende woorde in:

  1. (a) Duisende jare gelede het mense dieselfde __________gehad aswat ons vandag het.
  2. (b) Daar was nog nie ___________nie en hulle het kos in die hande gekry

deur middel van___________________ .(3)

Skryf nou twee dinge neer wat baie kleiner was as wat dit nou is.

(2)

Kies die regte antwoord en onderstreep dit.

  1. (a) Die boer het sy koring vir (vleis, groente, vrugte) geruil.
  2. (b) Die man wat varke aangehou het, het meel nodig gehad om (koek, brood, beskuit) vir sy familie te bak.

(2)

Hoekom het die boer die orige varkvleis na die wewer toe geneem?

(1)

Die volgende stellings is onwaar. Skryf dit sodat dit waar is.

  1. (a) ‘n Wewer maak klere.
  2. (b) Dierevelle was volop.

(2)

Assessering deur opvoeder TOTAAL (20)

Table 10
LU 3.1.1   LU 3.1.2  

8. Mondeling

Nou is dit julle beurt! Verdeel in groepe van drie elk en verplaas julleself na duisende jare gelede voordat geld bestaan het. Besluit wie die koringboer is, wie varke aanhou en wie die wewer is. Rolspeel dan sommer die ruilhandeltransaksies waarvan julle nou gelees het.

As daar genoeg tyd is, kan julle ‘n bietjie meer handeldryf. Gebruik sommer die inhoud van julle potloodsakkies of pennehouers. Miskien wil jou maat graag jou goue pen “hê”. Wat wil jy in ruil hê daarvoor? Onderhandel met mekaar en besluit watter items is waardevoller en watter het min waarde.

Table 11
LU 2.2.1   LU 2.3.4  

Leer die volgende meervoude:

Table 12
e   e   e   e
Kort klanke -e   Lang klanke   Eindig op-g   Ander woorde
EEN BAIE   EEN BAIE   EEN BAIE   EEN BAIE
tak takke   skaap skape   dag dae   muis muise
mes messe   vuur vure   vlag vlae   hond honde
pit pitte   beer bere   vraag vrae   neus neuse
bok bokke   boot bote   maag mae   bladsy bladsye
hut hutte   haas hase   saag sae   vark varke
-kke; -sse;-tte ens   aa; ee; oo; uu   g onthou ook aa    
Table 13
s   s   ‘s
Familiewoorde -s   Woorde met meer as een lettergreep   Eindig op -i,-o,-u en beklemtoonde -a kry 's
EEN BAIE   EEN BAIE   EEN BAIE
broer broers   lepel lepels   ski ski's
suster susters   vinger vingers   foto foto's
oom ooms   koppie koppies   hoera hoera's
niggie niggies   appel appels   skadu skadu's
neef neefs   winkel winkels   ma ma's
Table 14
te   we   ers
Eindig op -g   Eindig op -f   kind kinders
EEN BAIE   EEN BAIE      
nag nagte   wolf wolwe      
wag wagte   straf strawwe      
lig ligte   kloof klowe   ens
vrug vrugte   stoof stowe   bad baddens
gesig gesigte   dief diewe   bed beddens
plig pligte   duif duiwe   vrou vrouens
Table 15
ë   Uitsonderings
oog oë   pad - paaie hemp - hemde
boog boë   gat - gate bees - beeste
vlieg vlieë   skip -skepe vliegtuig - vliegtuie
knie knieë   stad stede glas - glase

Vul die meervoude in:

  1. (a) Daar is baie blaar aan die tak.

Daar is baie ______aan die_____________.

  1. (a) Party dag vra ons baie vraag.

Party _________vra ons baie_________.

  1. (a) Die boer het vark en perd op sy plaas.

Die boer het ________en ____________op sy plaas.

  1. (a) Ek het twee broer en drie suster.

Ek het twee _________en drie_____________.

  1. (a) Ek eet graag appel en piesang.

Ek eet graag ____________ en__________.

  1. (a) Ons twee se ma neem foto van ons.

Ons twee se ___________neem ___________ van ons.

  1. (a) Die wolf bly almal in die kloof.

Die ___________ bly almal in die _________.

  1. (a) Die kind slaap in die bed.

Die _____________slaap in die__________.

  1. (a) Die honger mense se gesig blink van blydskap wanneer hulle die vrug kry.

Die honger mense se _________ blink van blydskap wanneer hulle die

__________ kry.

  1. (a) Die mense in die groot stad kla van al die vliegtuig se geraas.

Die mense in die groot ________kla van al die _________ se geraas.

RUIL JOU SINNE MET ’N MAAT S’N OM. ASSESSERING ONDER LEIDING VAN DIE OPVOEDER.

Table 16
LU 6.2.6  

Assessering

Table 17
LU 2  
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.  
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:  
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:  
2.1.2 voer ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;  
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:  
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;  
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:  
2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse toestel gebruik word);  
LU 3  
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.  
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:  
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:  
   
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek;  
3.3 lees vir inligting:  
3.3.2 soeklees (roosters/leesstuk) vir spesifieke inligting;  
LU 4  
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.  
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:  
4.1 skryf om inligting oor te dra:  
4.1.1 teken en skryf byskrifte by kaarte, diagramme, grafieke en tabelle;  
4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment);  
4.3 skryf kreatief:  
4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit);  
4.4 ontwerp mediatekste:  
4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys;  
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:  
4.6.1 pas kennis van taalstrukture toe (soos grammatika, spelling, punktuasie, grammatikale verskille tussen huis- en addisionele taal) om eie en ander se werk te redigeer.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
 
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.4 identifiseer ooreenkomste en verskille;
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong; sagte; vroeër; vroegste; dolverlief);
6.2.15 hoofletters en leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt).

Memorandum

3.

(a) Waar

(b) Waar

(c) Waar

(d) Onwaar

(e) Onwaar

(f) Onvoldoende besonderhede

(g) Onwaar

(h) Waar

(i) Onvoldoende besonderhede

(j) Waar

4.

(a) Hou op om so te skree!

(b) Eina, Mansu, jy trap op my toon!

(c) Lewer John Williams Die Burger in Boomstraat af?

(d) Oppas, Michelle, jy gaan val!

(e) Is Susan Thomas in die Laerskool Jakaranda?

(f) Daar is 'n foto van Tafelberg op die voorblad van Die Huisgenoot.

(g) Ek is 'n burger van Suid-Afrika.

(h) Joshua Mesele woon in Maputo, die hoofstad van Mosambiek.

5. A need 'n Behoefte

A desire 'n Begeerte

7.

(a) behoeftes

(b) geld; ruilhandel

(c,d) bevolking; dorpe; gemeenskappe; afstande tussen dorpe (enige twee)

(e) vleis

(f) brood

(g) Hy het die orige varkvleis vir 'n stuk linne verruil.

(h) 'n Wewer maak linne.

(i) Diervelle was skaars.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks