Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 7 » Poesie

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETSenPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 7-9)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETSenPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 7

Module 4

POËSIE

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

MINI-DINOSAURUS DIER

My klein kameleon,

my mini-dinosaurus dier,

jy dra die mooiste kleure op jou vel

jou lyfie is ‘n prentjie

van bont geskenkpapier.

Ek sien jou twee-toon kloutjies klim

tot in die hoogste takke in

daar waar jy op jou eentjie

jou diertjie-liedjie sing:

“My drakielyfie is ‘n kleurestreep,

daar’s knoppies op my rug;

ek het ‘n skerp gevreetjie met ‘n lang, dun tong

en ‘n wielie-walie stert.”

Trap suutjies klein bont monster,

jy maak ons maklik skrik.

jy lyk ‘n bietjie soos ‘n baba-likkewaan,

‘n grillerige hartedief;

maar met jou ronde oumens-ogies

en ‘n bekkie wat so honger hap,

kry elkeen wat jou optel

en aan jou skurwe lyfie vat

dié mini-dinosaurusdier

vir altyd lief!

Zandra Bezuidenhout

Opdrag 1:

Om ‘n mondelinge gesprek te voer

[LU 2.1, 2.5]

Mondelinge gesprekke

Elkeen kry ‘n beurt om oor een van die volgende vrae te praat:

  1. (a) Hoekom is die verkleurmannetjie vir party mense grillerig?
  2. (b) Hoekom laat hy ons aan ‘n dinosaurussie dink?
  3. (c) Is ‘n verkleurmannetjie ‘n troeteldier?Hoekom / hoekom nie?
  4. (d) Verduidelik hoe die verkleurmannetjie sy kos vang.
  5. (e) Wat eet verkleurmannetjies?
  6. (f) Wanneer en waarom verkleur hierdie diertjie?
  7. (g) Hoe beweeg ‘n verkleurmannetjie? Demonstreer aan die klas.

Opdrag 2:

Om ‘n storie te skryf

[LU 4.1.2]

Skriftelike opdragte

  1. (a) Bring boeke oor verkleurmannetjies saam klas toe. Gesels en skryf ‘n storie.

Teken of verf

  1. (a) Teken of verf die mooiste verkleurmannetjie by die huis.

Bring jul prente klas toe en maak ‘n groot collage daarvan.

Opdrag 3:

Om vrae te beantwoord oor die inhoud van ‘n gedig

[LU 1.2.2, 3.2, 5.1.4, 6.1.5]

Beantwoord die volgende vrae:

  1. (a) Wat word deur die gedig beskryf?

  1. (a) Skryf ‘n sinoniem neer vir kameleon.

  1. (a) Waarmee word die diertjie se veelkleurige lyf vergelyk?

  1. (a) Wat word in die liedjie beskryf wat die diertjie sing?

  1. (a) Met watter ander monsteragtige dier vergelyk hy homself in die liedjie?

  1. (a) Die digter sê:”Trap suutjies klein bont monster.”

Nog ‘n naam vir die diertjie verskyn in die reël. Wat is dit?

  1. (a) Hoe beskryf die digter die diertjie se oë?

  1. (a) Die digter sê die diertjie lyk ook ‘n bietjie soos ‘n …

  1. (a) Hoe wil die digter graag hê moet ons oor die diertjie voel?

  1. (a) Skryf al die verkleinwoordjies neer wat in die gedig voorkom:

  1. (a) Skryf ‘n verkleinwoord neer vir:

klein kameleon:

mini dinosaurus

  1. (a) Is hierdie gedig ‘n liefdesgedig?

Ja of Nee

Motiveer jou antwoord.

  1. (a) Wanneer sê ons iemand is ‘n trapsuutjies?

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 aandagtig luister vir spesifieke inligting en kerngedagtes en gepas reageer:
1.2.2 beantwoord vrae oor inhoud van tekste en gee eie mening;
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 idees en gevoelens op ‘n ekspressiewe manier, met selfvertroue oordra:
  • rolspeel in ‘n storie;
2.5 mondelinge aanbiedings op ‘n kreatiewe wyse doen:
2.5.1 let op duidelike spraak;
2.5.2 korrekte pousering;
2.5.3 tempo en volumewisseling;
  • dramatiseer voorbeelde van ontronding en oorronding deur na streekstaal te verwys,
LU 3
LEES EN BESIGTIGDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n strokiesverhaal lees en die kenmerke herken;
3.2 stillees korrek en met begrip toepas;
3.5 verskillende tekssoorte en die hoofkenmerke daarvan identifiseer en die struktuur van die teks verduidelik.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie verbeeldingstekste skryf:
4.1.2 skryf ‘n storie (verhalende opstel);
4.1.2 skryf ‘n samespraak (dialoë).
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal vir dink en redeneer gebruik:
5.1.4 ontwikkel en gee uitdrukking aan ‘n duidelike eie mening;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 raak vertroud met kort en lang klanke en met tweeklanke (diftonge);
6.1.2 verdeel woorde korrek in lettergrepe;
6.1.3 gebruik skryftekens (deelteken, koppelteken, afkappingsteken en kappie) korrek;
6.1.5 gebruik ‘n woordeboek om woordeskat en spelvermoë uit te brei;
6.1.6 gebruik samestellings en verkleinwoorde korrek om woordeskat uit te brei;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik idiomatiese uitdrukkings en taalidioom gepas;
6.5 kritiese taalbewustheid ontwikkel:
6.5.1 maak kennis met die letterlike en figuurlike gebruik van woorde; 8

Memorandum

Beantwoord die volgende vrae:

  • ‘n Verkleurmannetjie
  • Verkleurmannetjie

(c) Bont, geskenkpapier

(d) sy eie lyf

(e) ‘n Draak

(f) Monster

(g) Ronde oumens-ogies

(h) Ons moet hom liefkry

(i) Baba-likkewaan

(j) lyfie, prentjie, kloutjies, diertjie-bedjie, knoppies, gevreetjie, oumens-ogies, bekkie.

  1. (a) kameleontjie

dinosaurissie

  1. (a) Ja, dit is ‘n liefdesgedig.

Die verteller in die gedig vertel die verkleurmannetjie hoe pragtig hy is en hoe mense wat hom optel, hom vir altyd liefkry.

In die eerste twee versreëls spreek die verteller vir die verkleurmannetjie aan as “My klein kameleon, my mini-dinosaurus dier”

  1. (a) Wanneer ‘n persoon stadig beweeg, m.a.w. ‘n baie stadige mens.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks