WILDEHONDE EN WOLWE
WOLWE IN DIE WILDERNIS
“Hoekom is Ouma se oë so groot?”
“Om beter te kan sien, my kind.”
“En hoekom is Ouma se ore so groot?”
“Om beter te hoor, my kind.””Hoekom is Ouma se neus so ……………………”
ensovoorts, ensovoorts.
Nie een van ons het grootgeword sonder dat hierdie wrede, vreesaanjaende verhaal nie een van ons eerste kennismakings was met die wêreldletterkunde nie. Die wolf is byna sonder uitsondering uitgebeeld as die allerwreedste dier met lang, skerp tande wat gereed maak om vir Rooikappie te verslind. Deesdae word die ouma genadiglik in die klerekas aangetref nadat die houtkapper die wolf met sy byl om die lewe gebring het. Vroeër het hy die wolf se maag oopgesny om die ouma te bevry!
En dan was daar ook die wolf wat die drie varkies geterroriseer het.
Ons het grootgeword met die idee dat wolwe boosaardige monsters is wat in die bosse skuil, oorgehaal om mense aan te val. Selfs die woordeboeke sê dat wolwe vraatsugtige roofdiere is wat groot skade onder vee, wild en beeste aanrig, en in ‘n groep selfs mense aanval.
Dit is egter nie heeltemal ‘n geregverdigde siening nie. Wildehonde, waarvan die wolf ‘n afstammeling is, is jagters, maar hulle maak nie naastenby soveel huisdiere dood as wat mense dink nie. Hulle maak wel jag op rotte, muise en ander diere wat die boere se oeste vernietig. Daar is nêrens enige bewyse dat ‘n wildehond al ‘n mens doodgemaak het nie. Die mens, daarenteen, maak reeds vir eeue jag op wildehonde. Wildehonde het meer rede om die mens te vrees as wat die mens wildehonde moet vrees.
Wildehonde, waarvan die gryswolf die grootste spesie is, bewoon reeds die aarde lank voordat die mens op die toneel verskyn het. Mettertyd het die mense hul opwagting gemaak, en het hulle en die wolwe in vreedsame naasbestaan met mekaar gelewe.
Maar toe gebeur daar ‘n snaakse ding. Die wolwe het in twee kampe verdeel. Die een groep het besluit om by die mense aan te sluit, en voordeel te trek uit die mens se uitvindsels. Hulle het die knusheid van die kampvure geniet en daarmee saam die braaivleis wat na hulle kant toe gekom het, veral gedurende die koue wintermaande. Hierdie groep het hulself Honde genoem. Hulle makkers het hulle met afkeur van ‘n afstand betrag. Nee, het hulle gedink, hulle was die heersers van die wildernis, en het hulleself Wolwe genoem. Hulle sou jag maak op bokke en van rou vleis lewe.
![]() |
Mettertyd het daar meer mense gekom en het die wildernis al kleiner en kleiner geword. Die lewensruimte van die wolwe het kleiner en kleiner geword. Die mense het op die wolwe jag gemaak, maar die wolwe kon nie op die mense jag maak nie. Daar is met gewere op die wolwe geskiet en hulle is in slagysters gevang. Die mees geslaagde manier om wolwe uit te roei, was met gif. Op hierdie manier sou die mens die wêreld wolfvry maak!
![]() |
Die mensdom het byna daarin geslaag, want vandag is daar byvoorbeeld net ‘n handjievol gryswolwe in die wêreld oor en die rooiwolf word slegs in dieretuine aangetref. Vir wolwe om te oorleef, het hulle groot gebiede in die wildernis nodig waar hulle vrylik kan rondbeweeg. Ons moet besef dat wildehonde nie meer ‘n bedreiging vir die mens is nie, maar ‘n bydrae kan lewer om van die wêreld ‘n interessanter en mooier plek te kan maak om in te leef.
wolf, (wolwe). Enigeen van ‘n aantal vraatsugtige roofdiere van die Hondegeslag (Canis), wat groot skade onder vee, wild, beeste aanrig, en, in ‘n groep, die mens aanval, veral die soort C. lupus: Deur wolwe verskeur word. Die wolf en die lam wei rustig bymekaar (Ina Rousseau). 2. In sommige dele, benaming vir die hiëna. 3. (fig.) Persoon wat ‘n ander se ondergang bewerk: ‘n Meisie wat onder wolwe verval het. 4. Soort spinmasjien. UITDR.: Met die wolwe in dieboshuil, maak soos jou maats maak; saamgaan met die meerderheid. Soos ‘n wolf eet, gulsig eet. ‘n Wolf inskaapsklere, ‘n skurk met ‘n onskuldige voorkoms. Wolfskaapwagtermaak, ‘n skurk te veel vertrou.
Wat is idiomatiese uitdrukkings?
Idiome verleen kleur aan ons taalgebruik. In plaas daarvan om te sê dit reën hard, kan ons sê dit reën katte en honde.
Elke volksgroep het ook sy eie, unieke uitdrukkings en maniere van ‘n ding sê.
Bestudeer bostaande inskrywing en beantwoord die vrae:
Skryf vyf idiomatiese uitdrukkings neer:
Skryf die betekenisse van elk van die idiomatiese uitdrukkings neer:
jakkals, (-e) 1. Hondagtige roofdier van die fam. Canidae, met lang bene, dik stert en spits snuit, berug weens die skade wat dit onder kleinvee aanrig. 2.(fig.) Listige, skelm persoon: Hy is ‘n regte, geveinsde jakkals. UIDR.: Dis bo my jakkals, meer as wat ek kan doen of begryp. Jakkals sê die druiwe is suur – gesê van iemand wat minagtend praat oor iets wat buite sy bereik is. Jakkals verloor wel sy hare, maar nie sy streke nie (jakkals verander van hare, maar nie van streke nie), ‘n mens ontgroei nooit jou ingebore geaardheid nie. ‘n Kaal jakkals, persoon wat niks besit nie. Vir jakkals (wolf) skaapwagter maak, die grootste skelm ‘n verantwoordelike pos gee. Jakkals prys sy eie stert – gesê van (aan) ‘n persoon wat homself prys. Jakkals trou (met wolf se vrou)(wolf en jakkals trou) – gesê as daar tegelyk reën en sonskyn is. Dit is klein jakkalsies wat die wingerde verniel, klein foutjies wat groot moleste veroorsaak. jakkals: …agtig, …jag, …jagter.
jak’kals·bes·sie.1. Hoë boom van tropiese Afrika, met rooigetinte blare. 2. Sambreelvormige boom, ongeveer 4m hoog, wat in die suid-westelike deel van Kaapland voorkom, veral tussen duine; witmelkhout; Calvaria inerme.
jak’kals·dig, b.nw. So dig dat ‘n jakkals nie kan inkom nie : ‘n Jakkalsdigte kamp.
jak’kals·dou(tjie). Fyn motreëntjie, Skotse doutjie.
jak’kals·draad. Jakkalsdigte draadheining van growwe ogiesdraad, hoog genoeg sodat ‘n jakkals nie daaroor kan spring nie.
jak’kals·draai.1. Kort draai deur ‘n agtervolgde jakkals gemaak. 2.(fig.) Slim streek, geslepe plan: Jakkalsdraaie maak, gooi, loop, slim uitvlugte uitdink.
jak’kals·draf·fie.1. Gemaklike draffie soos die van ‘n jakkals. 2. Dans in 4/4-maat. UITDR.: Dit gaan op ‘n jakkalsdraf(fie), dit gaan redelik goed, of nie te goed en nie te sleg nie.
jak’kals·drui·we., mv. 1. Druiwe met ‘n jakkalssmaak; Cissus dasyplearis.2. Wilde druiwe.
jak’kals·hond. Hond geteel en afgerig om jakkalse mee te jag.
jak’kals·klub. Vereniging deur skaapboere gestig om jakkalse uit te roei.
jak’kals·kos. 1. Prooi van ‘n jakkals: ‘n Siek skaap wat jakkalskos geword het.2. Wortelparasiet op melkbossoorte aangetref; Hydnora africana; kannie. 3. Gifmelkbos.
jak’kals·proef. (Angl.) Jakkalsdraad.
jak’kals·re·ën·tjie.1. Ligte reëntjie met sonskyn daarby. 2. Motreëntjie.
jak’kals·skelm, b.nw. en bw. So skelm soos ‘n jakkals; baie skelm.
jak’kals·smaak. Smaak soos dié van wilde druiwe.
jak’kals·sto·rie.1. Storie waarin ‘n jakkals die hooffiguur is. 2. Uitvlug, listigheid.
jak’kals·streek. Skelm, slinkse streek.
jak’kals·trou·re·ën·tjie. Buite reën wat val terwyl die son skyn.
jak’kals·van·ger. Persoon of hond opgelei om jakkalse te vang.
jak’kals·vo·ël. Enigeen van ‘n aantal donkerkleurige roofvoëls, veral Buteo rufofuscus, met rooibruin bors en stert.
jak’kals·vry, b.nw. Sonder jakkalse; voorsien van ‘n heining wat jakkalse uithou: ‘n Jakkalsvry plaas, kamp.
jak’kals·wê·reld. Streek waar baie jakkalse hou.
Raadpleeg ‘n verklarende woordeboek om die volgende vrae te beantwoord:
Skryf die betekenis van elk van die volgende idiomatiese uitdrukkings neer:
Die volgende is plante. Skryf ‘n ander naam vir hulle neer:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 |
| LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer: |
| 1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening; |
| LU 6 |
| TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 met woorde werk: |
| 6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge); |
| 6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe; |
| 6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek; |
| 6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei; |
| 6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei; |
| 6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel: |
| 6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas; |
| 6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel: |
| 6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde. |
1. (a)
Sprokie: ‘n Eenvoudige kinderlike vertelling sonder lokale kleur (m.a.w. die verhaal kan nie gekoppel word aan ‘n bepaalde omgewing, groep mense of kultuur nie). ‘n Sprokie is geheel en al ‘n opgemaakte storie.
Hulle is in slagysters gevang.
Hulle is met gif uitgeroei.
3. (a)
(i) Iemand het onder wolwe verval.
(b)
(i) ‘n Persoon wat ‘n ander se ondergang bewerkstellig.
4.
(a) Hondagtige roofdier met lang bene, dik stert en spits snuit.
(b) Listige, skelm persoon.