Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 » Geldeenhede

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Geldeenhede

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 6

Module 6

GELDEENHEDE

1. Hoe goed ken jy die geldeenheid van ons land? Ons praat mos van die voorkant van ’n munt as die kruis (kopkant), en van die munt (agterkant) as die stertkant. Op die voorkant verskyn ons land se wapen. Op die agterkant verskyn daar afbeeldings van diere of van blomme, asook die waarde van die munt, bv. 1c, 2c, ensovoorts.

Op ons geldnote se voorkant is daar afbeeldings van diere se koppe en die note is ook verskillende kleure.

Hoe lyk die note? Voltooi nou die onderstaande tabel: (die eerste een is as voorbeeld gedoen).

Table 1
WAARDE AFBEELDING KLEUR
R10,00 Renoster Groen
R20,00    
R50,00    
R100,00    
R200,00    

Die heel eerste geld is 2500 v.C. in Mesopotamië (vandag is dit Irak) gebruik. Die geld was in die vorm van verskillende hoeveelhede silwer.

2. Luisterlees.

Luister nou terwyl julle opvoeder vir julle lees hoe munte ontstaan het. Hy/sy gaan vrae lees wat julle dan hieronder gaan beantwoord. Skryf slegs Ja of Nee as antwoord.

10

Ruil jou antwoorde met ’n maat s’n. Julle opvoeder sal die korrekte antwoorde gee sodat julle dit kan nasien.

DIE EERSTE NOTE

Die eerste papiergeld is 1 000 jaar na Christus deur die Chinese begin gebruik. Die Chinese het papier uitgevind en was ook die eerste wat papiergeld gebruik het. Die Chinese het moeg geword daarvan om al die munte rond te dra. Die mense het liewers hul munte by die handelaars gelos en het ’n stukkie papier gekry waarop geskryf is hoeveel munte die papier werd was. Ons kan ook sê dit was ’n kwitansie. Hierdie kwitansies kon as geld gebruik word.

3. Soeklees.

Kom ons kyk bietjie na ’n noot van naderby! Ons gebruik ’n R100-00 noot as voorbeeld.

Figure 1
Figure 1 (Picture 3.png)

Beantwoord nou die volgende vrae. Jy sal al die antwoorde op die afdruk van die R100,00 kry.

  1. (a) Wat is die nommer van die banknoot?
  2. (b) Watter bank het hierdie noot uitgereik?
  3. (c) Wie is die president van hierdie bank?
  4. (d) Watter dier word op die noot afgebeeld?
  5. (e) Wat is die waarde van die noot in woorde?
  6. (f) Hoeveel van hierdie diere staan in die veld?
  7. (g) Hoeveel Braille-skrif kolletjies is op die onderste linkerkantse hoek van die noot?
  8. (h) Wat dink jy is die betekenis van hierdie dier?
Table 2
LU 3.3.2  

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

8

Ek het

4. Mondeling.

Verbeel jou jy het tienduisend (10 000) van hierdie note. Hoeveel geld is dit? R……………… . Wat sal jy alles met hierdie geld doen? Dink net hoe fantasties dit sal wees. Beplan baie mooi hoe jy hierdie geld sal spandeer. Kom vertel dan aan jou maats wat jy alles daarmee sal doen. Jy het sowat drie minute tot jou beskikking.

Jy kan ook die onderstaande ruimte gebruik vir jou beplanning.

Table 3
LU 2.4.4  

5. Intensiewe vorme.

As jy werklik R1 000 000 sou hê, sal ons kan sê jy is baie ryk. Een woord vir baieryk is skatryk. Dit beskryf ook hoé ryk jy is. So, byvoorbeeld, sal jy dan baie gelukkig wees. Een woord vir baie gelukkig is dolgelukkig. Ons noem hierdie woorde intensiewe vorme.

Leer die intensiewe vorme.

KLEURE

  • Baie blou is potblou
  • Baie wit is spierwit
  • Baie swart is pikswart
  • Baie rooi is bloedrooi
  • Baie groen is grasgroen
  • Baie geel is goudgeel

ANDER INTENSIEWE VORME

  • Baie nuut is splinternuut
  • Baie warm is vuurwarm
  • Baie leeg is dolleeg
  • Baie nat is papnat
  • Baie duur is peperduur
  • Baie oud is stokoud
  • Baie jonk is bloedjonk
  • Baie koud is yskoud
  • Baie vol is propvol
  • Baie droog is kurkdroog
  • Baie goedkoop is spotgoedkoop

Voltooi die sinne:

  1. (a) Die koffie is baie warm of
  2. (b) Die blom is baie geel of
  3. (c) Die blik is baie leeg of
  4. (d) Die motor is baie duur of
  5. (e) Die lug is vandag baie blou of
Table 4
LU 6.2.7  

6. Dink julle baie geld maak mens altyd baie gelukkig?

Lees bietjie die gedig wat Vanessa, ‘n elfjarige dogter, geskryf het . Julle kan beurte maak om dit vir mekaar voor te lees.

Die TV is aan op ‘n DS-kanaal,

Miskien moet ek liewer my Gameboy gaan haal.

Of sal ek eerder op die rekenaar speel,

Dalk ‘n blik Coke gaan haal vir my droë keel?

Voor ons groot huis staan ‘n mooi, blink motor,

In die garage is nog een, net baie groter.

Ek het alles wat my hart kan begeer

Hoekom vra ek nog iets, nog meer?

Ag Mamma, hoekom is jy nooit tuis?

Hoekom is ek altyd alleen by die huis?

Pappa, waar is jy, alweer weg?

Druk my net vas, dan’s als weer reg.

Gesels nou oor hierdie gedig.

  • Is Vanessa ryk of arm?
  • Hoe weet jy dit?
  • Voel sy gelukkig?
  • Watter woorde kan ons gebruik om te beskryf hoe Vanessa voel? Skryf hulle neer:
  • Hoekom voel sy so?
  • Wat wil sy graag hê?
  • Is dit ‘n behoefte of ‘n begeerte?

7. Tyd om te skryf.

Skryf nou in jou eie woorde oor Vanessa. In jou skryfstuk moet jy vertel van haar besittings, maar ook oor hoe sy voel en hoekom sy so voel. ( Gebruik die assesseringsruit onderaan as riglyn om seker te maak jou skryfwerk is goed en korrek).

Table 5
LU 3.1.2  

Ruil jou skryfstuk oor Vanessa met ‘n maat s’n. Gebruik die assesseringsruit om jou maat se skryfwerk te assesseer. Maak ‘n X in die toepaslike kolom.

Table 6
  Altyd Dikwels Nie so gereeld Soms Nooit
Sinne begin met hoofletters          
Eiename is met hoofletters geskryf          
Daar is ‘n . , ! of ? aan die einde van ‘n sin          
Die woorde is korrek          
Die woorde is korrek gespel          
Die inhoud is goed en sinvol          
           

Geassesseer deur

Jou opvoeder gaan die onderstaande storie hardop voorlees. Luister baie mooi. Jy en jou maat in die groep kan dit vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van woorde. Julle gaan kans kry om die leesstuk voor te berei om vir die klas of groep voor te lees. Julle sal dan geassesseer word.

8. Hardoplees.

Lank gelede het daar ‘n skatryk koning geleef. Sy naam was Midas. Hy het ‘n pragtige dogtertjie gehad vir wie hy baie lief was. Hy was ongelukkig net so lief vir geld en goud. Hoe liewer hy vir sy dogtertjie geword het, hoe liewer het hy vir sy geld en goud geword.

Koning Midas het elke dag sy geld getel. Op ‘n dag staan daar ‘n vreemde mannetjie langs hom.

“O, Midas, jy is skatryk, maar is jy gelukkig?” vra hy . “Ja, ek is, maar ek het nog nie genoeg goud nie.”

“Jy mag één wens wens en die wens sal waar word. Wat wil jy wens?”

“Ek wens dat alles waaraan ek raak, in goud sal verander,” sê Midas.

“ Jou wens sal waar word en van môre af sal alles waaraan jy raak in goud

verander”, sê die mannetjie.

Toe Midas die volgende oggend wakker word, vat hy aan die stoel langs sy bed. Hy is so bly! Hy spring op en raak aan alles: die bed, lakens, kussings en gordyne. Alles verander in goud!

Midas stap eetkamer toe. Hy sit ‘n snytjie brood op sy bord, maar hy skrik toe dit in goud verander. Hy wil sy koffie drink, maar sy koppie verander in goud. Nou raak hy bekommerd. Sal hy ooit weer kan eet of drink?

Sy dogtertjie kom in en sit haar armpies om sy nek. Toe hy na haar kyk, kan hy nie glo wat hy sien nie. Sy dogtertjie se gesiggie is goud, haar hare is goud, haar liggaampie is goud en haar klere is goud en sy is heeltemal kliphard. Sy dierbare dogtertjie is nou ‘n goue standbeeld.

Midas begin huil. Hy sal elke stukkie van sy goue rykdom teruggee en selfs die armste man in die wêreld word as hy net sy dogtertjie kan terugkry.

Skielik staan die mannetjie weer langs hom. “Wel, is jy nou gelukkig?”

“Nee, nee, ek is baie ongelukkig. Ek het my kosbaarste besitting, my kind, verloor.”

“ Ek hoop jy het geleer dat geld en rykdom nie die belangrikste op aarde is nie. Wil jy jou wens terugtrek?”

“ Asseblief tog, ja! Help my!” smeek Midas.

“Nou goed, gaan was jouself in die rivier. Maak ‘n beker vol water en sprinkel dit oor alles wat in goud verander het. Dit sal weer word soos dit was”

Midas het dit dadelik gedoen en was so dankbaar om sy dogtertjie weer lewendig te hê. Koning Midas het sy les geleer.

Table 7
LU 3.6.1   LU 3.7.3  

Verdeel nou in groepe en bespreek die volgende vrae:

  • Dink jy Koning Midas se wens was dom?
  • Hoekom sê jy so?
  • Dink jy sy wens was slim?
  • Jy kan een wens wens. Wat is jou wens?
Table 8
LU 3.1.1  

9. Spel.

Die volgende woorde kom in die leesstuk voor: ryk (rich)

maar (but)

klere (clothes)

haal (fetch)

Lees die woorde hardop.

Lees nou die volgende woorde ook hardop: ruik (smell)

maer (thin)

kleure (colours)

hael (hail)

Alhoewel die woorde byna dieselfde klink, verskil die betekenisse heeltemal.

Leer hoe om die woorde korrek te spel na aanleiding van die betekenis in sinne.

Midas was ryk omdat hy baie geld gespaar het.

Die rose ruik heerlik.

Ek hou van lekkers, maar ek weet dis ongesond.

Die hond is baie maer, want hy eet nie genoeg kos nie.

My ma gaan vir my nuwe klere koop om aan te trek.

Blou en geel is my gunsteling kleure.

Midas moes water gaan haal om op al die goue goed te sprinkel.

Table 9
LU 6.3.3 
Die hael het die ruite stukkend geslaan.

10. Nuwe Geld.

Ons weet nie van watter land af Koning Midas gekom het en hoe sy geld gelyk het nie. Dit maak nie saak nie, want dis slegs ‘n storie. Tog is dit goed om te weet hoe sommige ander lande se geld lyk. Elke land het sy eie note en munte.

Kan jy raai in watter lande die volgende note gebruik word?

Veral die Amerikaanse dollarnoot is eintlik wêreldwyd bekend.

Ek wonder of julle weet dat daar baie onlangs nuwe note en munte in die wêreld verskyn het! Op 1 Januarie 2002 het 300 miljoen mense in Europa begin om ‘n nuwe geldeenheid te gebruik.

Kyk na die kaart van Europa. Soek die volgende lande op die kaart en omkring hulle met ‘n helder kleur:

Figure 2
Figure 2 (graphics1.jpg)
Oostenryk, België, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ierland, Italië, Luxemburg, Nederland, Portugal en Spanje.

Al hierdie lande gebruik vanaf 1 Januarie 2002 dieselfde banknote en munte. Intussen het nog meer lande by hierdie groep aangesluit. Ander lande het intussen ook bygekom. Ons noem die geldeenheid die Euro. So lyk die Euro se simbool:

Table 10
LU 5.3.1  
  • Verdeel in groepe van vier. Elke groep gaan nou “nuwe geld” ontwerp.

Ontwerp vier note.

Ontwerp vier munte.

  • Die nuwe geld moet in plakkaatvorm voorgelê word. Elke groeplid is verantwoordelik vir ‘n munt en ‘n noot se ontwerp. Op die plakkaat moet die kopkant en die stertkant van elke munt geïllustreer word, asook die waarde van die munt. Dieselfde moet met die note gedoen word.
  • Elke groep kan sy eie tema kies waarvolgens die geld ontwerp word. Julle kan ook die munte en note uit karton en papier maak.
  • Elke groeplid moet dan sy munt en noot aan die klas verduidelik.
Table 11
LU 2.4.4  

Assessering

Table 12
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.3 maak ‘n speletjie op wat taal betrek;
2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.1 titel, ruimte/agtergrond en intrige (soos: vertel waarom sekere gebeure op daardie manier in ‘n storie gebeur);
3.1.2 begryp karakters (soos: beskryf hoe ‘n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede);
3.3 lees vir inligting:
3.3.2 soeklees (roosters/leesstuk) vir spesifieke inligting;
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen :
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong; sagte; vroeër; vroegste; dolverlief);
6.2.15 hoofletters en leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt).
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.3 verstaan en gebruik woorde wat tot verwarring kan lei (bv. maar – maer).
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.4 identifiseer ooreenkomste en verskille;
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.1 voer eenvoudige navorsing uit (soos ‘n verkeersopname).

Memorandum

Luisterleesstuk en die stellings

(Lees eers die stellings, daarna die leesstuk en dan weer die stellings sodat die leerders dit kan beantwoord)

Stellings: ( leerders skryf slegs ja of nee as antwoorde)

(a) Die vroegste munte is 700 jaar voor Christus gemaak.

(b) Hierdie munte is deur die Grieke gemaak.

(c) Die munte was klonte metaal.

(d) Die munte was gestempel.

(e) Die munte was slegs van goud gemaak.

(f) Elektrum is ‘n mengsel van goud en silwer.

(g) Die Chinese het 800 jaar voor Christus ook munte begin maak.

(h) Hierdie munte was van silwer gemaak.

(i) Die munte was in die vorm van ‘n klein messie.

(j) Die munte was ook in die vorm van ‘n klein grafie.

Leesstuk:

Die vroegste munte is 700 jaar voor Christus deur die Grieke gemaak. Die munte was eintlik klonte metaal wat gestempel was om te bewys wie dit gemaak het. Die klonte was gemaak van ‘n mengsel van goud en silwer. Die mengsel word elektrum genoem. Die Chinese het 500 jaar voor Christus ook begin om munte te maak. Hulle munte het heeltemal anders gelyk. Hulle munte was van brons gemaak en was in die vorm van ‘n klein messie of ‘n klein grafie.

1.

  • R20,00 Olifant Bruin
  • R50,00 Leeu Pienk
  • R100,00 Wildebees Blou
  • R200,00 Luiperd Geel/oranje

2.

(a) Ja

(b) Ja

(c) Ja

(d) Ja

(e) Nee

(f) Ja

(g) Nee

(h) Nee

(i) Ja

(j) Ja

3.

(a) CD8079508D

(b) Suid-Afrikaanse Reserwebank

(c) Tito Mboweni (Pas aan, indien hierdie antwoord verander)

(d) Wildebees

(e) Eenhonderd Rand

(f) Twee

(g) Vier

(h)

5.

(a) vuurwarm

(b) goudgeel

(c) dolleeg

(d) peperduur

(e) potblou

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks