Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
Ons praat van die wêreld waarin ons leef as die “aarde.” Eintlik is dit verkeerd, want daar is baie meer water as vasteland (mainland). As ons die wêreld sou verdeel in see en vasteland, sal daar 70% see en 30% vasteland wees. As die sirkel hieronder die aarde voorstel, hoe kan jy dit verdeel om aan te dui watter persentasie is water en watter persentasie is vasteland?
Duisende jare gelede het die mense net die land geken en byna niks geweet van die wye en geheimsinnige oseaan nie. Die land was al wat belangrik was. Ons kan dit sien op hierdie “Wêreldkaart” wat 2 500 jaar gelede geteken is deur ‘n Griekse geleerde, Hekatäus. Hierdie kaart stel die aarde voor as Europa, Asië en Noord-Afrika en die Middellandse See.
![]() |
Die wêreldkaart van die Griekse geleerde Hekatäus (ongeveer 500 v.C.)
![]() |
Die wêreldkaart vandag
Verdeel nou in groepe en bespreek die volgende:
Wat is die grootste verskille tussen die twee kaarte?
| LU 5.1.2 | |
| LU 5.1.3 |
Die see is die tuiste van talle plante en diere. Die meeste seediere kom in die kuswaters naby die land voor. Kan jy enige van die volgende herken? Werk saam met ‘n maat en skryf die name neer van die seediere wat julle herken. Kies uit die lys hieronder.
seeperdjie; kreef; haai; rob; dolfyn; paling; pikkewyn; walvis:
![]() |
![]() |
| LU 6.1.2 |
Leer nou die spelling van hierdie seediere se name.
Jy het nou ‘n gesprek tussen ‘n haai en ‘n duiwelvuurvis ontsyfer. Hier gaan nou nog ‘n gesprek volg, maar hierdie slag is jy ook ‘n vis. Jy kan enige vis of seedier wees. Jou maat gaan die onderstaande vrae vra en jy moet hulle kan beantwoord. Jy sal dus ‘n bietjie inligting moet insamel oor die vis of seedier wat jy wil wees. Jy en jou maat gaan beurte maak om die vrae te stel. Ons kan mos ook sê julle gaan beurte maak om ‘n onderhoud te voer. Onthou om in volsinne te antwoord.
ONDERHOUD
Julle kan die antwoorde neerskryf as julle wil.
| LU 2.1.1 | |
| LU 2.3.6 |
ASSESSERING: MONDELING – onderhoud voer
Skryf nou ‘n kort verslag oor die seedier of vis waaroor jy gepraat het. Beskryf dieselfde dinge soos wat jy dit gedoen het terwyl jy mondeling gepraat het.
Skryf ongeveer ag tot tien sinne. Die titel moet die naam van jou vis of seedier wees.
| LU 4.1.3 |
Lees die onderstaande leesstuk oor visse se uitwendige kenmerke. Beantwoord die vrae.
| NUWE WOORDE | |||||
| vinne | - | fins | anaalvin | - | anal fin |
| stertvin | - | tailfin | buikvin | - | pelvic fin |
| borsvin | - | pectoral fin | rugvin | - | dorsal fin |
| boontoe swem | - | swim upwards | dryf aan | - | drives |
Visse gebruik hulle vinne om mee te swem. Die stertvin is soos ‘n roer. Dit stuur en dryf die vis aan deur die water. Die borsvinne, een aan elke kant, is soos ons arms en word gebruik om mee te draai, te duik en te stop. Die rugvin en anaalvin hou die vis regop. Die buikvin, een aan elke kant, is soos ons bene en help die vis om boontoe te swem in die water.
Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs W (waar) O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede) te skryf.
SELFASSESSERING ONDER LEIDING VAN DIE OPVOEDER:
| LU 3.3.4 |
As iets klein is, skryf ons gewoonlik –ie, --jie, --tjie, --pie, --kie of –etjie agteraan die woord.
Omdat ons net ‘n klein deeltjie van sy liggaampie bo die water sien, is die bloublasie soos ‘n ysbergie. Die grootste deel is onder die water. Die bloublasie is eintlik ‘n kolonietjie diertjies. Onder die water hang daar tentakeltjies waarmee hy klein vissies verlam. Die deeltjie wat op die branders dryf, word uit ‘n klein gaskliertjie in sy sytjie gevul. Die kleintjies bly na geboorte vasgeheg totdat hulle groot genoeg is om weg te dryf.
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
Leer nou hierdie spelreëls oor verkleinwoorde.
Jou opvoeder sal jou kennis en spelling toets.
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: |
| 2.1.1 stel en beantwoord vrae; |
| 2.3 gebruik die addisisionele taal om inligting oor te dra: |
| 2.3.3 beskryf ‘n proses; |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is; |
| 2.3.6 voer ‘n klasopname uit (soos voer onderhoude met klasmaats en teken reaksies op ‘n tabel of grafiek aan); |
| 2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse: |
| 2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op; |
| 2.4.4 verbeel haar/hom moontlikhede en beskryf dit. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie: |
| 3.2.1 woorde wat rym; |
| 3.2.4 vergelykings; |
| 3.3 lees vir inligting: |
| 3.3.4 lees tekste oor die kurrikulum heen (soos handboeke van ander leerareas); |
| 3.6 lees vir genot en inligting: |
| 3.6.1 lees baie fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak; |
| 3.6.5 los woordraaisels op; |
| 3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat: |
| 3.7.2 gebruik ‘n woordeboek; |
| 3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 5 000 woorde te mik. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra: |
| 4.1.3 gebruik ‘n raam of struktuur om ‘n eenvoudige verslag te skryf (soos vir ‘n wetenskapeksperiment); |
| 4.3 skryf kreatief: |
| 4.3.1 toon ontwikkeling in die vermoë om verhale, toneelstukke en dialoë te skryf (soos deur sommige poëtiese tegnieke te gebruik om interessante titels te skep en deur dialoog by verhale in te sluit); |
| 4.4 ontwerp mediatekste: |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat, ‘n eenvoudige advertensie en ‘n eenvoudige vraelys; |
| 4.5 verstaan die skryfproses: |
| 4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk), lees dit krities deur, kry terugvoering van die onderwyser en klasmaats en herskryf dit. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen: |
| 5.1.2 verkry en gebruik inligting uit materiaal wat in Tale en ander leerareas gebruik word; |
| 5.1.3 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik. |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.1 spel bekende woorde korrek: |
| 6.1.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en-konsonante (soos: wanneer, gelukkig); |
| 6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm (ook van meerlettergrepige woorde) en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos skool/skole; span/spanne; speletjie; kettinkie; broer/suster; man/vrou); |
| 6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief); |
| 6.2.8 persoonlike, besitlike, vraende en betreklike voornaamwoorde; |
2.
5.
(a) O
(b) W
(c) W
(d) O
(e) W
(f) W
(g) OB
(h) OB
(i) W
(j) W
6. (a)