Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6 » Luisterlees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Luisterlees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 6

Module 12

LUISTERLEES

1. Kyk baie mooi na die prent. Wat op aarde is dit?

Verdeel in groepe en besluit saam as groep wat hierdie eienaardige “ding” is. Elke groep kies ‘n groepleier wat aan die res van die klas vertel wat julle groep besluit het.

Figure 1
Figure 1 (Picture 2.png)

LUISTERLEES

Die geheim sal wel verklaar word, maar julle moet eers die volgende vrae beantwoord.

Julle opvoeder gaan eers vir julle ‘n kort stukkie voorlees. Hy of sy sal dit twee of drie keer voorlees. Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs ’n regmerkie in die JA of –NEE kolom te maak.

Table 1
    JA NEE  
1. Die pessiekte het vir langer as 300 jaar aangehou.      
2. Die siekte was slegs in Engeland.      
3. Die siekte het tot aan die einde van die sewentiende eeu gewoed.      
4. Daar is omtrent 5 miljoen mense dood aan die siekte.      
5. Die siekte is deur vlooie versprei.      
6. Hierdie vlooie is deur rotte gedra.      
7. Niemand kon die siekte keer nie.      
8. Daar het nie baie mense aan die siekte gesterf nie.      
9. Die siekte bestaan vandag nog.      
10. Antibiotika kan nie die siekte genees nie.      
         
Table 2
LU 1.1.2  

Kom ons los die geheim van die eienaardige figuur op!

Dokters het so aangetrek om hulle te beskerm teen hierdie dodelike siekte. Hulle het geglo hulle sal nie kan aansteek as hulle só bedek is van kop tot tone nie.

  • Dink julle hierdie mondering het verhoed dat hulle aansteek?
  • Gesels ‘n bietjie daaroor.

2. ‘N DODELIKE SIEKTE

Figure 2
Figure 2 (Picture 4.png)

Kleur hierdie strikkie rooi in.

Verdeel dan in julle groepe en bespreek die volgende vrae:

  • Het julle al mense gesien wat hierdie strikkie aan ‘n hemp, baadjie, bloes, rok, ensovoorts vasspeld?
  • Hoekom dra mense hierdie rooi strikkie?
  • Wat noem ons die siekte, “AIDS”, in Afrikaans?
  • In watter lande van die wêreld is daar mense met hierdie siekte?
  • Wie kan almal hierdie siekte kry? Net mans? Of net vrouens?
  • Is julle bang om oor hierdie siekte te praat?
  • Kan enige iemand hierdie siekte kry?
  • Hoe kan ‘n mens hierdie siekte kry?

Hierdie is maar net ‘n paar van die vrae rondom die siekte VIGS. Sommige van julle weet moontlik meer van hierdie siekte as ander.

Kom ons kyk tog ‘n bietjie na hierdie siekte. Net soos wat die pessiekte baie mense laat sterf het, veroorsaak VIGS dat een uit elke vier mense in Suid-Afrika aan VIGS sterf.

Bereken gou: Daar is 8 000 mense in ‘n sportstadium in Suid-Afrika. Hoeveel van hierdie mense kan moontlik aan VIGS sterf?

Antwoord: …………………….

Wat veroorsaak VIGS?

MIV veroorsaak die siekte, VIGS.

M : Menslike – dit beteken slegs mense kry die siekte.

I : Immuniteitsgebrek – onthou jy toe jy laas verkoue gehad het, het jy gesond geword? Dit is omdat jou liggaam ‘n immuunstelsel het en teen die siektes veg. Gebrek beteken jy het dit nie.

V : Virus - dit is die kiem (germ) wat die liggaam binnekom en jou siek maak.

MIV veroorsaak dat jou liggaam glad nie teen enige siektes of kieme kan veg nie. Daarom kry jy die siekte, VIGS.

3. ONTKENNING

Onthou jy nog dat ons ‘n dubbele ontkenning in Afrikaans gebruik wanneer ons wil sê dat iets nie so is nie.

Voorbeeld: Kan ‘n mens MIV in ‘n swembad opdoen?

Nee, ‘n mens kan nie MIV in ‘n swembad opdoen nie.

Kyk nou na die volgende sketse.

Figure 3
Figure 3 (Picture 7.png)

Beantwoord die vrae deur met Nee, ……. te begin.

1. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde vurk te gebruik?

2. Kan ‘n mens MIV kry wanneer ‘n muskiet jou byt?

3. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde bad te gebruik?

4. Kan ‘n mens MIV kry deur hande vas te hou?

5. Kan ‘n mens MIV kry deur dieselfde koppie te gebruik?

Figure 4
Figure 4 (graphics1.png)
Table 3
ONTHOU OOK
nie + iemandnie + êrensnie + ietsnie + ooitnie + nognie + alnie + nooit WORD niemand ….. nienêrens ….. nieniks ….. nienooit ….. nienie meer ….. nienog ….. nienog nooit ….. nie

Beantwoord die volgende vrae in die ontkenning.

1. Kan iemand MIV opdoen deur ‘n lyer te soen?

Nee,

2. Sal jy ooit MIV kry as jy ‘n lyer druk?

Nee,

3. Het jy al ooit waterpokkies gehad?

Nee,

4. Is daar iets wat MIV kan genees?

Nee,

5. Is daar êrens ‘n dokter wat lyers gesond kan maak?

Nee,

6. Het jy al ‘n MIV-lyer ontmoet?

Nee,

7. Gaan jy nog MIV-lyers vermy?

Nee,

Table 4
LU 6.2.5  

4. KLASPROJEK

Verdeel in groepe van vier. Elke groep moet ‘n plakkaat ontwerp. Die plakkaat moet illustreer dat MIV/VIGS nie aansteeklik is deur koppies, glase of kos, ensovoorts te deel nie. Dit moet ook die boodskap duidelik oordra dat niemand die siekte kan kry deur aan iemand te raak of selfs in dieselfde klas by die skool te wees as ‘n lyer nie. Niemand kry die siekte wanneer ‘n lyer naby jou hoes of nies nie en dit word ook nie deur insekbyte oorgedra nie.

Die plakkaat moet kleurvol wees en alle prentjies moet duidelike en beskrywende byskrifte en slagspreuke hê. Raadpleeg die biblioteek vir inligting. Die internet bevat ook baie inligting. Besoek gerus die volgende webwerf:

http://education.pwv.gov.za/HIVAIDS-Folder/Afr-Emergency.htm

Assessering

Table 5
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):
1.1.2 teken relevante inligting op (soos om ‘n tabel in te vul).
LU 6
WOORDESKAT EN GRAMMATIKADie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (teenwoordige, verlede en toekomende tyd);
6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ons het nie gewen nie);
6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief);
6.2.12 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy speel, maar hy lees ‘n boek; ons werk hard omdat ons goed wil doen);
6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel:
6.3.2 verstaan en gebruik woorde met teenoorgestelde betekenis (soos: lelik/mooi).

Memorandum

Luisterlees by no. 2

  • Lees die volgende leesstuk twee of drie maal vir die leerders voor, waarna hulle dan die vrae beantwoord.

Die Pessiekte

Die pessiekte het vir langer as 300 jaar in Europa gewoed. Die siekte het in 1348 uitgebreek en het mense siek gemaak tot aan die einde van die sewentiende eeu. Omtrent 25 miljoen mense is dood aan die siekte. Die siekte is versprei deur vlooie wat deur rotte gedra is. Daar was geen manier om die siekte te keer nie. Almal wat dit gekry het, het gesterf, selfs die dokters. Die pessiekte bestaan vandag nog, maar antibiotika kan mense wat dit kry, heeltemal gesond maak.

2. 2 000 MENSE

3.

(1) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde vurk te gebruik nie.

(2) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry wanneer ‘n muskiet jou byt nie.

(3) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde bad te gebruik nie.

(4) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur hande vas te hou nie.

(5) Nee, ‘n mens kan nie MIV kry deur dieselfde koppie te gebruik nie.

(1) Nee, iemand kan nie MIV opdoen deur ‘n lyer te soen nie.

(2) Nee, jy sal nooit MIV kry as jy ‘n lyer druk nie.

(3) Nee, ek het nog nooit waterpokkies gehad nie.

(4) Nee, daar is niks wat MIV kan genees nie.

(5) Nee, daar is nêrens ‘n dokter wat lyers gesond kan maak nie.

(6) Nee, ek het nog nooit ‘n MIV-lyer ontmoet nie.

  • Nee, ek gaan nie weer MIV-lyers vermy nie.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks