Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
Luister terwyl julle opvoeder die volgende leesstuk hardop vir julle voorlees. Daarna kan jy en jou maat dit vir mekaar voorlees en mekaar help met die korrekte uitspraak van woorde. Raadpleeg ook die lys van “Nuwe Woorde” as julle twyfel oor die betekenis van ‘n woord.
| NUWE WOORDE | |||||
| wetenskaplikes | - | scientists | beloning | - | reward |
| haaie | - | sharks | viskundige | - | person who studies fish |
| akkedis | - | lizard | bestudeer | - | study |
| eienaardige | - | strange | beskryf | - | describe |
| bemanning | - | crew | opgewondenheid | - | excitement |
| plaaslike | - | local | verras | - | surprise |
| treilnet | - | trawl net | in kennis stel | - | inform |
| hengelaar | - | angler | |||
Stokou Vis Verras
Dit is 22 Desember 1938. Daar is groot opgewondenheid in die hawe van Oos-Londen. Die vissersboot van kaptein Hendrik Goosen, die Nerine, het ‘n vreemde, groot vis aan land gebring!
Hulle vangs was dié dag maar swak en hulle het net ‘n klomp haaie in die treilnet gevang. Daar was ook ‘n baie eienaardige vis tussenin. Hulle het nog nooit so ‘n vis gevang nie. Hy het soos ‘n reuse-akkedis gelyk. Die bemanning het mej. Latimer-Jones by die plaaslike museum gebel. Sy het óók nie die vis geken nie, maar ‘n beroemde viskundige, prof. J.L.B. Smith, in kennis gestel en hy het dit uitgeken as ‘n selekant – ‘n vis wat almal gedink het 70 miljoen jaar gelede geleef het.
Prof. Smith was verskriklik opgewonde en het die vis deeglik beskryf en bestudeer. Hy het besef dat hierdie vis iewers teen die kus van Oos-Afrika in baie diep waters aangetref sal word. Hy het toe ‘n beloning aangebied en foto’s van die eienaardige vis in Oos-Afrika, Madagaskar en op die Comore-eilande versprei. Presies 14 jaar later het ‘n hengelaar op die Comore so ‘n vis gevang. Die berig oor die tweede selekant het selfs ‘n groter opgewondenheid onder wetenskaplikes oor die wêreld heen veroorsaak.
Sedert 1938 is daar meer as 180 selekante naby die Comore gevang.
Die kaarte dui aan waar selekante tot dusver gevang is.
![]() |
Beantwoord nou die volgende vrae.
(1)
(1)
(1)
(3)
Hulle het die volgende in hulle treilnet gevang:
(1)
Die bemanning het mej. Latimer-Jones gebel by:
(1)
Professor J.L.B. Smith was ‘n beroemde:
(1)
(3)
Die volgende stellings is ONWAAR. Skryf hulle oor sodat hulle WAAR sal wees:
(1)
(1)
(2)
Beantwoord die volgende vrae in volsinne:
(1)
(1)
(2)
| LU 1.1.1 | |
| LU 3.6.1 |
Professor Smith het pamflette in Oos-Afrika, Madagaskar en op die Comore-eilande versprei. Hierdie pamflette het die selekant beskryf en ook foto’s van die eienaardige vis bevat. Op die pamflet het hy ook ‘n beloning aangebied vir die hengelaar (angler) wat ‘n selekant vang en hom in kennis stel daarvan.
Julle gaan nou elkeen so ‘n pamflet ontwerp. Julle kan ‘n A4- of A5-grootte vel papier gebruik. Die pamflet moet al die nodige inligting bevat van die selekant, sowel as foto’s, sketse of afdrukke van dié vis. Onthou om ook die beloning aan te bied, sowel as om die telefoonnommer of adres te verskaf.
Gebruik die leesstuk vir die nodige inligting. Jy kan ander bronne ook raadpleeg, byvoorbeeld ’n ensiklopedie of die rekenaar.
| LU 4.4.1 |
Lidwoorde is kort woordjies wat jy voor naamwoorde gebruik. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik, bv. ‘n vis, ‘n vin. Die lidwoord die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die vis, die visse, die vin, die vinne. Wanneer ons die gebruik, is dit ’n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.
Onthou ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf: ‘nVis swem met sy vinne.
Vul ‘n of die op die regte plek in die volgende storie in.
![]() |
SELIE DIE SELEKANT
Selie is baie honger. Hy het lus vir lekker, vet vis. Vis soos
rifvis sal veral lekker smaak. Selie is eintlik jagter en hy spoor
rooivis op deur elektriese seine op te vang wat hy uitstuur. Selie jag in nag
en skuil bedags in grot. Selekant se grootste vyand is haai.
| LU 6.2.9 |
Maak ‘n radio-advertensie.
Buiten die gebruik van pamflette, kon prof. Smith ook van die radio gebruik gemaak het om te adverteer dat hy op soek is na die selekant. In 1938 was daar nog nie televisie in Suid-Afrika óf Afrika nie. Die mense het baie na die radio geluister in daardie dae. Jy kan saam met ‘n maat werk, of alleen, om hierdie advertensie te maak.
Dink aan die volgende wanneer jy/julle die advertensie maak:
| LU 2.4.2 |
Luister terwyl julle opvoeder die gedig hardop voorlees.
Verdeel in groepe van vier. Elke groeplid kan ‘n strofe (stanza) voorlees. Lees die gedig vier maal deur sodat elkeen elke keer ’n volgende strofe lees.
Elke groeplid kry dus ‘n kans om elke strofe te lees.
Die selekant
Jy leef daar diep, diep onder in ‘n grot,
Vir sovele jare reeds al tevrede met jou lot.
Jou stert lyk koddig en is eintlik dubbel,
En met so baie tande kan jy nie juis knibbel!
Jou kleur is diepblou met vlekke van wit,
En jou vinne lyk baie soos bene wat aan jou lyf vassit,
Jou lengte is nes dié van groot mense–mans,
Jy lyk so lomp – hoe hou jy jou balans?
Hulle sê jy het 300 miljoen jaar gelede op land geloop,
Is dit moontlik dat jy nog op jou vryheid hoop?
Jou liggaam is nou so groot en swaar,
Dis moeilik om te dink jy kon loop, sowaar!
Hoe het jy oorleef? - dit is die vraag,
Ons kennis van jou verlede bly steeds vaag.
Hoe min weet ons tog van die diep oseaan,
Is daar nóg “monsters” wat hul weg daar onder baan?
G.S.
Beantwoord die volgende vrae, steeds in groepsverband:
(Gebruik woordeboeke om die betekenisse van woorde na te slaan).
Assessering onder leiding van die opvoeder.
| Totale punt uit | |
| 10 |
| LU 3.2.1 | LU 3.2.4 |
In die gedig gebruik hulle die hele tyd woorde soos jy en jou. Hierdie woorde is voornaamwoorde. Kom ons kyk na die voornaamwoorde.
Voornaamwoorde is woorde soos ek, jy, hy, sy, ons, julle en hulle, en word in die plek van naamwoorde gebruik.
![]() |
Onthou:
| Ek het ‘n vis. | Dis my vis. | Die vis is myne. |
| Jy het ‘n vis. | Dis jou vis. | Die vis is joune. |
| Hy het ‘n vis. | Dis sy vis. | Die vis is syne. |
| Sy het ‘n vis. | Dis haar vis. | Die vis is hare. |
| Ons het ‘n vis. | Dis ons vis. | Die vis is ons s’n. |
| Julle het ’n vis. | Dis julle vis. | Die vis is julle s’n. |
| Hulle het ’n vis. | Dis hulle vis. | Die vis is hulle s’n. |
![]() |
Skryf die tongvis se woorde oor as volg:
Jy sê jy is _______
Hy sê hy is ______
Sy sê sy is ______
Verbeel jou daar is twee tongvisse. Die naamwoorde moet na hulle meervoudsvorme verander word.
On sê ________
Julle sê _________
Hulle sê ________
Ruil jou werk om met ‘n maat s’n. Assesseer mekaar se werk onder leiding van die opvoeder.
| LU 6.2.8 |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees): |
| 1.1.1 beantwoord letterlike vrae. |
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: |
| 2.1.1 stel en beantwoord vrae; |
| 2.3 gebruik die addisisionele taal om inligting oor te dra: |
| 2.3.3 beskryf ‘n proses; |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is; |
| 2.3.6 voer ‘n klasopname uit (soos voer onderhoude met klasmaats en teken reaksies op ‘n tabel of grafiek aan); |
| 2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse: |
| 2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op; |
| 2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie: |
| 3.2.1 woorde wat rym; |
| 3.2.4 vergelykings; |
| 3.3 lees vir inligting: |
| 3.3.4 lees tekste oor die kurrikulum heen (soos handboeke van ander leerareas); |
| 3.6 lees vir genot en inligting: |
| 3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak; |
| 3.6.5 los woordraaisels op; |
| 3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat: |
| 3.7.2 gebruik ‘n woordeboek; |
| 3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment); |
| 4.3 skryf kreatief: |
| 4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit); |
| 4.4 ontwerp mediatekste: |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys; |
| 4.5 verstaan die skryfproses: |
| 4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk), lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen: |
| 5.1.2 verkry en gebruik inligting uit materiaal wat in Tale en ander leerareas gebruik word; |
| 5.1.3 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 spel bekende woorde korrek: |
| 6.1.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en-konsonante (soos: wanneer, gelukkig); |
| 6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou); |
| 6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief); |
| 6.2.8 persoonlike, besitlike, vraende en betreklike voornaamwoorde; |
| 6.2.9 determineerders en telwoorde (soos: ‘n, die; vyfde, laaste); |
| 6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat: |
| 6.3.1 verstaan en gebruik algemene woorde wat min of meer dieselfde beteken (soos: groot, enorm). |
1) (a) 22 Desember 1938
(b) Oos-Londen
(c) Nerine
(2) (a) (iii)
(b) (i)
(c) (ii)
(3) (a) Mej. Latimer-Jones het nie die vis beskryf en bestudeer
nie. (Aanvaar enige ander korrekte variasie.)
(b) Hy het besef dat selakante naby die kus van Oos-Afrika
leef.
(4) (a) Die Comore-eilande is naby Madagaskar.
(b) Daar is meer as 180 selakante gevang.
3. Selie is baie honger. Hy het lus vir ‘n lekker, vet vis. ‘n Vis soos ‘n / die rifvis sal veral lekker smaak. Selie is eintlik ‘n jagter en hy spoor ‘n rooivis op deur elektriese seine op te vang wat hy uitstuur. Selie jag in die nag en skuil bedags in ‘n grot. ‘n / Die Selakant se grootste vyand is die haai.
![]() |
5.
(a) ‘n grot
(b) snaaks / vreemd / eienaardig
(c) byt / kou
(d) grot / lot
(e) diepblou met wit vlekke
(f) bene
(g) manlike mense (mans)
(h) kan maklik omval / nie baie rats nie
(i) balans (DALK mans, maar dis nie nasaal soos gans nie)
(j) 300 miljoen
(k) eie woorde
(l) nie uitsterf nie – m.a.w. bly lewe van geslag tot geslag
(m) nie duidelik nie
(n) Hulle is nie regtig monsters nie, maar lyk net vreemd, soos monsters.
(o) oseaan / baan
6.