Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
Hier volg die sprokie van Die Drie Varkies. Die paragrawe is egter nie in die regte volgorde nie. Werk in pare en kyk hoe gou julle die paragrawe in die korrekte volgorde kan rangskik. Nommer elke paragraaf.
![]() |
Deel I
![]() |
![]() |
Deel II
![]() |
![]() |
| LU 5.2.2 |
3. Verdeel weer in groepe en lees die storie hardop voor. Elke groeplid lees een paragraaf op ‘n keer totdat die storie klaar gelees is.
| LU 3.1.1 |
4. Wat leer ons uit hierdie sprokie?
Lees die volgende stellings en maak ‘n regmerk in die JA-kolom of NEE-kolom. Doen dit alleen en gesels dan daaroor in julle groepe. Probeer by elke stelling ‘n rede gee vir jou antwoord.
| JA | NEE | ||
| (a) Die ma-vark was ’n slegte ma, want sy het haar kinders weggestuur. | |||
| (b) Die eerste varkie was dom om strooi te kies vir sy huisie. | |||
| (c) Die tweede varkie was nie so dom soos die eerste varkie nie. | |||
| (d) Die derde varkie was ‘n baie slim varkie. | |||
| (e) Die wolf was ‘n slegte karakter. | |||
| (f) Die derde varkie was baie wreed. | |||
| (g) Die sprokie het ‘n gelukkige einde. | |||
| (h) Ek leer ‘n les uit hierdie sprokie. | |||
| LU 3.1.2 | |
| LU 3.1.4 | |
| LU 5.2.8 |
5. Verbeel jou jy is die ma-vark. Jy het gehoor dat die wolf twee van jou kinders opgeëet het. (Dit is voordat die derde varkie te slim was vir hom). Jy gaan rapporteer die saak by die polisie. Die polisie wil die wolf arresteer (arrest). Maak nou ‘n identikit van die wolf sodat mense hom sal raaksien en aan die polisie kan rapporteer. Skryf ook ses tot agt sinne oor hoe hy lyk in die identikit.
| LU 4.1.2 |
6. WERKWOORDE
Kyk na die prentjies en lees wat die varkies, man of wolf doen.
![]() |
Hierdie woorde wat sê wat ons doen, is almal werkwoorde.
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:
Kyk weer na die sprokie van die Drie Varkies. In watter tyd is dit geskryf?
…………………………………………………………………………
In die verlede tyd voeg ‘n mens het + ge- by.
In die toekomende tyd voeg ‘n mens sal by.
Hoe verander die werkwoorde se vorm of plek in die verlede tyd?
Hoe verander die werkwoorde se vorm of plek in die toekomende tyd?
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
| LU 6.2.3 |
ONTHOU:
Dié woorde verander in die verlede tyd:
wil word wou
kan word kon
moet word moes
sal word sou
A. Skryf nou die volgende sinne oor in die verlede tyd.
VOORBEELD: Die varkie wil ‘n huis bou.
Die varkie wou ‘n huis bou.
1. Die varkie wil weggaan.
2. Die eerste varkie kan strooi koop.
3. Die ma-vark moet hulle teen die wolf waarsku.
4. Die varkies sal versigtig wees.
5. Die tweede varkie wil stokkies koop.
6. Die varkies moet versigtig wees.
7. Die derde varkie sal te slim wees.
8. Die wolf kan baie hard blaas.
ONTHOU OOK:
is word was
Voorbeeld: Die varkie is slim.
Antwoord: Die varkie was slim.
C. Skryf ook die volgende sinne oor in die Verlede Tyd.
1. Die varkie is baie bang.
2. Die wolf is honger.
Ruil jou antwoorde om met jou maat s’n. Assesseer mekaar se werk.
| LU 6.2.3 |
.
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.2 op kulturele gepaste wyse optree: |
| 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; |
| 2.3 die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra: |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is; en |
| 2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik: |
| 2.4.4 verbeel hom/haar moontlikhede en beskryf dit. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van die elemente van stories: |
| 3.1.1 titel, ruimte/agtergrond en intrige (bv. vertel waarom sekere gebeure op daardie manier in ‘n storie gebeur); |
| 3.1.2 begryp karakters (bv. beskryf hoe ‘n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede); |
| 3.1.4 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (bv. word mense van verskillende rasse/kulture stereotipies uitgebeeld of hulle diversiteit realisties oorgedra?); |
| 3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie: |
| 3.2.1 woorde wat rym; |
| 3.3 lees vir inligting: |
| 3.3.1 volg instruksies, resepte, kaarte en planne; |
| 3.6 vir genot en inligting lees: |
| 3.6.5 los woordraaisels op; |
| 3.7 naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel: |
| 3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ± 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting te gee: |
| 4.1.2 ‘n skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses gee; |
| 4.1.3 sleutelwoorde en vrae as raamwerk gebruik om ‘n verslag te skryf; |
| 4.4 mediatekste ontwerp: |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.2 taal gebruik om te dink: |
| 5.2.2 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos van die oudste tot die nuutste); |
| 5.2.3 ontleed die eienskappe van dinge en klassifiseer dit; |
| 5.2.8 evalueer, maak keuses en beoordeel, en gee redes daarvoor. |
| LU 6 |
| WOORDESKAT EN GRAMMATIKADie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.2.3 die verskillende tydsvorme (teenwoordige, verlede en toekomende tyd); |
| 6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ons het nie gewen nie); |
| 6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief); |
| 6.2.12 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy speel, maar hy lees ‘n boek; ons werk hard omdat ons goed wil doen); |
| 6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel: |
| 6.3.2 verstaan en gebruik woorde met teenoorgestelde betekenis (soos: lelik/mooi). |
4.
(a) nee
(b) ja
(c) ja
(d) ja
(e) ja
(f) nee
(g) ja
(h) ja
6. verlede tyd
Het en ge- word by elke werkwoord gevoeg.
Sal word voor die werkwoord ingevoeg.
A.
(1) Die varkie wou weggegaan het.
(2) Die eerste varkie kon strooi gekoop het.
(3) Die ma-vark moes hulle teen die wolf gewaarsku het.
(4) Die varkies sou versigtig gewees het.
(5) Die tweede varkie wou stokkies gekoop het.
(6) Die varkies moes versigtig gewees het.
(7) Die derde varkie sou te slim gewees het.
(8) Die wolf kon baie hard geblaas het.
C.
(1) Die varkie was baie bang (gewees).
(2) Die wolf was honger (gewees).