Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 6
1. ‘n Ramp tref die kaptein van die skip “Bounty”.
Lees die volgende twee paragrawe hardop vir ‘n maat voor:
Op die oggend van die 28ste April 1789 het die bemanning van die skip, die “Bounty”, teen hulle kaptein gemuit. Die kaptein, William Bligh, en agtien van sy lojale bemanningslede is in ‘n klein bootjie ingedwing en in die middel van nêrens op die wye oseaan agtergelaat. Al wat hulle gehad het, was kos en water vir vyf dae en ‘n paar navigasie-instrumente.
Kaptein Bligh het geweet hoe baie gevare hulle sou moes trotseer. Hy het ook geweet hulle enigste hoop op oorlewing was om ‘n eiland met die naam van Timor te bereik. Daar sou hulle aan boord van ‘n Britse skip kon klim en terugseil na Engeland toe. Hierdie eiland was egter 6 300 km ver!
NUWE WOORDE:
Slaan die volgende woorde in ‘n Afrikaans/Engelse Woordeboek na:
| bemanning | agterlaat |
| muitery | navigasie |
| lojaal | gevare |
| indwing | oorlewing |
| aan boord |
Wat het van Kaptein Bligh en die agtien mans geword?
2. Wat sê Kaptein Bligh?
![]() |
Hierdie woorde wat Kaptein Bligh sê, het almal te doen met die kaptein en sy bemanning se wedervaringe. Vul hierdie woorde in die onderstaande sinne in. (Gebruik die woordeboek as jy nie seker is van die betekenisse van die woorde nie.)
1. Ons was altyd honger, want ons het so __________ kos gehad.
2. Daar was gedurig water in die boot en ons was altyd ____________ .
3. Omdat ons so min geëet het, was ons almal _____________ en ons ribbes het uitgesteek.
4. Ek het geweet ons kan nie omdraai nie en ons moes maar __________gaan.
5. Gelukkig was al die manne op die boot _______ en almal het gehelp roei.
6. Almal was ook ____________ en het die gevare trotseer.
7. Natuurlik was die seereis baie ____________ met al die stormswat gedurig gewoed het.
8. Ons was ook gedurig ____________ van al die blootstelling.
9. Natuurlik was ons ook baie _____________en het later geen krag in ons arms oorgehad nie.
10. Die bewoners op die Waia-eiland het gedink ons is die ____________en het ons gejaag.
11. Die bemanning wat gemuit het, het seker ‘n sterk gevoel van
_____________teenoor my gehad.
12. Met ons ____________ by Kupang in Timor het die mense ons aangestaar met jammerte, want ons het baie sleg gelyk.
13. Dit was nie lekker om in so ‘n klein bootjie te wees op so ‘n groot en
___________see nie.
14. Ons was ______________of byna nooit opgeruimd en vrolik nie.
15. Ons was egter baie opgewonde toe ons land sien en die land al hoe
_____________gekom het.
| LU 3.7.3 |
3. TEENOORGESTELDES
Die woorde in die boot se romp het almal die teenoorgestelde betekenis van die woorde wat julle nou ingevul het. Skryf die woorde in die boot langs die teenoorgestelde woorde neer.
![]() |
| min | dapper | ||
| vorentoe | gevaarlik | ||
| fluks | diep | ||
| aankoms | selde | ||
| brandmaer | nat | ||
| siek | nader | ||
| vyand | haat | ||
| swak |
Selfassessering onder leiding van opvoeder.
| LU 6.3.2 |
4. MONDELING
Het enige van julle dalk die fliek, “The Castaway” gesien met Tom Hanks in die hoofrol? Julle opvoeder sal julle nou kans gee om vinnig vir julle klasmaats te vertel wat met die hoofkarakter gebeur wanneer sy vliegtuig in die see neerstort. Hy bereik ‘n eiland, maar dan begin sy stryd om oorlewing! Vertel hoe hy aan die lewe gebly het en uiteindelik weer die beskawing bereik het.
Verdeel nou in pare. Jy en jou maat is ook in ‘n vliegtuig op pad êrens heen wanneer julle vliegtuig neerstort. Wonder bo wonder oorleef julle ook. Kies nou een van die volgende plekke waar julle aan die lewe moet bly:
Julle moet aan die klas kom vertel hoe julle aan die lewe bly. Die volgende moet bespreek word:
Julle kan van julle oorlewingstegnieke aan julle klasmaats kom illustreer. Julle sal wel ‘n bietjie navorsing moet doen. Daar is baie boeke wat oorlewingstegnieke bespreek. Andersins kan hulle ‘n maat vra wat lid is van die “Scouts” beweging. (Hulpmiddels sal julle help om beter te illustreer). Julle kan dit in ‘n dialoog, bespreking of rolspel doen.
5. BYVOEGLIKE NAAMWOORDE
Julle onthou seker nog dat byvoeglike naamwoorde woorde is wat naamwoorde (mense, dinge en plekke) beskryf.
Hierdie byvoeglike naamwoorde soos kwaai, groot en diep kan op twee maniere gebruik word. Partykeer staan die woorde voor ’n naamwoord en partykeer na die naamwoord.
![]() |
Partykeer verander die byvoeglike naamwoorde.
| Die kaptein is goed. | Dis ‘n goeie kaptein. |
| Die glas is leeg. | Dis ‘n leë glas |
| Die gety is laag. | Dis ‘n lae gety. |
| Die golwe is hoog. | Dis hoë golwe. |
| Die dek is droog. | Dis ‘n droë dek. |
| Die vrag is lig. | Dis ‘n ligte vrag. |
| Die rivier is breed. | Dis ‘n breë rivier. |
| Die skip is oud. | Dis ‘n ou skip. |
| Die seile is nuut. | Dis nuwe seile. |
| Die klank is dof. | Dis ‘n dowwe klank. |
| Die matroos is doof. | Dis ‘n dowe matroos. |
| Die man is gaaf. | Dis ‘n gawe man. |
| Die roeispaan is lank. | Dis ‘n lang roeispaan. |
| Die kaptein is jonk. | Dis ‘n jong kaptein. |
Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoorde. (Raadpleeg die voorafgaande tabel).
1. Die film van die Titanic is goed. Dis ‘n ___________ film.
2. Die skip se mas is hoog. Dis ‘n _____________ mas.
3. Die waterbottel is leeg. Dis ‘n _____________ waterbottel.
4. Die seilskip is oud. Dis ‘n ______________seilskip.
5. Die kajuitvensters is laag. Dis _____________kajuitvensters.
6. Die matroos is baie lank. Dis ‘n baie _____________matroos.
7. Sy hare is lig. Hy het _______________ hare.
8. Sy stewels is nuut. Hy het ______________ stewels.
| LU 6.2.7 |
6. SKRIFTELIKE WERK
Jy is ‘n skipbreukeling (castaway) op ‘n eiland.
Jy het wel ‘n pen, ‘n stuk papier en ‘n bottel met ‘n prop. Jy besluit om ‘n boodskap op die stuk papier te skryf, dit in die bottel te sit en die bottel in die see te gooi. Jy hoop jou bottel spoel êrens uit en dat iemand die boodskap sal lees.
Skryf vier paragrawe en bespreek die volgende:
Om die vel papier oud en gehawend te laat lyk, kan jy dit in sterk koffie week,. Wanneer die papier droog is, kan die rande van die papier versigtig (en met die hulp van ’n volwassene) gebrand word.
| LU 2 |
| PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 2.2 op kulturele gepaste wyse optree: |
| 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; |
| 2.3 die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra: |
| 2.3.5 gesels oor ‘n onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is; en |
| 2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik: |
| 2.4.4 verbeel hom/haar moontlikhede en beskryf dit. |
| LU 3 |
| LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 3.1 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van die elemente van stories: |
| 3.1.1 titel, ruimte/agtergrond en intrige (bv. vertel waarom sekere gebeure op daardie manier in ‘n storie gebeur); |
| 3.1.2 begryp karakters (bv. beskryf hoe ‘n karakter voel en gesels oor moontlike redes vir hul optrede); |
| 3.1.4 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (bv. word mense van verskillende rasse/kulture stereotipies uitgebeeld of hulle diversiteit realisties oorgedra?); |
| 3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie: |
| 3.2.1 woorde wat rym; |
| 3.3 lees vir inligting: |
| 3.3.1 volg instruksies, resepte, kaarte en planne; |
| 3.6 vir genot en inligting lees: |
| 3.6.5 los woordraaisels op; |
| 3.7 naslaanwerke gebruik en woordeskat ontwikkel: |
| 3.7.3 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ± 3 000 tot 5 000 alledaagse woorde. |
| LU 4 |
| SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 4.1 skryf om inligting te gee: |
| 4.1.2 ‘n skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses gee; |
| 4.1.3 sleutelwoorde en vrae as raamwerk gebruik om ‘n verslag te skryf; |
| 4.4 mediatekste ontwerp: |
| 4.4.1 ontwerp ‘n plakkaat. |
| LU 5 |
| DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 5.2 taal gebruik om te dink: |
| 5.2.2 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos van die oudste tot die nuutste); |
| 5.2.3 ontleed die eienskappe van dinge en klassifiseer dit; |
| 5.2.8 evalueer, maak keuses en beoordeel, en gee redes daarvoor. |
| LU 6 |
| WOORDESKAT EN GRAMMATIKADie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: |
| 6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer: |
| 6.2.3 die verskillende tydsvorme (teenwoordige, verlede en toekomende tyd); |
| 6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ons het nie gewen nie); |
| 6.2.7 verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme (soos: jong, sagte, vroeër, vroegste, dolverlief); |
| 6.2.12 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy speel, maar hy lees ‘n boek; ons werk hard omdat ons goed wil doen); |
| 6.3 sy/haar woordeskat ontwikkel: |
| 6.3.2 verstaan en gebruik woorde met teenoorgestelde betekenis (soos: lelik/mooi). |
3.
(1) min
(2) nat
(3) brandmaer
(4) vorentoe
(5) fluks
(6) dapper
(7) gevaarlik
(8) siek
(9) swak
(10) vyand
(11) haat
(12) aankoms
(13) diep
(14) selde
(15) nader
4.
| min | baie | dapper | bang | |
| vorentoe | agtertoe | gevaarlik | veilig | |
| fluks | lui | diep | vlak | |
| aankoms | vertrek | selde | dikwels | |
| brandmaer | spekvet | nat | droog | |
| siek | gesond | nader | verder | |
| vyand | vriend | haat | liefde | |
| swak | sterk |
5.
(1) goeie
(2) hoë
(3) leë
(4) ou
(5) lae
(6) lang
(7) ligte
(8) nuwe